05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

3.11 VCSV-Koffiekroeg

Karlien Grobbelaar het die jaar se koffiekroeg behartig, wat op ‘n Woensdagaand gehou is. Koffiekroeg was

gewild onder die Gr 7’s en dit is getrou bygewoon. Die leerders kon waardevolle Christelike beginsels en lesse uit

elke Woensdagaand put, wat hul kan saam neem deur hul hoërskooljare. Daar is ook gesorg vir lekker kuiers, lag

en lafwees rondom koffie en malvalekkers. Die einde van die jaar het ook ‘n genotvolle braai en kuier rondom

die braaivleisvure opgelewer.

Daar is tog ‘n behoefte onder die leerders om lekker te kan “praise and worship”. Lucia en Roland Giesler het

wel ‘n paar aande aangebied om die “praise and worship” te lei. Dit het groot byval by die leerders gevind. Dit

sal wonderlik wees indien elke Woensdagaand met ‘n lofprysingsessie van 15 – 20 min afgeskop kan word,

voordat die lesse begin word.

Ons kyk terug op ‘n werklik geseënde jaar en glo dat elke Gr 7 leerder iets waardevol geleer het wat hy/sy sal

kan saamvat op hul pad na volwassewording en geestelike groei.

3.12 Leerderraad

Die leerderraad het vanjaar uit 18 lede bestaan. Die hoofseun was Albert Brand en die hoofmeisie was Mia

Dupper. Die ander lede was, Benilo Slabbert, Balthazar Kloppers, Hannes Coetsee, Roelof Temmingh, Simoné

Rohlandt, Marilé van Zyl, Daniéla Barnard, Jani Janse van Rensburg, Michael Moller, Anmari Smith, Nicholas van

der Merwe, Alyssa Gildenhuys, Liebe Neethling, Nienke Osborne, Noreen van der Merwe en Rina-Mari

Weideman . Hierdie lede het een maal per week vergadering om hul take te koördineer. Hulle was behulpsaam

met die handhawing van dissipline. Die speletjiesaand wat deur die graad 7 groep, onder leiding van die

leerderraad elke kwartaal aangebied word, vind groot byval onder al die leerders van die skool.

3.13 Bybelvasvra

Laerskool Stellenbosch het weereens hierdie jaar aan die Rapportryers se Bybelvasvra-kampioenskappe

deelgeneem. Twee spanne het deelgeneem en albei spanne het na die finale rondte gevorder.Die skrifgedeeltes

waaruit hulle moes werk, was Genesis en Markus (eerste rondte) en 1Konings en Markus (tweede rondte). Die

leerders het die uitdaging terdeë geniet, maar dit het egter met harde werk gepaard gegaan. ‘n Baie spesiale

woord van dank aan Marcell Mullet en Charlene Jones vir al hul moeite,tyd en opoffering. Dit word opreg

waardeer.

3.14 Boschpraatjies

Die Boschpraatjies-redaksie het gedurende 2009 hul kant van oor tot oor gebring en kan terugkyk op `n

suksesvolle jaar van stories skryf, onderhoude voer en navorsing doen.

Waar daar in die verlede uitgawes van tot 28 bladsye die lig gesien het, is daar besluit om vanjaar weer ‘n

dunner uitgawe, wat uit slegs sestien bladsye bestaan, uit te gee. Die Boschpraatjies mag wel dunner gewees

het, maar daar was verseker nie ‘n tekort aan lekkerlees-stories, interessante feite, pragtige foto’s en die jongste

en varsste Laerskool Stellenbosch-nuus nie.

Gedurende die jaar is daar elke kwartaal ongeveer 550 uitgawes aan die leerders en vriende van Laerskool

Stellenbosch versprei. Ons is trots op die glansblaaie, sowel as die kleur voor- en agterblaaie wat ons

skoolkoerant opkikker.

Die veelsydige Mia Dupper het vanjaar die leisels as redaktrise oorgeneem en haar uitstekend van haar taak

gekwyt. Die redaksie was ‘n stewige twaalf lede sterk en almal het ywerig saamgewerk om ‘n koerant van ‘n hoë

gehalte te verseker.

Die Boschpraatjies poog steeds daarin om ‘n wye lesersmark te betrek. Daar kan met trots gesê word dat ons

elke kwartaal leesstof vir die Grondslagfase, Senior Fase én ouers verskaf. Ons probeer ook ons bes om die

leerders bewus te maak van wat tans in die land en die buitewêreld aan die gebeur is. 2009 is sinoniem met

Laerskool Stellenbosch se 40ste bestaansjaar. Reg deur die jaar is daar berig oor die aktiwiteite wat rondom die

Feesjaar beplan is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!