13.02.2013 Views

Die boek van Jeremiah

Die boek van Jeremiah

Die boek van Jeremiah

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

A

L B E R TO N

L S

EW EN ENTRUM

GEMEENTE

BYBELSTUDIE VIR SELGROEPE

DIE BOEK VAN JEREMIA

Die tweede boek van die Latere Profete is gekompliseer en bestaan uit vele lae as produk van ´n

komplekse proses van oorlewering van die tradisie. Dit is ´n geloofsmeditasie oor die krisis van die

vernietiging van Jerusalem in 587 vC., en die gepaardgaande krisis van deportasie en verlies van

ballingskap.

WAT HET DAAR GEBEUR? DIE BALLINGSKAPSITUASIE

Nadat Israel in ballingskap weggevoer is, leef die oorblywende koninkryk van Juda vir ‘n eeu in

die skaduwee van konflikte tussen die groot magte. Juda was die minder belangrike van die

Hebreërstate, weg van die belangrikste kommunikasieweë en die see. Dit bestaan eers as ‘n vasal

van Assirië. Juda kan nie loskom van Assirië nie, al probeer dit baie hard om teen die einde van die

agtste eeu sy onafhanklikheid te herwin. Hierna is Juda vir ‘n kort rukkie ‘n vasal van Egipte. Teen

die einde van die sewende eeu volg Babel die Assiriese wêreldmag op, en Juda word ‘n vasalstaat

van die Babiloniese wêreldmag.

In ongeveer 608 sterf koning Josia na ‘n mislukte poging om Egipte te stuit in sy opmars teen die

Babiloniese ryk. Josia het volgens die Kronis en Deuteronomis dit reggekry om in sy relatief lang

regeringstyd die prosesse van verheidensing teen te werk, wat in die regeringstye van sy oupa

Manasse en sy vader Amon hoogty gevier het. Manasse en Amon regeer saam ongeveer 75 jaar.

Dit is die tyd dat die wetboek ontdek sou word, en die groot pasga gevier word (2 Kon 23:21-23; 2

Kron 35:1-9). Josia word opgevolg deur sy seuns Joahas, Jojakim en Sedekia, asook sy kleinseun

Jojagin, wat almal vir ‘n kort tydjie regeer. Dié periode word soms deur historici “die skemering van

Juda” genoem, omdat Juda aan die einde van die pad gekom het.

Die laaste sterk koning van Assirië was Assurbanipal, wat in 626 sterf, of dalk so vroeg as 631.

Onder leiding van sy opvolger, Assur-uballit, verswak die ryk. Hy regeer van 631/630-623. Dit is die

tyd dat die hoof van die Chaldese weermag, Nabopolassar, die geleentheid aangryp om homself as

nuwe koning van Babilonië uit te roep. Babilonië was onderworpe aan Assirië. Nabopolassar bevry

Babel van Assiriese oorheersing. Sin-shar-ishkun vervang sy broer as koning van Nineve (rondom

623), en hy regeer tot in 612 met sy dood. Dit is nie bekend hoe hy op die troon gekom het nie.

Later sluit hy ‘n alliansie met Cyaxares I, die koning van die Mede, wat sy posisie versterk. Die

alliansie word verseël deurdat Cyaxares die hand van sy dogter, prinses Amuhia, aan Nabopolassar

se seun, die jong prins Nebukadnesar gee.

Nabopolassar beleër Nineve, wat voorheen die hoofstad van Assirië was. Hy het die anti-

Assiriese magte verenig, waaronder die Arameërs en Chaldeërs. Die stad word in Augustus 612

deur die gesamentlike magte van die Babiloniërs en die Mede ingeneem. In 616 word Nabopolassar

se opmars eers deur ‘n gesamentlike mag van Egipte en Assirië gestuit. Die Babiloniese Kroniek

vertel dat Sin-shar-ishkun sy magte oorwin. Nabopolassar vlug na Takritain waar sy vyande hom

beleër. Vir ‘n onbekende rede word die beleg gelig. Dit mag moontlik te doen hê met die inval van

Cyaxares.

1

Dit beteken die einde van drie eeue van Assiriese heerskappy oor ‘n groot gebied, wat Israel se

grondgebied insluit. Assurbanipal se beroemde biblioteek word ook in die debris van die ruïnes

begrawe. As Assirië val, word sy grondgebied tussen Medië en Babilonië verdeel. Nahum 1:15

verwys na dié gebeurtenis: die goeie nuus is dat die verdrukker nie weer deur Israel se grondgebied

sal trek nie. Cyaxares kry die noordelike deel, terwyl Nabopolassar heerser van die suidelike deel

word, wat Sirië, Egipte en Palestina insluit.

