27.07.2015 Views

OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!!

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TROUKLOKKIES/VERLOOF/DAMES OGGEND

TROUKLOKKIES WEERKLINK

IN OVIELAND

Op 11 April 2015 het Zander van

Wyk (Ovie Jeugwerker) met Charmonix

in die huwelik getree. Hierdie

pragtige geleentheid het by Kuthaba

Bush Lodge naby Modi-Mole

plaasgevind. Baie geluk Zander en

Charmonix. Mag julle ‘n wonderlike

lewenspaadjie saam bewandel!

Charmonix is pas aangewys as een

van BEELD se finaliste vir die Bruid

van die jaarkompetisie. Baie geluk.

Deur Marlize Klopper en

Johan Matthee (Graad 10)

JUFFROU WILLIAMS RAAK

VERLOOF!

Baie geluk aan Juffrou Charlene

Williams en Antonie Botha wat op

13 Junie verloof geraak het! Ons kan

nie wag vir die trou foto’s nie, juffrou!

Ons is baie bly saam julle!

Mizelle Wichmann (Graad 9)

VROLIKE DAMES OGGEND

SAAM SONJA HEROLDT

VIR MINDER BEVOORREGTE

LEERDERS.

30 Mei was ‘n pragtige Saterdag

oggend. Dames van regoor Pretoria

het saamgekom vir ‘n heerlike

ogggend gevul met ‘n warm koppie

tee , soet gebak, en die pragtige sang

van Sonja Heroldt. Met haar vrolike

geaardheid en hartswoorde het

die immergroen sangeres menige

vrou se hart geroer en die trane het

meer as een maal gevloei toe nuwe

vriendskapsbande gesmee is en ou

vriendinne mekaar weer in die oë

gekyk het.

Die uitstallers het besonderse stalletjies

buite die onthaal lokaal gehad

en die bome is vrolik versier met

vlaggies en glas botteltjies. Daar het

‘n vrolike gees onder almal geheers

wat die oggend nog meer spesiaal

gemaak het.

Baie dankie vir Old Mutual (BORG),

Sonja Herholdt, mev Riansa Barnes

en Juffrou Alicia Prinsloo en die

graad 9 voogde, wat so ‘n gesellige

oggendtee vir ons gereël het.

Ons gaan dit nog lank onthou!

Bianca Kinnear. (gr 11)

04 VERKYKER 2015

Uitgawe 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!