You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
UITGAWE 2

OVIES ONTHAAL

internasionale

rugby gaste!

OVIES KIES

hul Mnr en

Mej Ovie !

BESTE WATERPUNT

by Kolonnade verseker

3-in-1 padwedloop!

OVIES HET

hope pret!

OVIELAND IS DIE PLEK

WAAR JY WIL WEES!!!
REDAKTEURSBRIEF

Dagsê Ovies!

REDAKTEURS BRIEF

Die Junie eksamen wat soos ‘n nare nagmerrie voor ons gelê het, is uiteindelik verby. Die salige, lang wintervakansie

het ons siele gelaaf. En nou is ons terug! Een van die besigste kwartale van die jaar, die gevreesde derde kwartaal ,wat

‘n Rekord Eksamen vir die matrieks insluit, lê nou voor ons uitgestrek.

In China het die Chinese ‘n goue spreekwoord oor BALANS. Hulle glo die volgende:

“Al het jy tienduisend rysvelde, kan jy maar een bordvol op ‘n keer eet. Al het jou paleis duisend kamers, kan jy maar

net op een bed slaap.”

Names die hele Verkyker Redaksie wil ek vir jou, my liewe Ovie sê: moet nooit jou balans in die lewe verloor nie. Pak

hierdie kwartaal een dag op ‘n slag aan. Gee jou beste en doen wat jy moet doen - sodat jy die beste uit elke dag kan

haal. En sukses sal joune wees!

As jy deur hierdie uitgawe blaai sal jy kan terugsit en glimlag, want die prestasies en herinneringe sal jou laat besef,

elke Ovie het gedurende die kwartaal wat verby is, net sy of haar beste gedoen in alles wat hulle aangepak het. En die

resultaat is ‘n uitgawe, propvol kleurvolle herinneringe!

Ons sien uit na ons Eerste span se rugby finale op Loftus. ‘n Kwartaal gevul met kultuur aktiwiteite, sportaktiwiteite

soos sagtebal en ‘n drama opvoering waarin ‘n riller van ‘n verbeteringskool ons senuwees gaan laat uitrafel op die

12e Augustus!

Baie sterkte vir die nuwe kwartaal, Ovies - Mag julle elkeen ‘n ongelooflike kwartaal beleef!

Redaksie groete!

Bianca Kinnear (Redaktrise) en Lebogang Nkumbule (Sub-redaktrise)

02 VERKYKER 2015

Uitgawe 2
ONS HOOF VERJAAR!

Op Woensdag 27 Mei het ons hoof ‘n

baie spesiale dag beleef. Die VLR het

almal saam gestaan en

skelmpies gereël dat mnr Nel soos

‘n koning oorlaai was met hope en

hope geskenke! Mnr Nel se reaksie?

“ Ek is uit my sokkies geseën! “. Ja, die

Ovies was weer op hul stukke en het

alles in hul mag gedoen om dit ‘n

onvergeetlike dag te maak .

Om dit behoorlik te vier, het die hele

skool pouse aan kleurvolle “cup

cakes” gesmul en die personeel ‘n

warm ete in die personeelkamer geniet.

Die hoofleiers was dit eens: die

hoof se kantoor was amper te klein

vir al die pakkies! Wel gedaan Ovies

– julle weet hoe om ‘n man spesiaal

te laat voel.

Geluk mnr Nel!

Die Verkyker Redaksie Span.

HOOFVERJAAR/KOOR/ HEMELVAART

HEMELVAART DIENS

Donderdag oggend, 14 Mei, het

die koue luggie aan ons tone begin

knibbel. Maar niks kon ons Ovies

onder kry nie! Met blou en wit

ballonne, ‘n orkes wat ongelooflike

mooi musiek gemaak het, en

‘n predikant wat ons harte geraak

het met sy opregte woorde, het ons

Ovies vanaf die pawiljoen op gekyk

en saam met die balonne ons gees

laat op beweeg en die besonderse

betekenis van die Hemelvaart weer

eens besef en beleef. Dankie vir elke

Ovish lid wat die oggend so spesiaal

gemaak het.

