05.02.2013 Views

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

JAARVERSLAG 2009 1. PERSONEEL 2. 2.1 2.2 2.3 ... - Lstellen.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1. PERSONEEL

2.

2.1

2.2

2.3

2.4

2.5

3.

3.1

3.2

3.3

3.4

3.5

3.6

3.7

3.8

3.9

3.10

3.11

3.12

3.13

3.14

3.15

3.16

4.

4.1

4.2

4.3

4.4

4.5

4.6

4.7

4.8

4.9

4.10

5.

5.1

5.2

5.3

5.4

5.5

5.6

5.7

5.8

5.9

5.10

5.11

5.12

AKADEMIES

Graad R en Eekhorinkies

Grondslagfase

Senior Fase/Intermediêre fase

Rekenaars / Mediasentrum

Onderwysstudente

KULTUUR

Junior- en senior drama

Stellenbosch Kunswedstryd

Kultuuraand

Revue

Redenaars

UNISA-musiekeksamens

Junior Koor

Senior Koor

Orkes

Entrepreneurs

VCSV

Leerderraad

Bybelvasvra

Boschpraatjies

Buitelugopvoedingskampe

Opvoedkundige toer

SPORT

Swem

Atletiek

Tennis

Krieket

Netbal

Rugby

Rugby- en netbaltoer

Hokkie

Skaak

Buitesporte

ALGEMEEN

Seksualiteitsprogram: Graad 7’s

Onderwyshulpspan

Nasorg

Arbeidsterapie

Verrykingsonderrig

Gebedsgroep

Bonsai- en stapklub

Ouervereniging

Spraakterapie

Gesondheidskomitee

Reünie

Beheerliggaam

JAARVERSLAG 2009

PERSONEEL

SKOOLHOOF: Mnr. Hawkie de Villiers

ADJUNK-HOOF EN HOOF: Senior Fase: Mnr. Kobus van Schalkwyk

DEPARTEMENTSHOOF: Intermediêre Fase: Mev. Carine Mocke

DEPARTEMENTSHOOF EN HOOF: Grondslagfase: Mev. Johannita Kruger

DEPARTEMENTSHOOF: Grondslagfase: Mev. Estelle Victor

Graad Naam Graad Naam

Eekh1 Mev. Estelle Aspeling Eekh.1 Me. Rosaline Tolobisa (Assistent)

Eekh2 Me. Marli Brink Eekh.2 Me. Shirley Forbes (Assistent)

Gr.R1 Mev. Charlotte vd Merwe Gr.R1 Me. Denise Snyders (Assistent)

Gr.R2 Mev. Jolande Botha Gr.R2 Me. Esmerelda Abelse (Assistent)

Gr.R3 Me. Maché le Roux Gr.R3 Me. Rosie Fortuin (Assistent)

Gr.1A Mev. Johannita Kruger Gr.1 Mev. Elmarie Stoeder (Assistent)

Gr.1B Me. Lynette Smit Gr.1 Me. Mariné Aspeling (Assistent)

Gr. 1C Mev. Barbara Greeff Gr.2 Me. Yolande Strümpfer (Assistent)

Gr.2A Mev. Dalina Heese Gr.2 Mev. Laura Ferreira (Assistent)

Gr.2B Me. Johnél le Roux Gr.3 Me. Cecile van der Watt (Assistent)

Gr.2C Mev. Lizette de Beer Gr.3 Me. Liezl Barkhuysen (Assistent)

Gr.3A Mev. Estelle Victor Gr.4,5 Me. Annalize Nel (Assistent)

Gr.3B Mev. Elzeth Truter Gr.6,7 Me. Anmar le Roux (Assistent)

Gr.3C Me. Marlé Vryenhoek Reken Mev. Moira Lee

Gr.4A Mnr. J.P. Marais Finans Mev. Liza Venter

Gr. 4B Mev. Adiska du Preez Ontv Mev. Sunette Marais

Gr. 4C Mev. Marlene van der Westhuizen Bibl Mev. Marita Sirgel

Gr.5A Mnr. Renaldo Payne Xhosa Mev. Jolene Fourie

Gr.5B Me. Lelanie vd Berg Musiek Mev. Marelise Moller

Gr. 6A Mev. Carolien Heenop Musiek Mev. Paula Smit

Gr. 6B Mev. Susan Combrinck Musiek Mev. Annalene Kemp

Gr. 6C Mnr. Francois Gerber Verryk Mev. Marié vd Merwe

Gr.7A Mev. Carine Mocke KDA Mnr. Dommonique Forte

Gr.7B Mnr. Ignus Fourie Arbeid Liza Janse van Rensburg

Sport Mnr. Wessel Lightfoot Arbeid Jeanne-Marie Meyer

Spraak Marlene Koekemoer

2.1 Graad R en Eekhorinkie

Ons het in die eerste kwartaal afgeskop met ons eie verwelkomingspiekniek waar ouers en kinders mekaar kon

leer ken. Ander hoogetepunte was 'n lekker besoek aan ‘n druiweplaas waar ons eers self druiwe geoes en toe

lekker getrap het! Die laaste week is afgesluit met allerhande pretaksies: Alyssa se mikrobioloogprofessormamma

het vir ons kom vertel van organismes: goeies en slegtes! Goeies wat die brood laat rys,

joghurt maak en ook druiwesap in wyn verander. Slegtes wat ons gesien het toe elkeen sy eie bakkie gekry het

en met vingertjies daarin gevee het, asook gehoes en genies en hare daarin gesit het en toe gelaat om 'n week

lank te kweek! Ons het ‘drumming’ gedoen, elk met sy eie trom, Hildegard se mamma het vir ons 'n fluitles en

demonstrasie kom gee en almal kon saam speel met verskillende instrumente. Helena se pappa, Pierre Nolte,

het ook vir ons kom sing. Ons het ook kans gekry om saam te sing en kan dus nou spog dat ons saam met

