13.02.2013 Views

25 Maart 2012 5de Lydensweek Tema: Wanneer ... - Worcester | Vallei

25 Maart 2012 5de Lydensweek Tema: Wanneer ... - Worcester | Vallei

25 Maart 2012 5de Lydensweek Tema: Wanneer ... - Worcester | Vallei

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

25 Maart 2012 5de Lydensweek

Tema: Wanneer die koringkorrel in die grond val en sterwe….

Skriflesing Johannes 12:20-33

Shelley Marshall vertel in haar boek “A Missionary’s Sacrifice Was Worth the Cost” ‘n aangrypende verhaal wat

mens help om ons Skrifgedeelte te verstaan. J.W. Tucker was ‘n sendeling in die destydse Belgiese Kongo gedurende

1964. Met die uitbreek van die bevrydingstryd het daar later die jaar totale chaos losgebars. Hy het ‘n moeilike

keuse moes maak: vlug ek, of bly ek. Alhoewel hy geweet het sy lewe is in gevaar het hy besluit om getrou op sy pos

te bly omdat hy geweet het die Here het hom geroep. Op 'n dag val 'n moorbende hom aan en slaan hom met

stokke, knuppels, kaal vuiste en gebreekte bottels dood. Hulle gooi sy liggaam agter op 'n vragmotor en gaan voer

dit vir die krokodille in die Bomokanderivier. J.W. Tucker het alles gewaag, en kon skynbaar niks daarvoor wys nie.

Dertig jaar later ontdek 'n groot vriend van hom, John Weidman, op besoek aan Zaïre (nuwe naam van die Belgiese

Kongo) hoe God J.W.Tucker se offer gebruik het. Die Bomokanderivier vloei deur die stamgebied van die

Mangbetostam, 'n groep wat die evangelie glad nie geken het nie. Gedurende die burgeroorlog in die sestigerjare

het die Mangbetos die sentrale regering in Kinshasa gevra om hulle te help. Die regering stuur toe hulp in die vorm

van 'n brigadier, 'n formidabele polisieman van Isiro, met 'n reputasie as sterk leier. En dis net hier waar die verhaal

‘n interressante wending neem: J.W. Tucker het hierdie brigadier twee maande voor hy vermoor is na Christus gelei.

As 'n nuwe Christen het die brigadier sy bes gedoen om teenoor die Mangbeto te getuig, maar sonder sukses. Op 'n

dag verneem hy van 'n Mangbeto-tradisie wat lui: "As die bloed van 'n man in die Bomokanderivier vloei, moet jy na

sy boodskap luister." Die brigadier roep die koning en die oudstes bymekaar en sê vir hulle: “ 'n Paar maande

gelede is 'n man vermoor, en sy liggaam is in julle Bomokanderivier gegooi. Die krokodille het sy liggaam verskeur.

Sy bloed het in julle rivier gevloei. Maar voordat hy dood is, het hy 'n boodskap aan my oorgedra. Hierdie boodskap

handel oor die Seun van God, die Here Jesus Christus, wat na die wêreld gekom het om sondaars te red. Hy het vir

die sonde van die wêreld gesterf, Hy het ook vir my sonde gesterf. Ek het hierdie boodskap ontvang, en dit het my

lewe verander."

Terwyl die brigadier praat, het die Gees van die Here oor die mense gekom. Hulle het op hulle knieë geval en na God

om hulp geroep. Baie het besluit om die Here Jesus te volg. Sedert daardie dag het duisende Mangbetos Jesus

aangeneem, en letterlik dosyne nuwe gemeentes het ontstaan.

J.D. Tucker het sy lewe verloor. Maar die oes was groot. Hy het nie verniet gesterf nie. Sy dood het ryke en

oorvloedige vrug gedra.

In ons Skrifgedeelte gebruik Jesus presies dieselfde beeld. Hy sê Hy het gekom om soos ‘n koringkorrel in die

grond te sterwe ... maar dis nie tevergeefs nie!