Elné Diedericks, Estee Croukamp en

Charlene Engelbrecht (Graad 11)

OVERKRUIN KOOR - ONS

KULTUUR TROTS!

BAIE GELUK aan ons spog koor wat

deurgedring het na die ATKV-Applous-Finaal

wat gedurende

Augustus in Port-Elizabeth aangebied

word. Dit is die negende keer

in 12 jaar wat ons koor hierdie eer

te beurt val en ‘n feit waarop ons as

skool ongelooflik trots is! Ons hoop

julle geniet die Applous Finaal terdee

en ons weet julle gaan uitstekend

vaar!

Dian Degenaar.

VERKYKER 2015 03

Uitgawe 2
TROUKLOKKIES/VERLOOF/DAMES OGGEND

TROUKLOKKIES WEERKLINK

IN OVIELAND

Op 11 April 2015 het Zander van

Wyk (Ovie Jeugwerker) met Charmonix

in die huwelik getree. Hierdie

pragtige geleentheid het by Kuthaba

Bush Lodge naby Modi-Mole

plaasgevind. Baie geluk Zander en

Charmonix. Mag julle ‘n wonderlike

lewenspaadjie saam bewandel!

Charmonix is pas aangewys as een

van BEELD se finaliste vir die Bruid

van die jaarkompetisie. Baie geluk.

Deur Marlize Klopper en

Johan Matthee (Graad 10)

JUFFROU WILLIAMS RAAK

VERLOOF!

Baie geluk aan Juffrou Charlene

Williams en Antonie Botha wat op

13 Junie verloof geraak het! Ons kan

nie wag vir die trou foto’s nie, juffrou!

Ons is baie bly saam julle!

Mizelle Wichmann (Graad 9)

VROLIKE DAMES OGGEND

SAAM SONJA HEROLDT

VIR MINDER BEVOORREGTE

LEERDERS.

30 Mei was ‘n pragtige Saterdag

oggend. Dames van regoor Pretoria

het saamgekom vir ‘n heerlike

ogggend gevul met ‘n warm koppie

tee , soet gebak, en die pragtige sang

van Sonja Heroldt. Met haar vrolike

geaardheid en hartswoorde het

die immergroen sangeres menige

vrou se hart geroer en die trane het

meer as een maal gevloei toe nuwe

vriendskapsbande gesmee is en ou

vriendinne mekaar weer in die oë

gekyk het.

Die uitstallers het besonderse stalletjies

buite die onthaal lokaal gehad

en die bome is vrolik versier met

vlaggies en glas botteltjies. Daar het

‘n vrolike gees onder almal geheers

wat die oggend nog meer spesiaal

gemaak het.

Baie dankie vir Old Mutual (BORG),

Sonja Herholdt, mev Riansa Barnes

en Juffrou Alicia Prinsloo en die

graad 9 voogde, wat so ‘n gesellige

oggendtee vir ons gereël het.

Ons gaan dit nog lank onthou!

Bianca Kinnear. (gr 11)

04 VERKYKER 2015

Uitgawe 2
VERKYKER 2015 05

Uitgawe 2

GR8 2 C U
OVIE NUUS

THE R5 SILVER WAR KEEPS

THE SILVER WAR GOING

STRONG!

The Silver War where the Ovies stage

a huge war between the register

classes was a huge success this term.

The school has reached a new record

and we are truly proud of you Ovies!

The grade 11E class is leading the

competition and the group is followed

closely by the grade 8B class.

Although this is an annual competition,

it is becoming a hugely successful

tradition and we are all working

hard to reach the next level.

Everyone wants to be a winner . . .

SO WHO IS GOING TO RACE TILL THE

END AND WIN THE GRAND PRIZE?

