05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

4. SPORT

Donderdagoggend na ontbyt het ons besoek gaan aflê by die Pionierskool vir blindeleerders. Dit was ‘n

onvergeetlike ervaring. Die leerders het met ywer vra gevra en self ervaar hoe dit moet wees om vir ‘n oomblik

nie te kan sien nie. Van die leerders se kant af wil ons Pionierskool se personeel em leerders bedank vir die

besoek. Na middagete by die Spur het ons Kleinplasie besoek om te sien hoe mense dit in die oudae gedoen

het. ‘n Blitsigge rit op ‘n donkiekar om die plaas was ‘n eerste vir baie en die glimlagte op die leerders se gesigte

het die storie vertel. Donderdagaand was daar by elke rondawel gebraai en roosterkoek gemaak. Wat ‘n gepaste

afsluiting vir ‘n onvergeetlikke toer.

Daar was nog tyd vir een laaste swem voor die bus se wiele weer in die rigting van ons geliefde Stellenbosch rol.

Juffrou Anmar en myself was eintlik bederf met die leerders se goeie gedrag en volhoue entoesiasme.

4.1 Swem

Laerskool Stellenbosch het ‘n geweldige suksesvolle jaar in die swembad gehad. Ons afrigters is vuur-en-vlam en

huiwer nooit om ten spyte van baie koue weer saam met die leerders in die swembad te klim nie. Sonder die

afrigters sou ons beslis nie soveel entoesiasme onder ons swemmers ervaar het nie.

Drie van ons swemmers, Irené Dreyer, Benje Momberg en Mia van der Westhuyzen, behaal die Bolandspan en

Benje Momberg swem vir homself ‘n plek in die Wes-Kaapspan oop.

1. MAANDAE EN WOENSDAE OEFENINGE

Ons maak nog steeds gebruik van Rhenish Hoërskool se swembad. Huurgelde beloop R75,00 per dag se gebruik.

2.1. Eerste kwartaal:

Tydens die eerste kwartaal word swemlesse aan die graad R tot 7-leerders aangebied. Sewe groepe en nie meer

net vier, soos in 2007, oefen gelyktydig op Maandae en Woensdae vanaf 17:00 – 17:30. Die groepe wissel van

watervrees en beginners, tot leerders wat swem om hul styl en stamina te verbeter. In 2007 was daar net 60

leerders wat die oefeninge bygewoon het. Hierdie jaar het ongeveer 120 swemmers hierdie oefeninge gereeld

bygewoon. Ons het nou vier meer opvoeders in die swembad. Agt opvoeders is gelyktydig in die swembad saam

met die leerders. Die onsettende groei in die aantal swemmers wat by ons oefen het ons genoodsaak om die

leerders in twee groepe te deel. Een groep oefen op ‘n Maandag en die ander groep oefen op ‘n Woensdag

vanaf 17:00 tot 17:30. Vanaf 17:30 tot 18:00 oefen net die Graad 1 tot 7-leerders wat lengtes kan swem.

Die afrigters wat hierby betrokke is, is Carolien Heenop, Adiska du Preez, Elzeth Truter, Lynette Smit en Marlene

van der Westhuizen. Ons is gelukkig om vrywillige ouers soos Niki Landman te hê wat graag haar hulp aanbied.

Dit bied die geleentheid vir meer swemmers om op ‘n slag te swem en om die swemgroepie per afrigter so klein

as moontlik te hou.

2.2. Vierde kwartaal

Tydens die vierde kwartaal word swemlesse aan die graad 1 tot 7-leerders, wat reeds ‘n lengte aaneen kan

swem, aangebied. Die groep oefen op Maandae en Woensdae vanaf 17:00 – 18:00. By die groepe konsentreer

ons op styl en stamina, asook op voorbereiding vir die Joe Grindlay gala, die Satellietgala en die volgende jaar se

Interkleure swemgala. Ongeveer 20 swemmers woon hierdie oefeninge gereeld by. Die meeste gala swemmers

is lede van Maties swemklub of Rhenish swemklub en oefen dus nie noodwendig op die dae saam met ons nie,

maar eerder by hulle eie klub. Ons twyfel gereeld of daar enigsins swemmers gaan opdaag op die oefendae,

maar swemmers word blykbaar nie afgeskrik deur koue en wind nie.

Die afrigters wat hierby betrokke is, is Carolien Heenop, Adiska du Preez, Elzeth Truter. Marlene van der

Westhuizen word vanaf hierdie kwartaal verskoon van die swem, aangesien haar verpligtinge met die

Huiswerkboekie en Boschpraatjies aansienlik toegeneem het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!