05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Entrepeneurs

Die week is afgesluit met ‘n gesonde entreperneursdag tydens pouse. Nie net moet die eindproduk gesond

wees nie, maar ook die bestandele waarmee dit gemaak is.

Borge en Geskenkbewyse

Franschhoek Vrugtepakkers Technofill

CANSA Delheim

Lanzerac Spa Petit Plasier Gastehuis Franschhoek

Volkskombuis Restaurant Reubens Restaurant Franschhoek

Essence Franschhoek Gino’s

Food Emporium CNA

Basic Bistro Rumor Has It

Boek SAD

5.11 Beheerliggaam

Die Beheerliggaam van Laerskool Stellenbosch het nog ‘n opwindende jaar beleef. Dit was die einde van ‘n

termyn en ‘n nuwe beheerliggaam is in Junie verkies. Aan uittredende lede ons opregte dank vir die diens wat

hulle gelewer het en vir die nuwe span ‘n hartlike welkom en dankie vir die entoesiasme waarmee julle aan

boord gekom het.

Dit is voorwaar ‘n voorreg om so ‘n dinamiese skool, met sy 40-jarige geskiedenis en sy entoesiastiese personeel,

skoolhoof en ouers te kan dien. Baie dankie vir die vertroue wat ouers in die beheerliggaam stel om die belange

van ons kinders op die hart te dra en ons skool binne ‘n dinamies-veranderende en toenemend regstegniese

onderwysomgewing gunstig te bly posisioneer.

Hierdie jaar was natuurlik die feesjaar ter viering van die 40-jarige bestaan van Laerskool Stellenbosch. Elke

maand het ‘n besondere fokusgeleentheid gehad en ons het behoorlik feesgevier. Die onvergeetlike revue was

‘n gepaste hoogtepunt. Mens het daar gesit en jou verwonder oor wat hierdie skool regkry en waarvoor hierdie

skool staan – massa-deelname, maar ook ontwikkeling van elke leerder in sy of haar indiwidualiteit.

Wat beheerliggaam-werksaamhede betref, het die jaar afgeskop met ‘n saamkuier en visioneringsgeleentheid

tussen die beheerliggaam en die OV-komitee. Dit is vir ons baie belangrik dat die aansluiting tussen die

beheerliggaam en die OV naatloos sal wees, en ons is baie dankbaar dat dit van beide kante so beleef kan word.

Dankie vir die OV se entoesiasme en ouers se betrokkenheid. Ook vir die klasverteenwoordigers se

onvermoeide ywer. En terwyl ons ons waardering betoon, kan ons ook nie nalaat om spesiaal die ywer van die

gholfdag-organiseerders te vermeld en hulle daarvoor te bedank nie. Vele projekte wat ons skool daardie ekstra

afgerondheid gee, sou nie aangepak kon word binne normale begroting as dit nie was vir die jaarlikse inspuiting

vanuit hierdie wonderlike inisiatief en vanuit die inisiatiewe van die OV nie.

Die bekleërs van al die portefeuljes van die beheerliggaam het in die tweede helfde van 2009 inisiatiewe in hulle

portefeuljes gekonsolideer en begin planne maak vir 2010. ‘n Omvattende strategiese beplanningsessie het ook

verseker dat die beheerliggaam nie net op die (omvattende en veeleisende) dag-tot-dag sake fokus nie, maar

steeds die groter prentjie in gedagte hou en duidelikheid het oor waarheen Laerskool Stellenbosch op pad is.

In 2009 het die aanstellingskomitee van die beheerliggaam weer hard gewerk. Ons is baie ingenome met

leerkragte wat nuut by ons span kon aansluit en reeds soveel waarde in die skool kon toevoeg. Ons is tans in die

proses om die nuwe departementele adjunk-hoof pos te vul en wag vir terugvoer van die departement af op ons

aanbeveling.

2009 was ook die jaar wat Laerskool Stellenbosch se godsdiensbeleid onder die loep gekom het in die openbare

media. Dit was vir ons ‘n baie goeie oefening om uit te klaar waarvoor ons staan, en om te verseker dat ons

altyd ook binne die ruimte wat wetgewing vir ons bied, sal funksioneer. Ons kon in alle opregtheid bevind en

opnuut verklaar dat ons “met ons godsdiensbeleid juis ons waardes van respek vir mekaar en waardering vir

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!