Karabo Mathibedi and Kgomotso

Modiye-Moselwa. (Grade 11)

OVIE GEKROON AS MEJ

CENTURION SCHOOLS

2015

Op Saterdag 16 Mei is Nerine Schutte

(Graad 10) by ‘n spoggeleentheid

te Atterbury Teater gekroon as Mej

Centurion Schools 2015. Sy is ook

gekroon as Mej. Fotogenies. Ons as

skool is geweldig trots op Nerine wat

tussen die 43 deelnemers die enigste

deelnemer van die Noorde was.

Nerine word opgelei deur Pascal

Model Management en gebruik ook

geleenthede soos hierdie om uit te

reik na liefdadigheidsorganisasies en

geld vir minderbevoorregte skole in

te samel. Ons wens jou baie sterkte

toe met hierdie belowende loopbaan

van jou en ons hou jou met

ware Ovie trots dop! Baie geluk!

Lisa-Kate Heslop

06 VERKYKER 2015

Uitgawe 2
AAND VAN DIE LEGENDES

Vrydag aand 15 Mei was ‘n groot

aand vir ons Ovies. Nie net het ons

televisie kameras en gestoffeerde

sitkamerbanke op ons rugbyvelde

gehad nie. Nee, ons was ook in die

geselskap van internasionale rugby

legendes!

Gary Botha (Oud Ovie) het ‘n

kuieraand saam met Joost van der

Westhuizen gereël, waar rugby

legendes soos Justin Marshall,

George Gregan, Colin Charvis en

Derick Hougaard heerlik oor die

goeie ou dae kon gesels. Die immergroen

Darren Scott was die gasheer

en die manne het met heimwee

teruggedink aan die dae toe hulle

almal saam as skrumskakels en

flanke rugby teen mekaar kon speel.

Die aand van die legendes is dan ook

hoofsaaklik gereël as fondsinsameling

vir die nodige opgraderings

vir skole asook om die geleentheid

te skep om mense terug te

bring na die skole, sodat jong mense

die geleentheid kan kry om self ook

eendag legendes te kan word.

‘n Groot woord van dank veral aan

mnr Dames en almal wat hom

bygestaan het. Dit was ‘n ongelooflik

geslaagde aand en ‘n stukkie

geskiedenis het plaasgevind wat

nie gou weer herhaal sal kan word

nie – en Ovieland was deel van ‘n

baie spesiale aand vir Joost van der

Westhuizen.

Ons is baie bevoorreg!

Dian Degenaar (Graad 10) en

Henriko Collins (Graad 11)

AAND VAN DIE LEGENDES

VERKYKER 2015 07

Uitgawe 2
WENNERS - MR & MRS 2015

08 VERKYKER 2015

Uitgawe 2
OPEDAG 2015

Op Woensdag 22 April, het Ovieland

sy hekke oopgegooi en

voornemende Ovies binne laat

stroom! Die dag was ‘n reuse sukses

en almal het skouer aan die wiel gesit

om dit goed te laat afloop.

2015 se Opedag het met ‘n

hoogtepunt afgeskop waar die

skool vir ‘n hele week voor die tyd

by die Wonderboom Junction met

stalletjies en vriendelike personeel

en leerders die omgewing gewys het

wat hier by Ovieland gebeur.

Baie dankie vir elkeen wat hart en siel

gestort het in hierdie reuse poging

en die Opedag 2015 laat uistaan soos

‘n ligstraal op ons jaarlikse skoolkalender!

Knap gedaan Ovies!

Nadia Ayres (Graad 10)

OPEDAG 2015

VERKYKER 2015 09

Uitgawe 2
REDAKTEURS

INTERHOER

BRIEF // HUWELIKSKLOKKIES

2015

POPPEKAS ARTIKEL -

Die poppekas van Overkruin pronk

elke jaar op Hoërskool Overkruin se

skool kalender. Op 13 Mei was die

geleentheid, wat al ‘n jaarlikse tradisie

gevorm het in Ovieland, aangebied.

