13.02.2023 Views

Kappityt Fees | 20 tot 25 Februarie 2023

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

Bespreek jou kaartjies by www.LTickets.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

MSC SINFONIA

20-25 Februarie 2023

Kaapstad - Namibië

MSC Sinfonia

KAARTJIEBESPREKINGS: LTickets.co.za

BESOEK ONS BLAD www.kappityt.co.za


BELANGRIKE

INLIGTING!

Aandetes:

Eerste Sitting: 18:00

Tweede Sitting: 20:15

Kaartjieskantoor

20 Feb 2023: @ 15:00-20:00 | 21-24 Feb 2023: 08:30-12:00 & 15:00-18:00

Daaglikse Nuusbrief:

OPPIWATER

Kaapstad – Namibië

11-15 April 2023

Besprekings by

www.oppiwater.co.za

of 011 815 3000 | 011 844 6073

Oppiland Fees

Stable Inn Konferensiesentrum/ Bush Inn

26-28 Mei 2023

Besprekings by

www.LTickets.co.za

of 011 815 3000 of www.oppiland.co.za

Bespreek al u Feeskaartjies vir al die kunstenaars www.Ltickets.co.za

Maak seker u het u kaartjies in Suid-Afrika bespreek,

want op die skip, sal u in Dollars moet betaal!

Bespreek al u kaartjies vir ander vertonings by www.LTickets.co.za


Elke Oggend

op die Dek

Alwyn

Oberholster

en

Hennie de Bruyn

en die

Kitaarkêrels

Elke Oggend 10:00 Dek 11 (Swembad)

Gratis 60 min Musiek Almal


KARLIEN

van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld het in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gekruip met haar eerste treffers,

Jakkals Trou Met Wolf se Vrou en Beter As Liefde. Enkele weke na die uitreiking van haar eerste

album, Jakkals Trou Met Wolf se Vrou, het dié album platinumstatus bereik en het Karlien ’n

huishoudelike naam geword. Haar nuutste album, Sing vir Liefde, was ook ’n weghol-sukses en het

binne die eerste maand na dit die rakke getref het, reeds goue status behaal. Die musiekvideo van

dié titelsnit is reeds meer as 2 miljoen kere op YOUTube gekyk. Karlien se vertonings weerspieël

haar passie vir dit wat sy doen en haar energie op die verhoog is aansteeklik.

Maandag, 20 Feb 21:30 Teatro San Carlo

Dinsdag, 21 Feb 12:30 Teatro San Carlo

R150 80 min Musiek Almal


JAN JAN JAN

met Klein Jan, Lang Jan, en Mooi Jan

JAN JAN JAN het aan die einde van 2019 naam gemaak met hulle stywe broekies, tweekleur hemde

en eerste enkelsnit ‘Wys Jou Vleis’ na ‘n foto van hulle en dié broekies soos ‘n veldbrand versprei

het op sosiale media met die soektog wat die sanggroep se naam moes wees. Sedert dié uitreiking

het nog treffers gevolg en het jy al saam met die 3 Janne vleis gewys, mielies gegooi en Boer gebly

en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een na die ander video etlike

miljoen kyke inpalm nie.

Die manne spog ook al met ‘n Goue Toekenning of twee en was ook al genomineer vir ‘n SAMA

Toekenning vir Beste Pop Album van die Jaar (2022) vir ‘Two Tone Lyf”.

In hulle nuutste treffer, “Die Potholes Maak nie Saak nie”, doen die Janne alles! Van komedie tot

meer drukkende sake! Tydens die Kappityt Fees kuier die manne (of is dit nou die Janne?) met ‘n

bietjie van beide. In hierdie vrolik lighartige nommer bring Jan Jan Jan ‘n boodskap van hoop en

ondersteuning soos hulle sing:“ Skattie jy’t gesê die potholes maak nie saak.” Om dit eenvoudig

te stel, maak nie saak wat die lewe op jou pad mag bring nie, jy altyd kan staat maak op die Janne

om daar te wees vir jou.