Jojakim, wat nou in Juda regeer, is pro-Egipties en werp sy lot by die Babiloniërs se opponente

in. Sy aanstelling is polities. Farao Nego vervang Joahas met sy broer Jojakim, omdat hy pro-

Egipties is. Eljakim verander self sy naam na Jojakim. Wat die rede daarvoor was, is nie bekend nie.

As Nebukadnesar Palestina binneval, is dit eintlik om Egipte se invloed omver te werp. Nego II van

Egipte val die Chaldese grondgebied binne in 606. Nebukadnesar word aangestel om die Egiptiese

magte aan bande te gaan lê. By die Slag van Karkemis word Egipte oortuigend verslaan. Die

Babiloniese Kroniek sê dat geen Egiptenaar ontsnap het nie. Dit is ‘n gebruiklike Semitiese

oordrywing. Dit is die einde van Egiptiese heerskappy oor Siro-Palestina. Ribla word die

Babiloniese hoofkwartier wat enige Egiptiese inmenging verhoed.

Verskeie profete sien die dwaasheid in om op Egipte te vertrou teen die onweerstaanbare mag

van die Babiloniese magte, en die geskiedenis bewys hul waarskuwing as geldig. Jojakim swaai sy

lojaliteit na Babel nadat die Babiloniese magte Askelon in 604 oorwin. Dit is nie duidelik of die

Babiloniërs teen Jerusalem opruk in dié tyd nie. Die verwysing in 2 Konings 24:1 kan na ‘n afdeling

Babiloniese soldate verwys wat Jerusalem binnekom, of na die opmars van Nebukadnesar deur die

suide van Palestina. Dit sou enige ondergeskikte koning die skrik op die lyf gejaag het.

Die Babiloniese magte word na Sirië gestuur om ‘n opstand te onderdruk. Nabopolassar vertrou

die taak aan sy seun Nebukadnesar toe. Esra 5:12 verwys na Nebukadnesar as “die Chaldeër”. Kort

hierna val Nebukadnesar Egipte binne, met die doel om opposisie teen die vestiging van die

Babiloniese ryk in dié gebied te ondermyn. Die Babiloniërs word in 600 deur die Egiptiese magte

verslaan. Nego volg sy oorwinning op deur die suidelike kusgebied van Palestina binne te val en dit

te onderwerp. Jojakim besef dat hy nou vir sy dislojaliteit gestraf kan word. Hy kom in opstand

teen die Chaldese koning, en verklaar sy lojaliteit aan die Egiptiese farao.

Nebukadnesar is die kroonprins. Net as hy Egipte binneval, kom die boodskap dat sy vader

gesterf het. Hy kies die kortste pad terug na Babel om die troon te bestyg, en laat die soldate in die

hande van sy generaals. In 599 is Nebukadnesar terug in Siro-Palestina. Die chronologie van die

Egiptiese en Siriese invalle is nie uit bronne duidelik nie. Een van die gevolge hiervan is dat die jaar

wat Jerusalem finaal val, nie duidelik is nie: navorsers kies gewoonlik tussen 598 en 597, en 587 en

586.

Hy vernietig Arabiese weerstand teen sy regering. Hierna stuur hy sy troepe in die winter van

598/597 om die suide van Palestina te onderwerp. Die Babiloniese Kroniek meld dat hy “teen die

stad van Juda kamp opslaan, en op die tweede dag van die maand Adar beset hy die stad en neem

sy koning gevange. Nebukadnesar kom self, volgens die Babiloniese Kroniek, na Jerusalem om die

stad te beleër. Op die tweede Adar 597 (16 Maart) val die stad. Dit is ‘n rare verskynsel dat ‘n

presiese datum in geskiedskrywing uit dié era vermeld word.

Nebukadnesar stel ‘n koning van sy keuse aan in die stad. Die nuwe koning is Jojagin se oom,

Mattanja. Hy is ‘n seun van Josia. Die koning verander sy naam na Sedekia. Jojagin se seuns word

voor sy oë doodgemaak, waarna sy oë uitgesteek word en hy na Babel in kettings weggevoer word.

Dit is sy straf vir die opstand wat hy teen Babel aangevoer het. Na gevangenskap van sewe en dertig

jaar (in ongeveer 560) word Jojagin begenadig deur Ewil-Merodag en toegelaat om van die koning

se tafel te eet (2 Konings 25:27-30).

