05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4.2 Atletiek

Feesjaar 40 !!! Vir die eerste keer was daar spandrag by die kleurbyeenkoms. Elke leerder uitgevat in sy/haar

span se kleur T-hempie met die Stellies 40 jaar, 1969-2009, prominent. Groen, rooi en wit het waarlik

uitgestaan. Massadeelname en goeie prestasies het die dag op ‘n hoë noot afgesluit.

Die Rooispan het as oorwinnaars na vore getree, met die Wit- en Groenspan kort op hul hakke. Die Witspan het

die geesbeker gekry vir hul volgehoue ondersteuning.

Die volgende atlete ontvang spesiale toekennings.

Beste Baan (seun) - Wolfgang Wild

Beste Baan (dogter) - Emma Wood

Beste Veld (seun) - Weyers Meintjes

Beste Veld (dogter) - Anmari Smith

Junior Victrix - Deidre Snyders

Junior Victor - Wynand Neethling

Senior Victrix - Tami Hartogh

Senior Victor - Weyers Meintjes

Beste prestasie

van die dag - Anmari Smith

Die volgende byeenkoms is op Coetzenburg en hier oortref ons wat deelname betref, alle vorige rekords. Seween–vyftig

atlete kwalifiseer in 86 items om aan die Stellenbosch Kampioenskappe deel te neem.

In 21 items word Stellies se atlete as Stellenbosch Kampioene gekroon. 45 Atlete in 61 items dring deur na die

Sentraal Kampioenskappe. Daarna vind die Boland Kampioenskappe plaas en die volgende atlete ontvang hul

Boland-kleure:

Weyers Meintjes, Xanthe Viljoen, Anmari Smith, Manuela Huckfeldt, Emma Wood en

Le Roux Kloppers.

Weyers, Anmari en Manuela word in die Wes-Kaapspan opgeneem wat aan die Suid-Afrikaanse Laerskool

Kampioenskappe deel te neem. Ongelukkig het die lang reis na Polokwane ‘n demper op hul prestasies geplaas,

maar op elkeen van ons atlete kan ons met reg baie trots wees.

Ons skoolspan neem aan die volgende plaaslike byeenkomste deel, waar hulle elke keer die verwagtinge oortref:

Hendrik Louw Pestige Byeenkoms en Worcester – Noord

se byeenkoms.

Ons eie Neelsie-byeenkoms was waarlik die hoogtepunt met Johan en Marinda Fourie (beide Springbokke) en

Roxy Burns (Para-Olimpiese atleet) wat medaljes oorhandig het.

Tydens die WA Joubert Grondslagfase byeenkoms presteer ons jong sterretjies pragtig.

In die 4’e Kwartaal is ons tradisionele byeenkomste deur die Revue in die wiele gery, maar ons neem as

plaasvervanger vir die eerste keer aan Lochnerhof se Top 12 byeenkoms deel.

Voor die byeenkoms neem 79 atlete aan Beaumont Primêr se byeenkoms deel en lewer mooi prestasies. Tydens

die Top 12 byeenkoms neem 72 atlete teen 25 top atletiekskole se atlete deel. Na afloop van die byeenkoms

word die 12 beste atlete van die dag aangewys.

Weyers Meintjes en Emma Wood is deel van die uitgelese groep.

Ons sien uit na ‘n puik 2010.

4.3 Tennis

Laerskool Stellenbosch het hierdie jaar 3 dogterspanne en 6 seunspanne wat in die skool-liga ingeskryf is. Ons

resultate is baie goed en baie van ons junior spelers word so aan wedstryde blootgestel.

Ons het vanjaar aan ‘n klomp toernooie deelgeneem waar uitstekende resultate behaal is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!