Ons het verlief geraak op die manne met hulle debuutsnit , “Wys jou vleis”, wat bietjie klassieke

boeremusiekelemente bevat. Hulle het daardie boeremusiekklanke meestervol ingemeng vir die

moderne gehoor saam met vervaardiger Dirk van Niekerk wat jou daardie gevoel van gemak en

tuiswees gee. Die Janne se boodskap is suiwer: “Maak nie saak wat die probleem is nie, luister net

bietjie JAN JAN JAN om jou dag weer op te kikker.”

Dinsdag, 21 Feb 10:00 Teatro San Carlo

Donderdag, 23 Feb 16:00 Teatro San Carlo

R120 60 min Musiek Almal


Die Dromsirkel

met

Riaan van Rensburg

en Mandla Nhlapo

Energie wat jou gemoed betower. Wat hierdie aktiewiteit so lekker maak, is dat almal die kans, ek wil

amper sê die “reg” het, om te mag speel in die musiek wat gemaak word deur die groep. Die groep

dinamika maak dat alle beginners floreer, hulself uitleef sonder enige vrees, of verleentheid. Almal

speel op hul eie vlak en teen hul eie pas. Die gevoel van prestasie word vinnig bereik, want dis

makilk, dis aansteeklik, maar meeste van als, dis pret en baie plesier. Ons dromsirkel word beperk

tot 50 persone. Bespreek dus vinig vir Riaan van Rensburg se Dromsirkel!

Dinsdag, 21 Feb 11:00 Pasha Club

R150 60 min Musiek Almal


met

Ernie Bates, Mac Young en Hugo Hewitt

Die Amerikaanse countrylegende Charley Pride het een keer opgemerk: “It isn’t reasonable to

expect that everyone in the world is a country music fan.” En toe met ‘n glimlag bygevoeg: “Not

yet, anyway.” Aanhangers van countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus

notisie neem van West, die treffergroep bestaande uit Ernie Bates (van Overtone-faam), Mac Young

en Hugo Hewitt. Die driemanskap blaas nuwe lewe in countrymusiek met hulle harmonieuse

vertolking van countrytreffers wat nie net gesoute aanhangers tevrede sal stel nie, maar ook van

‘n nuwe generasie aanhangers maak. Dis dan ook heel gepas dat Charley Pride se “I’m So Afraid

of Losing You Again” een van die treffers is op West se debuutalbum. Die groep het intussen nog

twee albums vrygestel – “West Two” en “West Tribute”. Laasgenoemde bring hulde aan legendes

Don Williams, Waylon Jennings en Charley Pride.

Die naam West bring hulde aan die Amerikaanse country en western-beweging. Volgens Ernie

maak niemand country-musiek soos die Amerikaners nie. “Met hierdie country-herlewing wat

die afgelope drie jaar in Suid-Afrika plaasgevind het, het West spontaan ontstaan deur die groot

aanvraag van die publiek”, sê Mac. “Ons het besluit om West ‘n kans te gee en ‘n gaping wat

daar duidelik in die mark is, te vul. Ons doelwit is natuurlik om vir so lank as moontlik nuwe,

kwaliteit country-musiek in Suid-Afrika vry te stel”. Met die intrapslag het West besluit om egter

meer bekende musiek op hulle debuutalbum in te sluit en sodoende die meer klassieke countytreffers

aan ‘n nuwe generasie bekend te stel.

Dinsdag, 21 Feb 15:30 Teatro San Carlo

Vrydag, 24 Feb 13:00 Teatro San Carlo

R100 90 min Musiek Almal


GROET DIE

GROTMAN 2

“Mans is nie

poepholle nie!”

met Phillru van Achterberg

Teks & Regie: Frans Swart

“Vrouens is

Gaarders!”

Dis vyftien

jaar later…

“Mans is

Jagters!”

