13.02.2013 Views

Aflaaibaar as volledige uitgawe - Bybel-Media

Aflaaibaar as volledige uitgawe - Bybel-Media

Aflaaibaar as volledige uitgawe - Bybel-Media

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Die abstrakte geweld van geld 4

• Waar is God te midde van misdaad? 6

• Kruisgewys nou VBO-punte werd 8

• Gemeentebou en art 21-maatskappy

beveg misdaad 10

• Jakob se put – ’n netwerk in nood

• ’n Bate-gebaseerde benadering

12

tot armoede 14

• Geweld en armoede – ’n omvattende

uitdaging 16

• Posbus 18

Armoede en werkloosheid

Uitgegee deur Bybel-Media

(in vennootskap met GDN)

GDN

10/4

NOVEMBER 2010

Missionary Formulierboek Perspectives

in the New Testament

Pictures from chosen New Testament literature

VITAL INFORMATION

Ekumeniese belydenisse

Die vierde deel van die boek bevat die ekumeniese

geloofsbelydenisse. PAGES: 300

Die Handleiding vir CATEGORY: die erediens Theology/Missiology

het beslis die volgende

pluspunte:

SELLING PRICE: To be announced

• Omvattende uiteensetting van en agtergrond tot die

erediens. PUBLICATION DATE: June 2009

• Vars omskrywing van al die elemente en momente van

die erediens.

BOEKBEKENDSTELLING

weerspieël jare se groei

Die Handleiding vir die erediens is die nuwe liturgie-en-

formulierboek vir gebruik op die kansel.

Daar is talle nuwe liturgieë vir alternatiewe dienste en

bykomende formuliere. Dit is die vrug van baie jare se

besinning, navorsing en eksperimentering deur ’n werkgroep

wat die inligting versamel en verwerk het.

Daar is ook probeer om die afgelope jare se groei in die

liturgiese beweging te weerspieël.

Die Handleiding vir die erediens kom 20 jaar ná die

Handboek vir die erediens, en drie jaar ná Vir die erediens –

’n handleiding. Albei vorige publikasies is geëvalueer en met

heelwat nuwe materiaal aangevul.

Elemente van die erediens

Die boek bestaan uit vier dele. Die eerste deel handel oor die

erediens. Die verskillende elemente van die erediens word

breedvoerig bespreek met riglyne en voorbeelde. Dit is veral

die responsoriese formules wat opvallend is. Trouens, by die

meeste van die liturgieë is daar responsoriese voorbeelde.

Onder hierdie afdeling is daar 27 formuliere. By talle van die

tradisionele formuliere (soos by die doop en die nagmaal)

is daar verskeie alternatiewe voorbeelde. Daar is ses

formuliere wat in Engels beskikbaar is. ’n Nuwe formulier

wat aansluit by die tradisionele formulier vir die bevestiging

van kerkraadslede, is die formulier vir die indiensstelling van

gemeenteleiers.

Verskillende soorte eredienste

Die tweede deel handel oor al die verskillende soorte

eredienste. By elke soort erediens word die herkoms en

inkleding van die betrokke erediens bespreek, met verkorte

liturgieë as voorbeeld. Daar is 13 verskillende soorte dienste

wat op hierdie manier bespreek word. ’n Interessante nuwe

toevoeging is die “klagdiens”.

Kerklike jaar

Die derde deel fokus op die kerklike jaar. Die Kers-, Paas- en

Koninkryksiklus word breedvoerig gedek. By elke seisoen en

kerklike feesdag word die agtergrond bespreek en voorbeelde

van liturgieë aangebied.

Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA

e-aankope: www.bybelmedia.co.za

JOHANN DU PLESSIS, EDDIE ORSMOND &

HENNIE VAN DEVENTER (EDS)

� ere is certainly a need for fundamental re� ection

on mission within our present context,

where the church of Christ is called to witness in

South Africa, Africa and the world.

Missionary Perspectives presents a picture as to

how the New Testament treats the missionary

challenges for congregations and the church in

di� erent contexts. � e authors o� er perspectives

on mission from the following New Testament

• Bygewerkte weergawe met talle nuwe liturgieë en

writings: formuliere. Matthew, Mark, Luke-Acts, Gospel of

•John, Verskeie Romans, Engelse 1 and formuliere 2 Corinthians, is ingesluit. Galatians,

• Formuliere vir spesiale geleenthede (bv nagmaal aan

Ephesians, kinders of Philippians, belydenisaflegging Colossians, van mense 1 and met beperkte 2

verstandelike vermoëns).

Timothy, Hebrews, James, 1 Peter, 1 to 3 John,

• Ekumeniese aanwending en gebruik.

and Revelation.

boeke en Bybels op die kansel gebruik kan word.

In addition to the New Testament writings

four contextual articles – to map the context of

the biblical approach – are added to give some

’n werkgroep versamel en verwerk.

indication Dit is ’n voortgaande of the present proses. situation Die samestellers and context hoop dat

hierdie publikasie verdere nadenke oor die erediens sal

for the presentations in this book. � e context-

gevolg ual articles sal hê. focus on the themes of Christendom

Die handleiding dra die boodskap van ’n ekumeniese

in the Cape-Dutch context and its legacy, the

emerging missional church, missional diaconia

kerke as a model sal wees. for mission, and � nally the relation

between Die Handleiding space, liturgy vir die erediens and mission. is nie ’n resepteboek

nie. Die riglyne en voorbeelde hierin vra om op ’n kreatiewe

Missionary Perspectives succeeds in showing

beplanning that di� erent en inrigting New van Testament eredienste. writings treat the

theme of mission di� erently.

• Aantreklike uitleg en omslag wat maklik saam met ander

Die Handleiding vir die erediens is die vrug van ’n spanpoging.

Baie jare se besinning, navorsing en eksperimentering is deur

stimuleer en die ontwikkeling van nog meer nuwe materiaal tot

openheid. Die samestellers hoop dus dat hierdie handleiding

ook sinvol deur ’n verskeidenheid kerke gebruik sal word, en

dat daar op liturgiese gebied toenemend samewerking tussen

manier verder ontgin te word deur almal wat betrokke is by die

Die boek kan teen R179,95 bestel word by Bybel-Media

Handel by 0860 26 33 42. Dit kan ook aanlyn gekoop word

by www.bybelmedia.co.za.

JY BETAAL GEEN

POSGELD NIE

VaN DIE REDaKTEuR

‘Hoekom het die

armes nie kos nie?’

Chris van Wyk

“When I give food to the poor, they call

me a saint. When I ask why the poor have

no food, they call me a communist.” –

Dom Helda Camara

Armoede en werkloosheid is een

van die sewe groot reuse wat

SACLA reeds in 2003 as die

grootste uitdagings van ons tyd

geïdentifiseer het. Ongeveer 45 persent

van Suid-Afrika se inwoners kan as arm

beskryf word.

Armoede en werkloosheid is

weliswaar iets waarby die onderskeie

kerke in ons land geredelik betrokke is. In

die 2006 Kerkspieël-ondersoek in die NG

Kerk byvoorbeeld het leraars

gerapporteer dat 80 persent van

gemeentes by die verligting van armoede

en werkloosheid betrokke is.

Die vraag is nogtans of die kerk, ten

spyte van ’n wye betrokkenheid, genoeg

doen, veral as ’n mens bogenoemde

aanhaling van Camara in gedagte hou.

Doen ons genoeg om die oorsake van

armoede en werkloosheid uit die weg te

ruim?

Verbind die armoedesyfer verder aan

die feit dat Suid-Afrika ook een van die

ekonomies mees ongelyke lande in die

wêreld is. Dán begin jy verstaan waarom

armoede ook ’n teelaarde is vir die

moontlikheid van konflik en geweld.

Daarom dat ons in dié uitgawe oor

armoede en misdaad praat.

*Chris Jones pak die bul by die horings

deur van die “abstrakte geweld van geld”

te praat. Dit is een van die lense wat ons

moet aanlê om armoede te verstaan. Die

teenstelling is nie tussen arm en ryk nie,

maar tussen arm en selfstandig. Volgens

dié lens is geweld een van die gevolge

van ’n kortsluiting tussen die droom van

ekonomiese selfstandigheid en die

werklikheid daarvan dat ná 1994 net ’n

relatiewe klein groep ekonomies

bemagtig is.

*Christo van der Merwe laat die lig val

op die geweldige ontreddering wat die

blootstelling aan geweld by mense

veroorsaak. Die diepte daarvan word

telkens beleef in die kreet na waar God

dan in die geweld van misdaad is. Een

antwoord kan ’n mens vind in die “nuwe

storie” van een slagoffer van geweld,

Annette, wat betrokke geraak het by die

einste sisteem en gemeenskap wat haar in

die steek gelaat en vermink het. Deur die

polisiekantoor te verf en haar weeklikse

bediening by ’n plakkerskamp, wys sy

waar God is: In die slagoffer wat hulp

aanbied en só ’n lig in die donker word.

*Willem Pretorius en Roelof

Opperman gee ’n interessante

perspektief op die innoverende strategie

van die gemeenskap van Kameeldrif wat

deur geweld tot die uiterste beproef is.

Die uiteinde was nie net ’n bekamping

van misdaad nie, maar deur iets aan een

van die oorsake daarvan te doen, naamlik

aan armoede en werkloosheid. Hulle vier

sentra help nie net families en kinders

nie, maar rus onder andere entrepreneurs

toe met die vaardighede en ondersteuning

wat nodig is om selfstandig te raak. Die

projek om die lewensomstandighede van

hoërskoolleerlinge in arm gebiede te

verbeter, met sonpanele wat lig vir hulle

studies verskaf, is inspirerend.

*Ina Mundell skryf oor die netwerk vir

nood wat in 2003 met die projek Jakob se

put in Pretoria-Oosterlig vir mense

“tussen werk” begin is. Hoewel dit

aanvanklik mense gehelp het wat deur

regstellende aksie geraak is, het dit

mettertyd uitgebrei om alle mense wat

KRuISGEwyS November 2010

deur werkloosheid geraak word te help.

’n Netwerk van 22 kerke werk (al)

hiermee saam en die diens is reeds na

verskeie plekke in Suid-Afrika uitgebrei.

*Peter Grove herinner ons daaraan dat die

aanpak van die armoedevraagstuk liewer

uit ’n bate-gebaseerde as vanuit ’n tekortgebaseerde

benadering gedoen behoort te

word. Dit lê die klem ook op die menslike,

sosiale, natuurlike, fisiese en finansiële

bronne waaroor armes wél beskik. Hy

skroom nie om die gebreke in die regering

se huidige benadering tot armoede uit te

wys nie, en spel ’n hele paar praktiese

wyses uit waarop gemeentes by die

vraagstuk van armoede betrokke kan raak.

*Ben du Toit skryf oor die uitdaging

van ge weld en armoede en wys uit die

mond van armes self hóé erg die

probleem reg tig is. Alleen met ’n omvattende

bena de ring van alle betrokkenes,

te wete maat skap like sorg,

staatsondersteuning, plaas like owerhede,

polisie- en besker mings dien ste, opvoeding,

mediese dienste en die godsdienstige

gemeenskap, kan hier die uitdaging

aanvaar en daarna gemik word om ’n

volgende geslag uit die spi raal van

armoede en geweld te laat ont snap.