Valiant Swart gesing het!

In die tweede kwartaal het ons het besoeke onderneem na die JS Maraispark, na Elsenburg waar ons o.a. babavarkies

kon vashou asook na die brandweer. Die brandweer het vir ons ‘n vertoning gegee van hoe mens met

toue op en afklim. Dit het ongelukkige gereën en ons kon nie die dag in die skuim speel nie. Dit het wel die

derde kwartaal by die skool plaasgevind.

Gedurende die derde kwartaal het ons paddavissies gevang in die Jan Maraispark se dam om te kyk na hul

metamorfose na paddas. Ons was ook by die Tygerberg dieretuin en was ook so bevoorreg om ‘n heerlike, nat

lentedag in Tokara se pragtige tuin te kyk en kuier. Die reën het ongelukkig die kuiertjie kortgeknip.

Die vierde kwartaal het afgeskop met 'n beertjiepiekniek. Toe was dit tyd vir Revue, waraan ons nie deelgeneem

het nie, maar wel kon gaan kyk een oggend tydens die kleedrepetisie Daar was ook ‘n graad 1-dag waar die Gr

R-leerders in die klas gaan kuier het waar hulle volgende jaar sal wees. Ons het van ander lande geleer en die

week afgesluit met ‘n Chinese ete waar almal oosters moes aantrek en die roerbraai wat ons in bak-en-brou

gemaak het met regte oosterse stokkies moes eet! Ons gaan pluk self aarbeie by die aarbeiplaas, en sluit die

kwartaal op 'n hoë noot af met 'n week van pret en ‘n lekker piekniek. Hierdie jaar hou ons saam afskeid met 'n

lekker piekniek en 'n klein konsertjie.

Deur die jaar het ons gereeld gebak en gebrou, van sop en roerbraai tot broodjies en koekies! Ons hou ook 'n

entrepeneursdag in die vierde kwartaal waar ons lekkernye verkoop wat die leerders self in die bak- en brouklas

gemaak het. Ons het soveel wins gemaak dat ons 9 reuse pilates-balle kon koop waarmee die leerders baie pret

mee het.

Om enigiets werklik te kan belewe en nie net daarvan te hoor of in boeke te lees nie is baie waardevol Daarom

is ons uitstappies baie belangrik en ons bedank graag ons ouers wat help met die vervoer van ons kleuters.

Ons leerders het ook deur die jaar die voorreg gehad om te deel in die sport van die skool. Daar is met groot

entoesiasme aan tennis- en krieketafrigting in die somer, en netbal- en rugby-afrigting in die winter

deelgeneem.

2.2 Grondslagfase

Leerdergesentreerde onderwys tesame met basiese vaardighede en waardes vorm die hoeksteen van ‘n stewige

fondament in die Grondslagfase. Opvoeders beskik oor ‘n positiewe gesindheid, is kundig, uiters bekwaam en

funksioneer baie effektief as ‘n span. Opvoeders maak van elke moontlike geleentheid gebruik om hulself te

ontwikkel en te verryk en het ‘n verskeidenheid kursusse en werkswinkels deur die afgelope jaar bygewoon.

Ons glo daarin om ‘n basis vir standaardstelling daar te stel en daarom word werk en nuwe idees ook gereeld

met verskillende skole in Stellenbosch uitgeruil.

In die Grondslagfase-klasse word daar deurgaans gepoog om die leerdergetalle so laag as moontlik te hou.

Sodoende word verseker dat elke leerder individuele aandag kan ontvang. Die twee assistente wat in elke

graadgroep tussen die drie klasse roteer, verseker ook kwaliteit onderrig!

Opvoeders dra deurentyd die belange van die leerders op die hart. Hulle koester hoë verwagtinge van leerders

en wil graag elke leerder tot sy volle potensiaal sien ontwikkel. In die klas vind daar deurgaans differensiasie

plaas en baie verrykingsonderrig word gedoen. Didaktiese klasse word ook elke week aan leerders gegee wat dit

moeiliker vind om die werk baas te raak.

Ons is trots om te sê dat ons Grondslagfase se assessering as voorbeeld vir die ander skole in ons omgewing

dien. Assesseringstake word weekliks gedoen om leerders se vordering te monitor. Elke leerder het gedurende

die jaar twee spogboeke saamgestel wat hy/sy vir die res van hulle lewe kan bewaar. Hierdie take is baie

gereeld huis toe gestuur met die leerders se punte daarop aangeteken, wat die ouers beter inlig oor hul kind se

vordering reg deur die kwartaal. Probleemareas kan sodoende vinniger deur beide die opvoeder en die ouer

aangespreek word.

