05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die graad 7 leerders het vanjaar weer ‘n buitelug opvoedingskamp by Melkbos bygewoon. Mnr Ignus Fourie en

Mev Carine Mocke het die leerders vergesel. Die leerders het kamp insiggewend gevind en het die geleentheid

gekry om hulself en hul maats beter te leer ken.

Talle van die graad sewes het aan die Pretoria Wiskunde kompetisie deelgeneem. Alma kon ook Wiskundige

kennis toets deur hul deelname aan die Living Maths kompetisie. Die deelname aan die olimpiades is vir ons van

kardinale belang, want ons meet graag ons standaarde met buite instansies.

Om alle graad 7 leerders die geleentheid te gee om leiereienskappe te ontwikkel, is die assisstent-stelsel weer

vanjaar met groot sukses toegepas. Volgens die stelsel kry elke graad 7 leerder ‘n geleentheid vir ‘n kwartaal

lank om ‘n leiersposisie te beklee. Hulle word veral in die biblioteek en rekenaarlokaal as toesighouers gebruik.

Van hulle is ook met vrug gebruik as hulp met die klankstelsel en ook deur die sportorganiseerder.

Die graad 7 leerders baat baie by die groepering van drie groepe tydens Wiskunde, Afrikaans en Engelse

periodes. Sodoende kan opvoeders meer individuele aandag aan leerders gee vanweë die kleiner klasse.

Christiaan Meyer het vanjaar uitgeblink in die ATKV redenaarkompetisie.

Die KDA program, wat Lewensoriëntering en Liggaamlike Opvoeding op ‘n interaktiewe manier onderrig, word

met groot welslae gebruik. Mnr. Ignus Fourie en Wessel Lightfoot het vanjaar nuut by ons aangesluit en die

graad sewes in Sosiale Wetenskappe, Wiskunde en Lewensoriëntering onderrig. Mev. Johlene Fourie het in die

middel van die jaar as nuwe Xhosa onderwyseres oorgeneem en almal met haar entoesiasme en kennis van die

vak beïndruk

Intermediêre fase

Die Intermediêre fase het vanjaar besoek van me. Zuki Gala, ‘n departementele raadgewer, ontvang. Sy het al

die Wiskunde onderwyserportefeuljes in gr. 4 – 6 geëvalueer en was baie beïndruk met die kwaliteit en

kwantiteit werk wat die onderwysers doen.

‘n Leierskapkursus is op Vrydag, 23 Oktober vir al die gr. 6-leerders aangebied. Die program het met ‘n ysbreker

begin en deur die loop van die middag moes die leerders met tye goed kopkrap en beplan. Tog het hulle dit baie

geniet en van mekaar geleer. Die aanbieders was: mnre. Gerber, Van Schalkwyk, me. Van der Berg, Combrinck

en Mocke.

Me Anmar le Roux is weer vanjaar as die gr. 6- en 7-assistent aangestel en me Annalize Nel as die gr. 4- en 5assistent.

Die gr. 4 – 7-leerders skryf elke Dinsdag ‘n toets. Die gr. 6- en 7-leerders skryf Junie en November eksamen en

die gr. 4- en 5-leerders skryf ‘n toetsreeks. Die onderwysers ontvang een keer per jaar besoek van die hoof en

adjunk-hoof.

Die Intermediêre Fase en die Senior Fase het elke Woensdagmiddag ‘n Afdelings-vergadering waartydens

verskillende aspekte rakende dié fases bespreek word. Al die personeel is ook weer vanjaar volgens die GGBSstelsel

geëvalueer en tydens vergaderings wat daarop gevolg het, is elk se evaluering bespreek.

Me. Mocke en mnr. Payne het in November ‘n kursus vir Bestuurspanne by Goudini bygewoon. Dit is deur die

SAOU aangebied.

2.4 MEDIASENTRUM

Laerskool Stellenbosch se funksionele Multimedia-sentrum het soos in die verlede ‘n baie belangrike bydrae tot

die ontwikkeling van al die leerders van die skool gelewer.

Die leerders het navorsing gedoen d.m.v. gevorderde boekbronne in die Naslaan-en Nie-Fiksie- afdeling, die

Internet en ander multi-media soos Encarta ens.

Die leerders is vertroud met die gerekanariseerder katalogus en dit maak dit vir hulle maklik om bronne oor

spesifieke onderwerpe op te spoor, aangesien die Nie-fiksie-afdeling mikro ontsluit is.

Hierdie afdeling is op datum gehou met die nuutste vakliteratuur.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!