‘n Liefdadigheids uitreik-aksie waar

Overkruin se matriek jeugkomitee

leerlinge, asook die 6 hoofleiers, ‘n

dag van opwinding aanpak. Alma

Skool in die Noorde en Nuwe Hoop

in die Ooste van Pretoria het die

leerlinge met ekstatiese gesigsuitdrukkings

verwelkom, waar hulle

vir Superman, Rooikappie, Koningin

Elsa (van die nuutse kinderverhaal

‘Frozen’) en tot vir Tinkerbell ingewag

het. Die kleding inspirasie onder die

matriek leerlinge was elk gevind in ‘n

bekende kinderverhaal. ‘n Poppekas

verhaal is aangebeid aan die kleuters

en hul onderskeie onderwysers.

Die jaar het Mnr Armpie vir hierdie

kleuters, wat verstandelik of fisies

gestremd is, kom kuier. ‘n Oompie

wat self lei aan ‘n gebrek wat een

fantastiese geskenk ontvang het

waarin daar aan hom verduidelik

was dat Jesus hom lief het en in sy

hartjie woon. Christelike liedjies was

dan saam hierdie kleuters gesing om

weereens elke kleintjie te herhinner

dat hy spesiaal is en Jesus hom

liefhet. Daarna het al die verskillende

Disney karakters (matriekleerlinge)

saam hierdie kleuters na hul verskeie

speelgronde beweeg. Daar was ook

op en af gevlieg saam Superman,

wegkruipertjie gespeel saam Miekie

muis, terwyl ander kleuters se gesiggies

geverf is. Kleuters was elk met

‘n lekkergoedpakkie bederf. Ovies

geniet die geleentheid verskriklik en

sommige van die kleuters se ogies

was vol trane toe Sneeuwytjie hul

totsiens moes waai by die speelgrond

hekkie. So ‘n geleentheid wat

hierdie Ovies aangepak het vol liefde

& omgee om hul doel as Ovie uit te

strewe en om aan ander uit te reik en

‘n verskil te maak in iemand anders

se lewe. Hoërskool Overkruin het

weereens daarin geslaag vanjaar en

is baie trots om hierdie legendariese

tradisie voort te laat leef in 2016.

POLISIE BESOEK

10 VERKYKER 2015

Uitgawe 2
ATLETIEK STERRE

SKITTER STEEDS

Baie geluk aan Elmar Schutte (graad

10) (Paalspring) en Natasha

Oeschger (Graad 12) (Spiesgooi) wat

ook vir die Finale Gauteng Atletiekspan

gekies is. Ovies het dus vyf top

atlete gehad wat besonders goed

presteer het deur die afgelope atletiekseisoen.

Hulle het almal aan die

Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in

April gaan deelneem en dit is met

trots dat ons hulle kon dophou.

‘n Spesiale woord van geluk aan

Estiaan Schutte (Graad 12) wat 4de

plek in die 200m finaal behaal het

by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe!!

Wat ‘n voorreg om hierdie

top atlete in ons skool te kan hê!

Este Croukamp

Elmar

Schutte

Natasha

Oeschger

Estiaan

Schutte

OVIE STERRE

LANDLOOP ATLETE EN

OUERS PRESTEER

Op Saterdag 23 Mei het Ovies se

leerders , onnies en ouers bewys

hulle maak ‘n gedugte span as hulle

saamspan! Vroegdag, nog voor

die haan kon kraai het ons BL-lede,

onnies, landloop atlete en ovie ouers

hulle staan gemaak langs die pad

in Montanapark en ‘n ongelooflike

waterpunt opgestel vir die VERSEKER

3-IN-1 padwedloop wat aangebied is

by die Kolonnade Winkelsentrum.

