05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2. Sportfunksies

Die OV was verantwoordelik vir verversings te koop by alle groot sportdae soos bv kleure-atletiek, kleure-gala,

hokkiedag, wintersportdag ens. Alles het goed afgeloop, maar het ons egter die waarde besef van die regte

getal van die aantal deelnemers vir die onderskeie dae. Veral wanneer dit ingedagte gehou moet word dat daar

vooraf aankope gedoen word en dat dit tot verliese kan lei indien hierdie getalle nie reg deurgegee word nie.

Die OV het ook die badkamers tydens hierdie dae verfraai deur blomme, mooi handdoeke, seep en handeroom

in die badkamers te plaas.

3. Junior Fase

Hierdie portefeulje het die inisiatief geneem om fondse te genereer om bankies aan te koop vir plasing langs die

sportvelde. Fondse is dmv vrywillige donasies van ouers en van die wins wat die OV gemaak het met verkope

verkry asook deur te onderhandel vir baie goeie pryse by die verskaffer.

Die reël van die Ma- en Dogtertee was ook deel van hierdie portefeulje.

4. Kuns- en kultuur

Hierdie portefeulje het namens die personeel hulp gaan bekom vir die afrigting van die Eistedfod deur van Imke

Gouws se kennis, vaardigheid en wonderlike gesindheid gebruik te maak.

5. Administratief

Die OV het die hele skool se ouers se data op Excell ingevoer vir gebruik op welke wyses ookal. Sodoende het

die skool o.a. hierdie jaar weer begin om ook van die e-posstelsel gebruik te maak om belangrike inligting en ook

deurlopend die 2 weeklikse omsendskrywes op hierdie wyse te versprei.

Die OV is tans besig in samerwerking met die kantoor om alle data op Access in te voer sodat die skool dit vir epos-,

sms-, adres-, en ouerlysdoeleindes kan aanwend.

6. Gesondheidsweek

Die OV het ‘n uiters suksesvolle gesondheidsweek in samewerking met die skool en personeel aangebied. ‘n

Paar hoogtepunte was o.a. die gespreksforum met verskillende gesondheids kundiges wat deelgeneem het. Die

kosmaaksessie saam met Rooi Rose se kosredakteur Viki de Beer ‘n ouer van die skool was ‘n verdere

hoogtepunt.

7. Gholfdag

Die OV het ‘n groot bydrae gelewer tydens die jaarlikse gholfdag dmv die werf van pryse en donasies, asook

hulp tydens die dag op die gholfbaan by die onderskeie natgate, met die versiering van tafels, pryse se uitpak en

nommer daarvan.

5.9 Spraakterapie

Gedurende 2009 was Marlene Koekemoer betrokke as privaat spraakterapeut by Laerskool Stellenbosch. Net

soos in die verlede is daar ‘n groot behoefte vir spraakterapie, hoofsaaklik in die

grondslagfase.

Ongeveer 18 leerders, vanaf 4-jarige tot 9-jarige ouderdom het op ‘n weeklikse basis gedurende skoolure

spraakterapie behandeling ontvang. Die omvang van die terapie was hoofsaaklik die behandeling van

artikulasie-, taal- en ouditiewe persepsuele probleme, sowel as hakkel.

Baie dankie vir die geleentheid om nog ‘n jaar te kon saamwerk met die leerders, die ouers en die opvoeders. Dit

is ‘n groot voorreg om betrokke te wees by so ‘n span en te kan deel in die vorming van hierdie kinders.

5.10 Gesondheidskomitee

Plakkaatkompetisie

Die plakkaatkompetisie was ‘n reuse sukses. Die kinders het spontaan deelgeneem en met mooi idees na vore

gekom. Die tema was “ 40 jaar – Gesonde Groei “. Die beoordeelaars was: Marlene von Durkheim – Bekende

kunstenaar in eie reg.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!