05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

diversiteit bevorder en dat ons daarmee ‘n inklusiewe skoolgemeenskap wil wees – ook dat ons daardeur die

waardes onderliggend aan die Grondwet, naamlik menswaardigheid, gelykheid en vryheid bevorder.”

Godsdiensbeoefening in die skool geskied binne die raamwerk van ons godsdiensbeleid soos die Grondwet van

die RSA dit juis ook vir ons moontlik maak. Dit was ook ‘n oefening in kommunikasie en ons het weereens kon

aantoon dat ons oop kommunikasie voorstaan tussen ons en skool se ouers, wat per slot van rekening die

beheerliggaam aanstel en van mandaat voorsien.

Kommunikasie tussen alle rolspelers in die skool het na ons mening wesenlik verbeter vanjaar. Benewens ons

SMS-stelsel waarmee ons ouers deurlopend kan inlig oor skoolsake, hoop ons ook om aan die begin van 2010

met nuwe opwindende moontlikhede vorendag te kom, wat die kommunikasie sal verbeter en sal verseker dat

ouers altyd op hoogte is van wat in die skool gebeur.

Ons maak ook vordering met ons gemeenskapsbetrokkenheid. ‘n Bilaterale ooreenkoms met ‘n skool in ons

omgewing behoort vir ons in 2010 nuwe geleenthede te bied, beide om te kan gee van wat ons het in terme van

kundigheid en bronne, asook om wedersyds te kan ontvang van die kundigheid en bronne van ons

“tweelingskool”. So kan ons mekaar verryk en vennote wees.

Ons wens graag al ons ouers, opvoeders en leerders ‘n vreugdevolle feesgety toe. Rus lekker en vier die lewe!

5.12 Reünie

Laerskool Stellenbosch het op Saterdag 28 Maart 2009 die eerste reünie in sy bestaan van meer as 40 jaar

gehou.

Die funksie is bygewoon deur oud-opvoeders en -leerders met hulle gesinne sowel as die huidige personeel.

Die ouderdomme het gewissel van vier maande tot 94 jaar. Oud-Opvoeders en –leerders het spesiaal vir die

funksie van o.a. Johannesburg en Bloemfontein gekom. Van die gaste was oud-leerders wat in London

woonagtig is. Tans op besoek in Suid –Afrika, het hulle, hulle program beplan om die funksie bywoon te woon.

Die hoogtepunt was die “oopsluit” van die skool. Hierdie seremonie was ‘n herhaling van 40 jaar gelede toe die

skoolgebou in 1969 betrek is. Die seremonie is weereens deur mev Hester Malan en mnr J.A.M. van Schoor

waargeneem. Mev. Malan is die vrou van die destydse Administrateur van Kaapland. Wyle Dr Nico Malan was

nou betrokke by die beplanning en totstandkoming van die skool . Dit was ook ter selfder tyd die 94 ste

verjaarsdag van mev Malan. ‘n Ruiker is namens die skool deur haar kleindogter mev Tillie Wust (Malan) aan

haar oorhandig, ook ‘n herhaling van gebeure van 40 jaar gelede. Daar is reeds vier geslagte van die betrokke

Malan-familie deur Laerskool Stellenbosch.

Die saalbyeenkoms is deur Dr Johan van der Merwe (voorsitter van die beheerliggaam met ‘n inspirerende

toespraak geopen. Ander sprekers was Mnr Koos van Schoor (die eerste skoolhoof ) Hy het ‘n oorsig gegee oor

die begin jare van die skool en die hoogtepunte gedurende sy 30 jaar van hoofskap. Mev Maretha Laubscher

(Smit), dogter van die bekende teoloog Prof Nico Smit, het in haar hoedanigheid as eertste Hoofmeisie,haar

herinneringe met ons gedeel. Mnr Hawkie de Villiers het met entoesiasme die gaste ingelig oor die uitbreiding,

vooruitgang en prestasies van Laerskool Stellenbosch sedert hy die leisels in 1997 oorgeneem het. Hy het ook

die visie, misie en die waardes van die huidige bedeling van Laerskool Stellenbosch uitgewys. Die res van die dag

is daar gesellig saamgekuier onder sambrele met ‘n heerlike spitbraai. Die kinders het lekker gebaljaar op

springkastele, nadat gesigverwers hulle in “spidermen”, seerowers en ander karakters omskep het.

Hierdie was die eerste, maar voorwaar nie die laaste reünie van Laerskool Stellenbosch nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!