Die ballinge word aan generaals oorgegee om hulle na Babel terug te bring. Die val van

Jerusalem vorm ‘n waterskeiding in die geskiedenis van Israel. Met die stad se val kom die

Dawidiese dinastie wat meer as vierhonderd jaar geduur het, tot ‘n val. Dit is die einde van die

monargie in Israel, asook die bestaan van Israel as onafhanklike staat. Eers weer in die tweede eeu

2

v.C. sou Israel (of Juda) tydelik onafhanklikheid beleef, met ‘n eie monargie. Die val van Jerusalem

beteken ook die val en vernietiging van die tempel.

Die Kroniekeskrywer meen die land moet hierna vir sewentig jaar onbewoon en onbewerk bly

lê, om te vergoed vir die Sabbatsjare wat die volk nie gehou het nie (2 Kron 26). Die lengte van die

ballingskap – sewentig jaar - is die vervulling van die profesie van Jeremia (Jer 29:10).

Die sesde eeu bevat die verdwyning van elke sigbare uitdrukking van Israel se bestaan. Die ouer,

voor-ballingskapse vorms van geloof en volksbestaan verkeer in ‘n krisis. Dit is ‘n tyd van

kultuurbotsings, politieke onderdrukking, vreemde imperialisme, ekonomiese krisis, en die angs van

godsdienstige aanpassing en verandering. Die toekoms het geen vorm nie. Wat skort, is ‘n nuwe

wêreldbeeld en ‘n meer omvattende begrip van die geskiedenis, wat ook voorsiening maak vir

ander nasies en hul rol in God se wêreld. In dié tyd word die gebruike ingestel dat alle Joodse mans

elke oggend en aand saambid, dat alle seuns opgevoed word om die heilige geskrifte te lees, dat die

Sjema op ‘n mezuzah (ornamentele kassie) op alle deurkosyne geplaas word, asook in ‘n philakterie

(leerdosie) tussen die oë tydens die oggendgebed.

In die sesde eeu bly Babel ‘n sentrum vir Joodse gemeenskapslewe, met talle Jode wat

voorspoed beleef. Sommiges, soos Nehemia, bereik selfs hoë politieke posisies aan die Persiese

koninklike hof.

Die ballinge het hulself in die dorpies gevestig, huise gebou en wingerde en landerye aangelê.

Uit buite-Bybelse Babiloniese geskrifte word dit duidelik dat Jode ‘n rol in die besigheidswêreld

begin speel het. Hulle het die lokale taal, Aramees, aangeleer en lokale name vir hul kinders begin

gebruik. Verskeie wetkodes en historiografieë sowel as die redigering van profetiese boeke en die

neerskryf van profete soos Esegiël en Deuterojesaja se prediking kom tot stand.

Wat die Joodse gemeenskap op Judese grondgebied betref, word volgens die lys van Esra 2 en

Nehemia 7 bereken dat so min as vyftigduisend Judeërs na die land teruggekeer het. Ná Serubbabel

was daar waarskynlik geen inheemse goewerneur meer nie, maar is die distrik vanuit Samaria

geadministreer, met lokale sake onder die beheer en toesig van die hoëpriester.

JEREMIA

Jeremia leef aan die einde van die 7e eeu (dalk so vroeg as 626 of so laat as 609 vC.) Die

poëtiese uitsprake van Jeremia is gevorm as oordeelstoesprake om Jerusalem aan te kla vir sy

ongehoorsaamheid aan JHWH se Tora, en om Jerusalem te vonnis tot die straf wat volg op

ongehoorsaamheid aan die Tora.

Die digter gebruik ryke beeldspraak en metafore sodat die gebeure van die vernietiging van die

stad as’t ware voor ´n mens se oë afspeel.

Die gebruik om ´n hofsaak aan te bied is deur verskeie profete nagevolg. Maar Jeremia doen dit

op unieke wyse. Wat verskil, is sy invalshoek. In terme van tradisie, behoort Jeremia aan die

Efraimitiese of noordelike tradisie waarvan Hosea ´n voorloper was, en wat wil teruggryp tot by die

Moses-tradisie. Jeremia se taalgebruik het sterk bande met die Efraimitiese taal van die Boek van

Deuteronomium, veral hoofstuk 32. Die orakels klink na dié van Hosea. Die moontlikheid bestaan

dat dit verklaar kan word aan die hand van die feit dat Jeremia geskool was in die boeke van

Deuteronomium en Hosea. Tog is dit eerder waarskynlik dat Jeremia die stereotipiese taal van sy

ondersteuningsgroep, die Efraimitiese priesters van Anatot, gebruik.

