13.02.2013 Views

Kersfees kom, Is jy Gereed?®

Kersfees kom, Is jy Gereed?®

Kersfees kom, Is jy Gereed?®

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kersfees kom, Is jy Gereed?®

by James Jacob Prasch

Die Hebreeuse woord vir Kersfees is: “Hag Ha nolod,” letterlik: “Die Fees van die Geboorte.” Romeine

14:4‐6 sê vir ons dat ons nie mense moet oordeel vir geestelike fees dae wat hulle vier nie, en met

dieselfde trant sê Kolossense 2:16‐18 vir ons dat niemand ons moet oordeel in die hou van dae nie. Dit is

geval van kultuur en verband wat streng tussen jou en die Here is. Vir my maak dit nie saak of iemand

kersfees vier nie, maar wat baie saak maak is die teologie van kersfees, “Christmass”‐ en die Geboorte

van Jesus. Wanneer is Hy gebore? Wie weet? Maar dat Hy gebore is, is ‘n feit en ons almal weet dit.

Omdat my familie Israeli’s is, vier ons Hanuka. In Joh. 10 vier Jesus Hanuka, die fees van die

tempelwyding, toewyding en dit is baie belangrik om onderandere die opkoms van die Antichris te

verstaan deur Antiochus Epiphanes en die Makkabeërs. Ons het ‘n Hanuka geselligheid waarheen ons

ongeredde Jode nooi, en weereens, in ons huis vier ons nie kersfees nie, ons gedenk die Geboorte. Ons

gaan na ons gemeente toe en ons woon ook ‘n sang geselligheid by maar niks meer as dit nie. Kersfees

of Christmass is vir ons iets wat met die Kerk te doen het, ons vier Hanuka.

Kersfees en die Laaste Dae.

Wat het kersfees, die Geboorte, te doen met die Laaste Dae? Dit gaan jou verras, want die antwoord is: ‐

Alles. Ons sal nooit die Wederkoms van Christus verstaan voordat ons nie die eerste koms van Christus

verstaan nie. Wat met Christus se eerste koms gebeur het gaan basie weer met Sy tweede koms gebeur.

Jesus was gebore in die tyd van die Roomse Keiser Augustus, voorheen Octavius. Hy was die eerste

Roomse heerser wat in sy tyd vergoddelik was. Dus, toe die Here Jesus die eerste keer gekom het was

daar ‘n Roomse Keiser wat oor die Roomse Ryk geheers het en wat as ‘n god aanbid was. Hierdie

heerser het ‘n volkstelling gehou, hy het nommers, getalle aan mense toegeken, alhoewel hy nie die

nommers op hulle gesit het nie, het hy nommers aan elke mens in die bekende wêreld toegeken. Daar

was eintlik twee volkstellings deur Augustus gehou, beide vir die doel om finansiële beheer oor die

wêreld te verkry. Wanneer Jesus terugkom gaan dieselfde dinge weer gebeur: Ons gaan weer ‘n

opgestane Rooms Ryk sien met iemand aan die hoof wat as ‘n god aanbid gaan word. Hierdie halfgod sal

mense se hoofde nommer om sodoende ekonomiese beheer oor die wêreld te verkry. Wat met Jesus se

eerste koms gebeur het gaan ook met Sy tweede koms gebeur. Kersfees is nie net iets van die verlede

nie, dit is ook iets wat in die toekoms weer gaan gebeur, dit is profetiese gebeurtenis.

Die Boek Joel, Openbaring en die Berg Rede vertel vir ons van tekens in die lug en in die kosmos wat

Christus se koms sal voorafgaan. Met Christus se geboorte was daar tekens in lug en in die kosmos wat

die Geboorte voorafgegaan het. Die Jode was in hulle eie land, maar onder die beheer van ‘n Roomse

Keiser. Hoe het hy daar gekom? Deur misleiding, die Roomse generaal. Pompeii het die Jode mislei en in

die Allerheiligste van die Tempel ingegaan. Wanneer jy sien dan iemand anders as die Hoëpriester op die

Dag van Versoening in die Allerheiligste ingaan, dan is dit die een of ander beeld van die Antichris. Wat

met Pompeii in Rome gebeur het, sal weer gebeur. Al hierdie dinge wat in Europa en die Midde Ooste

gebeur is alles dinge wat besig is om die verhoog op te stel.