Dit is vyftien jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud ... of is hulle? Die kinders is tieners

met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse,

iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen mans en vrouens is steeds daar,

want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen

mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh. Vrouens is steeds

die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram).

“Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en

sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op

‘n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas

en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom,

sorg vir baie komiese situasies.”

Dinsdag 21 Feb 21:30 Teatro San Carlo

R120 120min Toneel Geen O/16


met

Nico Botha, Ilona Grobler, Erik Pieterse,

Hannes van der Linde en Johan Heyns

Verbeel jou daar word gerock op liedjies soos Byeboerwa, Harlekyn en Wie kan dit verstaan. Terwyl

jou ouma nostalgies raak oor die goeie ou dae, rock jy en jou pelle saam op die beat! Old School

Afrikaans was nog nooit so aansteeklik soos wanneer een van die grootste geheime van die Suid-

Afrikaanse musiek bedryf op ‘n verhoog klim nie. OUDERDOOS – Onthou die naam!!! Hulle is

nie jou normale vastrap nie, hulle doen dit in hulle taal. Hulle rock, hulle maak amok, hulle maak

die Ouderdoos weer relevant en blaas nuwe asem in liedjies in waarvan mens lankal vergeet het.

Hulle maak bekende Afrikaanse liedjies wat so baie beteken vir ons taal weer “cool” vir die nuwe

generasie. Ouderdoos is n Afrikaanse “band” wat al die liedjies sing vanuit die oudedoos in ‘n nuwe

“rock” styl vir die oud en jonk.

Dinsdag, 21 Feb 22:00 Manhatten Bar

Donderdag, 23 Feb 21:30 Teatro San Carlo

R90 75 min Musiek Almal


met Phillru van Achterbergh,

Johan Kirsten, Jaco Cilliers en

Llewellyn Annandale

Van Kose is die antwoord op die evolusionêre Afrikaanse rock & roll-beweging

wat steeds oor Suid-Afrika spoel. Die groep is deur hoofsanger en skrywer Phillru

van Achterbergh en kitaarspeler Johan Kirsten gestig. Met Llewellyn Annandale

op baskitaar en Jaco Cilliers op dromme, is hierdie vier-stuk band gereed vir groot

dinge. Van Kose se hoofdoel is om te vermaak. Verwag dus dat Van Kose jou

sokkies sal af rock! Wat Van Kose onderskei van ander groepe is die styl wat hulle

ontwikkel het. Hulle het ‘n kontemporêre rock & roll-klank geskep wat nog nooit

tevore op Suid-Afrikaanse bodem gehoor is nie. Van Kose bring altyd ‘n goeie vibe

en bring die party na jou toe.

Vrydag, 24 Feb 10:00 Teatro San Carlo

R100 75 min Musiek Almal


ernie

Bates

Ernie Bates vermaak die gehoor met sy stem en kitaar vir meer as twee dekades. Ernie sing van sy

eie oorspronklike treffers, nuwe oorspronklike Afrikaanse musiek en dan ook n paar Klasieke Rock

nommers wat beloof om iets vir die oog en oor te wees vir die geharde kitaar liefhebbers.

Woensdag, 22 Feb 17:00 Manhatten Bar

R90 60 min Musiek Almal


hennie de bruyn

en die Kitaarkerels

>

Hoe moeiliker dit gaan met die land en die feit dat ons meer in donker gehul is as lig, keer dit nie die

Kitaarkêrels om Jolyt te hou nie! Ja, hulle lig sommer die gemoed uit staanspoor met Sharky Town

Skoffel; die eerste snit op hul splinternuwe album, 3 Ghitaar Jolyt. Hennie de Bruyn het homself

deur die jare oor en oor bewys as ‘n kêrel wat ‘n kitaar kan slaan en saarn is die driemanskap pure

genot as hulle die kitare nader trek. Hennie het die kuns vervolmaak om musiek te maak wat nie

net lekkerluister is nie, maar ook lekker -dans-musiek is. Met vinnige vingers Tippi Tin hulle oor die

snare, maak ‘n Langpad Kwêla kort en met Fanie en Penny se setees is dit net een pad, Kom laat

ons dans. Dis reg, alles treffers van hul nuwe album.