Ook in sy idee en konsep van die profetiese rol sluit Jeremia by hierdie tradisie aan. Hy word nie

slegs as profeet geroep nie, maar spesifiek as profeet in Mosaïese tradisie. As Jeremia onwillig is vir

die taak, raak die Here sy lippe aan (Jer 1:9), wat byna identies is met die woorde in Deut 18:18. Kyk

ook na Jeremia se opdrag in Jer 1:7, en vergelyk met die woord aan Moses in Deut 18:18. So word

Jeremia duidelik in die onderskeidende Efraimitiese profetiese tradisie geplaas.

Jeremia se wortels gaan terug tot die priesters van Anatot in die land van Benjamin (Jer 1:2).

Om dié opmerking te snap, is dit nodig om terug te gaan na 1 Konings 2:26-27, waar Abjatar deur

Salomo verban word na Anatot (vgl 1 Sam 22:20-23). Jeremia se verbintenis aan die priesters van

3

Anatot wys dadelik dat die profeet se tuisbasis en teologiese perspektief die buitestaander s’n

verteenwoordig ten opsigte van die koninklike werklikheid van Judaïsme. Jy verwag dadelik dat hy

skerp en elementêre kritiek sou uitoefen teenoor die establishment, waarskynlik as produk van

geslagtelange bitterheid sedert die stamvader uit Jerusalem verban is deur Salomo. G’n wonder dat

Jeremia se aankondiging die einde.van die Jerusalem-monargie inlui!

DIE BOEK SELF

1. JEREMIA 1-20

1.1 Jer 1-20 is ´n lang poëtiese gedeelte wat uit twee groepe tekste bestaan. In hfste 4-6

is daar ´n reeks gedigte wat antisipeer dat Jerusalem aangeval sal word deur ´n vreemde invaller

wat nie in die teks geïdentifiseer word nie. Kyk na Jeremia 5-17 asook 6:22-23.

Eers na hfst 20 word dit duidelik dat die vyand Babilon is. Deur nog nie die naam van die vyand

te weet nie, bou die spanning op tussen wêreldse mag en JHWH se doelstellings met die politieke

skuiwe van die dag.

1.2 Die tweede deel bestaan uit Jer 11-20. Hier kom ´n aantal tekste voor – 11:18-12:6;

15:10-21; 17:14-18; 18:18-23; 20:7-12; 20:14-18) – waar die digter tot JHWH bid. Die gedigte is

gebaseer op klaagliedere bekend uit die Psalmboek. Die gedigte vertel van ´n mens wat sy geloof

onder woorde bring in ´n situasie waar hy besef dat die taak wat JHWH hom opgelê het, meer is

wat hy kan verduur. Moontlik is die gedigte/gebede ook bedoel om die hartseer van die Judese volk

onder woorde te bring. Ten minste het hulle dit later waarskynlik so gebruik wanneer hulle

historiese bestaan bedreig word. Hier word hartseer en konsternasie pragtig verwoord. En hieruit

groei ook die tradisie as dat die Klaagliedere aan Jeremia toegeskryf moet word, omdat klaagliedere

ook in die profeteboek so ´n belangrike rol vervul.

As voorbeelde, kyk na Jeremia 20:7-13 en 20:14-18.

Die tradisieproses is begelei deur die Deuteronomistiese skool, dit is skrifkenners wat die Tora

bestudeer het en uiteindelik hulle weergawe daarvan op skrif gestel het in die Boek van

Deuteronomium. As deel van hulle bydrae tot Judese denke het hulle in die korpus Deut – Jos- Rigt

– Sam – Kon ´n uitgebreide antwoord op die vraag gegee: hoekom het Juda in ballingskap gegaan?

Hulle antwoord is kort en kragtig, en hulle vertel die volk se geskiedenis dwangmatig om dié

antwoord te demonstreer: Juda is in ballingskap omdat hulle nie JHWH se Tora onderhou het nie.

Die prosa in die eerste 20 hfste staan duidelik in die lig van die Deuteronomistiese tradisie.

Sommige navorsers gaan so ver as om die tweede deel toe te skryf aan ´n latere behoefte om die

gemeenskap te bedien wat die eerste Babiloniese wegvoering, in 598 vC., beleef het (vgl 2 Kon

24:10-17).

