Die boek van Jeremiah

Die boek van Jeremiah Die boek van Jeremiah

13.02.2013 Views

(sien Jer 24), en nou vind ´n mens vier literêre invalshoeke in die toekoms wat die res van die boek vorm. 3.1 Hfste 37-45 is ´n historiese narratief wat vertel van die laaste dae voor die vernietiging van 587, en die anargie wat daarna geheers het. Dit is duidelik ´n skrywer soos Barug wat hier aan die werk is. Die narratief beskryf die finale dae van mislukking van die laaste koning van Jerusalem, Sedekia (37-39), maar ook van die mishandeling en vernedering van Jeremia – kyk bv na Jer 38:4-6. Die narratief vertel ook van die aanstelling van Gedalja - Safan se kleinseun! – as Babiloniese goewerneur as ´n tussentydse maatreël. Gedalja se aanstelling reflekteer Babiloniese erkenning dat die groep amptenare rondom Safan pro-Babilonies is. Natuurlik is daar ander groepe in Jerusalem wat hierdie groep sien as mense wat aan die vyand uitverkoop het, en nou voorspoed en welvaart belewe omdat die vyand hulle promoveer. Daarom word Gedalja vermoor in ´n sluipmoordaanval deur die proponente van herlewing van die Judese koningskap, mense wat nooit Jeremia se voorstel van oorgawe wou aanvaar nie – Jeremia 41:1-3. Kyk na die interessante woord oor Barug in Jeremia 45:1-5. Hier kry jy ´n aanduiding dat die groep skrywers ´n al groter rol in die toekoms van Juda en Jerusalem sal speel. Hulle sal as’t ware die identiteit van hulle volk rekonstitueer met hulle nadenke oor die verlede en toekoms van die volk. Heel moontlik het die Jeremiaboek met hfst 45 afgesluit. Daarom is hfste 45-51 in sommige tradisies geplaas in die middel van hfst 25. Dit sou beteken dat die Jeremiaboek eindig met ´n verwysing na die getroue skrywersoorblyfsel as die toekoms van Judaïsme. In hierdie scenario is Barug die metafoor van die skrywersklas, dit is die boekemense en boekrolmakers en oorskrywers wat Judaïsme konstitueer as die boekrolmense. Kyk bv na die rol wat die skrifgeleerdes, Fariseërs en Sadduseërs in Nuwe Testamentiese tye speel. Die eerste scenario eindig met die dood van Gedalja as die voorstanders van die monargie die nuwe toekoms laat misluk. 3.2 ´n Tweede scenario oor die toekoms kom in die Oordele oor die Nasies in hfste 46-51 voor. Hierdie materiaal is hoogs gestileer, en kom voor asof dit amper langs en buite die boek funksioneer. Tog word hierdie hfste ook geïntegreer binne die roeping van Jeremia as profeet aan die nasies (Jer 1:10). In sy finale vorm is die boek besig met die opkoms en val van nasies, die beslissende soewereiniteit van JHWH en die betekenis van sy soewereiniteit vir die toekoms van Israel. Dit is baie belangrik om daarop te let dat die korpus kulmineer in ´n lang eenheid wat die val van Babilon beskryf, die wêreldryk wat die hele tradisie oorheers het – Jeremia 50:1-3. Die liriese viering van die val van Babilon deur die hand van JHWH word die kulminasie van die Jeremiaboek. Hoe ver het die wêreld gedraai sedert die profeet sy harde woorde tot Jerusalem gerig het! Nou word die profeet se woord goeie nuus vir Jerusalem en Juda. Babilon was ´n nuttige instrument in JHWH se hande om die ongehoorsaamheid van Jerusalem tot ´n einde te bring. Luister weer hoe beskryf die profeet Babilon – Jer 25:8-9 asook 27:6-7. Maar nog die Babiloniese koning of sy ryk is permanente bondgenote van JHWH. Op die einde tree JHWH op teen Babilon wat arrogant geword het, op ´n manier wat die toekoms vir Israel oopbreek. Dié nuwe toekoms word verbeeldingryk deur Deuterojesaja beskryf. Die Oordeel van die Nasies eindig in die klimaks van die kort narratief van Jer 51:59-64. Hierdie woorde was moontlik op een stadium die einde van die Jeremiaboek. Die finale woord is dan die val en vernietiging van Babilon: So sal Babel wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks, sê die Here. Jeremia het uitgepluk en vernietig, maar ook geplant en gebou. Die narratief beskryf een van Jeremia se daadgelykenisse of simboliese aksies. In hierdie denkwêreld lei die simboliese daad tot die werklikheid. As die boekrol in die Eufraat wegsink, sink die hele Babiloniese ryk in die verbeeldingsvista van profetiese aksie weg. Seraja van die skrywersfamilie van Barug speel ´n sleutelrol hierin. Die boekrol is die handelsmerk van die 6