’n Mens sou nog baie meer oor hierdie

komplekse saak kan sê, veral oor die rol

wat leierskap speel. Dr Mills beweer in sy

on langse boek Why Africa is Poor, dat

swak besluite deur die leiers van Afrika

die belangrikste rede vir Afrika se voort ge -

sette armoede is. Persoonlike en finan siële

belang word ongelukkig eerste ge stel,

eerder as die belang van die bevol kings.

Die belangrikste is egter om iets te

doen aan armoede en misdaad, persoonlik

soos Annette en korporatief soos

Kameeldrif.

Ons hoor graag van stories wat ander

gemeentes kan inspireer om regtig ’n

verskil te begin maak. Stuur dit na

chris@gemeentes.co.za vir publikasie by

www.gemeentes.co.za.

3

4

Die abstrakte

geweld van geld

Chris Jones is betrokke by die Kantoor

vir Moraliteit – Communitas/

BUVTON en die Beyers Naudé Sentrum

vir Publieke Teologie.

Waar is God in al die geweld

en misdaad?

Hoekom soveel brutale geweld, sáám met

misdaad, in ons land? Waarom word

mense vir ’n selfoon of ’n paar Rand

vermoor? Ons elkeen probeer ons vinger

op die grondoorsake hiervan lê, maar

natuurlik laat geweld hom nie sommer

vaspen nie.

Johan Rossouw en Bert Olivier, albei

filosowe, het my ’n klompie jare gelede

met verhelderende perspektiewe gehelp

hóé om meervoudig oor hierdie

komplekse verskynsel te dink.

Rossouw verwys na drie

samelewingsfere: die godsdienstige, die

politiese en die ekonomiese. Elke sfeer

speel deurgaans in elke samelewing ’n

strukturerende rol. By tye gebeur dit dat

een van hierdie sfere ’n groter impak as

die ander het.

So het godsdiens in die voormoderne

Middeleeue ’n dominante rol gespeel, en

politiek in die moderne era. In ons

postmoderne samelewing swaai die

ekonomie of die markplek die septer.

Omdat baie mense effektief van

laasgenoemde uitgesluit is, stimuleer dit

geweld.

Olivier gaan ’n stappie verder deur

psigoanalities met die gewelddadigheid

van misdaad om te gaan. Hy gebruik die

psigoanalis, Lacan, se voorstelling wat sê

dat mense hulle op drie verskillende

bestaansvlakke uitleef.

Vereenvoudig en aangepas kom dit

daarop neer dat elke mens ’n

verbeeldings- (imaginêre) kant het. Dit

dui op die ego, die “ek”, hoe jy jouself

sien.

Tweedens is daar die simboliese

bestaanskant. Jy leef dit deur jou taal en

kuns uit.

Derdens kry jy die reële kant van

menswees. Dit is daardie begeertes, genot

of onuitspreeklike “ding” wat in beginsel

nooit werklik ten volle bevredig of in

woorde uitgedruk kan word nie, maar

altyd by die mens aanwesig is.

Nou kan ’n mens hierdie drie

bestaansvlakke van menswees op die drie

lewensfere van toepassing maak. Daar

word met ander woorde ’n verbeeldings-,

simboliese en reële kant by elkeen van

die godsdienstige, politiese en

ekonomiese sfere aangetref.

Kom ons neem die ekonomie. Hier

vind jy die verbeeldingskant byvoorbeeld

in die prentjie van ’n suksesvolle sakeman.

Die simboliese is die ekono miese

beleid, grondwet of taal wat hierdie

sakeman se sukses verseker. Die reële

kant van die ekonomiese is die begeertes

wat in elke mens uitroep om werklikheid

te word, maar wat selde, indien ooit,

realiseer soos ons dit “sien”. Hierdie

smagting na die materiële is egter

konstant by ons aanwesig en is dikwels

oorheersend.

Hoe hou dit met geweld verband?

Om dít te verstaan, moet ’n mens vir

’n oomblik teruggaan na die politiese.

Apartheid was vir baie mense traumaties.

Dit was onregverdig, mensonwaardig

en het mense se vryheid

ingeperk.

Mense het egter op ’n verbeeldingsvlak

oor jare begin “sien” hoe ’n lewe

sonder apartheid moontlik kon lyk.

Prentjies van die nuwe Suid-Afrika is

“geteken”. Daar is baie sosio-ekonomiese

verwagtings hier rondom geskep. Dit het

hierdie verbeeldingsbestaanskant van die

mens gevoed. In beleidstaal, op simboliese

vlak met ander woorde, is hierdie

nuwe orde gekommunikeer. Mense het dit

KRuISGEwyS November 2010

verstaan. Dit is waarvoor hulle baie lank

geveg het – vir die “realisering” hiervan

(die reële)!

Maar baie mense ervaar die nuwe

Suid-Afrika in baie opsigte traumaties.

Dit is vir hulle ’n frustrasie. Daar is

innerlike ongelukkigheid, selfs woede.

Baie mense is werkloos. En waar mense

wel werk het, word talle van hulle onderbetaal.

Hulle beleef gevolglik min ekonomiese

vryheid en selfstandigheid. Hulle

kry swaar. Hulle is oortuig daarvan dat

die rykes ryker word, en die armes

armer!

Om hierdie traumaties-ontnugterende

oorgang van een orde na ’n ander te

verstaan, sal dit goed wees om terug te

gaan in die geskiedenis van Frankryk.

Sonder om eenvoudige, reglynige

afleidings hieruit te maak, sê hierdie stuk

geskie denis vir ons in ons situasie

geweldig baie.

In 1835 was daar in Frankryk ’n oorgang

van ’n onderdrukkende monargistiese

bestel na ’n nuwe konstitusionele

demokrasie. Maar wat gebeur het, is dat

die een soort hiërargiese geweld plek

gemaak het vir ’n ander.

Laasgenoemde vorm van geweld word

genoem “die abstrakte geweld van geld”

(Olivier). Die nuut-bevryde werkersklas

is verhoed om die ekonomiese vryheid

wat gewaarborg is te verwerf. Die mees

gruwelike dade is in hierdie tyd gepleeg,

soos ma’s wat hulle kinders doodgemaak

en hulle bloed gedrink het. Die filosoof,

Michel Foucault en sy navorsingspan, sê

geweld is van een orde na ’n ander

geskuif. In die een orde het elkeen ’n

“plek” gehad, al was dit binne ’n

onregverdige bestel, maar in die nuwe

orde kon hulle nie ’n “plek” vind nie.

Hulle sou dit nog moes verower. Sulke

psigiese onsekerheid lei tot geweld!

Iets van dié “abstrakte geweld van

geld” is ook waar van ons. Mense het op

die verbeeldingsvlak van ’n nuwe Suid-

Afrika begin droom hoe húlle daaruit sou

sien.

Maar vir baie het dit doodgewoon nog

nie gerealiseer nie. Dit het eintlik net met

’n relatief klein hoeveelheid mense

gebeur – die Swart Ekonomiese

Bemagtigdes. Ongelukkig is ware

rykdom vir net ’n klein klompie Suid-

Afrikaners beskore. Iemand sê: Die

teenoorgestelde van armoede is in elk

geval nie rykdom nie, maar selfstan digheid!

Onder sulke omstandighede – waar

drome van baie mense nie realiseer

nie – vind daar gewoonlik ’n ernstige

kortsluiting tussen die verbeeldingskant

en die reële plaas. Hoe meer daar op ’n

klein “ekonomies-produktiewe of liberale

orde” gekonsentreer word ten koste van

miljoene ander “gewone” mense, hoe

groter is die kanse vir “gewelddadige

ontploffings”.

Die geskiedenis leer dat wanneer

mense niks aan hulle lot van armoede kan

doen nie, hulle dit as ’n lewensfeit

aanvaar. Daar is met ander woorde nie ’n

dryfveer tot ’n beter lewe nie. Maar

wanneer hoop op ’n beter lewe vir mense

gegee word, soos in ’n grondwet of deur

politici in die massamedia beloof word,

maar baie mense relatief min daarvan

ervaar, vermeerder die revolusionêre

potensiaal, want hulle aspireer nou na of

droom van beter lewensomstandighede.

In Suid-Afrika leef ongeveer

45 persent van sy mense in ondraaglike

armoede. “The American dream is, in

part, responsible for a great deal of crime

and violence, because people feel that the

country not only owes them a living, but a

good living” (psigo-analis David

Abrahansen).

Dieselfde Abrahansen sê: “Frustra tion

is the wetnurse of violence!”

Die simboliese, die taal, oftewel die

“morele wet”, is die een ding wat bogenoemde

kortsluiting kan help uitwis. Dit

kan ’n beter verhouding of balans tussen

die verbeeldingskant en die reële help

bemiddel. Hiersonder kan vreed same,

liefdevolle gemeenskap en saam bestaan

nie plaasvind nie. Want dit is hoe die

individu leer om sy medemens as ’n

“ander ego” te sien, as ’n spieëlbeeld van

homself wat ook ’n beter lewe verdien

– maar wat ook aan morele “wette” onder

worpe is om die reële waarna ons elkeen

só sug, te bestuur en in toom te hou.

Verdwyn hierdie taal, hierdie

simbolies-morele bemiddeling, word die

“ander ego” of ander mens bloot as ’n

“ding”, of selfs as nie-mens, gesien. Dit

verduidelik hoekom mense so onsensitief

(dierlik?) met ander kan omgaan.

Solank die gaping tussen ryk en arm so

groot bly soos dit op die oomblik in Suid-

Afrika is, sal hierdie brutaliteit voortduur,

want die ekonomie is ’n eksklusiewe een.

Rossouw praat in hierdie opsig van ’n

“versteurde begeerte” by rykes (met

ander woorde ons kry nooit genoeg nie),

en ’n “gefrustreerde begeerte” by armes

(wat lei tot gevoelens van wanhoop en

vernedering).

Ons sal móét eenvoudiger leef

Ons elkeen, veral die regering, sal sy

beste moet doen om soveel as moontlik

mense deur middel van morele en

rasionele bemiddeling by die ekonomie te

betrek. Hiervoor sal ons elkeen ook na

ons eie lewe moet kyk.

Daar is soveel nie-kriminele mense

wat in ’n spiraal van hebsug en magsug

vasgevang is. Kyk maar net vakansietye

na die “kru spandabelrigheid” van mense!

En dit terwyl miljoene mense in plakkerskampe

uitsiglose armoede in die gesig

staar.

Die onlangse stakings is ’n uitwasse

van bogenoemde ongelykheid. Die

regering se ekonomiese ingesteldheid en

beleid het oor die afgelope jare feitlik ál

hulle “morele onderhandelingskapitaal”

uitgekalwer. Hulle morele bankrotskap

word onder meer blootgelê deur luuksevoertuie

en -verblyf, die sinnelose

vermorsing van belastinggeld, selfverryking,

in sekere opsigte swak

dienslewering. So sou ons die lys kon

aanvul!

Vakbonde besef dit. Dit gaan hulle

“moreel” al meer in “onaantasbare”

posisies voor die regering plaas. Want op

watter morele grond sal die regering kán

staan wanneer hy sê daar is nie genoeg

geld om aan geregverdigde eise te

voldoen nie?

Die gevolg? Die regering, soos hulle

op die oomblik aangaan, sal onder ál

meer druk kom. Hoe minder hulle sal kan

toegee aan hierdie eise, hoe méér sal

stakings met frustrasie, geweld en

onetiese optrede gepaardgaan.

