March 2011 for web.indd - OVK
March 2011 for web.indd - OVK March 2011 for web.indd - OVK
- 700 kg/m³ wees. As jy dit hoër kan kry, is dit ’n groot pluspunt. By nie-suikerryke gewasse kan melksuurbakterieë-inokulant gevoeg word – gewoonlik tydens die kerfproses. Die seël van die bun ker kan nie oorbeklemtoon word nie. Gebruik ’n wit plastiek wat jy toepak met motorbande. Swart plas tiek werk ook goed, maar dit is beter om die swart plastiek met ’n lagie grond te bedek. Die gekerfde materiaal moet liefs in lae uitgestrooi en vasgetrap word. Moenie gekerfde materiaal op hope uitgooi en so vastrap nie. Enige reuk wat vir die mens sleg ruik, dui op swak gehalte kuilvoer. Kuilvoer behoort ’n liggeel tot lig groen kleur met ’n effens suur reuk te hê. Dit moet oor ’n vrugtige geur beskik. Bottersuur word gevorm van Clos tridia-spore in die gekerf de mate riaal. Clostridia sal nie ont wik kel as die pH laag genoeg is nie. Ander bak terieë stel asynsuur vry as die pH nie in die omgewing van 4 gehou word nie, wat ook tot die agter uitgang van die kuilvoer aanleiding gee. Bottersuur kan aanleiding gee tot groot verliese ten opsigte van droë materiaal en energie. As kuilvoer nie op standaard is nie weens ’n hoë botter suur-inhoud, moet sulke voer nie aan koeie 48 of ver se wat vars in die melk is, gevoer word nie. ’n Siektetoestand, ketose, kan intree wat tot die dier se dood kan lei. Botter suur-inname mag ook nie meer as 50 g/dag per bees wees nie. Die ketose-inhoud van diere kan met strokies bepaal word. Wanneer kuilvoer van buite na die binnekant van ’n gebou gebring word, ruik ’n mens gewoonlik die bottersuur duideliker. Kuilvoer is relatief goedkoop en as jy ’n melkery of voerkraal het, behoort jy kuilvoer te maak. Dit is beskikbaar as jy dit nodig het en dit is die geskikste ruvoer. Om plan te in te kuil, kry jy meer voe dingstowwe per hektaar as wat plante gelos sou word as staande hooi. Die gevare van brand en dief stal is beperk. Kuil in as die droëmateriaal-inhoud tussen 28 % en 38 % is. Die 50 % -melklyn op die mieliepit is ’n aanduiding, maar dit is die beste om ’n vogtoets te doen. ■ VOGTOETS Neem ’n verteenwoordigende mon ster en weeg presies 1 kg af. Plaas in ’n mikrogolfoond en verhit dit Contents vir 30 sekon des op hoog. Haal uit en weeg. Roer die • monster en plaas terug. Hou aan met die proses totdat daar geen ver an dering in massa meer is nie. Die massa dui die droë materiaal aan. Inhoud
Die droëmateriaal-inhoud van kuil voer bepaal die uiteindelike pH van die ingekuilde materiaal. Daar is vasgestel dat by ’n droë materiaal-inhoud van 30 % by mielies ’n pH van minstens 4,4 gehandhaaf moet word om Clos tridia (bottersuur) in toom te hou. As te nat ingekuil word, is dit raad saam om dit ná aktiewe fermen tasie dadelik te begin voer. Aktiewe fermen tasie neem af ná ’n staantyd van sowat 2 weke. Die grootste verliese word gely in die tydsverloop van die kompaksie-proses tot die seël van die bunker en tydens die uithaal-aksie. ■ ALTERNATIEWE GEWASSE Feitlik enige gewas kan ingekuil word. As plante te nat is, kan dit eers gesny en gelos word om ef fens af te droog, of droë voer kan byge voeg word. Onthou dat die proses van inkuiling net dit bewaar wat ingekuil word. Geen verbetering in voedingstowwe vind plaas nie. Daarom behoort die gewasse met die beste waarde inge kuil word. Peulplante LUSERN: Teen 10 % blom of wan neer her groei begin plaasvind. 49 SOJA: Middel tot volblom-stadium. AKKERBONE: Wanneer peule goed gevul is. Grasagtige gewasse VOERSORGHUM: Sagte deeg stadium. KLEINGRANE EN MIELIES: Harde deegstadium. GRAANSORGHUM: Wanneer eerste saad in die harde deeg sta dium kom. Sonneblom In 10 - 50 % blomstadium. Son ne blom is egter stok kerig en hard en diere hou nie altyd daar van nie. Waar gewasse met min natuurlike suiker ingekuil word, is dit goed om die suiker aan te vul om die fermentasieproses aan te help en die pH in toom te hou. Suiker kan aangevul word deur melassestroop of - poeier of deur mieliemeel te gebruik. Aanvullings vir grassoorte is 2 % melas se of 4,5 % mieliemeel en vir peulplante 4 % melasse of 9 % mieliemeel. ■ SAMEVATTING • Kuilvoer wat op die regte tyd gesny en goed verseël Contents • is, kan baie jare goed hou. • Gebruik kerwers met skerp lemme – gepluisde materiaal trap nie goed vas nie. Inhoud
- Page 1 and 2: Inhoud • Contents BELANGRIK • I
- Page 3 and 4: FROM THE WORD RESURRECTION... The r
- Page 5 and 6: skeeftrek - omdat jy nie hoor wat d
- Page 7 and 8: Contents • Inhoud Alle CR-stroper
- Page 9 and 10: sowat R2 000 t/ha per jaar uit sy v
- Page 11 and 12: OVK NUUS CRADOCK HET ’N NUWE SILO
- Page 13 and 14: van R4 369. Private veilings onder
- Page 15 and 16: Hoe om te begin: • Sit eers die o
- Page 17 and 18: gebied, maar uiter matige reën het
- Page 19 and 20: The amount of gypsum to replace the
- Page 21 and 22: HOT CROSS BUNS Ingredients 4 cups p
- Page 23 and 24: Hiermee sê ek nie dat jy nie spont
- Page 25 and 26: Minerals needed daily include calci
- Page 27 and 28: Victor van Cullinan gebruik, wat oo
- Page 29 and 30: WHICH NUTRIENTS ARE BEST FOR PRO VI
- Page 31 and 32: fruit. Aspa ra gus once was one of
- Page 33 and 34: The cemetery holds two notorious gr
- Page 35 and 36: Kultivar PAN 3120 Matlabas SST 347
- Page 37 and 38: Koeler besproeiingsgebiede Kultivar
- Page 39 and 40: Between 65 % and 90 % of the protei
- Page 41 and 42: antibiotics, no feedlot, less capit
- Page 43 and 44: van ’n brand te keer”. Die mees
- Page 45 and 46: ureum vergifting omdat diere reeds
- Page 47: Paratuberculosis is difficult to co
- 700 kg/m³ wees. As jy dit hoër kan kry, is dit ’n