Jochanan ha Matbiel, Johannes die Doper het gekom in die gees en krag van Elia. Hy was net voor Jesus

1

www.Moriel.org

gebore en hy het ook net voor Jesus sy verskyning gemaak. Die profeet Maleági het dit op ‘n manier

geprofeteer, Elia gaan weer kom, die Here Jesus bevestig dit.

Daar was baie valse profete in Israel toe Jesus die eerste keer gekom het, en daar sal weer baie wees

wanneer Hy weer kom. Die algemene afvalligheid van die geloof van die mense wat die eerste keer in

Hom moes geglo het, is in baie gevalle dieselfde as die afvallige toestand waarin die Kerk nou is.

Die Eerste Koms van Christus.

Kersfees is nie hier nie en ook nie daar nie, maar die Geboorte is baie belangrik. As ons nie verstaan

hoedat die Here die eerste keer gekom het nie dan sal ons ook nie die Wederkoms verstaan nie.

Natuurlik is daar verskille, maar die een is ‘n beeld van die ander. Ek het in die laaste twintig jaar baie

van my tyd as ‘n evangelis onder die Jode gespandeer aan een vraag:

Hoe was dit moontlik dat vir die laaste 2000 jaar van geskiedenis van voorbereiding vir die Messias se

eerste koms, en in ‘n verbond verhouding met God, met al die Skrifte tot hulle beskikking. Hoe het dit

gebeur dat so min Jode gereed was vir Jesus se eerste koms?

Paulus sê vir ons dat die duiwel hulle oë verblind het. Daar was 2000 jaar van voorbereiding vir die koms

van Jesus, Israel het ‘n Verbond verhouding met God gehad, en hulle het die Skrifte gehad, maar

tenspyte van dit was daar net ‘n oorblyfsel wat gereed was vir Sy koms? Dieselfde dinge gaan weer

gebeur wanneer Hy weer kom, maar hierdie keer sal dit nie net Israel wees nie maar ook die

sogenaamde Kerk. Watter soort Christene gaan in die Laaste Dae gereed wees vir Jesus se Wederkoms?

As jy wil weet kyk dan na die soort Jode wat gereed was vir die Here se eerste koms. Die Here sal egter

nie weer as ‘n baba kom nie, Hy sal nie weer uit ‘n aardse moeder gebore word nie. Daar is verskille

tussen die twee komste, maar die een is ‘n beeld van die ander.

Die Soort Jode wat Nie Gereed was nie.

Wanneer ons verstaan watter soort Jode nie gereed was nie, dat sal ons ook verstaan watter soort

Christene ook nie gereed sal wees nie. Blaai na Mattheus se verhaal oor die Geboorte: 2:1: “En toe Jesus

te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in

Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in

die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en

die hele Jerusalem saam met hom; en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk

bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. En hulle het vir hom

gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: En jy, Betlehem, land van Juda, is

volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n Leidsman voortkom wat vir

my volk Israel 'n Herder sal wees.”

Die Magi, Wyse manne:

Dit is hulle wat niemand verwag het nie, wat gereed was. Wat ons hier sien is dat sommige mense wat

gereed was vir Jesus se eerste koms, mense was waarvan hulle dit die minste van verwag het. Hierdie

wyse manne het van Persië af gekom, hulle was veldpredikers van die ou tyd se Mede en Perse. Op ‘n

manier was daar in die ou tyd se Persië ‘n godsdiens wat oor die eeue verander het, wat genoem was

2

www.Moriel.org

Zoroastrianisme. Hulle was monisties en hulle geglo dat daar net een God is en dat die mens

verantwoordelik was vir sy eie sonde. Hulle het geglo dat daar ‘n stryd was tussen die seuns van die lig

en die seuns van die duisternis, hulle het met ander woorde basies dieselfde geloof gehad as die

Esseners en die Christene. Gedurende die Babiloniese gevangenskap toe Persië Babilon oorgeneem het

volgens die profesie van Daniël, het sommige van die Persiese konings tot die geloof van die Jode se God

gekom en hulle was alreeds monisties. Daar was ‘n langsame Joodse invloed in daardie gebied. Ons lees

byvoorbeeld daarvan in Ester, en van Darius die Meder, sowel as die profesie oor koning Kores deur

Jesaja die profeet, meer as 200 jaar voor die geboorte van Kores.

