05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

studente leiding en hulp te gee in verband met lesbeplanning en –aanbieding. Hulle leer ook van

klaskameradministrasie en vanjaar was van hulle behulpsaam by ons Wintersportdag.

Die Gr. R-klasse ontvang elke Donderdag studente van die Universiteit van Stellenbosch en die Eekhorinkies

ontvang studente van Boland Kollege gedurende die eerste twee kwartale van die jaar. Hierdie studente bied

lesse aan en word deur die onderwysers geëvalueer. Die onderwysers help die studente met die voorbereiding

en aanbieding van die lesse.

Van die grade het praktiese klasse by die Menslike bewegingskunde fakulteit te Coetzenburg bygewoon en

daarna lesse by die Opvoedkunde fakulteit.

3. KULTUUR

3.1 Junior- en senior drama

Seniordrama

Die senior drama groep het hierdie jaar baie in getal gegroei. Ons vergader tye was op Dindae. Gedurende die

eerste en vierde kwartaal het ons vanaf 14h00 tot 15h00 vergader en in die tweede en derde kwartaal vanaf

15h00 tot 16h00. In die tweede kwartaal het van die seniordrama leerders die geleentheid gekry om vir die

skool se Revue vir oudisies te gaan. Sewe leerders uit die Seniordrama groep is gekies as hoofrolle. Ons het

verskeie dramakomponente soos improvisasie, verhoogbestuur, drama opwarmings oefeninge behandel.

Gedurende die jaar het ons aan die toneelstuk “Pasop vir die feëtjies” gewerk. Elke leerder het ‘n geleentheid

gekry om ‘n verskillende rol te vertolk en dit het bygedra tot die ontwikkeling van elke leerder in die groep. Dit is

‘n riem onder die hart om die kreatiwiteit en entoesiasme van ons leerders te beleef.

Junior drama

Die junior drama het die jaar weereens die geleentheid aan kinders gebied om hul selfvertroue te ontwikkel en

die basiese vaardighede, wat met die drama verband hou, te demonstreer en te ontwikkel. Ongeveer 25 kinders

het elke Maandagmiddag vanaf 14:00 tot 14:45 in die skoolsaal bymekaar gekom. Elke kwartaal het ‘n ander

projek ingesluit. Gedurende die eerste kwartaal het leerders as ‘n groep die gedig “Woordeboek” geleer en

voorgedra. In die tweede en derde kwartaal het die leerders begin om hul eie poppe te maak vir hul eie

poppekas konsert. In hul verskeie groepies het hulle hul eie toneeltjie geskryf en na baie oefening het elke groep

ook die geleentheid gekry om dit vir die res van die Grondslagfase op te voer. Die laaste kwartaal van die jaar

het leerders die geleentheid gebied om aan ‘n kerskonsert deel te neem. Almal het dit geniet.

3.2 Stellenbosch Kunswedstryd

Woordkuns

Dit het weer besonder goed met ons leerders tydens die Stellenbosch Kunswedstryd gegaan. Die skool het 50

leerders ingeskryf. Daar was ook 2 privaat inskrywings. Hier volg die uitslae:

Cum Laude: 7 A+: 11 A: 11 B+: 8 B: 9

Ons is ook besonder trots op Julia Louw wat aangewys is as die bekerwenner vir die beste gedig vir ‘n

gr. 1-leerder. Etienne-Pierre Skein het ‘n beker in die graad 4-poësie-afdeling ontvang. Dankie aan al die

onderwysers, ouers en ondersteuners wat die Kunswedstryd hierdie jaar weer ‘n groot sukses gemaak het.

Musiek:

Hierdie jaar het daar weer eens groot groepe van ons leerders by die Stellenbosch Kunswedstryd (Musiek)

deelgeneem. Baie geluk aan elkeen wat goed presteer het.

Die uitslae lui as volg:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!