05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.1 Graad R en Eekhorinkie

Ons het in die eerste kwartaal afgeskop met ons eie verwelkomingspiekniek waar ouers en kinders mekaar kon

leer ken. Ander hoogetepunte was 'n lekker besoek aan ‘n druiweplaas waar ons eers self druiwe geoes en toe

lekker getrap het! Die laaste week is afgesluit met allerhande pretaksies: Alyssa se mikrobioloogprofessormamma

het vir ons kom vertel van organismes: goeies en slegtes! Goeies wat die brood laat rys,

joghurt maak en ook druiwesap in wyn verander. Slegtes wat ons gesien het toe elkeen sy eie bakkie gekry het

en met vingertjies daarin gevee het, asook gehoes en genies en hare daarin gesit het en toe gelaat om 'n week

lank te kweek! Ons het ‘drumming’ gedoen, elk met sy eie trom, Hildegard se mamma het vir ons 'n fluitles en

demonstrasie kom gee en almal kon saam speel met verskillende instrumente. Helena se pappa, Pierre Nolte,

het ook vir ons kom sing. Ons het ook kans gekry om saam te sing en kan dus nou spog dat ons saam met

Valiant Swart gesing het!

In die tweede kwartaal het ons het besoeke onderneem na die JS Maraispark, na Elsenburg waar ons o.a. babavarkies

kon vashou asook na die brandweer. Die brandweer het vir ons ‘n vertoning gegee van hoe mens met

toue op en afklim. Dit het ongelukkige gereën en ons kon nie die dag in die skuim speel nie. Dit het wel die

derde kwartaal by die skool plaasgevind.

Gedurende die derde kwartaal het ons paddavissies gevang in die Jan Maraispark se dam om te kyk na hul

metamorfose na paddas. Ons was ook by die Tygerberg dieretuin en was ook so bevoorreg om ‘n heerlike, nat

lentedag in Tokara se pragtige tuin te kyk en kuier. Die reën het ongelukkig die kuiertjie kortgeknip.

Die vierde kwartaal het afgeskop met 'n beertjiepiekniek. Toe was dit tyd vir Revue, waraan ons nie deelgeneem

het nie, maar wel kon gaan kyk een oggend tydens die kleedrepetisie Daar was ook ‘n graad 1-dag waar die Gr

R-leerders in die klas gaan kuier het waar hulle volgende jaar sal wees. Ons het van ander lande geleer en die

week afgesluit met ‘n Chinese ete waar almal oosters moes aantrek en die roerbraai wat ons in bak-en-brou

gemaak het met regte oosterse stokkies moes eet! Ons gaan pluk self aarbeie by die aarbeiplaas, en sluit die

kwartaal op 'n hoë noot af met 'n week van pret en ‘n lekker piekniek. Hierdie jaar hou ons saam afskeid met 'n

lekker piekniek en 'n klein konsertjie.

Deur die jaar het ons gereeld gebak en gebrou, van sop en roerbraai tot broodjies en koekies! Ons hou ook 'n

entrepeneursdag in die vierde kwartaal waar ons lekkernye verkoop wat die leerders self in die bak- en brouklas

gemaak het. Ons het soveel wins gemaak dat ons 9 reuse pilates-balle kon koop waarmee die leerders baie pret

mee het.

Om enigiets werklik te kan belewe en nie net daarvan te hoor of in boeke te lees nie is baie waardevol Daarom

is ons uitstappies baie belangrik en ons bedank graag ons ouers wat help met die vervoer van ons kleuters.

Ons leerders het ook deur die jaar die voorreg gehad om te deel in die sport van die skool. Daar is met groot

entoesiasme aan tennis- en krieketafrigting in die somer, en netbal- en rugby-afrigting in die winter

deelgeneem.

2.2 Grondslagfase

Leerdergesentreerde onderwys tesame met basiese vaardighede en waardes vorm die hoeksteen van ‘n stewige

fondament in die Grondslagfase. Opvoeders beskik oor ‘n positiewe gesindheid, is kundig, uiters bekwaam en

funksioneer baie effektief as ‘n span. Opvoeders maak van elke moontlike geleentheid gebruik om hulself te

ontwikkel en te verryk en het ‘n verskeidenheid kursusse en werkswinkels deur die afgelope jaar bygewoon.

Ons glo daarin om ‘n basis vir standaardstelling daar te stel en daarom word werk en nuwe idees ook gereeld

met verskillende skole in Stellenbosch uitgeruil.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!