Die ekonomiese ongelykheid in Suid-

Afrika het inderdaad ’n kruitvat geword!

Hoe lank moet God nog skreeu en roep

oor die televisie, in koerante en deur die

optrede van mense voordat ons gaan

hoor, verstaan en iets daaraan dóén?

Bronne:

Bert Olivier. 27 April 2007. Die Vrye Afrikaan

Johann Rossouw. 17 November 2006. Die Vrye

Afrikaan

KRuISGEwyS November 2010 5

Waar is God te midde

van misdaad?

6

Christo van der Merwe is ’n gemeenteleraar

in die Nederduitsch

Hervormde Kerk gemeente

Kemptonpark-Oos. Hy is ook deeltydse

dosent by die Hervormde

Teologiese Kollege, asook by AIM

(sendingopleiding). Sy passie

is missionale gemeentebou en

fasilitering.

Die onderwerp Waar is God te midde

van misdaad? het my aanvanklik

met ’n gevoel van moedelose onmag

gelaat. Byna soos die diepgrypende

voorbeeld wat Johan Cilliers gebruik in

een van sy preke in die boek Sal die regte

Jesus opstaan asseblief? Hy skryf:

“In ’n aangrypende outobiografie,

geskryf deur iemand wat die hel van die

Duitse konsentrasiekampe tydens die

Tweede Wêreldoorlog oorleef het, staan

daar ’n merkwaardige sin. Dit lui min of

meer soos volg: ‘Toe God die Joodse

vroue gesien het wat nakend en bibberend

in rye voor die gaskamers gestaan het

waar hulle binnekort om die lewe gebring

sou word, het hy vanuit die hemel sy

hand uitgesteek en hulle hare gestreel.’”

Die sin kan – dit was ook die skrywer

se bedoeling daarmee – ’n mens ’n hele

ent weg troos.

Dit kan jou egter ook, as jy bietjie

langer daaroor nadink, geweldig

opstandig maak. Hoewel Johan se preek

nie oor misdaad as sodanig gaan nie, is

dit wat hy van die konsentrasiekampepisode

beskryf tóg van toepassing. Johan

vra: “Is dit nou ál wat God kan doen?

Hou sy bystand hiermee op? Kon Hy nie

eerder met hierdie hand van Hom die

vroue voor die gaskamers weggepluk en

gered het nie? Kon Hy nie die deure van

die gaskamers, van álle gaskamers vir

eens en vir altyd gesluit het nie? Kon Hy

nie die mense wat sulke bose dinge

bedink het, vir ewig in die verdoemenis

weggewerp het nie?

Wat daardie vroue tog nodig gehad

het, was nie vertroeteling nie, maar

verlossing, nie meegevoel nie, maar mag.

Waarom iemand se hare streel, net om

haar daarna na lewensasem te laat hyg?

Harestreel is ’n troos, maar die Here

weet, as jy voor ’n gaskamer staan, en

jóú beurt kom al nader is dit net ’n té

skrale troos“ (1997:88).

Die vraag vir baie mense – so lyk dit

my – is waarom God nie in een grootse

skuif die bose bedoelings uit die hart van

die bose mense uithaal en die moord en

die ongeregtigheid en die misdaad

summier stopsit nie? Beter nog: Waarom

nie die Bose self met ’n enkele,

goedgemikte doodskoot in sy spore stuit

nie? Waarom nie? Kán God nie? Of

erger: Wíl Hy nie?

Dié soort vrae word veral akuut as jy

self deel van die misdaadstatistiek word.

Ek wil nie voorgee dat ek die antwoorde

op hierdie vrae ken nie – trouens, ek het

dit nie! Ook nie dat daar maklike

antwoorde is nie – daar is nie.

Merkwaardige vroue

Wat ek wel kan doen, is om die

verhaal te vertel van ’n merkwaardige

vrou.

Dis nou sewe jaar later. In ’n brief aan

haar, skryf my vrou:

“Liewe Vriendin

Dis 26 September 2003. ’n Vriend van

ons verjaar. Ons is op pad terug van

Pretoria af. Dis omtrent 22:30. My man

(die gemeenteleraar) se selfoon lui.

Instinktief weet ek ’n laatoproep is slegte

nuus. Annemè vertel huilend Mamma en

oom Louw is aangeval en geskiet.Ons het

warmbaadjies gaan aantrek en weggespoed

na die Glynnwood­hospitaal toe.

Op pad soontoe het ek gemeentelede

KRuISGEwyS November 2010

begin bel. ’n Magteloosheid het ons by

die hospitaal begroet, want julle

mediesefondskaarte word vereis. Sewe

ure later, ná ’n draai by die

staatshospitaal, het die ambulans by die

Glynnwood­privaathospitaal aangekom.

Koud, verslae en stom het ek na jou

vernielde gesig en lyf gekyk. Ons het

mekaar vasgehou en begin bid. Net voor

sonop het ons almal huiswaarts gekeer. ’n

Lang en moeisame pad het begin.

Maar, Vriendin, jou geloof, hoop en

vergewingsgesindheid sal my altyd bybly.

Jy het ons lewe onherroeplik aangeraak.

Steeds lewe jy voluit. Steeds raak jy

mense aan. Nooit, nooit is jy negatief nie.

Niemand is te nietig of te onbelangrik vir

jou omgee nie.

Jy is ’n merkwaardige vrou. Met ’n

merkwaardige man en kinders. Wat ’n

voorreg om jou as vriendin te kan hê! Jy

vlieg voorwaar hoog!”

Om jou as leser in die prentjie te bring:

Ons vriendin en haar broer uit Londen het

op hulle kleinhoewehuis se stoep gesit en

kuier.

’n Groep van vyf het uit die niet

verskyn en geld geëis. Annette en haar

broer het opgespring om die veiligheid

van die huis op te soek, maar albei is

geskiet. Veral Annette is boonop wreed

geskop en geslaan. Haar broer is onder

die oor in die kakebeen geskiet. Hy het

gemaak of hy dood is.

Annette self is agt keer op verskillende

plekke geskiet. Haar oog (sy is sedertdien

blind in dié oog), mond en bo-kaak moes

heropgebou word. So ook verskeie plekke

in haar lyf. Van die koeëlpunte kon nog

nie verwyder word nie. Soms verskaf dit

steeds pyn en ongemak, afgesien van die

geskop en geslaan.

Ná die aanval, verskeie operasies en

die hersteltyd (wat verbasend kort was),

het Annette se “nuwe storie” begin.

Een van haar eerste projekte was om

die polisiestasie, wat nie op die

noodoproep reageer het nie, sáám met

ander susters van die gemeente te gaan

verf en die bevelvoerder se kantoor te

help versier en die tuin reg te ruk. Hulle

het iets gedoen aan die polisieselle waar

verhoorafwagtende swart vroue aangehou

word, dikwels met klein kindertjies. Sy

het ook, ten spyte van ’n baie druk

program, begin met ’n weeklikse

bediening in ’n plakkerskaravaankamp.

Sonder bitterheid, haat, enige eise om

vergelding of wat ook al, dien sy nou in

die gemeente en gemeenskap.

Die vraag waarmee ek dus

gekonfronteer is, is: Waar is God te

midde van misdaad?

Annette se verhaal het my laat dink

aan Paulus se woorde in Filippense 1:12:

Ek wil hê julle moet weet, dat wat my

oorgekom het, juis die verkondiging van

die evangelie bevorder het.

Te midde van die geweld en die

sinloosheid van aanvalle, in ’n baie

donker duisternis, skyn die helder lig van

geloof, vergifnis en liefde – iets van die

krag van die deugde waarvan Romeine

12:9-21 praat, iets soos geloof in aksie.

Is dít dalk die antwoord op die vraag:

Waar is God te midde van misdaad?

Hy is hier, by ons, deur die krag van sy

Gees, deur die krag van die kruis, deur

die krag van liefde wat alle verstand te

bowe gaan.

In ’n ander preek in Sal die regte Jesus

opstaan asseblief? (1997: 235) skryf

Johan Cilliers daar is te min van die kerk

in die wêreld. Die kerk hou hom té heilig,

té veilig. Eenkant in sy hoekie met sy

Bybelboekie. Té besig met beuselagtighede

Intussen gaan die wêreld verlore! In

plaas daarvan dat die kerk God se

reddingstasie in die wêreld is, het dit ’n

klub geword – ’n restaurant waarheen ’n

mens gaan vir “goeie diens”:

l ’n Goeie preek met ’n bietjie

huisbesoek daarby, asseblief. Nie te

sterk vermanend nie.

l ’n Mooi doopdiens met ’n bietjie tee

daarna vir die familie, asseblief. Nie te

lank nie.

l ’n Begrafnisseremonie vir ons geliefde

oom/tannie so en so, asseblief nie te

swaarmoedig nie.

As ons volgelinge van Christus wil

wees, sal óns moet ophou om restau rantgangers

te wees. Eerder gouer as later.

“Julle is die sout vir die aarde. Maar as

sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit

weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit

word buitekant weggegooi en die mense

vertrap dit” (Matt 5:13).

“....(God) het ons deur Christus met

Homself versoen en aan ons die bedie ning

van die versoening toevertrou. Die boodskap

van versoening bestaan daarin dat

God deur Christus die wêreld met Homself

versoen het en die mense hulle oortredinge

nie toereken nie. Die bood skap

van versoening het Hy aan ons toe ver trou.

Ons tree dus op as gesante van Christus,

en dit is God wat deur ons ’n beroep op

julle doen. Ons smeek julle na mens

Christus: Aanvaar die versoening met

God wat hy bewerk het!” (2 Kor 5:18-20).

Ons, dit is ook: ék.

Nie soekers na gepaste spyskaarte nie,

maar sout. Nie restaurantgangers nie,

maar kelners, bedienaars van die versoening,

gesante van Christus. Kerk en wêreld?

Kerk in die wêreld. Nie van die

wêreld nie.

Waar is God te midde van misdaad?

Dit lyk my God is oral teenwoordig

waar sy kinders hulle geloof oorwinnend

leef! In die geloof in Jesus wat vooraf gesê

het: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede

kan vind in My. In die wêreld sal julle dit

moeilik hê, maar hou moed: Ek het die

wêreld klaar oorwin!” (Joh 16:33).

KRuISGEwyS November 2010 7

8

Kruisgewys nou

VBO-punte werd

Kruisgewys is nou geakkrediteer. Deur die vrae hieronder te

beantwoord, kan jy nou VBO-punte verdien.

Beantwoord die vraelys korrek, en jy verdien jy 2.5 VBO-punte.

Ten einde hierdie punte teen jou naam aan te teken, moes jy reeds in die verlede

punte per sms geregistreer het – met ander woorde, jy is reeds ’n gebruiker van

die cpd solutions-sisteem wat Shepherd geadministreer.

Indien jy nog nie ’n geregistreerde gebruiker is nie, kan jy die prosedure

by shepherd@ufs.ac.za aanvra. Die hele prosedure word ook op bladsy 18 van

Kruisgewys Maart 2010 (uitgawe 10/1) uitgespel (as jy nie meer die harde kopie

het nie, gaan kyk by www.bybelmedia.co.za, klik op bedieninge en kursusse, klik

op Kruisgewys aan die linkerkant om dit af te laai).

