27.07.2015 Views

OVIELAND IS DIE PLEK WAAR JY WIL WEES!!!

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

REDAKTEURSBRIEF

Dagsê Ovies!

REDAKTEURS BRIEF

Die Junie eksamen wat soos ‘n nare nagmerrie voor ons gelê het, is uiteindelik verby. Die salige, lang wintervakansie

het ons siele gelaaf. En nou is ons terug! Een van die besigste kwartale van die jaar, die gevreesde derde kwartaal ,wat

‘n Rekord Eksamen vir die matrieks insluit, lê nou voor ons uitgestrek.

In China het die Chinese ‘n goue spreekwoord oor BALANS. Hulle glo die volgende:

“Al het jy tienduisend rysvelde, kan jy maar een bordvol op ‘n keer eet. Al het jou paleis duisend kamers, kan jy maar

net op een bed slaap.”

Names die hele Verkyker Redaksie wil ek vir jou, my liewe Ovie sê: moet nooit jou balans in die lewe verloor nie. Pak

hierdie kwartaal een dag op ‘n slag aan. Gee jou beste en doen wat jy moet doen - sodat jy die beste uit elke dag kan

haal. En sukses sal joune wees!

As jy deur hierdie uitgawe blaai sal jy kan terugsit en glimlag, want die prestasies en herinneringe sal jou laat besef,

elke Ovie het gedurende die kwartaal wat verby is, net sy of haar beste gedoen in alles wat hulle aangepak het. En die

resultaat is ‘n uitgawe, propvol kleurvolle herinneringe!

Ons sien uit na ons Eerste span se rugby finale op Loftus. ‘n Kwartaal gevul met kultuur aktiwiteite, sportaktiwiteite

soos sagtebal en ‘n drama opvoering waarin ‘n riller van ‘n verbeteringskool ons senuwees gaan laat uitrafel op die

12e Augustus!

Baie sterkte vir die nuwe kwartaal, Ovies - Mag julle elkeen ‘n ongelooflike kwartaal beleef!

Redaksie groete!

Bianca Kinnear (Redaktrise) en Lebogang Nkumbule (Sub-redaktrise)

02 VERKYKER 2015

Uitgawe 2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!