Ons lees in Esra en Nehemia wat daar gebeur het. Al die pad deur die Hasmoniese tydperk tot in die tyd

van Jesus het die Perse van die Jode gehou. Tot met die val van die Sha van Iran (Persië) was hulle nog

Israel goedgesind. Ek twyfel vir geen oomblik daaraan dat die Prins van Persië, waarteen Daniël gebid

het en vir twee weke lank gevas het, dat hy vandag nog daar is in die vorm van Shai –Islam, die

Islamitiese fundamentaliste in Iran. Mense in die moderne Christen sirkels hou daarvan om hierdie

demone “gebied geeste” te noem wat natuurlik nie ‘n goeie vertaling of ‘n vertolking is nie. Die Griekse

woord is “arche,” die Hebreeuse woord is “shadeem.” ‘n Beter woord kan miskien: Gebied heersers of

vorste wees, dit beteken ‘n demoniese krag wat oor nasies heers. Daar is vandag baie dwaal leraars met

hulle “binding and loosing” idees wat natuurlik ‘n hoop strooi is, maar wat egter ‘n feit is, is die bestaan

van bose magte wat oor volke heers, die Boek Daniël bevestig dit. Die duiwels het ook vir die Here gevra

dat Hy hulle nie uit hulle gebied moet wegstuur nie. (Die Gergeséners) Gebied geeste bestaan, as jy die

term wil gebruik. In Belfast (Engeland) sien jy oral afbeeldinge va die ou tyd se Keltiese oorlog gode in

beide die protestantse en Rooms katolieke woongebiede. Die wyse manne het verstaan hoe om die

tekens van die tye te vertolk.

Dit is so jammer dat wedergebore Christene vandag nie die belangrikheid van wêreld gebeure en in die

Midde Ooste kan verstaan nie.

Hulle is verblind en hulle nie kan sien nie, so as of die Boek Sagaria nie in die Bybel staan nie. Hulle kan

nie sien wat in die EEC gebeur nie, hulle verstaan nie die globalisering van die wêreld ekonomie nie, die

verwoesting van die omgewings, of enige van die tekens wat die wyse manne verstaan het nie.

Die hele Jerusalem was ontsteld.

Die wyse mane het gekom om die Messias te sien en hulle was nie Jode nie, mense van wie jy dit die

minste verwag het, omdat hulle die Ster in die Ooste gesien het. Hulle het na Jerusalem toe gekom, dit is

waar Herodes van hulle gehoor het en dit het hom en die hele Jerusalem ontstel. Dit is die stad waar

Dawid gesê het die Messias sal kom, dit is ook waar die Tempel was, dit was die fokus punt van hulle

identiteit en Messiaanse hoop, maar tog wou niemand wat daar gebly het gehad het dat Hy moes kom

nie. So sal jy vandag baie kerke kry met dieselfde houding, ry maar so met die pad langs en kyk na al die

kerke wat jy sien en vra jouself, hoeveel van hulle wil regtig hê dat die Here Jesus moet kom? Die Hele

Jerusalem was in beroering, O’ ja, hulle het hulle rituele, liturgie, hulle feeste en vakansie dae gehad,

maar toe dit begin lyk asof die Here sy verskyning gaan maak was hulle onrustig. Maar die nasionale en

godsdienstige leiers was baie meer onrustig. Dink daaraan, en dit gaan nog slegter gaan. Hierdie mense

het die Skrifte geken en Herodes wou weet waar die Messias gebore sou word en hulle vertel vir hom

3

www.Moriel.org

wat Miga 5:2 gesê het dat Hy in Betlehem gebore sou word. Hulle het baie kop kennis van die Skrifte

gehad maar geen hart kennis nie. Toe die Here gebore is was dit die laaste ding in die wêreld wat hulle

verwag het of wou gehad het. Dink jy dit gaan anders wees met die Wederkoms van die Here?

Satan se Wip: Afvalligheid.

Omtrent elke leuen van Satan wat vandag in die kerk bedryf word is ontwerp vir een doel, en dit is om

God se mense se hoop op hierdie lewe en in hierdie wêreld te vestig, per definisie is dit wat afvalligheid

beteken, dit is om jou hoop op hierdie lewe en die wêreld te stel.

