05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Herfs- en Winter-uitgawes is vir die Naspers Skolekoerant-kompetisie ingeskryf. Uit al die inskrywings is die

Boschpraatjies as die tweede beste laerskoolkoerant in die land aangewys!!! Iets waarop ons uiters trots is.

Gedurende Oktober-maand het die redaksielede die prysuitdeling by Naspers (?) se kantore in Kaapstad

bygewoon.

Mag die Boschpraatjies nog lank die leerders en vriende van Laerskool Stellenbosch met sy goeie leesstof

vermaak.

3.15 Buitelugopvoedingskampe

Buitelugopvoedingskampe

In 2009 was dit sekerlik weer een van die hoogtepunte in die Senior fase. Die kampe het vanaf 25 tot 27

Februarie plaasgevind. Die leerders het die volgende kampterreine besoek:

Graad 7 - Melkbosstrand

Graad 6 - Bergkroon

Graad 5 - Bainskloof

Die graad 4- leerders het vir een aand uitgeslaap en die wonderlike geleentheid het by die Simonsberg Christian

Conference Centre die 19 de en 20ste Februarie plaasgevind.

Tydens die kampe is daar op verskeie vaardighede klem gelê en ons hoop dat dit ‘n verwysingsraamwerk vir

menige leerder sal bly:

- God se skepping

- Leierskap en spanbou

- Die wonder van die natuur en dierelewe

- Oorlewing

- Naguitstappies

- Kreatiwiteit

- Bewaring vir die toekoms

- Selfontdekking

Dit was vir elkeen ‘n wonderlike geleentheid met absolute positiewe terugvoering.

Aan elke personeellid wat die leerders vergesel het, ‘n groot dankie. Mag 2010 se kampe ‘n hoogtepunt wees.

3.16 Opvoedkundige kamp

Ons vertrek op ‘n nat Woensdagoggend, maar vol geesdrif en afwagting, op ‘n toer wat sekerlik nog lank by ons

leerders se gedagtes sal bybly. Die ouers het gesorg vir genoeg padkos wat ons tot en met Masinna sou hou en

daar was ‘n atmosfeer in die bus wat net die leerders kan beskryf.

Oppad Goudini toe was daar tyd vir so bietjie lyn nat te maak by “du Toitkloof Troutfarm” en tot ons almal se

verbasing vang Christiaan Liebenberg ‘n 1kg kneuwel! Dit was sekerlik een van die hoogtepunte van die toer. Al

58 leerders het die vangs aanskou en vir baie was dit hul eerste kennismaking met ‘n Reënboogfoerel. Weer

terug op die bus, met die oog op Goudini en sy warmwaterbronne, kry jy die gevoel dat die toer lekker gaan

wees.

Ons was verwelkom deur Lourens Fourie en sy span van Disa Jeugtrust wat die kamp vir ons gereël het. Hulle het

gesorg vir ‘n onvergeetlikke tyd. Die leerders was ingedeel in hul onderskeie rondawels. Elke groep van vier het

‘n boks ontvang met hul eie kos wat hulle moes uithou tot ons weer vertrek. Die hoof idee was om leerders in ‘n

realistiese situasie te plaas waar hulle sosiale vaardighede moes toepas en aanleer. Die leerders was opgewasse

teen die taak. Daar was gereeld geswem en tussen 17h00 & 18h00 daagliks het Stellieskinders seker gemaak die

“Supertube” word ten volle benut!

Die span van Disa Jeugtrust het die leerders vertel van die ontstaan van die warmwaterbronne en so bietjie oor

die geskiedenis van Goudini en die omliggende omgewing.Die warmwaterbron was vir ons as kampleiers ‘n

troefkaart. Saans tussen 21h00 & 22h00 was daar geswem. Die effek van die warmwater op die leerders se

energievlakke het gemaak dat almal rustig was teen 23h00.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!