� Hoe om die veelkeuse-vraelys per sms te voltooi:

Stuur die aktiwiteitskode a37603 (hierdie kode is slegs geldig vir die

November 2010-uitgawe van Kruisgewys), gevolg deur u reeks antwoorde na

CPD vraelys

1. Die titel van Chris Jones se artikel kom van

’n aanhaling van watter filosoof?

a. Johan Rossouw

b. Bert Olivier

2. Johan Rossouw praat in Chris Jones se

artikel van drie samelewingsfere. Watter een

noem hy nie?

a. Polities

b. Godsdienstig

c. Ekonomies

d. Sosiaal

3. Bert Olivier praat in Chris Jones se artikel

van ’n psigo-analis wat gesê het: “Frustration

is the wetnurse of violence!” Watter een het

dit gesê?

a. Abrahansen

b. Lacan

4. Johan Rossouw praat in Chris Jones se

artikel van ’n: “_________ begeerte” by

armes – wat lei tot gevoelens van wanhoop en

vernedering.” Van watter begeerte praat hy?

a. Gefrustreerde

b. Versteurde

5. Peter Grove haal in sy artikel die skrywer van

Walking with the poor aan. Wie is dit?

a. Raymond Fung

b. Bryant Myers

6. Peter Grove verkies die volgende benadering

tot armoede

a. ’n Tekort-gebaseerde benadering

b. ’n Bate-gebaseerde benadering

7. Peter Grove haal ’n skrywer as volg aan:

“…dat die armes dikwels binne ʼn

web / spinnerak van leuens vasgevang is.”

Watter nasionaliteit is die skrywer?

a. Indonesies

b. Indies

8. In die hart van die bate-gebaseerde

benadering, sê Peter Grove, is die besef dat

die armes oor minstens _________ bates

beskik. Armes het ten minste hoeveel bates?

a. 4

b. 3

c. 5

d. 2

9. Ben du Toit definieer armes as mense wat

minder as _________ ’n maand verdien.

a. R500

b. R1000

c. R700

10. Ben du Toit sê dat die enkele grootste

maatskaplike behoefte in ons armoedegemeenskappe

vandag _________ is

a. Ondersteuning van “child headed households”

is.

b. Plekke van veilige bewaring / beskerming vir

kinders is.

c. Die ontstaan van magstrukture en bendevorming

en gepaardgaande geweld

11. Ben du Toit haal twee skrywers aan wat

in 2003 oor Social delivery in South Africa

geskryf het. Wie was hulle?

a. Van der Sandt en Bredenkamp

b. Van der Merwe en Bredell

c. Van der Berg en Burger

12. Ben du Toit motiveer geloofsgemeenskappe

om iets aan armes te doen

a. Omdat die verlede ons daartoe dwing.

b. Omdat dit reg is dat ons dit doen.

c. Omdat geweld sal toeneem as ons dit nie doen

nie.

13. Christo van der Merwe verwys na Johan

Cilliers se opmerking oor God se behandeling

van die Joodse vroue in die Duitse

konsentrasiekampe. Hy sê God het

a. die vroue se geloof versterk sodat hulle staande

gebly het

b. hulle hare gestreel

c. die deure van die gaskamers vir hulle gesluit

14. Christo van der Merwe: Die vraag oor God se

rol by misdaad word méér akuut wanneer

a. een van jou vriende deur misdaad getref word

b. jou familie deur misdaad getref word

c. jyself deel van die misdaadstatistiek is

15. Annette in Christo van der Merwe se artikel

het ná ’n geweldsaanval op haar

a. beter veiligheidsmaatreëls by haar huis getref

b. die polisiestasie gaan verf

c. in vrees geleef vir swart mense

16. Volgens Ina Mundell is Jakob se Put in

a. Pretoria-Oosterlig

b. Samaria

c. Kameeldrif

17. Mundell vertel dat die vernaamste vereiste

vaardigheid vir nuwe werksgeleenthede is

a. persoonlike volwassenheid

b. entrepreneursvernuf

c. rekenaarvaardigheid

18. Die Donderdagoggend-byeenkomste van

Jakob se Put fokus

a. op persoonlike onderhoude

b. ook op netwerke vir moontlike

werksgeleenthede

c. uitsluitlik op geestelike versterking

19. Kameeldrif NG-gemeente is

a. uit en uit ’n plattelandse gemeente

b. ’n groeiende voorstedelike stadsgemeente

c. ’n gemeente met twee plakkerskampe

20. Kameeldrif se gemeentevisie is

a. om ’n artikel 21-maatskappy vir

misdaadbestryding op te rig

KRuISGEwyS November 2010

31029 deur ’n soortgelyke sms te skryf:

a37603 a a b e d ...... (jou antwoord op vraag 1 is dus a, vraag 2 is a, vraag 3 is

b, ens.)

Jy kan spasies enige plek in die SMS gebruik vir jou eie leesbaarheid, die stelsel

ignoreer dit later.

� Om die veelkeuse-vraelys op die internet te voltooi:

Jy kan ook die vraelys op die webwerf www.cpdsolutions.co.za voltooi. Jou

selfoonnommer en ’n pinkode gee vir jou die toegang. Op die webwerf is ’n skakel

wat die pinkode aan jou sal SMS indien jy nog nooit ’n pinkode gebruik het nie.

Jy kan ook met jou e-posadres toegang tot die webbladsy verkry. Die pinkode

sal dan per e-pos aan jou gestuur word.

Nadat jy aangeteken het, volg die skakels na “Articles and Multiple Choice

Tests > Shepherd”. Jy beantwoord bloot die vrae op hierdie bladsy. Indien

korrek, verdien jy die VBO-punte.

Geniet dit!

b. wat hulle kan doen om van Kameeldrif ’n beter

plek te maak

c. om ’n familiesentrum vir getraumatiseerde

kinders daar te stel

21. Die naam van Kameeldrif se

nutsmaatskappy is

a. Kamcare

b. Roodeplaat

c. Kameeldrif-liefdesdiens

22. Kameeldrif se betrokkenheid by die

gemeentskap is deel van hulle

a. barmhartigheidsdiens

b. gemeentebou

c. sendingaksie

23. Waar het een van Kameeldrif se

kindersentrum dogters in roei presteer?

a. Kaapstad

b. Indië

c. Tunisië

24. Hoeveel sentrums bedryf Kameeldrif se

nutsmaatskappy?

a. ses

b. vier

c. drie

25. Die vernaamste impak van al die aksies by

Kameeldrif is

a. misdaad het baie afgeneem

b. dit het hoop gebring in die gemeenskap

c. werkloses het werk gekry

26. Jaco Thom se jongste Bybelstudiegids handel

oor twee bekende Bybelfigure.

a. Ester en Mordegai

b. Rut en Boas

27. Die geskikste hulpmiddels om alternatiewe

eredienste in die gemeente aan te bied is te

kry in

a. Preekstudies met liturgiese voorstelle 2011

b. Handleiding vir die erediens

c. Die Bybel praat vandag 2

28. Die Preekstudies met liturgiese voorstelle

2011 is gegrond op

a. Jaar A van die RCL

b. Jaar B van die RCL

c. Jaar C van die RCL

29. In een van die advertensies in dié Kruisgewys

is ’n spesiale besparingsaanbod van

a. R35,00

b. R45,00

c. R25,00

30. In hulle jongste boek oor tienerseksualiteit

gebruik Elmari Craig en Anjenita Hugo ’n

metafoor. Wat is dit?

a. Misterie

b. Prins en Prinses

c. Sprokie

10

Gemeentebou en

art 21-maatskappy

beveg misdaad

Willem Pretorius is ’n gemeenteleraar

in die gemeente Familiekerk

Kameeldrif, veral verantwoordelik

vir projekte en programme wat

in die gemeenskap geloods word.

In die Noordelike Sinode is hy die

voorsitter van die Diensraad Gemeente-Ontwikkeling.

Hy is ook lid

van die ADGO van die Algemene

Sinode.

Kameeldrif se verhaal

Kameeldrif is ’n gewone twee-leraar

gemeente in die noordooste van Pretoria.

Ry jy met die N1-snelweg Polokwane

(Pietersburg) se rigting, is die gemeente

aan die oostekant geleë. Dit is ’n

gemeente wat iets van ’n plattelandse

karakter het, maar stelselmatig deur

ontwikkeling in ’n voorstedelike

stadsgemeente ontwikkel. Ons het ’n

dam, Roodeplaatdam, twee swart

informele gebiede (plakkerskampe),

enkele wit nedersettings (plakkerskampe),

’n gevangenis en ook ’n kinderhuis in ons

gebied.

Wat maak ons verhaal uniek?

Ons verhaal begin by:

l ’n gebied waar nuwe uitbreidings en

ontwikkelings deel van ons daaglikse

lewe word – nuwe intrekkers meld

byna elke Sondag aan;

l ’n gemeente wat getallegewys só

begin groei het, dat twee leraars hulle

bediening nie op die tradisionele wyse

kon voortsit nie – ontwikkeling van ’n

unieke visie met ’n ondersteunende

artikel 21-maatskappy; en

l ’n gebied wat die laaste jare

deurgeloop het onder

geweldsmisdaad – die gemeente en

gemeenskap vat hande.

Historiese gebeure

In 2004 het die twee leraars, Willem

Pretorius en Roelf Opperman, as kollegas

begin saamwerk. Albei het ’n liefde vir

jongmense, maar ’n passie vir families.

By die eerste jaarlikse wegbreek is die

gebruik van die familiemetafoor as

vertrekpunt aanvaar. Dié metafoor het sy

tekortkominge, maar ook bepaalde

sterkpunte, waarvan een die klem op

geloofsontwikkeling in die gesin is.

Matteus 28:19 is die teks wat ons

gebruik het om oor geloofsontwikkeling

te dink. Die woorde “Gaan dan ... doop

hulle ... en leer hulle …”

Die familiemetafoor en die drie

konsepte van geloofsontwikkeling het

Kameeldrif se visie begin vorm: helder

ligte (gaan dan …), lewende water (leer

hulle ...) en sagte harte (doop hulle ...).

Gedurende 2005 tot 2008 het die

gemeente erg onder geweldsmisdaad

deurgeloop. Lidmate was in ’n greep van

vrees en angs vasgevang. Kinders kon nie

meer slaap sonder slaappille nie.

Bejaardes wou nie meer laatmiddag of

vroegaand rondry nie. In ’n kwessie van

’n paar jaar is van die sterkste, jong

dinamiese leiers en vriende in rooftogte

en moorde dood. Die gebeure was sinloos

en leeg. Daar was nie antwoorde om die

KRuISGEwyS November 2010

troos makliker te maak nie.

Ná een Vrydagaand waar ’n jong

ingenieur met drie klein kinders sinneloos

doodgeskiet is, het ons die Saterdagoggend

vir mekaar gesê: “Genoeg is

genoeg!”

Ontwikkel ’n nuwe gemeenteboumodel

l ’n Familie is kwaad

Die eerste was dat gemeentelede na vore

getree en gesê het hulle is moeg vir

misdaad en wil iets doen.

’n Kerntree wat gegee is, was toe hulle

teruggestuur is om seker te maak wat

hulle wil doen. Hulle het teruggekom met

die antwoord: ”Ons wil ons hare sny in

solidariteit met die seer waardeur die

gesinne gaan wat geliefdes verloor het.

Ons wil na die regering uitroep om iets te

doen. Ons wil daarmee sê ons gee die

eerste tree, want ons gaan dit nie net

aanvaar nie”.

l ’n Familievergadering

Ons het begin om met rolspelers in ons

gemeenskap te vergader, te kuier, koffie

te drink en sáám te bid. Die doel hiervan

was om ons ondersteuning met die

slagoffers en die gemeenskap te bevestig.