Die Koninkryk Nou teologie, gebied heersers, die segetog ridders, Calvinistiese herbouers, wat probeer

hulle doen? Hulle probeer om die Koninkryk nou op te rig, hulle stel hulle vertroue in hierdie lewe.

Voorspoed geloof, geld predikers wat die sonde van Hebsug preek wat hulle geloof noem, hulle noem

die aanbidding van Mammon die aanbidding van God! Waaroor gaan dit? Geloof en vertroue in hierdie

lewe!

Gerald Coates en Rick Joyner sê die wegraping is ‘n fantasie en ‘n mite, hulle spot daarmee, hulle

vergelyk dit met Star Trek se: “Beam me up, Scotty”. Wat is hulle doelwit? Hulle wil die Kerk laat vergeet

van die Wegraping en hulle wil mense se hoop op hierdie lewe stel.

Waaroor dink u gaan die ekumeniese beweging? Dit is die oprigting van die broederskap van die mens,

weereens ‘n vertroue en geloof in hierdie lewe. Die hele Jerusalem was onrustig met die Here Jesus se

eerste koms en dit gaan weer in Jerusalem gebeur wanneer Hy weer kom, en nie net Jerusalem nie maar

die hele Israel. Hulle nasionale en godsdienstige leiers wat die Skrifte geken het, wou nie gehad dat Hy

moes kom nie, vir 2000 jaar het God hulle voorberei vir Sy koms, die hele doel vir hulle bestaan as nasie

en ‘n volk was die Koms van die Here, maar net ‘n oorblyfsel wou gehad het dat Hy moes kom, en dit sal

weer so wees met die Wederkoms.

Hulle wat gereed was.

Watter soort Jode was gereed vir die Koms van die Here Jesus? Mirjam: Die bekendste vrou wat nog ooit

gelewe het. In Lukas 1:46‐55 het ons die Lied van Verheerliking wat as jy dit in die Grieks lees, sal dit ‘n

letterlike herhaling wees van die lied van Debora wat ons in Rigters 5 van die Septuagint kry. Die engel

Gabriël, wat die “Magtige van God” beteken. Het gekom en vir Maria gesê dat sy die grootste vrou is wat

nog ooit gelewe het. “Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. Vers 31: “En kyk, jy sal swanger

word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.” Haar naam was nie Maria nie maar Mirriam,

(Mirjam) dieselfde as Moses se suster. Sy het nie blonde hare en blou oë gehad nie, sy was donker en

van ‘n Semitiese afkoms. Sy was ook nooit in plekke soos Medjugorje, Guadalupe, Fatima, of Lourdes

nie. Haar naam was Mirjam en sy was ongeveer in haar middel tiener jare toe Gabriël vir haar hierdie

verstommende boodskap gebring het.

Wat het hierdie grootste vrou wat nog ooit gelewe het gesê toe daar aan haar gesê is wat sy is? Vers 46‐

47: “En Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker;”

Hierdie vrou noem God haar Saligmaker, haar Redder, sy erken dat sy gered moet word van haar

sondes. As die beroemdste vrou wat nog ooit gelewe het ‘n Redder nodig gehad het, waar kom ek uit?

4

www.Moriel.org

Nie een is regverdig nie, nie een nie,‐ want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid

van God‐” (Rom. 3:23)

Die woord: “Theotokos‐ Moeder van God,” is nie in die Griekse Nuwe Testament nie. Daar is aan haar

gesê dat sy die moeder van die Messias, wat Sy mense van hulle sonde sal red sou wees, waarop sy gesê

het: Ek verheug my in God my Saligmaker. God Almagtig sou in haar Vlees word, en al wat sy kon sê is

dat sy gered moes word. As hierdie beroemdste vrou wat nog ooit gelewe het gesê het dat sy ‘n Redder

nodig het, dan glo ek haar. Ek glo nie sy sou gelieg het nie, maar al het sy ‘n leuen vertel dan sou God nie

hierdie leuen in Sy woord gesit het nie, so wie sal ek glo? Maria self, of die leuen van die Sondelose

Bevrugting waar daarop aanspraak gemaak word dat Maria ‘n sondelose vrou was? Wat hier gebeur het

is dat daar ‘n verchristeliking van Minerva, Diana van Efese ens. plaasgevind het, en die toepassing

daarvan op Maria in die vervulling van die profesieë van Esegiël en Jeremia.

