27.07.2015 Views

OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!!

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ONS HOOF VERJAAR!

Op Woensdag 27 Mei het ons hoof ‘n

baie spesiale dag beleef. Die VLR het

almal saam gestaan en

skelmpies gereël dat mnr Nel soos

‘n koning oorlaai was met hope en

hope geskenke! Mnr Nel se reaksie?

“ Ek is uit my sokkies geseën! “. Ja, die

Ovies was weer op hul stukke en het

alles in hul mag gedoen om dit ‘n

onvergeetlike dag te maak .

Om dit behoorlik te vier, het die hele

skool pouse aan kleurvolle “cup

cakes” gesmul en die personeel ‘n

warm ete in die personeelkamer geniet.

Die hoofleiers was dit eens: die

hoof se kantoor was amper te klein

vir al die pakkies! Wel gedaan Ovies

– julle weet hoe om ‘n man spesiaal

te laat voel.

Geluk mnr Nel!

Die Verkyker Redaksie Span.

HOOFVERJAAR/KOOR/ HEMELVAART

HEMELVAART DIENS

Donderdag oggend, 14 Mei, het

die koue luggie aan ons tone begin

knibbel. Maar niks kon ons Ovies

onder kry nie! Met blou en wit

ballonne, ‘n orkes wat ongelooflike

mooi musiek gemaak het, en

‘n predikant wat ons harte geraak

het met sy opregte woorde, het ons

Ovies vanaf die pawiljoen op gekyk

en saam met die balonne ons gees

laat op beweeg en die besonderse

betekenis van die Hemelvaart weer

eens besef en beleef. Dankie vir elke

Ovish lid wat die oggend so spesiaal

gemaak het.

Elné Diedericks, Estee Croukamp en

Charlene Engelbrecht (Graad 11)

OVERKRUIN KOOR - ONS

KULTUUR TROTS!

BAIE GELUK aan ons spog koor wat

deurgedring het na die ATKV-Applous-Finaal

wat gedurende

Augustus in Port-Elizabeth aangebied

word. Dit is die negende keer

in 12 jaar wat ons koor hierdie eer

te beurt val en ‘n feit waarop ons as

skool ongelooflik trots is! Ons hoop

julle geniet die Applous Finaal terdee

en ons weet julle gaan uitstekend

vaar!

Dian Degenaar.

VERKYKER 2015 03

Uitgawe 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!