13.02.2023 Views

Kappityt Fees | 20 tot 25 Februarie 2023

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

JAN JAN JAN

met Klein Jan, Lang Jan, en Mooi Jan

JAN JAN JAN het aan die einde van 2019 naam gemaak met hulle stywe broekies, tweekleur hemde

en eerste enkelsnit ‘Wys Jou Vleis’ na ‘n foto van hulle en dié broekies soos ‘n veldbrand versprei

het op sosiale media met die soektog wat die sanggroep se naam moes wees. Sedert dié uitreiking

het nog treffers gevolg en het jy al saam met die 3 Janne vleis gewys, mielies gegooi en Boer gebly

en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een na die ander video etlike

miljoen kyke inpalm nie.

Die manne spog ook al met ‘n Goue Toekenning of twee en was ook al genomineer vir ‘n SAMA

Toekenning vir Beste Pop Album van die Jaar (2022) vir ‘Two Tone Lyf”.

In hulle nuutste treffer, “Die Potholes Maak nie Saak nie”, doen die Janne alles! Van komedie tot

meer drukkende sake! Tydens die Kappityt Fees kuier die manne (of is dit nou die Janne?) met ‘n

bietjie van beide. In hierdie vrolik lighartige nommer bring Jan Jan Jan ‘n boodskap van hoop en

ondersteuning soos hulle sing:“ Skattie jy’t gesê die potholes maak nie saak.” Om dit eenvoudig

te stel, maak nie saak wat die lewe op jou pad mag bring nie, jy altyd kan staat maak op die Janne

om daar te wees vir jou.

Ons het verlief geraak op die manne met hulle debuutsnit , “Wys jou vleis”, wat bietjie klassieke

boeremusiekelemente bevat. Hulle het daardie boeremusiekklanke meestervol ingemeng vir die

moderne gehoor saam met vervaardiger Dirk van Niekerk wat jou daardie gevoel van gemak en

tuiswees gee. Die Janne se boodskap is suiwer: “Maak nie saak wat die probleem is nie, luister net

bietjie JAN JAN JAN om jou dag weer op te kikker.”

Dinsdag, 21 Feb 10:00 Teatro San Carlo

Donderdag, 23 Feb 16:00 Teatro San Carlo

R120 60 min Musiek Almal

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!