13.02.2023 Views

Kappityt Fees | 20 tot 25 Februarie 2023

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

riaan

van Rensburg

Riaan van Rensburg is een van Suid-Afrika se

sing

top musikante en perkussiespelers, en is veral

bekend vir sy deelname aan die immergewilde TV

reeks NOOT VIR NOOT. Riaan se ma is bekende

sangeres, Rina Hugo en sy pa natuurlik Johan van Rensburg, een van die stigterslede van NOOT

VIR NOOT. Riaan maak sy debuut as dromspeler op die ouderdom van 4 op die program, WIELIE

WALIE. Die res is natuurlik geskiedenis. As drommer het Riaan saam met verskillende kunsternaars,

orkeste, popgroepe en platejoggies opgetree. Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook regoor die wêreld.

Riaan se passie vir kultuur en tradisionele musiek maak van hom ‘n baie veelsydige kunstenaar.

Alhoewel hy spesialiseer in ritmes van Wes-Afrika en Kuba, vind hy homself gereeld projekte

aanmekaar sit vir korporatiewe temafunksies wat soms kultureel-spesifiek kan wees, of wat selfs ‘n

mengsel van klomp musiek genres en kulture kan wees.

Maar in hierdie konsert, RIAAN VAN RENSBURG SING!, sien ons ‘n ander sy van Riaan – die van

sanger. Riaan fokus op sy kultuur van oorsprong, Afrikaans, en sing liedjies wat hy self geskryf

het sowel as ‘n paar Afrikaanse treffers. Verwag tipiese Afrikaanse tradisionele volksmusiek met

sterk florerende ritmiese ondertone wat elemente van Latyns-Amerikaans en ook eg Suid-Afrikaans

bevat. Hierdie mengsel gee “skop” aan die musiek en jy gaan beslis nie wil stil sit nie. Jy gaan wil

dans! RIAAN VAN RENSBURG SING! is lekker, dis prettig en dit is ligte vermaak vir die hele gesin.

Kom sien hoe het die Riaan van vier ontwikkel vanaf die WIELIE WALIE- dae tot die kunstenaar,

Riaan van Rensburg.

Vrydag, 24 Feb 16:00 Teatro San Carlo

R120 75 min Musiek Almal

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!