Die gemeente het sy fasiliteite

beskikbaar gestel en die gemeenskap

genooi om te kom praat. Die polisie is

uitgenooi om op die gemeenskap se vrae

te kom antwoord. Hier het ons seker

gemaak dat ons nie die vergaderings lei

of voorsit nie, maar net as fasiliteerders

optree. Dit het ons gemeente (familie)

gevestig as ’n plek waar daar omgegee

word.

l Die familie maak planne

In gesprekke met ander rolspelers het ons

begin verstaan dat dit nie help ons praat

teen misdaad nie. As ons dit wil verander,

sal ons iets in die plek daarvan moet sit.

Deur jare se saam reis, bid en koppe

bymekaar sit, was die reaksie van die

gemeente en kerkraad dat die

gemeentebouproses só verstaan moes

word dat dit hoop moet bring en ’n

verskil moet maak.

Die teologiese gesprek in die gemeente

het daartoe gelei dat ons ons missionêre

roeping beleef as uitdrukking van dié

vraag: “Hoe kan ek jou help? Wat kan ek

(ons) doen om van Kameeldrif (die

gebied) ’n beter plek te maak?” Die

gemeente het biddend en in afhanklikheid

sy visie só begin verpak dat holisties iets

aan misdaad gedoen kon word.

Ons visie en artikel 21-maatskappy

Ons het in 2007 begin om ’n artikel

21-maatskappy met die naam Kamcare te

stig. In die afgelope drie jaar het die

organisasie as die praktiese arm van die

visie van die gemeente begin ontwikkel.

Kamcare het in vier verskillende

sentrums gegroei.

l Doop hulle … ’n Familiesentrum

Professionele gelowiges bedien die

familiekliniek (-sentrum). Die fokus van

die sentrum is om ’n plek te wees waar

gebrokenheid, soos trauma of

verbrokkelde verhoudings, in ’n

groeiproses begelei kan word. Dié

sentrum was ook verantwoordelik vir die

“debriefing” van getraumatiseerde

skoolkinders. Dit het ook hulp aan

getraumatiseerde polisiemanne en -vroue

gebied.

Ons het gou besef geweld en misdaad

traumatiseer alle rasse. Daarom word alle

rasse by dié sentrum bedien.

l Doop hulle ... ’n Kindersentrum

Die tweede sentrum wat ons begin het,

was om saam met Phillip van Tonder van

Unisa se afdeling vir “social upliftment”

te begin met ’n roei-akademie.

Phillip, ’n nasionale roeier, het begin

om by die Roodeplaatdam kinders van

alle ouderdomme te leer om te roei. In die

eerste jaar was daar sowat 15 kinders wat

begin het, waarvan ses goue-medaljewenners

op die Suid-Afrikaanse

kampioenskappe was.

Vanjaar het daar weer 20 kinders by

die skool aangesluit. Agt het goue

medaljes gewen. Een van die onder

16-dogters het Suid-Afrika by die World

Youth Games in Tunisië verteenwoordig.

Sy en haar maat het ’n bronsmedalje

verwerf.

Op hierdie vlak het ons twee doelwitte:

Om getraumatiseerde en verwaarloosde

kinders weer ’n belangstelling in die lewe

te gee, en om ’n waardesisteem in die

kinders te vestig en uit te bou. Hierdie

kinders dra ’n waardevolle boodskap van

harde werk, eerlikheid, lojaliteit en

respek terug na hulle gemeenskappe.

l Leer hulle … ’n Toerustingsentrum

Die derde sentrum is ’n opleidings-enbemagtigingsentrum.

Hier het ons vir die

gemeenskap gevra wat hulle behoeftes is.

Die opvallendste twee was leierskap en

entrepeneurskap. Ons het reeds heelwat

volwassenes wat albei kursusse deurloop

het.

Die entrepeneurskap het ons ook ’n

tree verder gevat. Die kursusgangers kan

’n sakeplan voorlê. Op grond daarvan

ontvang hulle dan ’n bedrag, sogenaamde

“seed money” of aanvangskapitaal. Elke

suksesvolle aansoeker word aan ’n

mentor gekoppel wat hom of haar in die

ontwikkeling van hulle sakeonderneming

begelei.

Met hierdie sentrum wil ons die gemeenskap

leer (metafories) om vis te

vang, en nie bakhand te wag vir vis nie.

As ons iets aan armoede en werkloosheid

kan doen, gaan dit bydra om misdaad te

bekamp.

l Gaan dan ... ’n Gemeenskapsentrum

Die vierde sentrum is ’n gemeenskapsentrum.

Saam met Lloyds Register (wat

ook ’n wonderverhaal op sy eie is) is ons

besig om met sonpanele ligte in een van

Beskikbaar as klank-boek of

harde kopie.

nie

Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za of faks 021 873 0832

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA

e-aankope: www.bybelmedia.co.za

die informele plakkers kampe te installeer.

Dié projek is aange wys as een van Lloyds

se streekswenners in Afrika, die Midde-

Ooste en Europa.

Die projek het in Julie 2010 begin.

Ons het as loodsprojek tien huise in

samewerking met die gemeenskapsleiers

geïdentifiseer. Een kriterium was dat daar

hoërskoolleerlinge in die gesin moet

wees. Dis die wonderlikste getuienis as

die ma die volgende dag bel en vertel van

haar kinders wat vir die eerste keer tot

halfeen die nag kon studeer!

Verder neem ons verantwoordelikheid

vir sekere vakansieprogramme waarby tot

150 kinders ’n week lank besig gehou

word. Hier lê die fokus veral op die

afbreek van grense en die bou van

verhoudings.

Volhoubaar

Ek sou kon skryf oor hoe ek droom

dat gemeentes nuut dink oor gemeentebou

en oor watter verskil hulle in die

gemeen skappe waar hulle geplaas is kan

maak.

Wat verstaan ons onder ’n missionêre

ekklesiologie? Hoe lyk dit prakties in ’n

gemeente? Kan jy as kerk ’n artikel

21-maatskappy stig om jou werk te doen?

Ons vertrou dat die gemeente bouproses

wat ons ontwikkel het, wel in ons

konteks volhoubaar is. Daarom sal ons

voortgaan om dit uit te bou en verder te

implementeer.

Het hierdie proses ’n verskil gemaak

aan misdaad in die gemeenskap?

Aanvanklike syfers (aantal moorde en

inbrake) wys wel ’n afname.

Die belangrike dink ek, is dat ons hoop

gebring het en ’n daadwerklike verskil in

ons gemeenskap kon maak.

l Vir verdere inligting, kontak gerus vir

dr Willem Pretorius by willem.

pretorius@kameeldrif.ng.org.za, sel:

083 560 6668, of dr Roelf Opperman by

roelf.opperman@kameeldrif.ng.org.za,

sel: 082 335 1156.

KRuISGEwyS November 2010 11

12

Jakob se put – ’n

netwerk in nood

Ina Mundell was baie jare lank

administratiewe bestuurder by

die Vereniging van advokate in

Johannesburg waar sy ook afgetree

het. Gou was sy betrokke

by die multi-dissiplinêre ondersteuningsbediening

by Pretoria-

Oosterlig-gemeente wat Jakob se

Put genoem word. Hier kon sy die

afgelope sewe jaar haar passie

uitleef om mense te ondersteun

wat hulle werk om een of ander

rede verloor het.

As iemand by sy predikant uitkom en sê

dat hy nie meer ’n inkomste het om

van te leef nie, help dit nie om net vir hom

te bid nie. Dan is dit nodig dat so ’n

persoon daadwerklik gehelp word. Daarom

is dit belangrik dat ’n geloofsgemeenskap

oor ’n netwerk van hulpverlening beskik.

So het Jakob se Put op 9 Oktober 2003

by die gemeente Pretoria-Oosterlig as ’n

spesiale bediening ontstaan wat daarop

ingestel is om effektief en omvattend hulp

te verleen aan mense wat hulle werk verloor

het. Gawie Malan en Pieter van der Merwe

het daarmee begin. Hulle het die bediening

na die bekende waterbron in Israel vernoem

waar Jesus die Samaritaanse vrou ontmoet

en vir haar die lewende water gegee het.

Hier by Jakob se Put kom mense wat

hulle “tussen werk” bevind elke Donderdag

vir ’n gesellige ontbyt bymekaar. Dan

gesels hulle oor hulle probleme en ontmoet

hulle ander mense wat in dieselfde bootjie

is. Iemand bring gewoonlik ook ’n

toepaslike geestelike boodskap wat op

mense se persoonlike behoeftes gerig is.

Baie mense wat by Jakob se Put

aanklop, het hulle werk weens reg stel lende

aksie verloor. Mettertyd het mense van alle

rasse wat om een of ander rede hulle

inkomste verloor het en sonder werk sit

egter oor die drumpel gekom. So kon Jakob

se Put in die meer as ses jaar van sy

bestaan, reeds duisende mense help.

Baie mense wat hier aanklop, het baie

méér as net hulle werk verloor. Ná maande

se gesukkel sonder inkomste, verloor hulle

ook hulle motor, woonplek en selfs hulle

huwelik. Werkloosheid is ’n omvattende

probleem, en daarom ook ’n uitdaging vir

die kerk van Jesus Christus.

Die netwerk wat deur Jakob se Put tot

stand gekom het, verleen allerlei vorms van

hulp:

� Gewoonlik het mense wat om hulp kom

aanklop, in elk geval berading nodig.

Daarom is ’n berader teenwoordig

wanneer hulle die eerste dag kom om te

registreer.

� Mense wat hulp vra, se geld is ge woon lik

reeds totaal uitgeput. Oos terlig se Hartaksie,

of die barm har tigheidsbedienings

van ander gemeentes, voorsien

onmiddellik kospakkies. Hiervoor is ’n

goeie netwerk en infrastruktuur nodig.

Jakob se Put kan onmoontlik self in ál

die nood voorsien.

� Verder word daar groot moeite

gedoen om mense van alle rasse- en

inkomstegroepe in werk geplaas te kry.

Ons skakel met 13 personeelagentskappe.

Talle werkgewers skakel ook gedurig na

Jakob se Put om werknemers te kry.

� ’n Wonderlike netwerk van beraders,

maatskaplike werkers, regsadviseurs

en opleidingsbeamptes help om mense

wat tussen werk is, voor te berei vir ’n

moontlike werk, of selfs vir ’n beter

werk.

� Amper al die beskikbare poste vereis ’n

mate van rekenaarvaardigheid. Jakob

se Put het hierdie behoefte dadelik

raakgesien en ’n rekenaarsentrum begin

waar baie goedkoop rekenaaropleiding

aangebied word. As hulle nie kan betaal

nie, word dit ook geborg. Die ICDLlisensie

is internasionaal bekend. Dit

maak dit vir mense moontlik om beter

werk te kry.

� Aangesien baie mense kans sien

vir entrepreneurskap, het Jakob

se Put ook leiding geneem met

entrepreneurskapskursusse. Verskeie

kundige medewerkers help met die

skryf van sakeplanne. Hulle gee

KRuISGEwyS November 2010

leiding oor die lewensvatbaarheid van

moontlike projekte. Hulle gee ook raad

oor finansiering en wys entrepreneurs

op moontlike slaggate wat mag

voorkom. Meer as ’n 100 volhoubare

entrepreneurskappe het reeds vanuit

Jakob se Put ontstaan.

