Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
wees nie, jy weet nie wat om te verwag nie. So ’n

on stabiele tipe persoon likheid verkry nie respek van

ander nie.

► Wees eerlik

Moenie leuens vertel nie. Moenie die waarheid rek nie.

Moenie stories vertel om jou in ’n beter lig te stel nie.

As jy nie weet nie, vra. Eerlike mense verdien respek.

► Staan vir jouself op

Moenie ongemanierde en aanvallende mense toelaat

om oor jou te loop nie. Staan op teen jou eggenoot,

werkers en bestuurders wat op jou skel en skree

en onrespekvol optree. Ek weet dit is moeilik, so

baie moeilik, maar as jy nie vir jouself gaan opstaan

nie, sal mense oor jou loop. Hulle sal jou nie met

respek behandel nie. Jy moet abso luut weier om

onaanvaarbare gedrag goed te keur. Jy moet grense

stel. Dit is hoe jy respek sal verdien. Bobby Richardson

het gesê: “Enige mens sal respek afdwing as hy ’n

standpunt inneem en dit met sy lewe ondersteun.”

► Selfvertroue

Iemand wat selfvertroue uitstraal, gee ’n boodskap

van “jy kan my ver trou” of “jy kan respekteer wat ek

sê”. Selfvertroue met ’n skeut goeie beskeidenheid sal

maak dat mense jou respekteer. Moet egter nie selfvertroue

verwar met arrogansie nie. Bou selfvertroue

24

op deur jou te bekwaam in sekere lewensaspekte en

vaardighede. Wanneer jy met selfvertroue kan optree

en praat, sal mense jou begin respekteer. Dit werk so

in hierdie lewe. Gaan vir berading, kry opleiding, skerp

jou vaardighede op, leer om voor mense te praat,

maar begin om werk te maak om jou selfvertroue op ’n

vaste fondament te kry.

Kortom: jy is die een persoon wat verantwoordelik is

vir die respek wat jy sal kry. Die goeie nuus is jy kan

iets daaraan doen. Ek het vir jou tien riglyne aangedui

wat prakties en realisties is en dit werk. Jy moet net die

keuse maak en dit doen. – ST Potgieter

’N SPRANKIE SIELKUNDE VIR DIE DAG

Gedra jou net so sindelik onder jou eie mense

as by vreemdes. Jy het hul respek langer nodig.

– CJ Langenhoven

MINERALS ARE NECESSARY

Unlike vitamins, which are organic substances

(containing the element carbon), minerals are inor ganic

and are found in rocks and soil. Vegetables absorb

minerals as they grow, while animals digest it through

their diet. Like vitamins, mine rals can be divided into

two groups – those needed in larger quan tities (major

mine rals) and those only re quired in tiny amounts

(trace elements).

Inhoud • Contents