05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2. MATIES SWEMKLUB

Ons het ongeveer 30 swemmers wat deel is van die Maties swemklub. Hulle neem regdeur die jaar aan verskeie

klubkampioenskappe deel.

4. RHENISH KOMPETISIEGROEP

Swemmers in die groep oefen in Laerskool Rhenish se swembad by Biffie. Die groep dien hoofsaaklik as die

voorbereidingsgroep voor daar na die Matie swemklub gevorder word.

5. BOLAND KAMPIOENSKAPPE

Ons skop die seisoen af met die inskrywings vir die Boland Kampioenskappe wat op Saterdag, 31 Januarie, in

Paarl-Oos gehou word. Boland kleure is deur die volgende swemmers verwerf:

• Irené Dreyer (gr.6).

• Benje Momberg (gr.5).

• Mia van der Westhuyzen (gr.4).

6. SATELLIET PROEWE

Misnoë word deur verskeie skole gerig aan die bestuur van Boland Primêre Skole Swem. Die swemmers wat vir

die span gekies word kry geen verdere geleentheid om aan galas deel te neem nie. Die probleem sal met Swem

SA bespreek word en die skole sal van die besluit daar ingelig word. Op 16 Oktober 2008, by die Jaarvergadering

van Boland Primêre Skole Swem, was die probleem nog nie uitgeklaar nie. 21 November 2009 word as ‘n

voorlopige datum vir die volgende Satelliet proewe deurgegee. Die meeste van die 25 skole wat die vergadering

bygewoon het is egter gekant teen die gala, indien die swemmers nie verdere galas het om aan deel te neem

nie.

Die Satelliet proewe vind wel plaas op 21 November. ‘n Klein groepie van ons leerders neem jaarliks deel,

aangesien die afstand 50m is. Die uitslae sal later bekend gemaak word. Die 0/8-leerders wat volgende jaar vir

die 0/9-groep sal swem neem deel en geen 0/13 neem deel nie, aangesien hy of sy die volgende jaar nie meer

vir die Laerskool swem nie.

7. SEUNS- EN DOGTERSGALA

Geen van ons leerders neem vanjaar aan die Seuns- en Dogtersgala, wat in die Paarl aangebied word, deel nie.

Die galas vind onderskeidelik plaas op ons Interkleure atletiekdag en op ons Klasvergaderings en gesinsbraai.

Verskoning word by mnr. Nugent Robain (Voorsitter: Boland Primêre Skole Swem) in die verband gemaak.

8. WES-KAAPPROEWE

Die Wes-Kaapproewe vind plaas op 14 Februarie in die Bellville swembad. Irené Dreyer, Benje Momberg en Mia

van der Westhuyzen neem aan die proewe deel. Dit is met trots dat Benje Momberg die Wes-Kaap span haal.

9. INTERKLEURE GALA

Ons Interkleure gala word op 24 Februarie by Rhenish Hoërskool se swembad aangebied. Die huur van die

swembad vir die dag beloop R500,00. Deur die gala poog ons om massadeelname te bevorder. Die administrasie

rondom die gala word ook verfyn. ‘n Excel-program op die skool se skootrekenaars word gebruik om die

spanpunte, trofeë wenners en finale uitslae te verwerk. Dit werk pragtig en die gala kan ook meer vloeiend

geskied sonder enige oponthoude.

Die volgende swemmers stel nuwe rekords op:

• Jana le Grange (0/7 Rugslag)

• Mia van der Westhuizen (0/10 Vryslag; Borsslag)

• Benje Momberg (0/11 Vlinderslag; Rugslag)

Die volgende trofeë is uitgedeel:

Jnr. Victor Ludorum – Berno van der Berg (gr.2)

Jnr Victrix Ludorum – Liezel Malherbe (gr.3)

Snr. Victor Ludorum – Benje Momberg (gr.5)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!