Leerders het twee maal per week ‘n rekenaarperiode. In een periode doen hulle Wiskunde op die rekenaar en

tydens die ander periode wissel hulle tussen die rekenaars en die biblioteek. Hierdie weeklikse

rekenaaronderrig is ‘n groot voorreg en dit bly een van die hoogtepunt van elke leerder. Verskeie vaardighede

word aangeleer en die leerders het reeds ‘n paar programme suksesvol bemeester.

Elke graadgroep het kwartaalliks opvoedkundige uitstappies, wat aansluit by hulle temas en dien as verryking

van die verskeie kontekste, onderneem om sodoende onderrig interessant en leersaam te maak. Ons leerders

het ook almal die HB Thom-teater op Stellenbosch besoek om die opvoering Vlooi in die Oerwoud te gaan kyk.

Dit was verseker ‘n hoogtepunt en ‘n wonderlike ervaring vir elke leerder.

Die Grondslagfase-leerders het hierdie jaar weer aan die Nasionale Olimpiade, Challenga deelgeneem.

Deelname aan hierdie olimpiade was baie leersaam en genotvol en ons departement spog met puik resultate!

Leerders kan aan ‘n verskeidenheid sportsoorte wat deur die skool aangebied word, deelneem, naamlik atletiek,

swem, tennis, krieket, rugby, netbal asook hokkie in graad 3. ‘n Groot aantal leerders neem ook met

entoesiasme aan die kultuuraktiwiteite soos drama, koor, musiek, kunswedstryde en skaak deel. Hierdie jaar

het al die leerders ook aan ons skool se revue deelgeneem. Dit was ‘n groot hoogtepunt en elke leerder het dit

terdeë geniet!

Entrepreneursdag gedurende die derde kwartaal is nou al ‘n jaarlikse instelling en die datum hiervoor moet

verseker op die kalender aangeteken word! Elke graadgroep het produkte gemaak wat by hulle tema aansluit

en ‘n uiters suksesvolle markdag is aangebied. Dit was wonderlik om die leerders se opgewondenheid en

kreatiewe idees te beleef. Leerders kon waardevolle lesse uit eie ervaring leer.

As ons terugkyk op die jaar, kan 2009 as ‘n baie geseënde en uiters suksesvolle jaar op alle terreine van

ontwikkeling beskryf word. Die dinamiese resultate in die Grondslagfase is moontlik danksy die getroue

ondersteuning en hulp van elke ouer en deur harde werk en ‘n uitsonderlike toewyding by elke opvoeder wat

die leerders se vordering gedurende die jaar op die hart dra.

2.3 Senior Fase / Intermediêre fase

Die graad 7 leerders het weer vanjaar ‘n geslaagde seksualiteitskursus onder leiding van Mnr Charlie

Holtzhauzen bygewoon. Die leerders kon met vrymoedigheid vrae aan opgeleide konsultante vra.

Die Koffiekroeg onder leiding van Carlien Grobbelaar elke Woensdag is baie gewild onder die graad sewe

leerders en maak deel uit van die Lewensoriënteringspgram om waardes en normes vas te lê.

Die graad 7 leerders het vanjaar weer ‘n buitelug opvoedingskamp by Melkbos bygewoon. Mnr Ignus Fourie en

Mev Carine Mocke het die leerders vergesel. Die leerders het kamp insiggewend gevind en het die geleentheid

gekry om hulself en hul maats beter te leer ken.

Talle van die graad sewes het aan die Pretoria Wiskunde kompetisie deelgeneem. Alma kon ook Wiskundige

kennis toets deur hul deelname aan die Living Maths kompetisie. Die deelname aan die olimpiades is vir ons van

kardinale belang, want ons meet graag ons standaarde met buite instansies.

Om alle graad 7 leerders die geleentheid te gee om leiereienskappe te ontwikkel, is die assisstent-stelsel weer

vanjaar met groot sukses toegepas. Volgens die stelsel kry elke graad 7 leerder ‘n geleentheid vir ‘n kwartaal

lank om ‘n leiersposisie te beklee. Hulle word veral in die biblioteek en rekenaarlokaal as toesighouers gebruik.

Van hulle is ook met vrug gebruik as hulp met die klankstelsel en ook deur die sportorganiseerder.

Die graad 7 leerders baat baie by die groepering van drie groepe tydens Wiskunde, Afrikaans en Engelse

periodes. Sodoende kan opvoeders meer individuele aandag aan leerders gee vanweë die kleiner klasse.

Christiaan Meyer het vanjaar uitgeblink in die ATKV redenaarkompetisie.

