05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Baie dankie aan die ouers wat hul kinders ondersteun deur wedstryde, sportdae en oefeninge by te woon, te

help met vervoer en ook die aankoop van toerusting. Baie dankie ook aan al die afrigters vir hul voortgesette

toewyding en moeite om oefensessies sinvol te maak.

4.10 Skaak

Ons is baie trots op ons skool se skaakklub. Senior spelers kry Woensdae tussen 15:00 en 16:00 professionele

afrigting by Conrad van Zyl Smit. Vrydae presteer ons spelers besonder goed tydens wedstyde.

Die hoogtepunt op ons skaakkalender is ons eie skaaktoernooi wat hierdie jaar op Saterdag, 5 September was.

14 Skole het deelgeneem. Dirkie Uys, Curro Langebaan, Swartland, Bastion, Piketberg, Idasvallei, Lochnerhof,

Hendrik Louw, Eikestad, Somerset-Wes, Christelike Privaatskool Malmesbury en Gordonsbaai het die dag saam

met ons kom deel. 27 van ons skaakspelers het uitstekend presteer!

Die skaakklub brei steeds uit en ons spog met skaakstelle in alle klaskamers asook ‘n groot buitebord.

4.11 Buitesporte

Ons leerders het vanjaar verskeie buitemuurse sporte beoefen. Daar het baie van ons seuns en dogters by die

Maties Sokkerklub aangesluit en verskeie wedstryde gespeel. Die sporte wat beoefen is, sluit in karate, judo en

kitesurfing.

Die volgende leerders het baie goeie prestasies behaal:

► Oswald Smith is derde in die land met “Kitesurfing”.

► Hannes Coetzee, Ewan Fourie, en Alyssa Gildenhuys het Bolandkleure in Binneshuise hokkie

behaal.

► Xanthe Viljoen en Eliné van Coller het die WP Aksie-netbalspan gehaal.

► Gregor Pfaff verteenwoordig die Boland 0/12-gholfspan.

► Tessa van der Westhuyzen behaal WP-kleure in lewensredding.

► Jana van Tonder verteenwoordig die Boland gimnastiekspan.

► Zorada Temmingh, Roelof Temmingh, Xenia Venter, Marietjie van Zyl, Dean Urquhart en

Corrie Schreuder het Bolandkleure in karate verwerf.

► Jannik Momberg het aan die Boland 5-kamp deelgeneem.

► Simoné Rohlandt het Bolandkleure in muurbal verower.

5. KULTUUR

5.1 Seksualiteitsprogram

‘n Seksualiteitsprogram is op Donderdag, 26 Junie 2009 vir die gr. 7’s in die Aktiwiteitslokaal aangebied. Ons

moes vanjaar op kort kennisgewing ‘n aanbieder kry aangesien Charlie Holzkamp, hoof van die VCSV in die Wes-

Kaap, besluit het om voortaan sendingwerk te doen.

Francois Esterhuysen, ‘n jeugwerker by die VCSV, het die program aangebied en van die onderwerpe was

groepsdruk, pornografie, partytjies, verhoudings en God het ons verskillend gemaak. Vanaf 12:00 is die seuns en

dogters na verskillende lokale en drs. Tanya Buckle en Jaco Slabbert het onderskeidelik hul vrae beantwoord.

Hierdie sessie is verlede jaar op aanvraag verleng en die wyse waarop die dokters dit hanteer, maar dit baie

suksesvol.

5.2 Onderwyshulpspa n

Die Onderwyshulpspan vergader elke kwartaal op ‘n formele wyse. Die vergaderings word bygewoon deur alle

opvoeders en professionele persone wat betrokke is by die bepaalde leerders. Verwysingsvorms word kundig

ingevul en alle Meertyd-leerders se intervensies word voltooi. Die Onderwyshulpspan is baie effektief en

konfidensieel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!