2. PROSA IN JEREMIA

Die prosa in die eerste 20 hfste, en ook daarna is duidelik strategies geplaas om vorm aan die

geheel te gee. Kyk na 5 strategiese geplaasde prosagedeeltes:

2.1 Die roeping van Jeremia in 1:4-10

Die doel van die hele boek is om aan te dui hoe die profeet vernietig en platslaan, asook bou en

vestig. Dit gaan dus om ´n teologie van oordeel en herstel wat ´n vormende invloed op die finale

vorm van die boek uitgeoefen het. Onthou, profesie is ´n versameling van versamelings. Wanneer

die versameling gedoen is, het die redakteur ´n doel gehad asook ´n oorheersende tema

waarvolgens hy die materiaal orden.

2.2 Die teks in Jer 7:1-8:3 is bekend as die tempelpreek, en plaas Jeremia in ´n openbare

plek waar hy Juda oproep om sy weë te verander ooreenkomstig die eise van die Tora. Jerusalem

4

word bedreig met vernietiging, soos wat met die antieke tempel by Silo gebeur het, as dit nie

bekeer nie. Die oproep tot bekering is tipies Deuteronomisties. Die hele preek is ´n frontale aanval

op die eise en pretensies van die tempelapparatuur.

2.3 In die narratief van Jer 11 word die profeet voorgestel as ´n welluidende advokaat

van “hierdie verbond”, wat verwys na die Tora-verbond van die Deut tradisie. Jeremia roep op om

te gehoorsaam (Heb sjema = hoor), terwyl hy Israel se ongehoorsaamheid om te luister veroordeel.

Eintlik sê die profeet: Dis klaar te laat om te hoor! Dis te laat om julle te bekeer. Tog bly die uitsig op

die toekoms oop: iewers vorentoe gaan die geleentheid kom dat julle julle weer kan bekeer.

2.4 Jer 26 vertel van Jeremia se hofsaak as ´n vyand van die Jerusalem-establishment,

met verwysing na die preek van Jer 7. Jeremia word ter dood veroordeel deur die godsdienstige

leiers, maar hou aan om te pleit vir bekering. Op die ou end word hy gered van die doodstraf deur

hom te beroep op vroeëre profetiese presedente (26:19; vgl ook Miga 3:12).

2.5 Jer 36 beskryf hoe die boekrol van Jeremia geskryf is. Die rol is bekend gemaak deur

Barug, Jeremia se vriend en sekretaris. Die rol word deur die establishment se leiers ontvang en

vernietig, maar dan in uitgebreide vorm herskryf.

Dit is duidelik dat die rol, in sy voltooide Deut vorm, ´n kragtige uitdaging en bedreiging aan

koninklike Jerusalem gestel het. Die bedreiging gaan terug tot die ou priesterlike tradisie van

Abjatar van Anatot, wat slagoffer van politieke ambisie was, en wat sigself direk teen die monargie

van die dag opgestel het wat besig was om homself te verryk ten koste van die volk.

Wie het die Jeremiatradisie oorgelewer? Jer 26:24 verwys na Agikam seun van Safan wat aan

Jeremia se kant was, met die gevolg dat hy nie aan die volk uitgelewer is sodat hulle hom kon

doodmaak nie. Dit verwys na ´n seun van Safan, en hy word ook in Jer 36 in verband gebring met

magtige amptenare (kyk vv 19, 26). Nog ´n verwysing kom voor in 2 Kon 22:8-14.

Die identiteit van Safan is onbekend, en moontlik verwys die naam na meer as een persoon. Feit

is egter dat daar in Jerusalem amptenare was wat simpatiek teenoor Jeremia se aanslag op die

monargie gestaan het, en wat moontlik iets soos lojale opposisie teen die koning binne die

koninklike regering gevorm het. Binne hierdie groep is dit waarskynlik dat Jeremia se woorde

opgeskryf en bewaar is. Jeremia se Tora-gebaseerde beleidsrigting staan direk teenoor die

koninklike beleidsrigtings van sy dag. Ten minste dele van die Jeremiaboek is ´n intense

subversiewe aanval op die Jerusalem-establishment.

Opposisie teen die koninklike beleid word getipeer as “die woord van JHWH”. Dit beteken dat

dit as die wil van JHWH geïnterpreteer word dat Jerusalem hom aan Babilon sal onderwerp,

teenoor die koninklike beleid dat Jerusalem hom nooit aan die vreemde mag sal onderwerp nie. Die

koninklike ideologie is ook onderskryf deur die teologiese veronderstelling dat JHWH onherroeplik

aan Jerusalem verbind is, dat die koning JHWH se gesalfde is en dat sy beleid JHWH se wil

openbaar.