Soos julle aan die foto’s kan sien was

dit reuse pret en die uiteinde van

die spanpoging was die kersie op

die koek. Overkruin se waterpunt

is aangewys en ontvang die prys

vir DIE BESTE WATERPUNT van die

padwedloop. Die Ovies was dit eens.

Die hardlopers is harde beoordelaars

en hulle moes behoorlik bontstaan

en water aangee. Julle maak ons

trots – ons sien uit na volgende jaar

se waterpunt, Ovies. Baie geluk!!!

Stefanie Odendaal

VERKYKER 2015 11

Uitgawe 2
REDAKTEURS BRIEF // HUWELIKSKLOKKIES

0VIES SWEM

OVIES KYK TERUG OP ‘N

ONGELOOFLIKE RUGBY

SEISOEN!

Overkruin het behoorlik gewoeker

met hul sport talente hierdie

jaar. Ons is baie trots om te kan

sê : Ons het ‘n ongelooflike goeie

rugby seisoen beleef! Elke seun het

voorwaar sy hart uitgespeel en dit

is daarom duidelik waarom ons 4

spanne het wat aan die semi-finale

te Hoërskool Oos-Moot op Saterdag

20 Mei deelgeneem het! Ons 0/14

span het die stryd aangepak teen

Pretoria Noord, die 0/15 span teen

Oos-Moot, die 0/16 span teen Tuine

en die Eerste span ook teen Tuine.

Dit was almal klipharde wedstryde

en ‘n ongelooflike dag om te beleef.

Dankie aan elke Ovie wat ons naam

hoog gehou het op die veld daardie

Saterdag. Ons is baie trots op julle.

Baie geluk aan die Eerste Span wat

met ‘n prag telling van 27-13 nou

deurdring na die Finaal wat teen

Oos-Moot, op 25 Julie, op die groen

velde van Loftus Versveld gaan

uitgespook word. Elke Ovies staan

agter julle, speel vir ons en bring die

beker huis toe!

Bianka Kinnear en Lebogang

Nkambule

RUGBY PLAYER SELECTED

FOR BLUE BULLS U/16

Stephane Ndjaja (Grade 10) was

elected for the u/16 GRAND

KHORNO BLUE BULLS TEAM. We

are very proud of you Stephane

and hope you will have a wonderful

tour in Oudtshoorn during the July

holidays.

Congratulations you make us proud!!

12 VERKYKER 2015

Uitgawe 2
NETBAL SPEELSTERS

PRESTEER!

Kineilwe Mojapelo (0/16) en Jayneke

van der Merwe (0/14) is gekies vir

die Gautengnetbalspan wat vanaf

27 Junie tot 3 Julie 2015 aan die

All-Ages Toernooi by Hoërskool E.G.

Jansen gaan deelneem.

Baie geluk meisies, dit is ‘n besonderse

prestasie en ons is

ongelooflik trots op julle!

Tristan Matthys (Gr 9)

OVIE STERRE

OVIE BECOMES SOUTH AFRICAN NATIONAL GYMNASTICS CHAMPION!!

On Saturday 6 June 2015, Jessie Invernizzi took part in the South African National Competition in Cape Town. Jessie

had a great season having won the North Gauteng Championship and then going on to win the Gauteng Provincials.

This was a great build up for that challenging Saturday in Cape Town. We are very proud of you Jessie and congratulations

on coming first on the Bar, second on the Vault and being awarded as the overall winner when you received the

medal for being FIRST OVERALL at the South African Nationals Girls u/18. Way to go Jessie !!!

Ketsia Mulopo and Modiye-Mosekwa Kgomotso, Grade 11.

OVIE BLINK UIT IN KROASIË

Baie geluk aan Lee-Ann Bierbaum

wat die Eerste Plek in die

Jazz-afdeling (kwartet) verwerf

het in Kroasië, waar sy Suid-Afrika

verteenwoordig het by die Dance

Star Masters Kompetisie. Dis ‘n

besonderse prestasie en ons is baie

trots op hierdie Ovie!