Hennie was al die jare ‘n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar geleer hoe om

die kitaar te bemeester. Vandag is Hennie ‘n huishoudelike naam met at meer as 23 albums op die

rak, wat pronk saam die talle DVD’s, SATMA-, SAMA en GHOEMA-toekennings, om ‘n paar te noem.

Woensdag, 22 Feb 21:00 Manhatten Bar

R90 75 min Musiek Almal


BOBBY

van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld het op die jong ouderdom van sewentien jaar oud die Afrikaanse musiekbedryf

oorrompel met sy eerste album, Duisend Ure, wat in 2006 vrygestel is. Een van sy eerste groot

musiekfeeste was vir Lefra Produksies se Afrikaanse Musiekfees wat by Carnival City aangebied

is. Nadat hy in dieselfde jaar die toekenning vir Beste Nuweling by die Huisgenoot Tempotoekennings

ontvang, word daar voorspel dat hy nog een van Suid-Afrika se grootste kunstenaars

gaan word. Bykans vyftien jaar later is Bobby wel een van die land se grootste kunstenaars wat

spog met treffer na treffer. Liedjies soos Spieëltjie, Net Vir Jou, Kyk Waar is Ons Nou en Net ’n Man,

is om maar net ’n paar van dié liedjies te noem wat daagliks op radiogolwe landwyd gespeel word.

Bobby se verhoogpersoonlikheid gaan jou meevoer van die oomblik wat hy op die verhoog is en hy

spog met ’n wye spektrum aanhangers van tussen 8 en 80 jaar oud. Bobby moes sy stem vir twee

jaar laat rus het, maar hy is nou in volle aksie terug op die verhoog en dit is vir die Kappityt Fees ‘n

groot eer om Bobby terug te verwelkom op die verhoog.

Woensdag, 22 Feb 16:00 Teatro San Carlo

Vrydag, 24 Feb 21:30 Teatro San Carlo

R150 90 min Musiek Almal


Goue Oues

met Alwyn

Oberholster

Alwyn Oberholster is ‘n gunsteling in die Afrikaanse

musiekbedryf. Alwyn is gewild en bekend onder gehore vir

sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers

soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die

Staccatos, die Bee Gees en vele meer. Alwyn kuier

saam op die Kappityt Fees met sy vertoning,

GOUE OUES. Maar wat maak ‘n treffer tydloos?

Wat maak van ‘n liedjie ‘n “goue oue”? “Goue

oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe

weerklink”, sê Alwyn. “As jy die liedjie hoor,

neem dit jou skielik terug na die verlede en al

die herinneringe wat daarmee gepaard gaan.

Goeie herinneringe. Jou eerste soen, jou

eerste afspraak… goue herinneringe”. Elke

generasie het sy goue oues, en tydlose

treffers sal aanhou floreer namate nuwe

geslagte ouer wysies ontdek van die tyd toe

hul ouers en / of grootouers grootgeword

het. “Dit anker jou”, sê Alwyn. “Met die

nuwe tegnologie kan die kinders van

vandag ouer, tydlose treffers op hul fone of

mp3-spelers ontdek en aflaai, en verseker

dat die goue oues altyd tydloos bly.”

Vrydag 24 Februarie 20:00 Manhatten Bar

R90 75 min Musiek Almal


Mac Young

Mac Young, die man wat ‘n gehoor kan stil sing sonder enige begeleiding. Hy het een van

ons land se grootse en veelsydigste stemme. Met sy lekker sin vir humor en ‘n passie vir

Country musiek vermaak hy gehore regoor die land vir meer as 10 jaar. In die vertoning

vertel hy jou van waar musiek begin het vir hom as ‘n drie-jarige kind tot nou waar hy

homself deur en deur bewys het as ‘die stem van SA Country’.