Die Madonna met die baba was oorspronklik afgelei van die Tammus aanbidding met wie Esegiël betrek

was. Jeremia waarsku ons teen die aanbidding van die Hemel Koningin.

Die betekenis van ‘n “Persoonlike Redder.”

Mirjam sê sy het ‘n Redder nodig. God het ‘n Mens geword en Hy neem my sondes en plaas dit op Sy

Seun, die Messias, en God neem Jesus se regverdigheid en plaas dit op my.

Hoekom het God ‘n Mens geword om my plek in te neem? Toe ek ‘n jong Christen was het ek hierdie

uitdrukking van: Jesus is my (persoonlike) Verlosser, gebruik. Ek het nie verstaan wat dit alles beteken

het nie. Ek het gedink dat Hy my persoonlike Redder was omdat ek persoonlik Hom aangeneem het,

maar dit is net die helfte van wat dit beteken.

Wat dit in totaliteit beteken is dat al was ek die enigste persoon wat nog ooit gesondig het, dan moes Hy

nog deur Mirjam gebore word en na die kruis gaan en uit die dood opstaan net vir my. Vir my alleen;

Hoekom moes God vir my sterf, ek wat ‘n kokaïne verslaafde was? Hoekom moes God ‘n Mens word en

vir my sterf? Hoekom het Hy uit die dood opgestaan om vir my die ewige lewe te gee? Miskien kan ons

dit van Mirjam verstaan, maar tog sê sy, sy het ‘n Redder nodig. Die godsdienstige mense dink nie hulle

het ‘n Redder nodig nie, hulle het mos hulle rituele en feeste. Die duiwel kry meer mense in die Hel met

godsdiens as met al die verdowing middels en immoraliteit, dobbel en alkohol saam. Per argument was

die twee mense wat die meeste invloed op mense gehad het albei Jode. Carl Marks en Jesus Christus.

Daar is ‘n groot verkil tussen hulle en dit is dat beide op die teenoorgestelde ente van die spektrum is

behalwe op een punt: Godsdiens is die grootste bedrog wat nog ooit in die geskiedenis teen die

mensdom gepleeg is want die Evangelie is nie ‘n godsdiens nie maar ‘n verhouding, ‘n leefwyse. Maria

het gesê sy het ‘n Redder nodig. Sy was ‘n tiener meisie wat nie behep was oor Brittany Spears' se

video’s, of oor haar persoonlike voorkoms nie, haar uitroep was dat sy ‘n Redder nodig het. Dit was die

soort Jood wat gereed was vir Jesus se eerste koms. Ek hou van Mirjam, ek is lief vir haar en ek dink sy is

wonderlike mens en ek kan nie wag om haar te ontmoet nie. Maar ek wil niks te doen hê met die blonde

leeghoofdige meisie wat Maria geword het deur die sogenaamde Kerk nie.

5

www.Moriel.org

Sagaria en Elisabet.

Mirjam het ‘n familie en ons lees daarvan in Luk. 1:5‐6: “Daar was in die dae van Herodes, koning van

Judéa, 'n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die

dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet. En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die

gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.”

Nou, onthou dat die Sanhedrin, die leiers, was korrup, dit was ‘n bedrogspul. Dit was Hinn, Copeland, en

Hagen. So was dit met die eerste koms van Christus. Maar tenspyte van al die populêre verdorwenheid

en die skynheiligheid van die leiers, was daar enkelinge tussen hulle wat regverdig was.

Ek ken enkele pastore in die Assemblies of God wat baie hartseer is oor wat in hulle denominasie

gebeur. Ek ken Anglikaanse leiers in Engeland wat baie hartseer is oor wat in die Kerk van Engeland aan

die gebeur is, ek ken ook Baptiste wat deur dieselfde dinge gaan. So sleg as wat dit is en wat dit nog

gaan word, gaan daar mense soos Sagaria wees wat nog regverdig, toegewy en opreg gaan wees. Dit

maak nie saak hoe korrup die stelsels en die leiers gaan wees of gaan word nie, hierdie mense gaan nie

saam met hulle stem nie. Daar is nie baie van hulle nie maar hulle is daar en dit is die soort Christen wat

gereed sal wees vir die Wederkoms. Kom ons kyk verder.