Kyk na Jeremia se antwoord op die politieke kwessie van onderwerping aan Babilon in Jeremia

27:4-17 asook 38:2-23.

Wat besef moet word, is dat die profeet se verkondiging, al is dit teologies gegrond, werklike en

uiters gevaarlike beleidsbesluite inhou wat as staatsondermynend beskou kan word. Jeremia preek:

Beter Rooi as dood! Jeremia preek dit omdat hy verder kyk en sien dat daar verby die vernietiging

van Jerusalem ´n toekoms vir Jerusalem voorlê. Jeremia is ´n subversiewe alternatief vir die

Jerusalempolitiek, en die tradisieproses het met teologiese passie en politieke moed sy woorde

oorgelewer. Die geskiedenis het hom immers reg bewys!

3. RES VAN JEREMIABOEK

Die res van die boek beskryf nuwe omstandighede, nuwe sake en nuwe moontlikhede. Dit

handel oor die toekoms nadat Jeremia se woorde waar geword het. Die trauma van 587 is verby

5

(sien Jer 24), en nou vind ´n mens vier literêre invalshoeke in die toekoms wat die res van die boek

vorm.

3.1 Hfste 37-45 is ´n historiese narratief wat vertel van die laaste dae voor die vernietiging van

587, en die anargie wat daarna geheers het. Dit is duidelik ´n skrywer soos Barug wat hier aan die

werk is. Die narratief beskryf die finale dae van mislukking van die laaste koning van Jerusalem,

Sedekia (37-39), maar ook van die mishandeling en vernedering van Jeremia – kyk bv na Jer 38:4-6.

Die narratief vertel ook van die aanstelling van Gedalja - Safan se kleinseun! – as Babiloniese

goewerneur as ´n tussentydse maatreël. Gedalja se aanstelling reflekteer Babiloniese erkenning dat

die groep amptenare rondom Safan pro-Babilonies is. Natuurlik is daar ander groepe in Jerusalem

wat hierdie groep sien as mense wat aan die vyand uitverkoop het, en nou voorspoed en welvaart

belewe omdat die vyand hulle promoveer. Daarom word Gedalja vermoor in ´n sluipmoordaanval

deur die proponente van herlewing van die Judese koningskap, mense wat nooit Jeremia se

voorstel van oorgawe wou aanvaar nie – Jeremia 41:1-3.

Kyk na die interessante woord oor Barug in Jeremia 45:1-5. Hier kry jy ´n aanduiding dat die

groep skrywers ´n al groter rol in die toekoms van Juda en Jerusalem sal speel. Hulle sal as’t ware

die identiteit van hulle volk rekonstitueer met hulle nadenke oor die verlede en toekoms van die

volk.

Heel moontlik het die Jeremiaboek met hfst 45 afgesluit. Daarom is hfste 45-51 in sommige

tradisies geplaas in die middel van hfst 25. Dit sou beteken dat die Jeremiaboek eindig met ´n

verwysing na die getroue skrywersoorblyfsel as die toekoms van Judaïsme. In hierdie scenario is

Barug die metafoor van die skrywersklas, dit is die boekemense en boekrolmakers en oorskrywers

wat Judaïsme konstitueer as die boekrolmense. Kyk bv na die rol wat die skrifgeleerdes, Fariseërs

en Sadduseërs in Nuwe Testamentiese tye speel.

Die eerste scenario eindig met die dood van Gedalja as die voorstanders van die monargie die

nuwe toekoms laat misluk.

3.2 ´n Tweede scenario oor die toekoms kom in die Oordele oor die Nasies in hfste 46-51

voor. Hierdie materiaal is hoogs gestileer, en kom voor asof dit amper langs en buite die boek

funksioneer. Tog word hierdie hfste ook geïntegreer binne die roeping van Jeremia as profeet aan

die nasies (Jer 1:10). In sy finale vorm is die boek besig met die opkoms en val van nasies, die

beslissende soewereiniteit van JHWH en die betekenis van sy soewereiniteit vir die toekoms van

Israel.

Dit is baie belangrik om daarop te let dat die korpus kulmineer in ´n lang eenheid wat die val

van Babilon beskryf, die wêreldryk wat die hele tradisie oorheers het – Jeremia 50:1-3.