Donderdag, 23 Feb 17:00 Manhatten Bar

R90 60 min Musiek Almal


Wen Noot

oppiboot

met

Riaan van Rensburg,

Kobus Kruger, Henke Vorster

en Mandla Nhlapo

Wen Noot Oppiboot! is ’n speletjiesprogram wat deur Riaan van Rensburg en sy span aangebied

word. Deelnemers neem deel aan ‘n 60 sekonde uitdaging-speletjie wat opgemaak word uit

huishoudilke voorwerpe en musiek. Elke deelnemer kry die kans om vir die span of vir hom- of

haarself, soveel as moonltik punte op te bou in die 60 sekondes. Die span of deelnemers met die

meeste punte kry die kans om wonderlike pryse te wen. Dis grappig en baie pret. Ken jou musiek,

want daar sal beslis so paar musiekspeletjies ingewerk word. Die energieke Riaan van Rensburg is

die MC om die “GEES” aan die gang te hou.

Vrydag, 24 Februarie 11:30 Manhatten Bar

R90 75 min Musiek Almal


riaan

van Rensburg

Riaan van Rensburg is een van Suid-Afrika se

sing

top musikante en perkussiespelers, en is veral

bekend vir sy deelname aan die immergewilde TV

reeks NOOT VIR NOOT. Riaan se ma is bekende

sangeres, Rina Hugo en sy pa natuurlik Johan van Rensburg, een van die stigterslede van NOOT

VIR NOOT. Riaan maak sy debuut as dromspeler op die ouderdom van 4 op die program, WIELIE

WALIE. Die res is natuurlik geskiedenis. As drommer het Riaan saam met verskillende kunsternaars,

orkeste, popgroepe en platejoggies opgetree. Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook regoor die wêreld.

Riaan se passie vir kultuur en tradisionele musiek maak van hom ‘n baie veelsydige kunstenaar.

Alhoewel hy spesialiseer in ritmes van Wes-Afrika en Kuba, vind hy homself gereeld projekte

aanmekaar sit vir korporatiewe temafunksies wat soms kultureel-spesifiek kan wees, of wat selfs ‘n

mengsel van klomp musiek genres en kulture kan wees.

Maar in hierdie konsert, RIAAN VAN RENSBURG SING!, sien ons ‘n ander sy van Riaan – die van

sanger. Riaan fokus op sy kultuur van oorsprong, Afrikaans, en sing liedjies wat hy self geskryf

het sowel as ‘n paar Afrikaanse treffers. Verwag tipiese Afrikaanse tradisionele volksmusiek met

sterk florerende ritmiese ondertone wat elemente van Latyns-Amerikaans en ook eg Suid-Afrikaans

bevat. Hierdie mengsel gee “skop” aan die musiek en jy gaan beslis nie wil stil sit nie. Jy gaan wil

dans! RIAAN VAN RENSBURG SING! is lekker, dis prettig en dit is ligte vermaak vir die hele gesin.

Kom sien hoe het die Riaan van vier ontwikkel vanaf die WIELIE WALIE- dae tot die kunstenaar,

Riaan van Rensburg.

Vrydag, 24 Feb 16:00 Teatro San Carlo

R120 75 min Musiek Almal


Walvis

Dekpartykie

Kappityt

MSC SINFONIA

• F E E S •

Karlien en Bobby Van Jaarsveld,

Jan Jan Jan, en Mac Young

Op die vooraand van ons besoek aan Walvisbaai, maak ons litte los met die Walvis

Dekpartytjie! Walvisbaai is 'n veilige hawe vir seevaartuie vanweë sy natuurlike diepwaterhawe,

beskerm deur die Pelican Point-sandsbank, en is die enigste natuurlike hawe van enige grootte

langs die Namibiese kus. Omdat hierdie waters ryk is aan plankton en seelewe, het dit groot

getalle suidelike walvisse gelok. Ons hou partytjie saam met Bobby van Jaarsveld, Karlien van

Jaarsveld, Jan Jan Jan en Mac Young.