Die KDA program, wat Lewensoriëntering en Liggaamlike Opvoeding op ‘n interaktiewe manier onderrig, word

met groot welslae gebruik. Mnr. Ignus Fourie en Wessel Lightfoot het vanjaar nuut by ons aangesluit en die

graad sewes in Sosiale Wetenskappe, Wiskunde en Lewensoriëntering onderrig. Mev. Johlene Fourie het in die

middel van die jaar as nuwe Xhosa onderwyseres oorgeneem en almal met haar entoesiasme en kennis van die

vak beïndruk

Intermediêre fase

Die Intermediêre fase het vanjaar besoek van me. Zuki Gala, ‘n departementele raadgewer, ontvang. Sy het al

die Wiskunde onderwyserportefeuljes in gr. 4 – 6 geëvalueer en was baie beïndruk met die kwaliteit en

kwantiteit werk wat die onderwysers doen.

‘n Leierskapkursus is op Vrydag, 23 Oktober vir al die gr. 6-leerders aangebied. Die program het met ‘n ysbreker

begin en deur die loop van die middag moes die leerders met tye goed kopkrap en beplan. Tog het hulle dit baie

geniet en van mekaar geleer. Die aanbieders was: mnre. Gerber, Van Schalkwyk, me. Van der Berg, Combrinck

en Mocke.

Me Anmar le Roux is weer vanjaar as die gr. 6- en 7-assistent aangestel en me Annalize Nel as die gr. 4- en 5assistent.

Die gr. 4 – 7-leerders skryf elke Dinsdag ‘n toets. Die gr. 6- en 7-leerders skryf Junie en November eksamen en

die gr. 4- en 5-leerders skryf ‘n toetsreeks. Die onderwysers ontvang een keer per jaar besoek van die hoof en

adjunk-hoof.

Die Intermediêre Fase en die Senior Fase het elke Woensdagmiddag ‘n Afdelings-vergadering waartydens

verskillende aspekte rakende dié fases bespreek word. Al die personeel is ook weer vanjaar volgens die GGBSstelsel

geëvalueer en tydens vergaderings wat daarop gevolg het, is elk se evaluering bespreek.

Me. Mocke en mnr. Payne het in November ‘n kursus vir Bestuurspanne by Goudini bygewoon. Dit is deur die

SAOU aangebied.

2.4 MEDIASENTRUM

Laerskool Stellenbosch se funksionele Multimedia-sentrum het soos in die verlede ‘n baie belangrike bydrae tot

die ontwikkeling van al die leerders van die skool gelewer.

Die leerders het navorsing gedoen d.m.v. gevorderde boekbronne in die Naslaan-en Nie-Fiksie- afdeling, die

Internet en ander multi-media soos Encarta ens.

Die leerders is vertroud met die gerekanariseerder katalogus en dit maak dit vir hulle maklik om bronne oor

spesifieke onderwerpe op te spoor, aangesien die Nie-fiksie-afdeling mikro ontsluit is.

Hierdie afdeling is op datum gehou met die nuutste vakliteratuur.

Die sirkulasie van al die materiaal is rekenaarmatig gedoen d.m.v. die Bookworm –rekenaarprogram, want elke

leerder van Graad R tot Graad 7 is die trotse besitter van ‘n gerekenariseerde ID-kaart.

Die slagspreuk “LEES BETER- LEER BETER- LEEF BETER” is bevorder deur die aanwins van 400-plus nuwe lekker

- lees boeke. Die biblioteek doen sy bes om al die jongste publikasies van Kinder- en Jeugboeke aan te koop.

Daar heers altyd ‘n gesellige atmosfeer in die biblioteek en daarom is dit ‘n gewilde bymekaarkomplek. Hier is

spontaan en met entoesiasme boekbesprekings gehou en aanbevelings gedoen.

Gedurende die jaar het elke Graad 7-leerder ‘n kwartaaldiensbeurt gekry om hulp in die biblioteek te verleen.

Hulle het hierdie opdrag met entoesiasme en getrouheid uitgevoer.

Inligtingsvaardigheids-klasse is vir Graad 4-7 –leerders aangebied.

Die Interaktiewe-bord is vir die klasse aangewend. Die bord is ook vir lesse in ander Leerareas in die Grondslag-

sowel as Seniorfase, met groot vrug, aangewend.

Ouerbetrokkenheid word aangemoedig. Gedurende die jaar het ouers ‘n belangrike rol gespeel met die in

standhouding en uitbreiding van hierdie sentrum.

Ons wil veral vir Me Hester Woest bedank vir haar volgehou ondersteuning en hulp in die biblioteek.

Baie dankie ook aan Marli van Zyl wat “ Guinness World Records 2010” aan die biblioteek geskenk het.

Die Mediasentrum van Laerskool Stellenbosch speel ‘n belangrike rol in elke leerder van

die skool se lewe.

Rekenaars:

Die Rekenaarlokaal het steeds 38 rekenaars wat goed onderhou word, waarvan daar 2 oues vervang is, en die

Server is opgegradeer. In April skenk Mnr. van Zyl, vanaf Sanlam, 60 geheuestokkies aan Me. Lee vir die

onderwysers se gebruik. Ons gradeer ook in die 2de kwartaal op na Microsoft Windows 2007. ‘n Verdere 3

rekenaars word vervang.

In Meimaand gaan Me. Moira Lee vir ‘n 3-dag kursus in Web Designing, sodat sy voortaan die skool se Webwerf

kan onderhou.

In die derde kwartaal word die WAT op ons rekenaars geïnstalleer vir die leerders se gebruik.