‘n Arm man se Offer.

In Luk. 2:24 sien ons dat Maria ‘n paar duiwe as ‘n offer vir haar gebring het, sy het ‘n arm man se offer

gebring. (Lev. 12) Daar is ‘n leuenprediker in Amerika, John Avanzini, wat vertel het dat Jesus se familie

ryk mense was en nie arm mense nie. ‘n Persoon het hom in die openbaar gevra dat as dit die geval was,

hoekom het Maria die arm man se offer gebring? Sy antwoord was dat die inleiers haar moes uitlei, sy

het die verkeerde vraag gevra.

Simeon.

Luk. 2:25‐26: “En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig

en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. En aan hom was dit

deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here

gesien het nie.” Onder die Ou Verbond was die Heilige Gees net vir sekere mense in sekere tye soos vir

hoëpriesters, konings, profete en sekere ander persone. Hulle het die Heilige Gees in ‘n sekere manier

ontvang en eers na Pinkster het Hy gekom vir almal wat tot die geloof gekom het. Die Gawes van die

Gees het net fundamenteel deur persone gewerk wat die gawes ontvang het. Vers 27: “En hy het deur

die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens

die gebruik van die wet, (Die besnydenis) ‐ het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê: Nou

laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens U Woord, omdat my oë U heil gesien het, wat U berei

het voor die oë van al die volke‐‐ 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.”

Hierdie man, Simeon, was met die Heilige Gees vervul en hy het die belofte ontvang dat hy nie sal sterf

voordat hy die Messias gesien het nie. Simeon was al oud en afgeleef maar hy het geweet dat hy nie sal

sterf voordat hy Jesus gesien het nie, volgens die Nuwe Testament het hy die gawe van geloof gehad.

6

www.Moriel.org

Die Gawe van Geloof.

In die Nuwe Testament lees ons van die mate van geloof. Ons word gered deur genade en geloof en

sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag, en alles wat nie in geloof gedoen word nie is sonde

maar afgesonder hiervan is daar die Gawe van Geloof en nie almal van ons het hierdie gawe nie. Dit is

die kapasiteit om absoluut op God te vertrou vir dinge wat nie spesifiek in die Skrifte geskrywe staan nie

maar wat die Heilige Gees aan jou geopenbaar het.

Die meeste mense met hierdie gawe is voorbidders, dit is hierdie mense wat waarlik deur gebed vir

ander kan intree, wat glo en weet en wat nie wensdenkery is nie, en wat ook nie vertrou op die futiliteit

van hulle eie denkes nie, maar wat vashou aan die belofte wat hulle deur geloof weet dat dit wat hulle

ontvang het waarlik van God af gekom het. Dink aan hierdie ou man, vervul met die Heilige Gees begeer

hy die versoening van Israel, en al wat hy wou sien is die Koms van Jesus, dit is al waarvoor hy gelewe

het.

Anna.

Nie net was daar hierdie ou man nie, maar daar was ook hierdie ou vroutjie.

In Luk. 2: 36‐38 lees ons: “En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy

was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man

saamgelewe; (Vergeet hierdie Britse Israelisme en Armstrongisme. Hierdie mense het hulle stam

identiteite behou tot in tweede en die derde eeu.) en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig

jaar. Sy het nie weg gebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag. En sy het

in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die

verlossing verwag het.”

Vir baie jare is dit al wat hierdie ou vroutjie gedoen het, sy het gevas en gebid, sy het God in Sy huis

gedien. Sy kon nie ophou om mense van Jesus te vertel nie, almal wat uitgesien het na die verlossing van

Israel. Die wêreld vind jong vrouens aantreklik, maar God sien dit anders, lees die Boek Spreuke‐ God

vind ouer vroue in ‘n geestelike wyse aantreklik. Hier is ‘n ou dame wat haar hele lewe toegewy het aan

gebed en om God te dien en uiteindelik vertel sy die mense van Jesus. Dit was die soort Jood wat gereed

was vir die eerste koms van Jesus en dit is ook die soort Christen wat gereed gaan wees vir die

Wederkoms van Jesus.

Getroue Herders van gister.