skrywerswerklikheid. In Jeremia, as deel van die korpus wat deur die Deut-skrywersgroep geskep is, is die skrywer die een wat die vyandige ryk oorwin, die skrywer wat die aanslag oorleef en boekrol in die hand die toekoms skep waarvan die profeet vertel. Die Oordeel van die Nasies is ´n magtige oorwinning van JHWH wat ruimte skep vir Israel se toekoms – Jer 50:19-20. In die scenario waar Jer 45 die boek afsluit, en waar 51:64 die boek afsluit, gaan dit albei kere om ´n skrywerstoekoms. In die een geval word dit deur Barug verteenwoordig, in die ander deur Seraja. In albei gevalle beklemtoon die Jeremiaboek dat herstelde Juda ´n geheel nuwe vorm gaan aanneem, ´n vorm wat deur die skrywer Esra tot stand gebring is (vgl die Boek van Esra). 3.3 Hfste 30-33, geantisipeer deur Jer 29:10-14, wys nog ´n manier waarop oor die toekoms in die Jeremiatradisie gedink word. Hier kom meeste van die eksplisiete beloftes voor, waarvan die belangrikste in hfste 30-31 saamgevat is. Dié gedeelte word dikwels die Troosboekie genoem, in ´n duidelike verwysing na Jer 30:2. Die profetiese taal van oordeel en Deut imperatiewe van bekering gee nou pad vir beloftes wat vertel van ´n nuwe aksie van JHWH, wanneer Hy eensydig en genadiglik Israel se land teruggee en Hom oor sy volk ontferm. Kyk bv na Jer 30:15-17 en 32:15-, 44. Deportasie is nie die laaste woord oor Israel nie. Die Leitmotiv is “die lot sal herstel word”. Kyk bv na Jer 33:7-11.Agter hierdie profesie staan die geloof in die soewereiniteit van JHWH. Die taal van Josua word herhaal: God se volk word verseker deur God dat dit goed met hulle sal gaan in hulle land. 3.4 Hfst 25 staan alleen, in die sentrum van die boek, as moontlik die belangrikste antisipasie van die toekoms van die hele tradisie. In die eerste prosagedeelte word gevra vir bekering, en die verowering van Jerusalem word voorspel. Maar dan slaan die prosa van v 12 ´n nuwe rigting in, en kyk verby Babiloniese oorheersing na Babilon se vernietiging. Skielik is hier ´n visioen van wêreldoordeel in vv 15-29 waarin die Jeremiatradisie in die rigting van apokaliptiese radikaliteit beweeg. In die Griekse tradisie van die Jeremiaboek word die Oordeel teen die Nasies van hfste 46-51 hier tussen-in gevoeg. Die praktiese gevolg is dat die profetiese mandaat wat JHWH se regering van alle nasies beklemtoon word, soos hier gedemonstreer. Die kulminerende orakel van hfst 25 is dan die tradisie se antwoord op die weerloosheid en lyding van klein Israel, wat verduidelik word in terme van JWHW se mag en betroubaarheid. Hier bely Jeremia sy geloof in JHWH se regering van die nasies, voor wie Nebukadnesar se groot mag teruggesnoei word tot wat dit in werklikheid is. As “profeet van die nasies” is Jeremia in diens van die apokaliptiese verbeelding. Vgl ook Op 11:15. Die laaste verwoording van hoop in die Jeremiatradisie kom in Jer 52:31-34 voor. Die parallel met 2 Kon 25:27-30 is duidelik. Interessant dat die oorlewing van die Dawidiese koningskap hier beskryf word, maar nie in terme van enige belofte oor die toekoms nie. Trouens, reeds heelwat vroeër is die einde van die koningskap in die visier gestel: Jer 22:28-30. En dan skielik weer word die oorlewing van die koningskap in die oog gestel. Jer 33:14-26. Dit beteken dat daar nie duidelik konsensus in die gemeenskap oor die toekoms van die monargie bestaan het nie. Aan die einde van die Jeremiatradisie is die monargie se toekoms oop. Dié hoop staan in spanning met die apokaliptiese verwagtinge van Jer 25 wat nie op ´n koninklike instelling berus nie, asook met die skrywerseinde van 45:5 en 51:64. Die Jeremiatradisie het duidelik nie die pad vorentoe geken nie. Christene sal veral aandag wil gee aan Jer 31:31-34. Christene lees in die nuwe verbond ´n verwysing na God se werk in Christus. Die invloedryke Latynse vertaling van Jer 31 het dan ook na Testamentum verwys om “verbond” te vertaal, wat dan klink na die Nuwe Testament. So gebruik Heb 8:8-13 ook die teks. Let egter daarop dat die nuwe verbond in die eerste plek met die huis van Israel en met die huis van Juda gesluit word. Jer 31 kyk nie na ´n tradisie wat die oue sal vernietig 7

(sien Jer 24), en nou vind ´n mens vier literêre invalshoeke in die toekoms wat die res van die boek

vorm.