Ons neem ook aan “The South African Maths Challenge 2009” deel vir 2 weke lank in Oktober, en behaal as

skool ‘n tweede plek in die land. Ons kinders hou baie van hierdie opvoedkundige Wiskunde speletjie, en ons wil

graag die sagteware vir die skool aankoop in die toekoms. In die vierde kwartaal word 16 nuwe rekenaars

geïnstalleer, met 19” “flatscreens.” Daar is ook 2 nuwe Laserjet drukkers aangekoop vir onderwysers.

Die Rekenaarlokaal is Dinsdae- en Donderdae na skool tot 16:00 tot die leerders se beskikking. Gedurende

hierdie tyd kry leerders die geleentheid om klaswerk en take, asook navorsing en inligting op Internet te doen.

Ouers is welkom om saam met leerders die rekenaarlokaal te besoek. Daar word gepoog om leerders

genoegsame opleiding in die basiese sagteware soos Microsoft Word, Microsoft Excel, Microsoft Publisher en

Microsoft Powerpoint te gee, sodat hulle dit voorts in hulle take en ander opdragte kan gebruik. Hierdie

opleiding is ook ‘n voorloper van die opleiding wat in die Hoërskole aangebied word, en die leerlinge sal dus al

bekend wees met baie van die werk.

Die onderwysers gebruik ook gereeld die rekenaarklas vir voorligting, kutuurperiodes, opleidingsessies, en om

inligting te bekom. Die kinders geniet dit baie om saam te werk, en leer ook in groepsverband om die rekenaar

en sy komponente op ‘n interaktiewe manier te gebruik.

2.5 Onderwysstudente

Die onderwysstudente van die Universiteit van Stellenbosch het vanjaar vir die eerste keer hul proefonderwys

vir ‘n kwartaal by die skool gedoen. Dit het gedurende die derde kwartaal geskied en vir die onderwysers sowel

as die studente was dit ‘n nuwe ervaring. Gedurende die tweede en derde kwartaal het die skool ook studente

van die Kaapse Technikon, Wellington Kampus ontvang. Die voogonderwysers doen baie moeite om vir die

studente leiding en hulp te gee in verband met lesbeplanning en –aanbieding. Hulle leer ook van

klaskameradministrasie en vanjaar was van hulle behulpsaam by ons Wintersportdag.

Die Gr. R-klasse ontvang elke Donderdag studente van die Universiteit van Stellenbosch en die Eekhorinkies

ontvang studente van Boland Kollege gedurende die eerste twee kwartale van die jaar. Hierdie studente bied

lesse aan en word deur die onderwysers geëvalueer. Die onderwysers help die studente met die voorbereiding

en aanbieding van die lesse.

Van die grade het praktiese klasse by die Menslike bewegingskunde fakulteit te Coetzenburg bygewoon en

daarna lesse by die Opvoedkunde fakulteit.

3. KULTUUR

3.1 Junior- en senior drama

Seniordrama

Die senior drama groep het hierdie jaar baie in getal gegroei. Ons vergader tye was op Dindae. Gedurende die

eerste en vierde kwartaal het ons vanaf 14h00 tot 15h00 vergader en in die tweede en derde kwartaal vanaf

15h00 tot 16h00. In die tweede kwartaal het van die seniordrama leerders die geleentheid gekry om vir die

skool se Revue vir oudisies te gaan. Sewe leerders uit die Seniordrama groep is gekies as hoofrolle. Ons het

verskeie dramakomponente soos improvisasie, verhoogbestuur, drama opwarmings oefeninge behandel.

Gedurende die jaar het ons aan die toneelstuk “Pasop vir die feëtjies” gewerk. Elke leerder het ‘n geleentheid

gekry om ‘n verskillende rol te vertolk en dit het bygedra tot die ontwikkeling van elke leerder in die groep. Dit is

‘n riem onder die hart om die kreatiwiteit en entoesiasme van ons leerders te beleef.

Junior drama

Die junior drama het die jaar weereens die geleentheid aan kinders gebied om hul selfvertroue te ontwikkel en

die basiese vaardighede, wat met die drama verband hou, te demonstreer en te ontwikkel. Ongeveer 25 kinders

het elke Maandagmiddag vanaf 14:00 tot 14:45 in die skoolsaal bymekaar gekom. Elke kwartaal het ‘n ander

projek ingesluit. Gedurende die eerste kwartaal het leerders as ‘n groep die gedig “Woordeboek” geleer en

voorgedra. In die tweede en derde kwartaal het die leerders begin om hul eie poppe te maak vir hul eie

poppekas konsert. In hul verskeie groepies het hulle hul eie toneeltjie geskryf en na baie oefening het elke groep

ook die geleentheid gekry om dit vir die res van die Grondslagfase op te voer. Die laaste kwartaal van die jaar

het leerders die geleentheid gebied om aan ‘n kerskonsert deel te neem. Almal het dit geniet.