In vers 24 maak Jesus hierdie verstommende uitspraak: “Dit verseker Ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val

en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.” Jesus gebruik nie om dowe neute op

hierdie tydstip die beeld van die koringkorrel nie. Dit was pasgasfees toe Hy dit sê. Dis die tyd wat die oes ingebring

word en die Here gedank word daarvoor. Hy weet dat almal wat luister maar te goed: as hulle nie die afgelope jaar

gesaai het nie, sou daar geen oes gewees het nie. Die graankorrels moes eers in die grond val – en sterf (heeltemal

van hulle vorm afstand doen(verander), anders sou daar geen vrug wees nie. Die skares weet: as die koringkorrel

sterf - dan alleen is ‘n oes moontlik! So sê Jesus nou is dit ook met Hom: as Hy nie sterf nie, bly Hy net een. Maar

as Hy die pad van die kruis loop – as hy sterf – dan sal daar oorvloedige vrugte wees. Dan sal ‘n groot oes wees. Dan

sal daar vir baie redding wees. Dan sal Sy sterwe nie verniet wees nie – maar die oes ontelbaar groot!

Dis interressant hoe Jesus sy toespraak begin. Hy sê die uur (tyd) vn Sy verheerliking het gekom.

Johannes is baie lief vir die woord verheerliking. So vertel hy in die eerste 11 hoofstukke van ‘n klomp wonderwerke

(tekens) wat Jesus doen en telkens sê hy: met hierdie wonderwerke word Jesus se heerlikheid nou geopenbaar. Die

wonderwerke moes wys wie Jesus regtig is: dit moes die mense laat besef dat Hy die Messias, die seun van God is.

Van hoofstuk 12 af begin Johannes om Jesus se lyding op pad na die kruis te vertel. Nou word Jesus se heerlikheid

gewys in iets wat vir ons vreemd klink: Sy heerlikheid word nou geopenbaar in Sy lyding en sterwe aan die kruis. Dis

wie Jesus eintlik is, sê Johannes: die Een wat die Vader gstuur het om te ly en te sterwe sodat die oes groot kan

wees. Sodat baie gered kan word. As dit gebeur, sien ons eers hoe heerlik Jesus werklik is!

Dit word onderstreep as ons raaksien vir wie Jesus hierdie woorde sê. Ons teksgedeelte begin met die woorde:

“Daar was ook ‘n aantal Grieke onder die Jode wat fees toe gekom het om te aanbid”(20). Hulle het juis vir Filippus

gevra om vir hulle ‘n ontmoeting met Jesus te reël.(21) Hierdie mense was heidene wat ‘n verskeidenheid van gode

aanbid het, maar begin belangstel het en aangetrokke gevoel het tot die een God, die God van Israel. Dis die eerste

keer wat Johannes vertel van heidende wat soek en vra na Jesus. Daarom is Jesus se reaksie so wonderlik: Hierdie

heidene hoor nou by Jesus dat Sy sterwe hulle ook insluit. Dat die koringkorrel wat gaaan sterwe baie vrug gaan dra,

ja vrug uit baie nasies sodat Hy oor die hele aarde gedien en verheerlik sal word! Dis wat Jesus in vers 32 bedoel as

Hy sê: “En as Ek van die aarde af verhoog word, sal Ek ALMAL na My toe trek”(Vers 32).

Vriende dis die hart van die Evangelie. Dis die kern van lydenstyd. Dis die wonder van ons geloof. As Jesus Christus

aan ‘n kruishout van die aarde af opgelig word, gaan God se reddingsplaan in vervulling. Deur hierdie een

offerdaad, een koringkorrel wat sterf, word almal, Grieke, Afrikaners, Mangbetos, beskaafdes, barbare, mans,

vroue, Jode, Romeine, noem maar op, met God versoen.

