March 2011 for web.indd - OVK

March 2011 for web.indd - OVK March 2011 for web.indd - OVK

14.02.2013 Views

Hoopstad- en die Nico Botha-stoetery van Britstown, wat by die Afri-dome by Parys gehou is. Van die 32 ramme wat aangebied is, is 31 teen ’n gemiddelde prys van R11 632 verkoop. Die 86 ooie is teen ge - middeld R13 970 verkoop. Die duurste drie ramme het onderskeidelik R70 000, R52 000 en R42 000 behaal. Die duurste ram van die Nico Botha-boerbokstoetery is deur Johan van Jaarsveld van Potchefstroom gekoop. Die tweede hoogste prys is ook vir ’n ram uit dié stoet betaal. Die kopers was Peter en Lesley Faber van Parys. Die derde duurste ram, dié van die Soetdorings-boerbok stoetery, is aan Johan Burger en Fanie Nel van Parys verkoop. Die duurste ooi, een van die Nico Botha-stoetery, is vir R44 000 aan Peter en Lesley Faber van Parys ver koop. Die twee de en derde duurste ooie was ook van dié stoetery. Die koper, Johan van Jaarsveld van Potch ef stroom, het R36 000 en R32 000 vir die twee ooie betaal. BESTUUR RISIKO’S REG ARTIKEL | Dr. Philip Theunis sen, Computusbestuursburo Risiko’s in ’n boerdery is waarskyn lik groter as vir ’n gewone onderne ming omdat klimaat ’n wesen like invloed op die finansiële resultate het. Die verskil tussen sukses en mis luk king kan dus op die einde aan risiko bestuur toegeskryf word. 14 Risikobestuur is die proses van iden tifisering, meting en bestuur van onse kere gebeurtenisse. Die basiese uitgangspunt is dus dat jy met ’n begroting vir die doelwitte wat jy in die nabye toekoms wil bereik, voor siening maak. So ’n begroting is dus ’n aanduiding van wat bereik kan word as toestande normaal ver loop. Die volgende stap is om dan te bepaal wat alles verkeerd kan loop wat die boerdery sal verhoed om sy doelwitte te kan bereik. Daarna moet die risiko’s bestuur word. Die bepaling van risiko behels drie stappe. Eerstens moet die verskil lende risiko’s geïdentifiseer word. Daarna moet die impak van elke risiko in finansiële terme ge meet word. Laastens moet die risiko’s in ’n volgorde van prioriteit ge rangskik word. Wanneer die risiko’s gekwantifiseer is, moet besluit word hoe dit bestuur gaan word. Die boer het drie keuses hoe hy die risiko’s kan bestuur. Eer stens kan hy ’n bepaalde risiko ver my deur sy doelwitte te verander sodat die risiko uitgeskakel word. Twee dens kan hy die risiko aanvaar en dit dan dienooreenkomstig be stuur. Derdens kan hy die risiko deel of verplaas deur homself met versekering daarteen te beskerm. Versekering kan verskeie vorms aan neem. Dit kan direk by ’n verse keraar verseker word, die boer kan sy risiko met ’n mede-boer deel deur byvoorbeeld bates gesament lik te koop of hy kan prysrisiko byvoor beeld op SAFEX verskans. Inhoud • Contents