� Per slot van sake bied Jakob se Put ook

voortdurende evangelisasiegeleenthede.

Baie mense het hier vir die eerste keer

regtig by die Here uitgekom en ’n nuwe

lewe begin, want hulle het gedrink van

die Lewende Water.

Byeenkomste

Dit gebeur dikwels dat tydens ’n

Donderdagoggend-byeenkoms ’n

werksoeker verduidelik watter tipe werk hy

soek. Onmiddellik sal ’n sakepersoon in die

gehoor sê: “Kom spreek my ná afloop van

die byeenkoms, ek het die regte kontak vir

jou”. Of iemand kom by die kantoor aan net

op die oomblik wat ons ’n nuwe pos

ingekry het. Ons bel dadelik die werkgewer

en stuur die persoon vir ’n onderhoud – en

hy of sy kry dit! Die Here se goedheid en

seën op hierdie bediening hou net nie op

nie.

Dikwels sal ’n medewerker tydens die

persoonlike onderhoud gou ’n kontak van

hom bel en verduidelik van hierdie persoon

se beskikbaarheid, en so kry hy of sy die

werk. Op hierdie wyse het die Here al vir

talle mense uitkoms gebied.

Die bediening van Jakob se Put het reeds

so gegroei dat daar in Junie 2008 ’n

nasionale koördineerder aangestel moes

word om nuwe takke oor die land heen op

plekke so ver as Polokwane, Nelspruit,

Sasolburg, Upington en Melkbosstrand te

help stig. Daar is selfs mense wat vanuit

Londen met Jakob se Put skakel.

Samewerking

Danksy die goeie werk van Jakob se Put,

het verskillende kerke al hande gevat. So is

daar onlangs ’n netwerk tussen 22 kerke in

die plaaslike omgewing gebou.

Hierdie netwerk in nood is die antwoord

vir behoeftige mense wat hulp dringend

nodig het. God is aan die stuur, en ons sien

die resultate daarvan elke dag.

Enige kerk of gemeente is welkom om

deel te word van hierdie noodsaaklike

netwerk. Skakel gerus met Ina Mundell by

012-993 2154, of ina@jacobswell.co.za.

Preekstudies

met liturgiese voorstelle 2011

Prys: R200,00 (gratis CD ingesluit)

Preekstudies met liturgiese voorstelle 2011

Die Preekstudies met liturgiese voorstelle is ’n

hulpmiddel in die voorbereiding van eredienste

en die ontwikkeling van preke. Dit maak gebruik

van die fokustekste soos uiteengesit uiteengesit in die erkende

teksrooster, die Revised Common Lectionary (RCL).

Vanjaar se Preekstudies met liturgiese voorstelle is

gegrond op Jaar A van die RCL.

Die Preekstudies met

liturgiese voorstelle kan

gebruik word saam met

die ander publikasie in

die reeks, die Leesrooster.

’n Bate-gebaseerde

benadering tot

armoede

14

Peter Grove is assessor van die

VGK Kaapland Sinode, predikant

by die VGK Sarepta en verbonde

aan Ekklesia by die Unversiteit

van Stellenbosch. Sy taak behels

navorsing oor die kerk se rol in

armoede bestryding. Hy gebruik die

ABCD-metode om gemeentes aan

te moedig daartoe.

Ons Suid-Afrikaanse gemeenskap leef

in twee wêrelde.

Die een is oorwegend welvarend en dit

lyk nie of daar algemene materiële nood

is nie. Die ander getuig van tekort, van

gebrek en ʼn gemeenskap wat nouliks

aanmekaar gehou word.

In die arm wêreld sien jy oral

werkloses. Talle jongmense ervaar min

vooruitsigte vir die toekoms. Die

woongebiede van arm mense is

verwaarloos. Ordentlike parke vir kinders

bestaan nie. Huise is dikwels bloot

oorlewingstrukture.

Die Bybel oor armoede

Die Woord van God is vir ons ʼn

onuitputlike bron van leiding en insig oor

die uitdaging van armoede.

Bryant Myers skryf in sy boek Walking

with the poor, oor verskeie sienings,

temas, ontledings en reaksies oor armes

wat in die Bybel voorkom. Hulle word

gesien as geskape na God se beeld,

verteen woor digers van Christus en mense

wat sy vleeswording beliggaam.

By die profete is hulle God se

geliefdes.

In die wysheidsliteratuur is hulle soms

mense in opstand – die rebelle.

Die evangelies sien die armes dikwels

as die verlorenes.

Jesaja 65:17-25

Die Chinese Christen, Raymond Fung,

identifiseer in Jesaja 65:17-25 ʼn aantal

prioriteite vir armoedebestryding wat hy

die “Jesaja-Agenda” noem. Ons lees in

daardie gedeelte dat in God se herskape

wêreld kindertjies nie meer op vroeë

ouderdom sal sterf nie. “Grysaards sal

hulle jare uitleef, mense sal huise bou en

daarin woon, ander sal wingerde plant en

die vrug van hulle hande geniet.” Vir

Fung is hierdie prioriteite aanduidend van

God se wil vir ons wêreld en daardie

dinge waaraan ons eerste moet aandag

gee.

Daarby is dit ook eg ekumenies. Dit

vind aansluiting by die universele

behoeftes van mense, naamlik dat kinders

en bejaardes versorg word. Dit help

mense aan ʼn leefbare woning en stel

hulle in staat tot produktiewe werk.

Markus 12:41-44

Die beroemde verhaal in Markus 12:41-44

bevestig ʼn bykans universele ervaring.

Die armes is dikwels diegene wat die

meeste blootgestel is, naamlik vroue,

weduwees en bejaardes. Maar dit is juis

hulle wat ʼn ruimheid van hart openbaar

en ’n gewilligheid om ver verby hulle

vermoë vir ʼn eerbare saak te help.

Hierdie verhaal bevestig verder dat

KRuISGEwyS November 2010

min mense, selfs die armstes, heeltemal

niks het om by te dra nie. Dit is

wonderlik dat Jesus die weduwee se

voorbeeld as maatstaf vir rykes voorhou

van hóé ʼn mens God vir jou toekoms kan

vertrou.

Jakobus 1:27

Jakobus 1:27 gebruik die uitdrukking

“voor God” om ware en egte godsdiens te

kwalifiseer. So ’n godsdiens is gebore uit

die ontmoeting en wandeling voor God se

aangesig. Om daarvan bewus te wees dat

ons voor God verkeer, maak ons sensitief

vir mekaar. Dit ontsluit ons geloofsoë om

God se gebrokenes raak te sien, hulle aan

te raak en by te staan. ’n Mens wat “voor

God” lewe, vrees nie meer die nabyheid

van die wees en die weduwee nie. Hulle

is allermins ʼn las. Hulle is eerder deelgenote

van God se genade.

1 Johannes 3:17

In 1 Johannes 3:7 word die verhouding

van dié wat het en dié wat gebrek ly,

verhelder.

Feit is dat baie van ons baie aardse

besittings het. Die vreemde is dat ons

dikwels die gebrek miskyk en misken.

Kan dit wees dat ons géén gevoel vir die

medemens in gebrek het nie?

Christene leef in ʼn nuwe verband met

mekaar. Dit is ʼn onmoontlike

moontlikheid dat ons die behoeftes van

die armes kan miskyk, en tog ...

Gereformeerde gelowiges is, mense wat

veral op die korrekte en suiwer leer

gesteld is. Het ons miskien die

belangrikste nagelaat – om liefde te

betoon?

Ons teks herinner ons egter daaraan

dat geen mens tot deernis beweeg word

as jy nie blootstelling aan ander se

behoeftes beleef nie. Die isolasie van ons

geloofsgemeenskappe en die gebrek aan

blootstelling, veroorsaak dat ons te midde

van lewensbeproewing kan lewe en glad

nie omgee nie, want ons sien dit

geriefshalwe nie.

Die omvang en aard van armoede

in Suid-Afrika

Wanneer dit by lewenstandaard kom,

is Suid-Afrika van die mees ongelyke

lande in die wêreld.

Hierdie ongelykheid is duidelik ʼn

direkte uitvloeisel van ons geskiedenis

van verontregting en bevoordeling.

Dit sou egter ʼn fout wees om die

oorsake van armoede bloot in die verlede

te soek. Die benadering van regeringskant

en sakesektor tot die ekonomie dra

grootliks by tot die huidige wanbalans in

inkomsteverspreiding.

Albei die owerheid en privaatsektor

strewe om binne ʼn hoogs kompeterende

omgewing ontwikkeling te bevorder. Die

resultaat is dat die Suid-Afrikaanse

ekonomiese groei beter is as in ’n lang

tyd, maar dat ongelykheid en

werkloosheid terselfdertyd toeneem.

Verskeie skrywers sê dat armes

hulleself in ʼn armoedestrik bevind.

Werkloosheid, swak opleiding, diep

geïnstitusionaliseerde ongelykhede in

mag, eiendom en geleenthede, die

fragmentering van sosiale strukture en

die dinamika van geweld, misdaad en

swak gesondheid, dra alles by om die

armes in ʼn toestand van groeiende

armoede te hou.

Dié faktore maak dat sommige

ekonome van ʼn 50-50-samelewing praat.

Vyftig persent het ʼn redelike en selfs

oorweldigend-goeie vlak van

lewensgehalte. Die ander 50 persent kom

nouliks die mas op, of is versink in

chroniese armoede.

Bate-gebaseerde versus tekortgebaseerde

benadering

Tot dusver het ons nog net gefokus op

inkomste as die maatstaf van armoede.

Daar is egter ander benaderings wat

daarop wys dat armoede nie slegs

materieel is nie.

Die meeste armes ervaar hulle

omstandighede ook op ʼn sielkundige en

geestelike vlak. Een Indiese Christenskrywer

toon aan dat die armes dikwels

binne ʼn web van leuens vasgevang is.

Hulle dink dat armoede hulle lot is.

Gevolglik internaliseer hulle dit byna

soos ’n ideologie dat hulle minderwaardig

is.

Hulle betwyfel hulle Godgegewe

gawes en menslikheid. Hulle gees en

identiteit is verwond.

Ons kan hierdie benaderings groepeer

onder die gedagte van ʼn tekort-

(“deficit”) perspektief. Die gedagte is dat

dit die armes ontbreek aan sekere

fundamentele bronne en dat hulle daarom

in armoede vasgevang bly.

Sedert die 1990’s het daar ʼn nuwe

benadering ontstaan. Dié benadering vra

na die oorlewingsbronne van arm mense.

Die uitgangspunt is dat armes nie

hulpeloos is nie. Hulle het versteekte

(“hidden”) bronne en strategieë om

daagliks te kan oorleef.

Om effektief iets aan armoede te doen,

is die sogenaamde “tekort-benadering”

nie genoeg nie. Ons moet die bronne en

toegang van die armes versterk en op

hulle terme hulle bemagtig.

Die bate-gebaseerde benadering plaas

armoedehuishoudings binne ’n

krisiskonteks (“vulnerability context”)

waarin hulle aan regering- en samelewingsinstellings

uitgelewer is. Arm

gesinne se daaglikse oorlewing strategieë

is dan ’n poging om hulle blootstelling

aan krisis te bekamp en die regering en

sakesektor op hulle behoeftes te laat

reageer.