Ons is deel van die oes. Dink net daaraan. Die wet van die koringkorrel - dit moet sterf om oes voort te bring - het

ook vir ons seën gebring. Ons is deel van die oes wat Jesus voorsien het. Jesus se opmerkings is vir ons nie maar 'n

mooi gedagte nie. Dit raak jou en my. Aangesien Hy sy lewe vir ons afgelê het, is ons in Afrika vandag deel van die

oes. Lydenstyd is daarom 'n tyd van diepe dankbaarheid teenoor die lydende Here, wat gesterf het sodat baie na

hom getrek kan word - ook ons. Daarom kan Jesus uitroep: die tyd het gekom dat die Seun vd mens verheerlik moet

word. In sterwe, in Sy kruisdood, juis daarin lê Jesus se verheerliking en ons redding!

Die beeld van die koringkorrel is egter nie net op Jesus van toepassing nie. Dit het ook implikasies vir ons lewe.

Ons dink dikwels oor geloof as iets wat nie veel van ons vra nie. Jy moet nou maar net glo dat Jesus vir jou sondes

gely en gesterwe het. En miskien sal jy darem nog sekere dinge nié doen nie. Jy sien af van sekere goed, wat ander

as "lekker" mag beskou, maar vir jou is dit taboe. Gewoonlik is hierdie lysie nie te lank nie.

Jesus daag hierdie manier van dink uit. Om Hom te volg het ernstige implikasies vir ons lewe. Die voorbeeld van die

koringkorrel wat moet sterf om vrug te dra, is ook op Jesus se volgelinge van toepassing. Hoe jy ookal na die teks

kyk, jy kom nie los van die geweldige eise wat van Jesus se navolgers gestel word nie. Daarom sê Jesus ook in

Johannes 12:25: “Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal

dit vir die ewige lewe behou.” Dis die een ding wat die week vir my uitgestaan het: daar is nie ‘n halfhartige manier

om die Here te volg en te dien nie. As ek Sy pad kies, dan moet ek voluit vir Hom kies. Dan verander my prioriteite.

Selfs die dinge wat die heel kosbaarste vir my was, speel dan 2de viool.

Jesus se keuse om koringkorrel te wees, het van Hom die pynlike pad na die dood gevra. Dit moet ons in die

lydenstyd weet: ons keuse om Hom te dien, sal dalk ook van ons opofferings vra – ten minste dat ons beheer van

ons lewe aan Hom oorgee! Sonder hierdie opofferings kan daar geen vrugte en groei wees nie. Dit sien ons

aangrypend in die storie van J.D. Tucker. Hy het die reël van die koringkorrel in 1964 in die Belgiese Kongo aan sy lyf

gevoel.

So dis die vraag wat elkeen hom/haarself moet afvra: sien ons kans om gehoorsaam te wees aan wat die Here

Jesus ons hier vra? Sien ons kans om koringkorrels te wees?

Dis nogal ‘n vraag nê? Is dit moontlik? Vir Jesus was dit – maar Hy is tog in ‘n klas van sy eie. Hy was tog God. Ons

kan verstaan dat Hy dit kon regkry. Maar dit klink byna onmoontlik vir gewone mense soos ek en jy.

Wat my gehelp het, was om die week weer raak te sien hoe Jesus ook worstel om gehoorsaam te wees. Die

Johannes-evangelie plaas baie klem op die menslikheid van die Seun van die mens. In vers 27 sê Jesus: “Nou is ek

diep ontsteld.” As Jesus die volle implikasies van dit wat op Hom wag deurdink, breek dit Hom. Johannes vertel nie

vir ons hoe Jesus id tuin van Getsemane worstel en benoud na die vader roep nie. Johannes gebruik hierdie verhaal

om te beklemtoon hoe ontsteld Jesus was. Jesus se menslikheid en Sy worsteling om gehoorsaam te wees aan die

Vader se wil, word sterk beklemtoon.