3.2 Stellenbosch Kunswedstryd

Woordkuns

Dit het weer besonder goed met ons leerders tydens die Stellenbosch Kunswedstryd gegaan. Die skool het 50

leerders ingeskryf. Daar was ook 2 privaat inskrywings. Hier volg die uitslae:

Cum Laude: 7 A+: 11 A: 11 B+: 8 B: 9

Ons is ook besonder trots op Julia Louw wat aangewys is as die bekerwenner vir die beste gedig vir ‘n

gr. 1-leerder. Etienne-Pierre Skein het ‘n beker in die graad 4-poësie-afdeling ontvang. Dankie aan al die

onderwysers, ouers en ondersteuners wat die Kunswedstryd hierdie jaar weer ‘n groot sukses gemaak het.

Musiek:

Hierdie jaar het daar weer eens groot groepe van ons leerders by die Stellenbosch Kunswedstryd (Musiek)

deelgeneem. Baie geluk aan elkeen wat goed presteer het.

Die uitslae lui as volg:

Bekerwenners:

Estelle Kemp: Laerskool Klavierduetbeker

Estelle Kemp: 11-jaar Klavierduetbeker

Janneke van Zyl en Ettienne-Pierre Skein: 9-jaar Klavierduetbeker

Lorraine de Waal: 9-jaar Sangbeker

Jeanne-Marie Marais: 9-jaar Sopraanblokfluitbeker

Nadia Human: 8-jaar Sangbeker

Nadia Human: 8-jaar Volksliedbeker

Klavier:

Cum Laude(8), A+(22), A(10), B+(4), B(1)

Klavierduet:

Cum Laude(3), A+(3), A(3)

Blokfluit:

Cum Laude(2), A+(2)

Sang:

Cum Laude(4), A+(12), A(1)

Tjello:

A+(1)

Viool:

A+(1), A(1), B+(2)

Kitaar:

B+(2)

Sanlam Musiekkompetisie vir Laerskoolleerders

Roelof Temmingh het hierdie jaar deelgeneem aan die landswye Sanlam Musiekkompetisie vir

Laerskoolleerders. Hierdie kompetisie is van besonder hoë standaard en dit is slegs leerders met buitengewone

talent wat hieraan deelneem. Roelof het ‘n algehele tweede plek in die kompetisie behaal . Dit is ‘n

uitsonderlike goeie prestasie en ons wens hom hartlik geluk .

3.3 Kultuuraand

Bekerwenners, Cum Laude-presteerders en leerders wat A + -toekennings verwerf het, kry tydens hierdie

geleentheid die kans om met hul talente te spog. Die aand word gevarieer met klaviersolo’s en –duette, sang,

voordrag, die Orkes en die Senior- en Juniorkoor. Ons leerders wys dat hul nie net musikaal en met gevoel kan

voordra nie, maar dat hulle ook verhoogetiket kan handhaaf.

3.4 Revue

‘Endlerstraat 40’ was ‘n reuse sukses! Omdat die skool 40 jaar oud is, het die storie gehandel oor die vorige vier

dekades. Moeite is gedoen om vorige notules na te gaan om die storielyn geloofwaardig te maak. Daar was

drama, opwinding, dans, musiek, humor en kleur.

Ons is trots om te kan sê dat elke leerder vanaf graad 1 tot graad 7 op die verhoog verskyn het. Daar was 15

hoofrolle wat hulle elkeen puik van hul taak gekwyt het. Ons was bevoorreg om Heinz Winckler (oud leerder) as

ons gaskunstenaar op die finale aand te hê.

Oefeninge aan hierdie produksie het reeds Mei-maand begin. Ouers en leerkragte het sonder om te skroom

ingespring en begin werk aan kostuums en dekor.

Die produksie het oor drie aande geloop, 14 tot 16 Oktober, en al drie aande was uitverkoop. Die stalletjies was

baie gewild en het ‘n feestelike aura aan die geleentheid verskaf. Ons stalletjie-gaskunstenaars was ‘n

hoogtepunt. Buiten die onskatbare opvoedkundige waarde van so ‘n produksie, besef ons weereens watter

ongelooflike jong talent daar in ons leerders opgesluit lê. Mag dit ons as leerkragte en ouers se missie en strewe

wees om dit na die beste van ons vermoë te ontdek en te ontgun.

3.5 Redenaars

Gedurende die eerste kwartaal het daar weereens ‘n geslaagde Intergraad Redenaarskompetisie tydens die

kultuurweek plaasgevind.

Altesaam 24 leerders vanaf gr.4-7 het deelgeneem. Ons het dit goedgedink om nie onvoorbereide toesprake te

doen nie, aangesien tyd ‘n kwessie is.

Die volgende leerders was wenners in hulle onderskeie grade:

Antoinette Hoon (gr.4)

Marli van Niekerk en Alexander Brand (gr.5)

Marsha-Ann Janse van Rensburg (gr.6)

Christiaan Meyer (gr.7)

Ons was weer uitgenooi om aan die interskole redenaarskompetisie in die Taalmuseum in die Paarl deel te

neem. Christiaan Meyer en Marsha-Ann JvRensburg het deelgeneem. Beide het na die onvoorbereide afdeling

deurgedring. Christiaan Meyer het die kompetisie gewen.

Die taalmuseum het ‘n redenaarswerkswinkel in die eerste kwartaal aangebied. Daar is redenaars geleer hoe om

‘n toespraak te skryf. Drie van ons leerders het tesame met Me. Adiska du Preez die werkswinkel bygewoon.

