05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

gelei Tydens ’n kruislegging het leerders van skole ’n kruis met hul skool se naam op neergelê in ’n groter kruis

wat uitgepak is op die veld langs die aanbiddingspan. Tydens die geleentheid was daar ’n nuwe uitreik van

gemeenskappe na mekaar, bewuswording van ’n groter doel van ons almal saam op die dorp en nuwe

bewondering vir God se ontmoeting met die mens by die kruis. Enigiemand wat belangstel om in 2010 by die

groepe aan te sluit, kontak asb.

5.7 Bonsai- en stapklub

Die bonsaiklub is nou sewe jaar oud en die lede wissel vanaf die nuuskieriges, getroues, avontuursoekers tot die

wisselvallig bywoners. Ons vergader een maal per maand. Die doel is om leerders lief te maak vir en bewus te

maak van die natuur en bome om ons. Ons poog ook om ‘n kennis van verskillende boomsoorte, bonsaistyle en

plant en snoei metodes aan te leer.

Dit is ‘n geduldige stokperdjie wat eers op die langtermyn dividente wys, maar van die leerders het al oulike

bome. Die grootste uitdaging bly steeds om leerders gemotiveerd te hou. Dit word gedoen deur sprekers te nooi

en om verskillende versamelings te besoek.

1. Rudi Adam se kwekery en privaatversameling is elke jaar baie spesiaal om te sien. Die leerders kon ‘n

kans kry om onder sy toesig aan te plant en te snoei.

2. Pietman Retief gee jaarliks ‘n demonstrasie by sy huis en hy het oor verskillende style gepraat.

3. Ons kom op gereelde basis by my huis bymekaar, maar hierdie jaar was baie onderbroke deur reen en

die Revue. Leerders onvang leiding hoe om grondmengsels aan te maak, bome te snoei en meer van

bonsaistyle te leer d.m.v. prente, self doen en gesels. Die mees getroue lede bestaan op die oomblik uit

sewe leerders. ‘n Paar ander lede het ‘n meer sporadiese bywoning, maar al in al is dit ‘n vrolike en

leersame klub.

4. Ons het die jaar afgesluit met ‘n besoek aan die Botaniese tuin se Bonsai-en en daarna ‘n lekker

melkskommel gedrink.

Die Stapklub gaan een maal per maand verskeie roetes in ons omgewing verken. Ons poog om dit ‘n familieaktiwiteit

te maak en ouers is ook welkom. Slegs seniorfase leerders behoort aan die klub en die getalle wissel

van uitstappie tot uitstappie.

Besondere hoogtepunte en die jaar was:

• Crystal pools by die Steenbrasbrug op. ‘n Fantastiese somer uitstappie met kristalhelder swemgate en

poele langs die hele roete.

• Stap na die Squaretowernek in die Jonkershoek-kom

• Die roete na Kanonkop

Die jaar was gekenmerk deur reën en meer as een stappe het uitgereën. Ander roetes was Helderberg, Oerbos,

Tweede Waterval en die Geelhoutroete.

5.8 Ouervereniging

Met 2009 as Laerskool Stellenbosch se 40ste bestaansjaar het die jaar met ‘n stywe galop begin. Personeel,

beheerliggaam, ouers en die ouervereniging het ‘n groot bydrae gelewer om van hierdie feesvieringe ‘n groot

sukses te maak en te verseker dat hierdie gebeurtenis nog lank in die geskiedenis van die skool onthou sal word.

Of dit dmv foto’s, gedenkblad, revue-dvd of net mense se belewenisse en geheue is – 2009 was beslis ‘n

hoogtepunt en verskaf ek dus kortliks ‘n verslag van die werksaamhede van die OV gedurende die afgelope jaar.

1. Verwelkoming van nuwe ouers

Die OV het aan die begin van die jaar ‘n sms na alle nuwe ouers uitgestuur waarin hulle genooi was om na afloop

van die saalbyeenkoms op die eerste dag van die skooljaar, ‘n heerlike koppie tee te gaan drink.

‘n Spesiale woord van welkom is vanaf die OV aan die ouers gerig en sekere nodige en belangrike inligting is met

hulle gedeel. Baie goeie terugvoer is ontvang oor die waarde van hierdie geleentheid. Ons stel voor dat ons

volgende jaar voortgaan met die buddy system vir nuwe leerders asook vir die ouers. Dit behels dat individue

hulle verbind om die nuwe ouers en leerders welkom te laat voel en belangrike inligting deur te gee

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!