Ook ander verhale in Johannes beklemtoon Jesus se menslike kant – veral Sy worsteling met mense se seer en

gebrokenheid. By Lasarus se begrafnis ontmoet Jesus vir Maria en daar staan: "Toe Jesus haar sien huil . . . Hy was

diep geraak en aangedaan." Net Johannes vertel van die Samaritaanse vrou (Joh. 4). Hier oorskry Jesus verskeie

grense om aan hierdie vrou die water van die lewe te bied. In Johannes 8 spreek Jesus die vrou wat owerspel

gepleeg het vry, terwyl die aanklaers alreeds met klippe in die hand staan. "Gaan maar en moet van nou af nie meer

sonde doen nie." Dit is net in die Johannes-evangelie waar die gedeelte oor die voetwassing voorkom, waar Jesus in

Johannes 13 sy bokleed uittrek dat Hy soos ’n destydse Griekse slaaf lyk en begin om sy dissipels se voete te was.

Die gedeelte oor Tomas se twyfel kom net in Johannes (20:26) voor. Jesus verstaan sy eg menslike twyfel en nooi

hom om sy twyfel op Hom te kom besweer. So eg menslik is Jesus.

Die punt is: Johannes beklemtoon dat Jesus ten volle mens was en dat dit vir Hom ook ‘n worsteling was om soos ‘n

koringkorrel sy lewe af te lê vir ons sonde. Gehoorsaamheid was ook vir hom nie maklik of vanselfsprekend nie. Dit

is juis hierdie eg menslike Jesus wat in vers 27 sê Hy is diep ontsteld. Moet Hy probeer uitkom uit hierdie ding? Die

versoeking is groot om uit hierdie transaksie te wil uitklim, kop uit te trek en dit tot die Vader te rig. "Kom asseblief

en doen iets hieraan. Kry ’n ander manier om dinge te doen en reg te stel."

Tog weet Jesus dat gehoorsaamheid aan die Vader jou hele bestaan op die spel plaas. Hy kies om die Vader te volg.

Hy plaas sy lyf op die spel. Vir ons.

Jesus se voorbeeld: die standaard vir ons gehoorsaamheid

Gemeente, die gedeelte wil ons uitdaag om die voorbeeld wat Jesus gestel het, te volg. Ook vir Hom was dit nie

maklik nie. Hy is diep ontsteld as Hy net dink aan Sy dood. (niemand wil sterwe nie. Niemand wil op 33 sterwe nie.

Niemand wil aan ‘n kruis sterwe nie!) Tog buig Hy voor die Vader se wil en stel Jesus so vir ons die standaard vir ons

gehoorsaamheid.

Om soos koringkorrels te sterwe, is ook 'n opdrag aan Jesus se dissipels. As Hy dan sterf en daardeur lewe gee,

moet gelowiges keuses maak wat ook vir hulle lewe of dood kan beteken om Christus ontwil. Die keuse is "Christus

liefhê bo alles" of om "Christus nie lief te hê bo alles nie." Iemand wat sy lewe waardevoller ag as Christus, dus sy

lewe bo Christus verkies, sal sy lewe by die Here verloor (letterlik vernietig). Die weg van die gelowige in die wêreld

is die weg van die koringkorrel . . . die weg wat Christus geloop het.

Menslike navolging: dis moontlik! En dit dra vrugte

Wie kies om Jesus te volg, moet weet dat dit 'n prys gaan verg. Dit is egter 'n prys met 'n belofte. Wat jy ook al

opoffer om Jesus bo alles lief te hê en te dien, sal vrug oplewer. 'n Groot oes. J.W. Tucker se verhaal getuig hiervan.

Op die pad van dissipelskap volg ons 'n Here wat weet wat dit beteken om tot die uiterste toe beproef te word. Sy

eie gehoorsaamheid aan God het Hom diep ontsteld gelaat. Sal Hy dan nie verstaan wat dit beteken as ons deur

moeilike keuses ter wille van Hom gaan nie?

Jesus is nie net God nie, maar ook eg mens. Die weg van verhoging loop deur die weg van vernedering. Die weg van

vernedering loop uit op die weg van lewe en vrug dra.

Laat ons hierdie Jesus met oorgawe volg. Mag die voorbeeld van Jesus én mense soos J.W. Tucker ons aanspoor!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!