05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

tevrede oud-leerders van die verrykingsonderrig (ongeveer 25 dagleerders en 230 verrykings- of RO leerders) te

kan raakloop en te hoor hoe goed dit met hulle gaan. “Ek was nooit weer bang vir Wiskunde nie,” sê een.

“Nadat ek in die verrykingsgroep van 30% na 70% geklim het, het ek in die hoërskool daar gebly,” sê ‘n ander.

Selfvertroue straal uit. Dis werklik inspirerend.

Die verrykingsonderrig het begin vanuit die situasie dat sommige leerders meer individuele aandag in sekere

leerareas nodig as wat in die groot klassituasie gebied kan word. Mev Marie van der Merwe, wat spesialiseer in

remediërende en verrykingsonderrig, neem dan hierdie leerders – beide diegene wat verryking wil ondergaan,

en diegene wat leerprobleme wil uitstryk. Leerders wat by mev Van der Merwe inskakel, kry onderrig wat

aangepas is vir elkeen se individuele behoeftes. Deurlopende koördinering met die onderskeie klasonderwysers

verseker dat vordering gemonitor kan word en dat leerprobleme vroeg identifiseer en doelmatig hanteer kan

word.

Persoonlik aangepaste programme

Afhangende van die spesifieke omstandighede, kan aanbeveel word dat ‘n leerder daagliks ‘n deel van die

skooldag in die verrykingsgroep deurbring of dat ‘n leerder een of tweemaal per week vir individuele of

kleingroep-onderrig met betrekking tot ‘n spesifieke leerarea of leerprobleem kom.

Dagleerders

Die klein groepie dagleerders ontvang vir twee-en-’n-half uur per dag individueel aangepaste hulp in Wiskunde,

Afrikaans en Engels. Die leerders ontvang dus meer intensiewe onderrig in die gewone werk van hulle

onderskeie grade. Vir die res van die skooldag skakel die leerders by hulle gewone klasse in. Geleidelike herinskakeling

kan ook plaasvind soos wat vordering getoon word in die verrykingsprogram. Leerders ontvang ook

hulp in ander vakgebiede en met spesifieke leerprobleme. Spesiale aandag word ook gegee aan leermetodes en

leesvaardigheid. ‘n Maksimum van 7 leerders skakel in 2010 as dagleerders by hierdie program in en die plasing

word tans gedoen. Daar bestaan sekere riglyne waarvolgens inskakeling as dagleerders geskied. Die plasing

geskied in oorleg met die skoolhoof en die ander gekoppelde spesialisdienste en na psigometriese evaluering.

Remediërende en verrykingsonderrig

Byna 50 leerders kom een- of tweemaal per week na mev Van der Merwe vir verryking of remediëring. Hierdie

vorm van onderrig word aanbeveel waar ‘n leerder ekstra onderrig in ‘n spesifieke vakgebied verlang. Die

sessies kan geneem word in skooltyd of namiddae, afhangende van watter tydsgleuwe nog beskikbaar is.

5.6 Gebedsgroep

Die gebedsgroep van 2009 het bestaan uit ongeveer 20 gebedsma’s wat weekliks verteenwoordigend hul klasse

se gebedsversoeke na die gebedsgroep gebring het.Die groep het tydens die eerste kwartaal ’n bou ’n versie

kompetisie tussen klasse gehou. Tydens die kompetisie is roomyshouers as gebedshouers ingesamel vir skole

wat behoefte daaraan gehad het. Elke klas moes ’n versie kies en dit dan op kreatiewe wyse uitbeeld. Hulle kon

d.m.v. roomyshouers dit uitpak of die versie saam opsê of sing. Dit was ’n belewenis om te sien hoe kreatief ons

kinders is en watter oorspronklike idees vorendag gekom het. Beoordelaars uit die Uitreikaksie het die finale

produkte beoordeel. Roomyse is uitgedeel aan die klas in die junior en senior afdeling wat as wenners aangewys

is. Daar is weer ’n liedjie kompetisie tydens die tweede kwartaal gehou waartydens twee liedjies as wen liedjies

gekies is. Die koor het tydens die lofprysingsaand dit gesing. Die wenners is beloon met geskenkbewyse van Cum

boeke. Die gebedsgroepsleiding is tydens Junie oorgegee aan Mine Kirsten wat sedertdien die groep lei.

Die oortuigende ervaring van die groep deurlopend is dat die vurige gebed van ’n gelowige groot krag het. Jak

5:16. A g.v. die toenemende behoefte aan gebedsondersteuning uit die ander gemeenskappe het die

uitreikaksie in 2009 afgestig as ’n onafhanklike groep wat van buite die skool af onafhanklik funksioneer. Die

groep het gedurende die vierde kwartaal ’n Run for Jesus gereël waaraan atlete van feitlik al die skole op

Stellenbosch deelgeneem het. Op 10 Oktober het ongeveer 400 atlete bestaan uit skoolhoofde, onderwysers,

ouers en leerders vanaf al hul skole na Stellenbosch Laerskool vertrek. Atlete groepe het elk 2 hout kruisies

saamgedra en vanaf 4 hoof roetes wat bymekaar aangesluit het tot by die eindpunt gehardloop. ‘n Intersessie

span bestaande uit voorbidders van al die gemeenskappe het saam God se seëning oor skole afgebid en vir

uitkoms van soveel probleme en uitdagings waarmee skole te doen het. ’n Aanbiddingspan het ook lofprysing

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!