groot pluspunt. By nie-suikerryke gewasse kan

melksuurbakterieë-inokulant gevoeg word – gewoonlik

tydens die kerfproses. Die seël van die bun ker kan nie

oorbeklemtoon word nie. Gebruik ’n wit plastiek wat jy

toepak met motorbande. Swart plas tiek werk ook goed,

maar dit is beter om die swart plastiek met ’n lagie

grond te bedek.

Die gekerfde materiaal moet liefs in lae uitgestrooi en

vasgetrap word. Moenie gekerfde materiaal op hope

uitgooi en so vastrap nie.

Enige reuk wat vir die mens sleg ruik, dui op swak

gehalte kuilvoer. Kuilvoer behoort ’n liggeel tot lig groen

kleur met ’n effens suur reuk te hê. Dit moet oor ’n vrugtige

geur beskik.

Bottersuur word gevorm van Clos tridia-spore in die

gekerf de mate riaal. Clostridia sal nie ont wik kel as die

pH laag genoeg is nie. Ander bak terieë stel asynsuur

vry as die pH nie in die omgewing van 4 gehou word

nie, wat ook tot die agter uitgang van die kuilvoer aanleiding

gee.

Bottersuur kan aanleiding gee tot groot verliese ten

opsigte van droë materiaal en energie.

As kuilvoer nie op standaard is nie weens ’n hoë

botter suur-inhoud, moet sulke voer nie aan koeie

48

of ver se wat vars in die melk is, gevoer word nie. ’n

Siektetoestand, ketose, kan intree wat tot die dier se

dood kan lei. Botter suur-inname mag ook nie meer as

50 g/dag per bees wees nie. Die ketose-inhoud van

diere kan met strokies bepaal word.

Wanneer kuilvoer van buite na die binnekant van

’n gebou gebring word, ruik ’n mens gewoonlik die

bottersuur duideliker.

Kuilvoer is relatief goedkoop en as jy ’n melkery of voerkraal

het, behoort jy kuilvoer te maak. Dit is beskikbaar

as jy dit nodig het en dit is die geskikste ruvoer. Om

plan te in te kuil, kry jy meer voe dingstowwe per hektaar

as wat plante gelos sou word as staande hooi. Die

gevare van brand en dief stal is beperk.

Kuil in as die droëmateriaal-inhoud tussen 28 % en

38 % is. Die 50 % -melklyn op die mieliepit is ’n aanduiding,

maar dit is die beste om ’n vogtoets te doen.

■ VOGTOETS

Neem ’n verteenwoordigende mon ster en weeg

presies 1 kg af. Plaas in ’n mikrogolfoond en verhit dit

Contents

vir 30 sekon des op hoog. Haal uit en weeg. Roer die •

monster en plaas terug. Hou aan met die proses totdat

daar geen ver an dering in massa meer is nie. Die

massa dui die droë materiaal aan. Inhoud