05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Saam met De Hoop was ons gasheer by die Wilsonbeker tennistoernooi by Sun City. 2 Seunsspanne en 1

Dogterspan het deelgeneem, nl Nicholas van der Merwe, Weyers Meintjes, Albert Brand, JD Malan, Jean du

Plessis, Jeninio Coetzee, Lukas la Grange, Rüderick Heuer, Marcel van der Merwe en Jacques Oosthuizen, Janet

Koch, Marsha-Ann Janse van Rensburg, Rouxanne Jansen van Rensburg, Eunice Rohlandt en Minke Beukes.

Die dogterspan was ook by die Amanda Coetzer toernooi in Bloemfontein waar ons al ons wedstryde gewen het

maar ongelukkig met punte verloor het vir ‘n tweede plek.

Daar was ook ‘n span wat aan die KFC-toernooi te Laerskool Mikro deelgeneem het asook aan die De Doorns

gemengde toernooi.

Ons eerste seuns- en dogterspanne is na die prestige Gerrie Berner toernooi vir laerskole in die land genooi. Die

toernooi het in Oktober in die Paarl plaasgevind. Ons dogters het ‘n derde plek en die seuns ‘n vierde plek

behaal. Sestien meisie- en seunspanne het deelgeneem. Baie geluk met julle mooi prestasie! Die spanne was:

Seuns: Weyers Meintjes, Nicholas vd Merwe, Jeninio Coetzee, Jean du Plessis, Marcel vd Merwe, Rüderick

Heuer, Daniel van Zyl Dogters: Janet Koch, Marsha-Ann J v Rensburg, Rouxanne J v Rensburg, Minke Beukes,

Eunice Rohlandt, Simoné Rohlandt, Manuela Huckfeldt.

Deur die jaar het verskeie van ons spelers sukses behaal deur vir Sentraal Boland en Boland gekies te word.

Twee van ons seuns, Weyers en Jeninio is ook opgeneem in die SA skolespan wat in November in Amerika

deegeneem.

4.4 Krieket

Laerskool Stellenbosch kon vanjaar in beide 0/11 en 0/13 groepe drie spanne in elke ouderdomsgroep in die

veld stoot. Die mini-krieketspanne het vanjaar baie wedstryde gespeel en ook aan verskeie toernooie

deelgeneem, onder andere in Hermanus en Kuilsrivier. Hulle speel ook in ‘n liga waar hulle elke Donderdag ‘n

wedstryd in Stellenbosch teen ons plaaslike skole speel.

Al die bogenoemde spanne was hoogs suksesvol en het die meeste van hul wedstryde gewen.

Baie geluk aan die volgende spelers wat in die Boland-Sentraal 2-spanne opgeneem is:

0/11: Jan-Hendrik Momberg, Johan Giliomee en Le Roux Kloppers

0/12: Gergor Pfaff en Christiaan du Toit

0/13: Johann Siebrits, Balthazar Kloppers, Albert Brand, Avril Malan en Roelof Conradie.

Ons is baie trots op Albert Brand, Johann Siebrits en Balthazar Kloppers wat in die Boland 0/13 krieketspan

opgeneem is. Ons het vanjaar as deel van ons feesjaarvieringe, ‘n ses-aan-‘n-kant kriekettoernooi aangebied.

Ons 0/13 span het die finaal teen Hermanus gewen.

4.5 Netbal

Laerskool Stellenbosch het in 2009 ‘n baie belowende jaar beleef. Spanne het puik spel gelewer en

massadeelname het veroorsaak dat daar mooi beplan moes word om vir elke groep ‘n baan beskikbaar te stel.

Entoesiastiese onderwysstudente het die gr. R’e gedurende die derde kwartaal afgerig en hulle het die spel baie

geniet en dit was heerlik om te sien hoe die dogters dit stapsgewys aanleer.

Mini-netbal het vanjaar weer uitsonderlik presteer deurdat daar 4 spanne in die 0/7- en 0/8-groep was. Die 0/9netbalgroep

bestaan net uit twee spanne, maar ons glo dat daar nog entoesiastiese netbalspeelsters by hulle sal

aansluit. Ongelukkig is Durbanville se sportdae vir 0/7 –0/9 gekanselleer weens slegte weer.

Die 0/10-netbalgroep spog met 5 spanne en daar is hard gepoog om elke speelster ten minste ‘n wedstryd te

laat speel. Die 0/11’s is net twee spanne, maar by die 0/12’s en 0/13’s spog ons weer eens met C-spanne ook.

Die 0/12- en 0/13-dogters het die geleentheid gehad om aan die Stellenbosch Soneproewe deel te neem. Na

afloop van al die proewes is Xanthe Viljoen opgeneem in die 0/13-Wes-Kaapspan en Danielle Swanepoel is

opgeneem in die 0/13-Bolandspan. Irené Dreyer is in die 0/12-Wes-Kaapspan opgeneem, Karla Laubscher is in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!