Carma Botha (gr.6), Marena Woest (gr.6) en Dene van Wyk (gr,6).

In die tweede kwartaal het die ATKV Redenaarskompetisie begin. Carma Botha (gr,6), Marena Woest (gr.6), Mia

Dupper (gr.7) en Christiaan Meyer (gr.7) het daaraan deelgeneem. Mia Dupper en Christiaan Meyer het

deurgedring na die semi-finale rondte by Monument Park Hoërskool in Kuilsrivier. Mia Dupper het eerste in haar

afdeling geeïndig en dring deur na die finaal in Bloemfontein.

In die vierde kwartaal het Laerskool Stellenbosch ‘n Redenaarsfees aangebied om die skool se 40ste bestaan te

vier. Ons het verskeie skole uitgenooi, maar sommige moes die uitnodiging van die hand wys a.g.v. ander

verpligtinge. Die datum moes ook van die derde kwartaal na die vierde kwartaal uitgestel word, omdat verskeie

skole nie beskikbaar was nie. Vyf skole nl. De Kuilen, Lochnerhof, Eikestad, Gimnasium en Stellenbosch neem

hieraan deel. Ons borge van die aand was Vriende van Afrikaans en Mariaan en Frans JvRensburg. Die

kompetisie het twee bene gehad nl. Afdeling Gr.6/7 en Afdeling Gr.4/5. Die graad 6 en 7 afdeling het

onvoorbereide toesprake ook gelewer. Die volgende leerders het hieraan deelgeneem:

Antoinette Hoon (gr.4)

Marli van Niekerk en Alexander Brand (gr.5)

Carma Botha (gr.6)

Mia Dupper en Christiaan Meyer (gr,7)

Carma, Mia en Christiaan het deurgedring na die onvoorbereide afdeling. Carma Botha het ‘n 2e plek gewen en

Christiaan Meyer het die eerste prys losgepraat. Ons wil defnitief poog om hierdie kompetisie ‘n jaarlikse

instelling te maak. Vriende van Afrikaans het aangedui dat hulle weer volgende jaar betrokke wil raak.

Ons senior redenaars kry genoeg blootstelling aan kompetisies, maar ons junior redenaars kry te min

geleenthede.

3.6 Eksterne-musiekeksamens

Baie geluk aan die volgende leerders wat puik presteer het tydens eksterne musiekeksamens:

Breyten Maritz: Klavier Voorgraad 1 (Lof), Estelle de Villiers: Voorgraad 1 (Eervolle Vermelding), Ine-Mari

Mocke: Klavier Voorgraad 1 (Slaag), Janneke van Zyl: Klavier Voorgraad 1 (Lof), Daniélle Theron: Klavier

Voorgraad 1 (Lof), Thomas Butler: Klavier Voorgraad 1 (Lof), Alex Aldrich: Klavier Voorgraad 1 (Lof), Sophia

Dercksen: Klavier Voorgraad 1 (Lof), Michelle Jacobs: Klavier Graad 1 (Slaag), Liezel Jacobs: Klavier Graad 1

(Slaag), Marena Woest: Klavier graad 2 (Eervolle Vermelding), Petrea Butler: Klavier Graad 2 (Eervolle

Vermelding), Johan Giliomee: Klavier Graad 2 (Eervolle Vermelding), Theresa Theron: Klavier Graad 2 (Lof),

Rouxanne Janse van Rensburg: Blokfluit Graad 2 (Eervolle Vermelding), Pierre Theron: Klavier Graad 2 (Slaag),

Christiaan Meier: Klavier Graad 2 (Lof), Carma Botha: Klavier Graad 3 (Lof), Marlise Theron: Viool Graad 3

(Lof), Rüderick Heuer: Klavier Graad 3 (Slaag), Noreen van der Merwe: Klavier Graad 3 (Eervolle Vermelding),

Rina-Mari Weideman: Klavier Graad 3 (Lof), Marlise Theron: Klavier Graad 4 (Eervolle Vermelding), Emlyn

Allwright: Klavier Graad 4 (Eervolle Vermelding).

3.7 Juniorkoor

“Vrees niet waar klinkt het lied. Slechte mensen zingen niet!”

Nederlandse spreuk

Die Juniorkoor bestaan uit 56 lede. Ons grootste doel is om ‘n liefde vir sang aan te kweek en om leerders van ‘n

geskikte lied-repertorium vir hulle ouderdom te voorsien. Dit word gedoen deur baie volksliedjies, kinderliedjies,

beweging en stories deel te maak van oefeninge. Ons grootste mikpunt is dat leerders sal sing net waar hulle

gaan en dat hulle die nodige liedjies ken, om dit moontlik te maak vir elke geleentheid. Dit is kenmerkend dat

die jaar waarin Revue gehou word, minder tydaan buite optredes bestee word.

Deelnames die jaar het ingesluit:

• Die kultuuraand

• Graad 1-dag verwelkoming.

• Die maak van ‘n nuwe CD

• Kerkoptrede by die Moederkerk

• Lofprysingsaand

Dit bly ‘n vreugde en voorreg om kinders te laat sing.