Die liriese viering van die val van Babilon deur die hand van JHWH word die kulminasie van die

Jeremiaboek. Hoe ver het die wêreld gedraai sedert die profeet sy harde woorde tot Jerusalem

gerig het! Nou word die profeet se woord goeie nuus vir Jerusalem en Juda. Babilon was ´n nuttige

instrument in JHWH se hande om die ongehoorsaamheid van Jerusalem tot ´n einde te bring.

Luister weer hoe beskryf die profeet Babilon – Jer 25:8-9 asook 27:6-7.

Maar nog die Babiloniese koning of sy ryk is permanente bondgenote van JHWH. Op die einde

tree JHWH op teen Babilon wat arrogant geword het, op ´n manier wat die toekoms vir Israel

oopbreek. Dié nuwe toekoms word verbeeldingryk deur Deuterojesaja beskryf.

Die Oordeel van die Nasies eindig in die klimaks van die kort narratief van Jer 51:59-64. Hierdie

woorde was moontlik op een stadium die einde van die Jeremiaboek. Die finale woord is dan die val

en vernietiging van Babilon: So sal Babel wegsink en nie opkom nie as gevolg van die onheil wat Ek

oor hom bring; sy inwoners het hulle afgesloof vir niks, sê die Here.

Jeremia het uitgepluk en vernietig, maar ook geplant en gebou.

Die narratief beskryf een van Jeremia se daadgelykenisse of simboliese aksies. In hierdie

denkwêreld lei die simboliese daad tot die werklikheid. As die boekrol in die Eufraat wegsink, sink

die hele Babiloniese ryk in die verbeeldingsvista van profetiese aksie weg. Seraja van die

skrywersfamilie van Barug speel ´n sleutelrol hierin. Die boekrol is die handelsmerk van die

6

skrywerswerklikheid. In Jeremia, as deel van die korpus wat deur die Deut-skrywersgroep geskep is,

is die skrywer die een wat die vyandige ryk oorwin, die skrywer wat die aanslag oorleef en boekrol

in die hand die toekoms skep waarvan die profeet vertel.

Die Oordeel van die Nasies is ´n magtige oorwinning van JHWH wat ruimte skep vir Israel se

toekoms – Jer 50:19-20.

In die scenario waar Jer 45 die boek afsluit, en waar 51:64 die boek afsluit, gaan dit albei kere

om ´n skrywerstoekoms. In die een geval word dit deur Barug verteenwoordig, in die ander deur

Seraja. In albei gevalle beklemtoon die Jeremiaboek dat herstelde Juda ´n geheel nuwe vorm gaan

aanneem, ´n vorm wat deur die skrywer Esra tot stand gebring is (vgl die Boek van Esra).

3.3 Hfste 30-33, geantisipeer deur Jer 29:10-14, wys nog ´n manier waarop oor die

toekoms in die Jeremiatradisie gedink word. Hier kom meeste van die eksplisiete beloftes voor,

waarvan die belangrikste in hfste 30-31 saamgevat is. Dié gedeelte word dikwels die Troosboekie

genoem, in ´n duidelike verwysing na Jer 30:2.

Die profetiese taal van oordeel en Deut imperatiewe van bekering gee nou pad vir beloftes wat

vertel van ´n nuwe aksie van JHWH, wanneer Hy eensydig en genadiglik Israel se land teruggee en

Hom oor sy volk ontferm.

Kyk bv na Jer 30:15-17 en 32:15-, 44. Deportasie is nie die laaste woord oor Israel nie. Die

Leitmotiv is “die lot sal herstel word”. Kyk bv na Jer 33:7-11.Agter hierdie profesie staan die geloof

in die soewereiniteit van JHWH. Die taal van Josua word herhaal: God se volk word verseker deur

God dat dit goed met hulle sal gaan in hulle land.

3.4 Hfst 25 staan alleen, in die sentrum van die boek, as moontlik die belangrikste

antisipasie van die toekoms van die hele tradisie. In die eerste prosagedeelte word gevra vir

bekering, en die verowering van Jerusalem word voorspel. Maar dan slaan die prosa van v 12 ´n

nuwe rigting in, en kyk verby Babiloniese oorheersing na Babilon se vernietiging. Skielik is hier ´n

visioen van wêreldoordeel in vv 15-29 waarin die Jeremiatradisie in die rigting van apokaliptiese

radikaliteit beweeg. In die Griekse tradisie van die Jeremiaboek word die Oordeel teen die Nasies

van hfste 46-51 hier tussen-in gevoeg. Die praktiese gevolg is dat die profetiese mandaat wat JHWH

se regering van alle nasies beklemtoon word, soos hier gedemonstreer.