Hoe om te begin: • Sit eers die omvang van die ont leding uiteen. Besluit of die boer dery as geheel, slegs een vertakking of slegs een proses binne ’n vertakking ontleed moet word. • Identifiseer die riskante gebeur tenisse wat moontlik ’n negatie we uitwerking op die boerdery as geheel, of dan die spesifieke ge deelte van die boerdery, se vermoë kan hê. • Bepaal die risiko op grond van die waarskynlikheid dat dit kan voor kom en ook die impak wat dit op die boerdery kan hê. • Rangskik die risiko’s volgens hul relatiewe belangrikheid vir die boer dery en besluit of elke risiko aanvaarbaar is of nie. • Ontwikkel bestuurstrategieë wat óf die moontlike voorkoms van ’n risiko óf die impak daarvan kan verminder. • Herhaal die hele oefening nadat die bestuurstrategieë ontwikkel is om opnuut die boerdery se blootstelling aan risiko te bepaal en om te bepaal of die strategieë wat in plek is, aanvaarbaar is. Bepaal jou bestuursvermoë ten op sigte van goeie bestuurspraktyke deur ja of nee op die volgende vrae te antwoord. Soos met enige self evaluering-oefening sal die resul taat slegs van nut wees as jy eerlik, realisties en 15 reguit op die vrae ant woord. Die uitslag is dus so goed soos wat jy dit self gaan maak. • Jy glo nie aan versekering nie en dink nie dat onvoorsiene skade ’n groot finansiële impak op die boer dery sal hê nie. • Jy neem berekende, maar nie on ver skillige risiko’s nie. • Jou boerdery is in verskillende ver takkings gediversifiseer. • Jy erken dat dit soms nodig is om kanse se waag. • Jy verskans goeie pryse eerder as om vir die hoogste prys te gaan. • Jy hou altyd ’n “nooduitgang” ge reed as sekere planne sou skeef loop. • Jy oorweeg verskeie positiewe en negatiewe opsies tydens besluit neming. • Jy monitor die boerdery se aktiwi teite om probleme betyds te iden tifiseer. • Jy weet hoeveel risiko jou boer dery kan dra (kontantvloei, skuld, oes verlies, lewensverlies). • Jy het gebeurlikheidsplanne gereed. Vir meer inligting kontak Philip by 058 303 9640 of computus@computus.co.za Inhoud • Contents

Hoe om te begin:

• Sit eers die omvang van die ont leding uiteen. Besluit

of die boer dery as geheel, slegs een vertakking of

slegs een proses binne ’n vertakking ontleed moet

word.

• Identifiseer die riskante gebeur tenisse wat moontlik

’n negatie we uitwerking op die boerdery as geheel,

of dan die spesifieke ge deelte van die boerdery, se

vermoë kan hê.

• Bepaal die risiko op grond van die waarskynlikheid

dat dit kan voor kom en ook die impak wat dit op die

boerdery kan hê.

• Rangskik die risiko’s volgens hul relatiewe belangrikheid

vir die boer dery en besluit of elke risiko

aanvaarbaar is of nie.

• Ontwikkel bestuurstrategieë wat óf die moontlike voorkoms

van ’n risiko óf die impak daarvan kan verminder.

• Herhaal die hele oefening nadat die bestuurstrategieë

ontwikkel is om opnuut die boerdery se blootstelling

aan risiko te bepaal en om te bepaal of die strategieë

wat in plek is, aanvaarbaar is.

Bepaal jou bestuursvermoë ten op sigte van goeie

bestuurspraktyke deur ja of nee op die volgende vrae te

antwoord. Soos met enige self evaluering-oefening sal

die resul taat slegs van nut wees as jy eerlik, realisties en

15

reguit op die vrae ant woord. Die uitslag is dus so goed

soos wat jy dit self gaan maak.

• Jy glo nie aan versekering nie en dink nie dat

onvoorsiene skade ’n groot finansiële impak op die

boer dery sal hê nie.

• Jy neem berekende, maar nie on ver skillige risiko’s nie.

• Jou boerdery is in verskillende ver takkings

gediversifiseer.

• Jy erken dat dit soms nodig is om kanse se waag.

• Jy verskans goeie pryse eerder as om vir die hoogste

prys te gaan.

• Jy hou altyd ’n “nooduitgang” ge reed as sekere planne

sou skeef loop.

• Jy oorweeg verskeie positiewe en negatiewe opsies

tydens besluit neming.

• Jy monitor die boerdery se aktiwi teite om probleme

betyds te iden tifiseer.

• Jy weet hoeveel risiko jou boer dery kan dra

(kontantvloei, skuld, oes verlies, lewensverlies).

• Jy het gebeurlikheidsplanne gereed.

Vir meer inligting kontak Philip by 058 303 9640 of

computus@computus.co.za

Inhoud • Contents

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!