27.07.2015 Views

OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!!

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AAND VAN DIE LEGENDES

Vrydag aand 15 Mei was ‘n groot

aand vir ons Ovies. Nie net het ons

televisie kameras en gestoffeerde

sitkamerbanke op ons rugbyvelde

gehad nie. Nee, ons was ook in die

geselskap van internasionale rugby

legendes!

Gary Botha (Oud Ovie) het ‘n

kuieraand saam met Joost van der

Westhuizen gereël, waar rugby

legendes soos Justin Marshall,

George Gregan, Colin Charvis en

Derick Hougaard heerlik oor die

goeie ou dae kon gesels. Die immergroen

Darren Scott was die gasheer

en die manne het met heimwee

teruggedink aan die dae toe hulle

almal saam as skrumskakels en

flanke rugby teen mekaar kon speel.

Die aand van die legendes is dan ook

hoofsaaklik gereël as fondsinsameling

vir die nodige opgraderings

vir skole asook om die geleentheid

te skep om mense terug te

bring na die skole, sodat jong mense

die geleentheid kan kry om self ook

eendag legendes te kan word.

‘n Groot woord van dank veral aan

mnr Dames en almal wat hom

bygestaan het. Dit was ‘n ongelooflik

geslaagde aand en ‘n stukkie

geskiedenis het plaasgevind wat

nie gou weer herhaal sal kan word

nie – en Ovieland was deel van ‘n

baie spesiale aand vir Joost van der

Westhuizen.

Ons is baie bevoorreg!

Dian Degenaar (Graad 10) en

Henriko Collins (Graad 11)

AAND VAN DIE LEGENDES

VERKYKER 2015 07

Uitgawe 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!