Die kulminerende orakel van hfst 25 is dan die tradisie se antwoord op die weerloosheid en

lyding van klein Israel, wat verduidelik word in terme van JWHW se mag en betroubaarheid. Hier

bely Jeremia sy geloof in JHWH se regering van die nasies, voor wie Nebukadnesar se groot mag

teruggesnoei word tot wat dit in werklikheid is. As “profeet van die nasies” is Jeremia in diens van

die apokaliptiese verbeelding. Vgl ook Op 11:15. Die laaste verwoording van hoop in die

Jeremiatradisie kom in Jer 52:31-34 voor. Die parallel met 2 Kon 25:27-30 is duidelik. Interessant

dat die oorlewing van die Dawidiese koningskap hier beskryf word, maar nie in terme van enige

belofte oor die toekoms nie.

Trouens, reeds heelwat vroeër is die einde van die koningskap in die visier gestel: Jer 22:28-30.

En dan skielik weer word die oorlewing van die koningskap in die oog gestel. Jer 33:14-26. Dit

beteken dat daar nie duidelik konsensus in die gemeenskap oor die toekoms van die monargie

bestaan het nie. Aan die einde van die Jeremiatradisie is die monargie se toekoms oop. Dié hoop

staan in spanning met die apokaliptiese verwagtinge van Jer 25 wat nie op ´n koninklike instelling

berus nie, asook met die skrywerseinde van 45:5 en 51:64. Die Jeremiatradisie het duidelik nie die

pad vorentoe geken nie.

Christene sal veral aandag wil gee aan Jer 31:31-34. Christene lees in die nuwe verbond ´n

verwysing na God se werk in Christus. Die invloedryke Latynse vertaling van Jer 31 het dan ook na

Testamentum verwys om “verbond” te vertaal, wat dan klink na die Nuwe Testament. So gebruik

Heb 8:8-13 ook die teks. Let egter daarop dat die nuwe verbond in die eerste plek met die huis van

Israel en met die huis van Juda gesluit word. Jer 31 kyk nie na ´n tradisie wat die oue sal vernietig

7

nie, maar na ´n rekonstitusie van Judaïsme wat tot blye gehoorsaamheid aan die God van die Tora

sal lei.

Jeremia het nie duidelikheid oor die toekoms wat voorlê nie. Wat wel duidelik in hierdie tradisie

is, is dat JHWH die durende mag op Israel se horison is, wat sal bly bestaan nadat alle ander magte

ophou bestaan het. Daarom is die toekoms oop. Die opsies wat die Jeremiatradisie oor die toekoms

aanbied, is:

• die skrywersoorblyfsel (45:5);

• die vernietiging van Babilon deur skrywershande (51:64);

• die nuwe planting en gebou van God (30-33);

• die soewereiniteit van God in apokaliptiese modus (25);

• die ambivalente bewustheid van ´n koning wat oorleef (52:31-34).

Ten slotte, drie motiewe speel ´n belangrike rol in hoe Juda na homself kyk tydens die

ballingskap:

• Die vyand uit die noorde wat Juda inneem en wegvoer, is ´n instrument in JHWH se hand.

Daarom praat JHWH volgens 25:9 en 27:6 van “Nebukadnesar, my dienskeg”.

• Die interpretatiewe gemeenskap neem Jeremia se gedigte en verander dit in instruksie.

• Die gemeenskap aktief in die Jeremiatradisie verklaar dat die ballinge die ware Juda is, die

goeie vye teenoor die slegte vye wat in Jerusalem teenwoordig is.

´n Interessante verskynsel is die Jeremia-belydenisse (11:18-23; 12:1-6; 15:10-21; 17:14-18;

18:18-28; 20:7-18) waar die digter op intense wyse sy pyn, hartseer, vertwyfeling en belewenis van

akute gevaar vanweë sy prediking onder woorde bring. Die digter vra JHWH om uitkoms, deur

vyande te straf. Dit eindig in ´n skril en wanhopige geroep in 20:14-18.

Tora beteken onderwysing of instruksie, en verwys na die wetgewing in die eerste vyf boeke van

Moses.

Sjema beteken luister, en verwys ook na gebed wat Joodse mans elke oggend bid, geneem uit

Deuteronomium 6:4 en volgende verse, en ander Skrifgedeeltes.

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!