Annika Strydom (Graad 10)

VERKYKER 2015 13

Uitgawe 2
NETBAL PRESTIGE

Terwyl ons eerste netbalspan “ball girls” by die Brutal Fruit Cup se Provinsiale netbal wedstryde in Pretoria was , waar

hulle ook ‘n bekende (Paula) van 7de laan ontmoet het, presteer twee van ons ander netbal spelers.

SPANBOU / NATUUR EN FIETSRYERS

Keneilwe Mojapelo (o/16) en Jayneke van der Merwe (o/14) is gekies vir die Gauteng netpalspan wat vanaf 27 Junie

tot en met 3 Julie aan die All-Ages toernooi by Hoerskool E.G Jansen deelneem. Baie geluk aan die twee netbalspelers,

julle skitter!

14 VERKYKER 2015

Uitgawe 2
HOKKIE BOKKIES WYS HUL

STAAL HIERDIE SEISOEN

Die Ovie Hokkie Bokkies het hulle

staal behoorlik gewys hierdie

seisoen. Die Wintersport seisoen het

afgeskop met kursusse en toere in

die April vakansie. Daar was geen

tekort aan spanwerk, harde oefening,

baie gees en hope pret nie.

Die 2de span het al hulle wedstryde

gewen en hulle WEN ook die liga

met ‘n reuse 47 uit die moontlike 48

liga-punte! Hierdie talentvolle span

het ook die derde meeste doele van

al die spanne in die liga aangeteken.

Hulle het slegs drie doele afgestaan

in die liga wat uit 45 spanne bestaan.

Die o/14 en 0/16 spanne het slegs

een uit die agt liga wedstryde verloor

en albei spanne het na die Stadsbeker

Semi-Finale deurgedring. Baie

geluk aan hierdie twee spanne wat

tot aan die einde vasgebyt het en

algeheel DERDE in die kompetisie

geeindig het.

Ovie Hokkie in 2016 is verseker iets

om na uit te sien!

Lisa-Kate Heslop (Gr 11) en Juf Loots

BERGFIETS

Die afgelope naweek (11-12 April)

het 7 van ons leerders (Hardu Visser,

Hessie Moldenhauer, Evan Prinsloo,

AW Lategan, Duan de Waal, David

Kozisek en Herman Taljaard), ‘n paar

entoesiastiese ouers (mnr. Heinrich

Moldenhauer, mev. Johanna

Moldenhauer, mnr. Riaan Prinsloo

en mnr. Hardie Visser), en afrigters

(mnre. Brenden Hattingh en Jacques

Vermooten) aan die Southern Skies

24uur Bergfiets-aflos byeenkoms

te Parys, Vrystaat, deelgeneem. Die

fietsryers is in twee spanne verdeel.

Ten spyte van moeë bene en min

slaap, behaal ons ‘n algehele 13de en

6de plek. Baie dankie aan elke ouer,

leerder en afrigter vir die uitnemende

wyse waarop die geleentheid

aangepak is. Sonder julle sou dit nie

‘n sukses gewees het nie!

MOUNTAIN BIKING

This past weekend (11-12 April), 7

of our learners (Hardu Visser, Hessie

Moldenhauer, Evan Prinsloo, AW Lategan,

Duan de Waal, David Kozisek

and Herman Taljaard), a few

enthusiastic parents (Mr Heinrich

Moldenhauer, Mrs Johanna Moldenhauer,

Mr Riaan Prinsloo and Mr

Hardie Visser) and coaches (Mr

Brenden Hattingh and Mr Jacques

Vermooten) participated in the

Southern Skies 24hr relay mountain

bike race. The above mentioned

was divided into two teams and in

spite of tired legs and little sleep, we

are proud of an overall 6th and 13th

place. We would like to say thank you

to every parent, learner and coach

for the excellent manner in which

they approached this event. Without

you, it would not have been such a

success.

VERKYKER 2015 15

Uitgawe 2