13.02.2023 Views

Kappityt Fees | 20 tot 25 Februarie 2023

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

met

Ernie Bates, Mac Young en Hugo Hewitt

Die Amerikaanse countrylegende Charley Pride het een keer opgemerk: “It isn’t reasonable to

expect that everyone in the world is a country music fan.” En toe met ‘n glimlag bygevoeg: “Not

yet, anyway.” Aanhangers van countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus

notisie neem van West, die treffergroep bestaande uit Ernie Bates (van Overtone-faam), Mac Young

en Hugo Hewitt. Die driemanskap blaas nuwe lewe in countrymusiek met hulle harmonieuse

vertolking van countrytreffers wat nie net gesoute aanhangers tevrede sal stel nie, maar ook van

‘n nuwe generasie aanhangers maak. Dis dan ook heel gepas dat Charley Pride se “I’m So Afraid

of Losing You Again” een van die treffers is op West se debuutalbum. Die groep het intussen nog

twee albums vrygestel – “West Two” en “West Tribute”. Laasgenoemde bring hulde aan legendes

Don Williams, Waylon Jennings en Charley Pride.

Die naam West bring hulde aan die Amerikaanse country en western-beweging. Volgens Ernie

maak niemand country-musiek soos die Amerikaners nie. “Met hierdie country-herlewing wat

die afgelope drie jaar in Suid-Afrika plaasgevind het, het West spontaan ontstaan deur die groot

aanvraag van die publiek”, sê Mac. “Ons het besluit om West ‘n kans te gee en ‘n gaping wat

daar duidelik in die mark is, te vul. Ons doelwit is natuurlik om vir so lank as moontlik nuwe,

kwaliteit country-musiek in Suid-Afrika vry te stel”. Met die intrapslag het West besluit om egter

meer bekende musiek op hulle debuutalbum in te sluit en sodoende die meer klassieke countytreffers

aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.

Dinsdag, 21 Feb 15:30 Teatro San Carlo

Vrydag, 24 Feb 13:00 Teatro San Carlo

R100 90 min Musiek Almal

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!