Gratis. Kom vroeg om lekker plekke te kry. Geen plekke kan gehou word op die dek nie. Alle

Dekpartytjies is onderhewig aan die weersomstandighede.

Dinsdag, 21 Feb 21:30 Dek 11 (Swembad)

Gratis 90 min Musiek Almal


Kappityt

Afrikaners

• F E E S •

MSC SINFONIA

is Plesierig

Dekpartykie

Riaan van Rensburg,

Henke Vorster en Dyllan Emslie

Kom dans want jy is op die Kappityt Fees!!! Bring jou vrou, bring jou man en kom dans met ’n lekker

boeremusiek aanslag op ‘n verskeidenheid van bekende ou Afrikaanse treffers, tradisonele musiek

en selfs moderne popmusiek. Tydens hierdie boeremusiekdekpartytjie gaan jy nie net die bekende

temas van boeremusiek hoor nie, maar dit word ook gekombineer met nuwe liedjies. Alles natuurlik

met ’n boeremusiek aanslag. Riaan van Rensburg is die leier en verwerker van die orkes en het van

sy musikante uit sy Boere-Biscuits Orkes saamgebring. Hy gaan self ook so een of twee nommers

sing, terwyl die res van die liedjies verdeel word tussen die trekklavier, orrel(klawers), gitaar en

konsertina. Kom Kappityt!

Gratis. Kom vroeg om lekker plekke te kry. Geen plekke kan gehou word op die dek nie. Alle

Dekpartytjies is onderhewig aan die weersomstandighede.

Woensdag, 22 Feb 21:30 Dek 11 (Swembad)

Gratis 90 min Boeremusiek Almal


Namib

in

die

Dekpartykie

Van Kose, Ernie Bates

en Alwyn Oberholster

Die Weskus van Namibië en Suid-Afrika bekoor met ‘n natuurskoon soos min. Die see, die

mense, die geskiedenis… ongelyk in die res van die wêreld. Vanaand gaan ons die Namib

warm rock met Van Kose, Ernie Bates en Alwyn Oberholster.

Gratis. Kom vroeg om lekker plekke te kry. Geen plekke kan gehou word op die dek nie.

Alle Dekpartytjies is onderhewig aan die weersomstandighede.

Donderdag, 23 Feb 21:30 Dek 11 (Swembad)

Gratis 90 min Musiek Almal


Weskus

Dekpartykie

Kappityt

MSC SINFONIA

• F E E S •

West, Ouderdoos,

Hennie de Bruyn en Die Kitaarkêrels

Die Weskus van Namibië en Suid-Afrika bekoor met ‘n natuurskoon soos min. Die see,

die mense, die geskiedenis… ongelyk in die res van die wêreld. Vanaand kuier West,

Ouderdoos en Hennie de Bruyn en sy Kitaarkêrels die weskus aan die brand!

Gratis. Kom vroeg om lekker plekke te kry. Geen plekke kan gehou word op die dek nie.

Alle Dekpartytjies is onderhewig aan die weersomstandighede.

Vrydag, 24 Feb 21:30 Dek 11 (Swembad)

Gratis 90 min Musiek Almal


Ontmoet

Kappityt

• F E E S •

die Kunstenaars

Karlien, die manne van Van Kose (Phillru

van Achterbergh, Johan Kirsten,

Jaco Cilliers en Llewellyn Annandale),

Alwyn Oberholster

MSC SINFONIA

Die lekkerte van die Kappityt Fees is dat ons gaste die geleentheid het om die kunstenaars, akteurs,

sangers en bekendes formeel te ontmoet. Dit is darem te lekker om met hierdie bekendes skouer

te skuur, te gesels, `n fototjie te neem en lekker saam te kuier. Hierdie gebeur NET by die Kappityt

Fees. Ons het hierdie lekker forum geskep waar jy formeel die kunstenaars kan kom ontmoet.

