05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die sirkulasie van al die materiaal is rekenaarmatig gedoen d.m.v. die Bookworm –rekenaarprogram, want elke

leerder van Graad R tot Graad 7 is die trotse besitter van ‘n gerekenariseerde ID-kaart.

Die slagspreuk “LEES BETER- LEER BETER- LEEF BETER” is bevorder deur die aanwins van 400-plus nuwe lekker

- lees boeke. Die biblioteek doen sy bes om al die jongste publikasies van Kinder- en Jeugboeke aan te koop.

Daar heers altyd ‘n gesellige atmosfeer in die biblioteek en daarom is dit ‘n gewilde bymekaarkomplek. Hier is

spontaan en met entoesiasme boekbesprekings gehou en aanbevelings gedoen.

Gedurende die jaar het elke Graad 7-leerder ‘n kwartaaldiensbeurt gekry om hulp in die biblioteek te verleen.

Hulle het hierdie opdrag met entoesiasme en getrouheid uitgevoer.

Inligtingsvaardigheids-klasse is vir Graad 4-7 –leerders aangebied.

Die Interaktiewe-bord is vir die klasse aangewend. Die bord is ook vir lesse in ander Leerareas in die Grondslag-

sowel as Seniorfase, met groot vrug, aangewend.

Ouerbetrokkenheid word aangemoedig. Gedurende die jaar het ouers ‘n belangrike rol gespeel met die in

standhouding en uitbreiding van hierdie sentrum.

Ons wil veral vir Me Hester Woest bedank vir haar volgehou ondersteuning en hulp in die biblioteek.

Baie dankie ook aan Marli van Zyl wat “ Guinness World Records 2010” aan die biblioteek geskenk het.

Die Mediasentrum van Laerskool Stellenbosch speel ‘n belangrike rol in elke leerder van

die skool se lewe.

Rekenaars:

Die Rekenaarlokaal het steeds 38 rekenaars wat goed onderhou word, waarvan daar 2 oues vervang is, en die

Server is opgegradeer. In April skenk Mnr. van Zyl, vanaf Sanlam, 60 geheuestokkies aan Me. Lee vir die

onderwysers se gebruik. Ons gradeer ook in die 2de kwartaal op na Microsoft Windows 2007. ‘n Verdere 3

rekenaars word vervang.

In Meimaand gaan Me. Moira Lee vir ‘n 3-dag kursus in Web Designing, sodat sy voortaan die skool se Webwerf

kan onderhou.

In die derde kwartaal word die WAT op ons rekenaars geïnstalleer vir die leerders se gebruik.

Ons neem ook aan “The South African Maths Challenge 2009” deel vir 2 weke lank in Oktober, en behaal as

skool ‘n tweede plek in die land. Ons kinders hou baie van hierdie opvoedkundige Wiskunde speletjie, en ons wil

graag die sagteware vir die skool aankoop in die toekoms. In die vierde kwartaal word 16 nuwe rekenaars

geïnstalleer, met 19” “flatscreens.” Daar is ook 2 nuwe Laserjet drukkers aangekoop vir onderwysers.

Die Rekenaarlokaal is Dinsdae- en Donderdae na skool tot 16:00 tot die leerders se beskikking. Gedurende

hierdie tyd kry leerders die geleentheid om klaswerk en take, asook navorsing en inligting op Internet te doen.

Ouers is welkom om saam met leerders die rekenaarlokaal te besoek. Daar word gepoog om leerders

genoegsame opleiding in die basiese sagteware soos Microsoft Word, Microsoft Excel, Microsoft Publisher en

Microsoft Powerpoint te gee, sodat hulle dit voorts in hulle take en ander opdragte kan gebruik. Hierdie

opleiding is ook ‘n voorloper van die opleiding wat in die Hoërskole aangebied word, en die leerlinge sal dus al

bekend wees met baie van die werk.

Die onderwysers gebruik ook gereeld die rekenaarklas vir voorligting, kutuurperiodes, opleidingsessies, en om

inligting te bekom. Die kinders geniet dit baie om saam te werk, en leer ook in groepsverband om die rekenaar

en sy komponente op ‘n interaktiewe manier te gebruik.

2.5 Onderwysstudente

Die onderwysstudente van die Universiteit van Stellenbosch het vanjaar vir die eerste keer hul proefonderwys

vir ‘n kwartaal by die skool gedoen. Dit het gedurende die derde kwartaal geskied en vir die onderwysers sowel

as die studente was dit ‘n nuwe ervaring. Gedurende die tweede en derde kwartaal het die skool ook studente

van die Kaapse Technikon, Wellington Kampus ontvang. Die voogonderwysers doen baie moeite om vir die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!