Maar dan is daar in Luk. 2:8‐11 sommige herders: “En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in

die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar 'n engel van die

Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle

oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot

blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die

Saligmaker wat Christus, die Here, is.”

Wat opgevolg word in vers 14 in die Latynse Vulgaat deur: “Gloria in excelsis Deo” ‐ 'Ere aan God in die

hoogste Hemele.” Die Hebreeuse woord vir wagter en herder is dieselfde en dieselfde geld ook in

7

www.Moriel.org

Grieks. Hierdie mense was wagters wat hulle kuddes opgepas het, hulle was nie huurlinge nie. Daar kom

‘n groot geestelike duisternis aan die einde van hierdie eeu: “Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter,

hoe ver in die nag? (Jes. 21:11) “Kom Hy in die tweede of die derde nagwaak? (Luk. 12:38) “Hy kom soos

‘n dief in die nag.” (1 Tes. 5:2) Werk terwyl dit nog lig is want as die nag kom kan niemand werk nie.

(Joh. 9:4) Maar daar sal die getroue wagters en herders wees wat al is dit hoe donker, getrou sal bly.

Getroue Herders van vandag.

Ek het eenkeer met ‘n Engels gebore pastoor van Zimbabwe gesels waar vreeslike dinge gebeur, toe ek

hom vra hoe dit met hom gaan het hy gesê hy is baie dankbaar vir al die gebede en hy vertel toe vir ons

hoe sleg dit in Zimbabwe gaan en dat die meeste geleerde blankes en swart mense besig is om die land

te verlaat en die wat nog daar is ook besig is om ‘n ander heenkome te soek. Ek wou hom die volgende

dag weer sien maar hy het vir my gesê dat hy terugkeer na sy skape toe, “my skape is daar” het hy vir

my gesê. Hier was ‘n wit man wat sy lewe toegewy het om swart mense te help wat besig is om aan vigs

te sterf. Ek ken ook ‘n goeie Christen dokter wat ‘n baie goeie lewe in Amerika kan geniet wat saam met

hom daar is. Hoekom vlug hulle nie? Hierdie is ‘n gevaarlike plek en dit gaan nog slegter word. Hulle is

wagters, herders. Daar is twee soorte Jode wat gereed was vir Jesus se eerste koms en dit is die soort

Christen wat gereed sal wees vir Hom wanneer Hy weer kom.

Wie is besig om gereed te maak? Herodes was baie ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom. Die

Sanhedrin was omgekrap. Die teoloë het hulle hare uit hulle koppe getrek. Hierdie soort mense sal nie

gereed wees nie, by hulle is dit ‘n rare verskynsel. Maar individuele leiers soos die Sagarias, of Josef die

pleeg vader van Jesus, ‘n regverdige man, en ‘n tiener meisie wat sê: “Ek het ‘n Redder nodig,” of die

wagters wat waak oor hulle kuddes, of die ou vroutjie wat haar lewe gewei het aan gebed en om die

Here te dien, wat mense van Jesus vertel het, of die ou man wat met die Heilige Gees vervul was en wat

gewag het op die koms van die Here‐ dit is ‘n ander verhaal ‐ hulle is die soort Jode wat gereed was vir

Jesus se Eerste Koms en dit sal ook die soort Christene wees wat gereed sal wees vir Jesus se

Wederkoms. My gebed vir julle en julle families, vir myself en my familie is, wanneer ek na al hierdie

Jode kyk wat gereed was vir Jesus se Eerste Koms, is dat deur die Genade van die God van Israel, ons

onder diegene sal wees wat gereed sal wees vir die Wederkoms van Jesus. My liewe broers en susters,

moet nie ‘n fout maak nie, waak: Kersfees Kom! My geliefde Kers lied is: Hark the Angels Sing. Die

musiek was gekomponeer deur Felix Mendelssohn, ‘n Jood, en die woorde is geskryf deur Charles

Wesley, ‘n Heidense Christen, dit is een van grootste samewerking waarvan ek van weet. [Hark, the

herald angels sing, Glory to the newborn King! Peace on earth, and mercy mild, God and sinners

reconciled! Joyful all ye nations, rise, Join the triumph of the skies, With th'angelic hosts proclaim, Christ

is born in Bethlehem! Hark, the herald angels sing, Glory to the newborn King! †††

8

www.Moriel.org

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!