Die gesprek word gelei deur Frans Swart met interessanthede oor die kunstenaars. Vandag se

kunstenaars is Karlien van Jaarsveld, die manne van Van Kose, Alwyn Oberholster .

Dinsdag, 21 Feb 17:00 Pasha Club

R50 60 min Musiek Almal


Kappityt

MSC SINFONIA

• F E E S •

Ontmoet

die Kunstenaars

Bobby van Jaarsveld en

Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels

Riaan van Rensburg, Kobus Kruger, Henke

Vorster en Mandla Nhlapo

Die lekkerte van die Kappityt Fees is dat ons gaste die geleentheid het om die kunstenaars, akteurs,

sangers en bekendes formeel te ontmoet. Dit is darem te lekker om met hierdie bekendes skouer

te skuur, te gesels, `n fototjie te neem en lekker saam te kuier. Hierdie gebeur NET by die Kappityt

Fees. Ons het hierdie lekker forum geskep waar jy formeel die kunstenaars kan kom ontmoet.

Die gesprek word gelei deur Frans Swart met interessanthede oor die kunstenaars. Vandag se

kunstenaars is Bobby van Jaarsveld, Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels, Riaan van Rensburg,

Kobus Kruger, Henke Vorster en Mandla Nhlapo.

Donderdag, 23 Feb 17:00 Pasha Club

R50 60 min Musiek Almal


Kappityt

MSC SINFONIA

• F E E S •

Ontmoet

die Kunstenaars

Jan Jan Jan, West en Ouderdoos

Die lekkerte van die Kappityt Fees is dat ons gaste die geleentheid het om die kunstenaars, akteurs,

sangers en bekendes formeel te ontmoet. Dit is darem te lekker om met hierdie bekendes skouer

te skuur, te gesels, `n fototjie te neem en lekker saam te kuier. Hierdie gebeur NET by die Kappityt

Fees. Ons het hierdie lekker forum geskep waar jy formeel die kunstenaars kan kom ontmoet.

Die gesprek word gelei deur Frans Swart met interessanthede oor die kunstenaars. Vandag se

kunstenaars is die manne van Jan Jan Jan, West, Ouderdoos en die wenner van die #kappitytkompetisie.

Vrydag, 24 Feb 17:00 Pasha Club

R50 60 min Musiek Almal


Stable Inn Konferensiesentrum - Springs

26-28 Mei 2023

Vrydag, 26 Mei - Rock | Saterdag, 27 Mei - Afrikaans

Sondag, 28 Mei - Gospel en Country

Besprekings: wwwLTickets.co.za of (011) 815 3000 | www.oppiland.co.za

11-15 April 2023

Kaapstad - Namibië

MSC Orchestra

2023

OPPIWATER KUNSTEFEES

11-15 April 2023 | Kaapstad – Namibië

11 April 2023 – Kaapstad

12 April 2023 – Ter See

13 April 2023 - Walvisbaai

14 April 2023 - Ter See

15 April 2023 - Kaapstad

www.oppiwater.co.za

Voor jy vergeet! Hier is die maklikste manier om kontak te vir ‘n bespreking.

Hierdie plaas u onder geen verpligting nie. Vul vormpie in, neem ‘n foto en Whatsapp dit aan Lefra.

MAKLIK: Vul in, neem ‘n foto en WhatsApp na: 084 421 6829 Of epos na: admin@lefra.com

Naam

en Van

Posadres

en Kode

Tel

Sel:

Epos:

Ek stel belang in dievolgende feeste:

Oppiland Fees - Stable Inn - Springs

26-28 Mei 2023

Oppiwater Kunstefees 2023

11-15 April 2023

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!