Nodeloos om te sê, regerings en die

sakesektor plaas dikwels enorme

hindernisse in armes se pad. Die

privaatsektor argumenteer dat

armoedeverligting nie hulle taak is nie.

Die regeringsburokrasie frustreer armes

elke dag mateloos.

Aan die hart van die bate-gebaseerde

benadering is die besef dat die armes oor

minstens vyf bates beskik. Hulle het:

• Menslike bronne (vaardighede en

opvoedkundige bates)

• Sosiale bronne (skool, kerk,

kliniek, klubs, kultuurgroepe,

begrafnisklubs)

• Natuurlike bronne (water, grond,

huis, tuin, pluimvee)

• Fisiese bronne (elektrisiteit,

telefoon, fiets, bakkie)

• Finansiële bronne (pensioene,

toelae, lone)

Arm mense het gewoonlik baie

beperk te inkomste en hulpbronne. Die

infra struktuur van arm gemeenskappe

is normaalweg ver onder standaard.

Die twee bates waarop hulle grootliks

steun, is hulle sosiale en menslike

ondersteuningsnetwerke. Dié netwerke

bestaan uit familie- en gemeenskapsisteme,

veral van kerk organisasies.

Anders as met welvarende mense

wat normaalweg groot toegang tot

bronne het waar sosiale verbintenisse

minder belangrik is, heg armes byna ’n

oorspanne waarde aan netwerke.

Die bate-gebaseerde benadering help

ons om die armes se blootstelling te

onthou, hulle frustrasies te identifiseer en

hulle strategieë te help versterk.

Hoe kan gelowiges ’n verskil maak?

Die navorsingsresultate sê dat daar ’n

sistemiese verband tussen welvarendes en

armes is. Die Bybel praat van ’n

belydenisband wat tussen welvarende

gelowiges en behoeftiges bestaan.

Armoede is dus nie ’n onoorkomelike

probleem nie. Ons land produseer genoeg

om elke mond te voed, elke kind op skool

te plaas en ’n inkomste aan almal te

verseker. Ons probleem is eerder een van

bestuur en betrokkenheid as een van

tekort.

Hoe kan gelowiges ’n verskil maak?

• Daar sal beslis armes in jou

omgewing wees (selfs in die

welvarende gebiede). Ontwikkel

’n projekkomitee om in eie kring

iets aan armoede te doen.

• Waar gemeenskappe en

kerke welvarend is, sal die

grootste nood buitekant die

gemeentegrense lê. Begin ’n

vennootskap met ’n gemeente in

ʼn arm buurt. Talle ryk gemeentes

onderhou kerkplanters in Oos-

Europa of Asië. Wat van ’n

volhoubare program plaaslik in

’n swart of bruin gemeenskap?

• Binne elke gemeente is

daar gelowiges met die tipe

kundigheid, tyd en passie om ’n

vennootskap te begelei. Benut

die ongebruikte gawes van

mense. Lê waagmoed aan die

dag en gee beslissende treë.

[Aangepas uit: Twee wêrelde in een – die

uitdaging van armoede vir die kerk in:

God praat. Leef luisterryk: Vir gesprek

oor sensitiewe kwessies. Bybel-Media.

Wellington 2007.]

“Nodeloos om te sê,

regerings en die sakesektor

plaas dik wels

enorme hindernisse in

armes se pad. Die

privaatsektor argumenteer

dat armoe deverligting

nie hulle

taak is nie. Die

regerings buro krasie

frustreer armes elke

dag mateloos.”

KRuISGEwyS November 2010 15

Geweld en armoede

– ’n omvattende

uitdaging

16

Ben du Toit is Direkteur van Kommunikasie

van die NG Kerk, Sinode

van Wes-en-Suid-Kaap en Redakteur:

Elektroniese Kommunikasie

van die Algemene Sinode van die

NG Kerk. Hy dien ook as Parlementêre

Lessenaar van die kerk in

die wetskrywende proses van die

Nasionale Parlement in Kaapstad.

Baie groot deel van ons bevolking

’N het om ’n verskeidenheid redes

die afgelope 15 jaar verarm.

Die armes waarna in hierdie artikel

verwys word, is die ongeveer 50 persent

van die bevolking wat met ’n inkomste

van minder as R700 per maand moet

oorleef. Nagenoeg die helfte van dié

groep leef ’n eiesoortige eerbare lewe

waarin hulle die min wat hulle het, op ’n

bewonderenswaardige wyse met mekaar

deel.

Die ander deel van die 50 persent

oorleef deur misdaad – deur te steel en te

herverdeel.

Natuurlik is hierdie twee dele van die

50 persent armes nie van mekaar te skei

nie. Hulle kom dikwels in ’n komplekse

verweefdheid met mekaar voor.

Gevolge van armoede

Die gevolge van armoede manifesteer

op allerlei maniere:

• Die verlies aan selfwaarde

Hierdie is waarskynlik een van die

mees onderskatte gevolge van ’n

armoedekultuur. Erger as die sigbare

afwesigheid van basiese lewensmiddels,

is waarskynlik die skade wat aan die

psige van armes aangerig word en hulle

van hulle menswaardigheid beroof.

• Gebrek aan selfwaarde voed

verskeie misbruike

Ontvlugting in die misbruik van drank en

ander chemiese afhanklikheidsmiddels

is ’n algemene kenmerk van ’n

armoedekultuur. Verslawing kos geld.

Binne ’n konteks van die afwesigheid

van geld, en verder gekompliseer deur

werkloosheid en werkskuheid, lei dit tot

’n kultuur van bedel en misdaad.

• Misbruike lei tot geweld en

misbruik van mag

Entrepreneurs van onwettige bedrywe

soos drank- en dwelmhandel, buit

hierdie situasie uit. Die magsgreep van

smokkelbase op die lewe van armes lei

tot die ontstaan van magstrukture en

bendevorming. Dit gaan gepaard met

geweld, wat oral in hierdie samelewings

aanwesig is. Wanneer mense alle hoop

verloor om van hierdie omvattende,

vernietigende uitwerking van ’n

armoedekultuur te ontsnap, skep dit ’n

teelaarde vir fisiese sowel as psigiese

geweld.

• Geweld en mag lei tot vrees en

psigopatologie

In ’n onlangse gesprek met ’n fokusgroep

vanuit armoedegemeenskappe, het hulle

self hulle emosies en gevoelens met

KRuISGEwyS November 2010

woorde soos lyding, hartseer, swaar,

seer, pyn, woede (teenoor owerheid,

maar óók teenoor God), moedeloosheid

en wanhoop beskryf. Dit moet duidelik

en vanselfsprekend wees dat armoede

en geweld (fisies en psigies) hand-aanhand

gaan. Só ’n gemeenskap is ’n siek

gemeenskap.

• Armoede lei tot verdere armoede

Ons vind hier ’n bose kringloop wat

af-spiraal na groter dieptes van menslike

verval. Die volgende scenario waarmee

’n fokusgroep onder armes hulleself

beskryf, kan puntsgewys hierdie

afwaartse spiraal aantoon.

* Swak behuising: Beperkte leefruimte,

die groot aantal mense in een huisie

(dikwels een of hoogstens twee

vertrekke) waarin alle gesinsaktiwiteite

(van eet tot seks) moet plaasvind, geen

privaatheid nie.

* Drankmisbruik en

kinderverwaarlosing: Kinders in

opstand teen ouers (geen respek

nie), kinders wat in die tronk

beland, werksku is, seuns wat deel

van bendes word, prostitusie en

tienerswangerskappe – dikwels met die

doel om staatstoelaes te bekom.

* Siektes soos TB, MIV en vigs en

asma wat dikwels die gevolg is van

blootstelling en wanvoeding weens

ongesonde eetgewoontes en gebrek aan

voedsame kos – of selfs geen kos nie!

Daar is ’n gebrek aan enige waardesisteem

as dit by seksuele gedrag kom.

Die groot hoeveelheid sterftes onder

ouers as gevolg van vigsverwante siektes

lei tot die voorkoms van huishoudings

onder die beheer van kinders, met

gepaardgaande gedragsprobleme

en die afwesigheid van gesins- en

familiewaardes.

* Geweld teen kinders: Dit bly een

van die ontstellendste feite dat die

grootste maatskaplike behoefte in ons

armoedegemeenskappe vandag plekke

van veilige bewaring en beskerming vir

kinders is. In die meeste gevalle moet

hulle teen hulle ouers beskerm word.

Holistiese benadering absolute vereiste

Armoede is egter nie net die probleem

van arm mense nie, maar juis ook van

diegene wat nie tot die 50 persent van

die bevolking behoort wat in hierdie

ekonomiese, sosiale en kulturele sektor

val nie.

Hieruit spreek dit vanself dat ’n

omvattende strategie nodig is om iets

aan die verskynsel van armoede te

doen. Hierby sal al die sektore van ’n

gemeenskap betrokke moet wees.

• Maatskaplike sorg:

Allesomvattende maatskaplike

sorg is ’n noodsaaklike onderbou

van enige konstruktiewe proses

om mense in hulle haglike

lewensomstandighede hoop te gee.

Op die korttermyn moet

voortgegaan word om hoop aan die

huidige geslag armes te gee, selfs

al is dit net ’n professionele oor

wat vir hulle ondersteuning met

hulle regte kan gee.

Hierdie allesomvattende

professionele terapeutiese

diens moet egter altyd met

die langtermynvisie werk dat

maatskaplike omstandighede

waarskynlik eers in die volgende

geslag vir die inwoners van

armoedegemeenskappe sal verbeter.

• Staatsondersteuning: Die groot

klem wat die Departement van

Maatskaplike Ontwikkeling

op die oomblik op die gee van

verskillende staatstoelaes lê, moet

allerweë met groot dank begroet

word. Indien dit egter ten koste

van konstruktiewe maatskaplike

sorg gebeur, skep dit rede tot groot

kommer.

Na my wete is daar nog

tot dusver geen behoorlike

onafhanklike navorsing gedoen

oor hoe begunstigdes die toelaes

aanwend nie. Nie alleen blyk

dit uit die praktyk dat baie van

die geld uitermate wanbestuur

word nie, maar die afskaling van

staatsubsidies vir professionele

maatskaplike dienste wat NGO’s

(nie-regeringsorganisasies) lewer,

is ’n akute bron van kommer.

• Plaaslike owerheid: Die plaaslike

owerheid speel ’n bepalende rol

in hierdie uitdaging. Dit moet

konstruktief en ondersteunend

hierdie rol vir die gemeenskappe

vir wie se welstand hulle

verantwoordelik is, vervul.

Behuising, beskikbaarheid

van basiese lewensmiddels en

werkskepping is prioriteite.

• Polisie- en beskermingsdienste:

Die polisie moet help om iets

omtrent die hoë misdaadvlakke te

doen.

Polisieforums speel hierin ’n

uiters noodsaaklike rol. Hierdie

dienste sal egter ’n bodemlose

put bly indien plaaslike

owerhede, skoolhoofde, NGO’s

en geloofsgemeenskappe dit nie

komplementeer nie.

Die oorsaak van armoede is

nie geweld en misdaad per se nie,

maar het ten diepste met die morele

wese en konstruksie (“moral fibre”)

van die totale Suid-Afrikaanse

gemeenskap te doen. Hierin

behoort geloofsgemeenskappe

(behoorlik ingelig) ’n toonaangewende

rol te speel.

