14.02.2013 Views

March 2011 for web.indd - OVK

March 2011 for web.indd - OVK

March 2011 for web.indd - OVK

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hiermee saam gee die lusern/smutsvinger-hooimengsel

wat hy vir sy melkbeeste oes, ook die korrekte

verhouding van koolstof tot stikstof (C:N-verhouding)

vir sy beeste se rumen-mikrobes. Omdat hy die grond

“gesond” hou, is die plante en diere wat hy daarop

produseer se gesondheid ook op ’n ander vlak. Hy

gebruik die afgelope drie jaar geen kon ven sionele

program vir in- en uit wendige parasietbeheer op sy

vee nie. Met sy benadering benut Henry natuurlike

energiestelsels opti maal en bestee die minimum koste

aan rantsoene of “ingekoopte energie” vir sy melkery.

Op ou vleie op die plaas volg Hen ry ’n praktyk waar

weidings van ver skeie plantspesies gevestig word. Die

normale grasse in die vleie is nie geskik as weiding

nie. Daar om spuit hy dit dood met glifo saat en plant

dan op ’n geenbewerking-metode ’n mengsel van

lusern, geelblom-lusern, rooi klawer, wit klawer en

grassoorte soos kropaar, swenkgras en meerjarige

raaigras. Dit gee uitstekende weiding op dele van die

plaas wat voorheen onbeweibaar was.

In die lig van die suksesse wat hy met sy praktyke

be haal, glo Henry dit is die enigste manier waarop

vol hou baar geboer en grond bewaar en bevorder kan

word.

Vir meer inligting: Bel Henry en Elzabe du Preez,

Jakhalsfontein, Ficksburg 083 717 6196.

10

OORSESE BELEGGERS WIL PLASE KOOP

Boerdery in Suid-Afrika is baie winsgewend en boere

beleef ’n bloeitydperk. Daarom is beleggers van Amerika,

Europa en selfs China gretig om in die Suid-Afrikaanse

land bou te belê.

Die wêreld soek beleggingsgeleenthede en die landbou

is so ’n geleentheid, het Ernst Janovsky, hoof van ABSA

se Agri-besigheid, op Vrystaat Landbou (VL) se landboubestuursdag

by Bloemfontein gesê.

Buitelandse beleggers is bereid om plase te koop, die

boer as bestuurder aan te stel en hom ’n goeie salaris

betaal. Dit word reeds in Australië gedoen.

Ernst was een van die sprekers op die dag, wat oor finansiering

in ’n nuwe landbou-omgewing gehandel het. Die

ander sprekers was Kobus Laubscher, hoofbe stuurder

van Graan SA en Adriaan Snyman, besturende direkteur

van Vrystaat Mielies.

FAITH IS THE LIGHT

THAT GUIDES YOU

THROUGH THE

DARKNESS.

Inhoud • Contents

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!