05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Mnr N Koegelenberg – Hoof van P J Olivier Kunssentrum.

Lynne Lubbe – Bekende kunstenaar in Stellenbosch.

Die pryse is geborg deur Food Emporium. Die 30 beste kunswerke is vir die week tydens die Gesondheidsweek

in die skool se voorportaal uitgestal. Die 3 wenners uit die Grondslagfase is : 1. Lize Viljoen Gr 2B

2. Pierre Malan Gr 2A

3. Imke van der Merwe Gr 2A

Paneelbespreking

Die paneelbespreking, gehou op Maandag 16 Februarie 2009, was geweldig interessant en leersaam gewees.

Alhoewel dit baie swak bygewoon is. Die panel het bestaan uit: 1. Dr Herman Kotze – Sportvoeding

2. Me C de Lange – Breinvoeding

3. Me T den Dulk - Vetsug en Diabetis

4. Sanet Brundyn – Snoepie

Anelda Lochner het die bespreking gefasiliteer. Die vrae wat bespreek was is die volgende: 1. Energie drankies.

Gesond/ongesond vir ‘n Laerskool kind.

2. Ritalin vs Vitamiene vs Gesonde Dieet.

3. Vetsug in die laerskool

Die bespreking was in die Eikestad Nuus geadverteer. Ons het dus ouers van Rhenish en Eikestad Laerskool

gehad wat positiewe terugvoer na die tyd gegee het. Ina Paarman het vir ons klein geskenkies gegee om aan die

ouers uit te deel.

Kook saam met Vickie de Beer en Rooi Rose

Wat ‘n fees!! Vickie de Beer het op haar borrelende manier, ‘n heerlike saam kookaand aangebied. Die

onthaalsentrum by Hoerskool Stellenbosch was die ideale venue gewees. Ons is ook getrakteer deur vyf

Hollanders wat in Stellenbosch was met vakansie. Vir R50.00 per persoon het die gste twee-twee by ‘n stasie

gestaan en een resep gekry met al die bestanddele. Vickie het vooraf gesonde wenke gegee wat produkte aan

betref en ook meer vertel van die gesonde gaarmaakmetodes van geregte. Die ICA studente het die gaste

gehelp met die voorbereiding van hulle geregte. Divine Food het water geskenk, Delheim het wyn geskenk en

Roubaix Varsprodukte het die vars produkte en nagereg geskenk. Die Gesondheidskomitee het die tafels mooi

gedek en ons het heerlik om die kospotte gekuier terwyl Vickie pryse - geskenk deur Rooi Rose – uitgedeel het.

Hierdie konsep is beslis ‘n wenner en ‘n moet vir volgende jaar.

Rolmodel – Seniorfase

Dr Herman Kotze het ‘n baie informele praatjie oor sportvoeding gehou. Hy was hoofseun van Laerskool

Stellenbvosch in1981. Hy is ‘n mediese dokter en ‘n Springbok roeier wat Suid Afrika in 1992 by die Olimpiese

Spele in Barcelona verteenwoordig het. Hy spesialiseer in sportvieding en ‘n gesonde leefstyl. Die onderwerpe

waaraan hy aandag gegee het is, ontbyt eet, oefening en jou dieet en Coke en energiedrankies. Herman het

heerlik met die kinders gesels en goeie reaksie gekry.

Grondslagfase

Bak - en – Brou

Eekhorinkie en Graad R het na Kardoesie gegaan vir ‘n geselige bak en brou. Marle – ‘n mamma van ons skool –

en Stella het die kinders speel-speel geleer om gesonde fritatta’s en vrugtekelkies te maak, terwyl die mamma’s

mekaar beter leer ken het oor ‘n koppie tee.

Vir die Graad 3 klasse het Marle en Stella na die skool gekom om vir hulle ‘n kook demonstrasie in

Aktiwiteitssentrum te gee.

Uitstappie na Delheim

Die Graad 2 klasse het na die plaas Delheim gegaan. Hulle het ‘n heerlike gesonde brood gebak, vars druiwesap

gedrink en vir ‘n toer deur die kelders gegaan. Nie eers die slegte weer het hulle entoesiasme gedemp nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!