• Opvoeding van gemeenskap:

In ’n sekere sin is armoede ’n

houding – ’n “state of mind”.

Die opvoeding van

armoedegemeenskappe is ’n

oorweldigende taak wat nie

anders as holisties en interaktief

aangepak moet word nie. Die

opvoeding van meer bevoorregte

gemeenskappe lê daarin dat

hulle bewus gemaak word

ook van hulle onvervreembare

verantwoordelikheid as Suid-

Afrikaanse gemeenskap teenoor

die voorheen-benadeelde

gemeenskappe.

• Mediese sorg, dwelm- en

drankmisbruik: Basies mediese

sorg en psigiatriese terapie is

onverhandelbaar deel van die

ondersteuningsnetwerk om siektes

en chemiese afhanklikheid holisties

te behandel.

Die effek van verslawing en

die destruktiewe gevolge daarvan

op die gesondheid van verslaafdes

en hulle gesinsgenote, naamlik

wanvoeding en die gebrek aan kos

en die bedelkultuur wat hierdeur

geskep word, moet professioneel

aangepak word. Dít kan gedoen

word deur basiese mediese dienste

en die behandeling van verslawing

uit te brei.

• Bemagtiging deur basiese

opleiding – ook die rol van die

sakesektor: Ongeletterdheid

en gebrek aan basiese vaar-

dig hede om die arbeidsmag te

betree, is ’n groot behoefte by

armoedegemeenskappe.

Weer eens is die bou van

netwerke en vennootskappe

tussen staat, plaaslike owerheid,

NGO’s en die sakesektor hier van

deurslaggewende belang. Die groot

rol wat plaaslike ondernemings

kan speel in die verskaffing van

borgskappe vir die uitvoering van

maatskaplike projekte, is verreweg

nog nie behoorlik ontgin nie.

• Die rol van die godsdienstige

gemeenskap: Die regering

maak deesdae baie van die

belangrike rol wat godsdienstige

instansies kan (behoort te)

speel in die heropbouing van ’n

gemeenskaplike waardesisteem in

die Suid-Afrikaanse gemeenskap

(“moral regeneration”).

In ’n groot mate is dit die roeping

van die kerk om dit in elk geval te

doen. Maar godsdienstige instansies

kan nog véél meer doen. Die staat

sou byvoorbeeld gebruik kon

maak van die unieke infrastruktuur

van godsdienstige instansies

om sekere dienste ter wille van

armoedeverligting te lewer.

In ’n onlangse studie het Van

der Berg en Burger (Social delivery

in South Africa, 2003) tot die

slotsom gekom dat die staat eerder

op die verbetering van bestaande

dienste moet fokus, sowel as op

die uitvoering van goedgekeurde

programme, as net op die

vermeerdering van beskikbare

bronne.

Daar is hoop

Die vanselfsprekendheid van netwerke

en vennootskappe blyk duidelik uit

hierdie situasie-analise van armoede. Dit

is nie ’n keuse nie, maar noodsaaklik.

’n Mens sou dit bloot vanuit ’n logiese,

humanistiese oorlewingsperspektief kon

motiveer.

Uiteindelik bly dit tog vir godsdienstige

mense ’n saak wat vanuit ons

verhouding met God gemotiveer word.

Ons moet dit doen omdat dit reg is dat

ons dit doen. Dit behoort tot die wese

van ons geloofsoortuigings dat ons

verantwoordelik is vir God se skepping

en ons naaste. Liefde teenoor ons naaste

behels ook liefde vir die toekomstige

geslagte aan wie ons behoort te doen soos

wat ons verwag dat aan ons gedoen sal

word.

Daar ís hoop. Maar net as ons sáám

prakties daaraan uitdrukking gee.

KRuISGEwyS November 2010 17

Kry méér vuur uit

jou Flam

Faani Engelbrecht van Goodwood,

skryf:

Na aanleiding van Pieter Malherbe

se uitstekende artikel “Dit jubel met

kerkliedere” in ’n vorige uitgawe van

Kruisgewys, wil ek graag namens

FLAM ’n paar note by sing waarmee

predikante en musiekleiers dalk gehelp

kan word om hierdie nuwe musiek en

website makliker te ontgin.

Oor ons website

www.flam.co.za

In Augustus 2009 het ons ons website

heropen met ’n gebruikersvriendelike

interface en ’n paar bykomende dienste

wat die funksionaliteit daarvan aansienlik

verhoog het.

Toegang tot die website

In die verlede het slegs gemeentes met

’n CCLI-nommer toegang tot die website

gehad. Individue kan nou vir die eerste

keer teen ’n geringe bedrag bladmusiek

koop en download via www.flam.co.za,

of by Bybel-Media op hulle webtuiste se

e-aankope.

Enigeen kan ook gratis op die website

rondswerf (surf) en luister.

Vier afdelings

Om jou soektog na nuwe liedere te

vergemaklik, het ons die hele FLAMbundel

in vier dele opgedeel:

o FLAM – indien jy musiek soek vir

familie­ of gesinsdienste – eredienste

waar oupas en oumas en kleinkinders

sáám in een diens is. Hierdie musiek

is oor die algemeen so ’n bietjie

rustiger van aard. Alhoewel ons dit

glad nie aanbeveel nie, sou dit ook

met ’n orrel gedoen kon word.

o Kruisfuur – indien jy musiek soek

vir jou tiener­ of tekkiedienste –

eredienste wat kontemporêr in

liturgie en musiek moet wees.

Hierdie musiek is nie geskik vir

orrelbegeleiding nie.

o Flammekidz – indien jy lof- en

verwonderingsmusiek soek vir jou

kinderbediening.

o Kersflam – indien jy op soek is na

liedere wat jy kan gebruik in jou

meditatiewe eredienste, musiek wat

nie klassiek is soos Taizé-liedere nie,

POSBuS

maar nog steeds kontemplatief. Dit is

liedere vir deep worship of liedere

wat jy as fokuspunt in jou hele

worship set kan gebruik.

Hierdie vier afdelings is op die

hoofblad duidelik sigbaar. Jy kan bloot op

een van hulle klik om die hele lys van die

liedere te sien.

Hoe soek ek ’n lied?

Jy sou ’n eenvoudige Google-soektog

op die website kan doen. Indien jou tema

byvoorbeeld “liefde” is, kan jy dit bloot

search en ’n lys kry van al die liedere

waarin die woord voorkom. Die website

is dus ’n elektroniese konkordansie van al

die FLAM-liedere.

Indien jy nog steeds nie weet waar om

te begin nie, is die “Groot5” dalk ’n goeie

plek. Dit is die vyf gewildste FLAMliedere

(volgens CCLI en die meeste

downloads).

Hoe klink die lied?

Maar wat gemaak as jy nie weet hoe

die lied klink nie?

Byna 60 persent van alle FLAMliedere

is reeds iewers opgeneem. Jy kan

die CD direk via Bybel-Media aankoop.

Daar is ook ’n kort demosnit saam met

die meeste liedere op die webtuiste.

In ’n guidetrack word ’n lied met slegs

’n klavier en ’n stem uitgevoer. Dit is

beslis nie bedoel om in jou motor se mp3speler

as agtergrondmusiek gebruik te

word nie, maar sal nog tans in gemeentes

waar daar nie ’n begeleidingsgroep is nie,

as ’n begeleidingsnit gebruik kan word.

Hierdie liedere is slegs in mp3-formaat

beskikbaar en kan direk van www.

flam.co.za afgelaai en deur middel van

Bybel-Media se e-aankope aangekoop

word. Jy hoef dus nie eens na jou naaste

geestelike boekwinkel toe te ry nie, maar

sal dit selfs Saterdagaand ná 23:00 uit jou

studeerkamer kan aankoop! Dit is nou as

18 KRuISGEwyS November 2010

jy nie tegnologies gestremd is nie

– want selfs die FLAM-kantoor is

daardie tyd gesluit.

Inteken op nuusbriewe

Predikante, musiekleiers en lede

van begeleidingsgroepe kan inteken

op FLAM se gratis e-nuusbrief,

die Fuurhoutjie wat maandeliks

verskyn. Dáár kan jy lees van die

nuutste musiek wat vir jou spesifieke

styl beskikbaar is. Jy kan ook aansluit by

Flam se Facebook-groep, FLAM – of ons

volg op Twitter @FLAMPUBLISHERS.

Oor ons naam

’n Regstelling: “FLAM” is nie ’n

akroniem nie. Dit staan nie vir iets nie.

FLAM verwys bloot na Jeremia 20:9 se

beeld van die vuur wat in ons sal brand

as ons oor die goedheid van die Here sou

stilbly. FLAM wil gemeentes help om in

lofprysing en aanbidding uit te breek en

nie stil te bly nie.

Nuwe liedere

Een van die grootste en belangrikste

take van Flam is om nuwe skrywers en

nuwe liedere op te spoor en aan die kerk

bekend te stel. Dit is ’n deurlopende

proses. Nuwe liedere kan regdeur die jaar

gestuur word aan info@flam.co.za.

1. Die Flam-fereniging vir kerkbands-

en begeleidingsgroepe

Saam met SAKOV is Flam

betrokke by die Suider-Afrikaanse

Kerkmusiekvereniging. Flam is

instrumenteel in die stigting van die

Flam-fereniging vir Kerkbands- en

Begeleidingsgroepe wat spesifiek na die

belange van begeleidingsgroepe omsien.

Predikante- en musiekleiers wat by

kontemporêre musiekbediening betrokke

is, kan ’n e-pos stuur na ffkb@flam.co.za.

2. Meer as ’n taakspan

Flam is meer as net ’n taakspan.

Dis ’n website, maar dit is nie net dit

nie. Dit is ’n beweging, ’n gemeenskap

van gelowiges wat in musiekbediening

betrokke is.

Vat Flam en

word deel van die

beweging!

LIG op tieners en seksualiteit (DVD)

Prys: R79,95

Op jou lewensreis sal daar highjackers wees. Hulle saboteur dinge soos jou onskuld, vertroue in

mense, die lewe asook die mooi van seks. In LIG op tieners en seksualiteit praat ons openhartig

en eerlik met tieners oor seks en alles wat daarmee saamgaan.

Sekssprokie, die misterie ontrafel

Prys: R89,95

Elmari Craig en Anjenita Hugo

Sekssprokie, die misterie ontrafel is geskryf vir tieners in tienertaal. Tieners word gelei om met insig

gesonde keuses oor hulle seksuele groei en ontwikkeling te maak. Die beeld van ’n sprokie word

gebruik om die misterie van die seksuele te ontrafel. Die belangrikste bousteen van hierdie boek is die

Toolkit: Hoe om mens-slim, emosie-slim, lewe-slim en seks-slim te wees.

LIG op die seksgesprek met my tiener (DVD)

Prys: R79,95

In hierdie DVD praat ons met ouers oor die sogenaamde “seksgesprekke” wat tussen hulle en hulle

kinders moet plaasvind. Al is dit in baie huishoudings ’n ongemaklike gesprek, is dit ’n gesprek wat

nie geïgnoreer kan word nie. Met hierdie DVD wil ons ouers hiermee help.

Bestel vandag Sekssprokie, die misterie ontrafel en enige een van

hierdie DVD’s as ’n pakket teen R145,00 en bespaar R25,00!

Aanbod geldig tot 20 Desember 2010.

Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA

e-aankope: www.bybelmedia.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!