3.1 Hfste 37-45 is ´n historiese narratief wat vertel van die laaste dae voor die vernietiging van

587, en die anargie wat daarna geheers het. Dit is duidelik ´n skrywer soos Barug wat hier aan die

werk is. Die narratief beskryf die finale dae van mislukking van die laaste koning van Jerusalem,

Sedekia (37-39), maar ook van die mishandeling en vernedering van Jeremia – kyk bv na Jer 38:4-6.

Die narratief vertel ook van die aanstelling van Gedalja - Safan se kleinseun! – as Babiloniese

goewerneur as ´n tussentydse maatreël. Gedalja se aanstelling reflekteer Babiloniese erkenning dat

die groep amptenare rondom Safan pro-Babilonies is. Natuurlik is daar ander groepe in Jerusalem

wat hierdie groep sien as mense wat aan die vyand uitverkoop het, en nou voorspoed en welvaart

belewe omdat die vyand hulle promoveer. Daarom word Gedalja vermoor in ´n sluipmoordaanval

deur die proponente van herlewing van die Judese koningskap, mense wat nooit Jeremia se

voorstel van oorgawe wou aanvaar nie – Jeremia 41:1-3.

Kyk na die interessante woord oor Barug in Jeremia 45:1-5. Hier kry jy ´n aanduiding dat die

groep skrywers ´n al groter rol in die toekoms van Juda en Jerusalem sal speel. Hulle sal as’t ware

die identiteit van hulle volk rekonstitueer met hulle nadenke oor die verlede en toekoms van die

volk.

Heel moontlik het die Jeremiaboek met hfst 45 afgesluit. Daarom is hfste 45-51 in sommige

tradisies geplaas in die middel van hfst 25. Dit sou beteken dat die Jeremiaboek eindig met ´n

verwysing na die getroue skrywersoorblyfsel as die toekoms van Judaïsme. In hierdie scenario is

Barug die metafoor van die skrywersklas, dit is die boekemense en boekrolmakers en oorskrywers

wat Judaïsme konstitueer as die boekrolmense. Kyk bv na die rol wat die skrifgeleerdes, Fariseërs

en Sadduseërs in Nuwe Testamentiese tye speel.

Die eerste scenario eindig met die dood van Gedalja as die voorstanders van die monargie die

nuwe toekoms laat misluk.

3.2 ´n Tweede scenario oor die toekoms kom in die Oordele oor die Nasies in hfste 46-51

voor. Hierdie materiaal is hoogs gestileer, en kom voor asof dit amper langs en buite die boek

funksioneer. Tog word hierdie hfste ook geïntegreer binne die roeping van Jeremia as profeet aan

die nasies (Jer 1:10). In sy finale vorm is die boek besig met die opkoms en val van nasies, die

beslissende soewereiniteit van JHWH en die betekenis van sy soewereiniteit vir die toekoms van

Israel.

Dit is baie belangrik om daarop te let dat die korpus kulmineer in ´n lang eenheid wat die val

van Babilon beskryf, die wêreldryk wat die hele tradisie oorheers het – Jeremia 50:1-3.

Die liriese viering van die val van Babilon deur die hand van JHWH word die kulminasie van die

Jeremiaboek. Hoe ver het die wêreld gedraai sedert die profeet sy harde woorde tot Jerusalem

gerig het! Nou word die profeet se woord goeie nuus vir Jerusalem en Juda. Babilon was ´n nuttige

instrument in JHWH se hande om die ongehoorsaamheid van Jerusalem tot ´n einde te bring.

Luister weer hoe beskryf die profeet Babilon – Jer 25:8-9 asook 27:6-7.

Maar nog die Babiloniese koning of sy ryk is permanente bondgenote van JHWH. Op die einde

tree JHWH op teen Babilon wat arrogant geword het, op ´n manier wat die toekoms vir Israel

oopbreek. Dié nuwe toekoms word verbeeldingryk deur Deuterojesaja beskryf.

Die Oordeel van die Nasies eindig in die klimaks van die kort narratief van Jer 51:59-64. Hierdie

woorde was moontlik op een stadium die einde van die Jeremiaboek. Die finale woord is dan die val

en vernietiging van Babilon: So sal Babel wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek

oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks, sê die Here.

Jeremia het uitgepluk en vernietig, maar ook geplant en gebou.

Die narratief beskryf een van Jeremia se daadgelykenisse of simboliese aksies. In hierdie

denkwêreld lei die simboliese daad tot die werklikheid. As die boekrol in die Eufraat wegsink, sink

die hele Babiloniese ryk in die verbeeldingsvista van profetiese aksie weg. Seraja van die

skrywersfamilie van Barug speel ´n sleutelrol hierin. Die boekrol is die handelsmerk van die

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!