3.8 Senior Koor

Die Seniorkoor het hierdie jaar hard ge-oefen aan hul repertorium vir die Koor- en Musiek CD. Hulle tree wel op

in die Endlersaal tydens ‘n Koorfees. Die Junior- en Seniorkoor sing in die Moederkerk asook die Weskerk. Die

jaar word afgesluit met ‘n optrede saam met die Juniorkoor, tydens die Lofprysingsaand.

3.9 Orkes

Ons skool is uiters bevoorreg om ‘n verskeidenheid van xilofone, glockenspiels en ritme instrumente te hê. Dit

bied ‘n geleentheid aan leerders om saam musiek te maak. Om aan te sluit by hulle musikale opvoeding kry

leerders die kans om op ‘n gereelde basis saam te oefen en op te tree. Die slagorkes het hierdie jaar die kore

begelei op die CD wat uitgereik is en die strykorkes het met die Lofprysingsaand op 19 November die

begeleiding gedoen . Die orkes bestaan uit leerders van graad 4 tot graad 7 onder leiding van mev A Kemp.

3.10 Entrepreneurs

Vanjaar was weer ‘n baie lekker jaar wat die Entrepreneursklub aanbetref. Gedurende die verloop van die jaar

tydens die eerste en vierde kwartaal, kry graad 4-7 leerders ‘n beurt om hulle produkte tydens eerste pouse op

‘n Vrydag te verkoop. Leerders betaal ‘n R10 fooi per kwartaal per produk wat hulle verkoop en moet ook ‘n

volledige besigheidsplan indien. Aan die einde van die jaar kry die 3 leerders wat die meeste wins gegenereer

het, ‘n klein kontant bedraggie.

Aan die begin van die eerste kwartaal het omtrent 30 leerders by die Entrepreneursklub aangesluit, maar met

verloop van tyd het die getalle afgeneem. Ons sou graag wou sien dat leerders end uit volhou om deel te neem.

Leerders kry tog die geleentheid om wel hul besigheidsvaardighede te ontwikkel.

Tydens die tweede en derde kwartaal kry elke graad ‘n geleentheid om op Vrydae hulle produkte te verkoop.

Hierdie geleentheid is ‘n verlenging van die leerarea Ekonomiese Bestuurswetenskappe waarvan

Entrepreneurskap een van die uitkomstes is. Die leerders stel hul kreatiwiteit en besigheidsvaardighede ten toon

en pak hierdie projek gewoonlik met baie entoesiasme aan. Tydens die Grondslagfase entrepreneursdae word

ouers toegelaat om die leerders te help met die hantering van geld. Die senior leerders moet onafhanklik werk.

Die jong entrepreneurs vermaak ons gewoonlik met hul interessante advertensies en rympies. Elke leerder is

verantwoordelik vir sy eie advertensie en kleingeld.

Dit is verblywend om te sien met hoeveel entoesiasme die leerders die entrepreneursdae aanpak.

3.11 VCSV-Koffiekroeg

Karlien Grobbelaar het die jaar se koffiekroeg behartig, wat op ‘n Woensdagaand gehou is. Koffiekroeg was

gewild onder die Gr 7’s en dit is getrou bygewoon. Die leerders kon waardevolle Christelike beginsels en lesse uit

elke Woensdagaand put, wat hul kan saam neem deur hul hoërskooljare. Daar is ook gesorg vir lekker kuiers, lag

en lafwees rondom koffie en malvalekkers. Die einde van die jaar het ook ‘n genotvolle braai en kuier rondom

die braaivleisvure opgelewer.

Daar is tog ‘n behoefte onder die leerders om lekker te kan “praise and worship”. Lucia en Roland Giesler het

wel ‘n paar aande aangebied om die “praise and worship” te lei. Dit het groot byval by die leerders gevind. Dit

sal wonderlik wees indien elke Woensdagaand met ‘n lofprysingsessie van 15 – 20 min afgeskop kan word,

voordat die lesse begin word.

Ons kyk terug op ‘n werklik geseënde jaar en glo dat elke Gr 7 leerder iets waardevol geleer het wat hy/sy sal

kan saamvat op hul pad na volwassewording en geestelike groei.

3.12 Leerderraad

Die leerderraad het vanjaar uit 18 lede bestaan. Die hoofseun was Albert Brand en die hoofmeisie was Mia

Dupper. Die ander lede was, Benilo Slabbert, Balthazar Kloppers, Hannes Coetsee, Roelof Temmingh, Simoné

Rohlandt, Marilé van Zyl, Daniéla Barnard, Jani Janse van Rensburg, Michael Moller, Anmari Smith, Nicholas van

der Merwe, Alyssa Gildenhuys, Liebe Neethling, Nienke Osborne, Noreen van der Merwe en Rina-Mari

Weideman . Hierdie lede het een maal per week vergadering om hul take te koördineer. Hulle was behulpsaam

met die handhawing van dissipline. Die speletjiesaand wat deur die graad 7 groep, onder leiding van die

leerderraad elke kwartaal aangebied word, vind groot byval onder al die leerders van die skool.

3.13 Bybelvasvra

Laerskool Stellenbosch het weereens hierdie jaar aan die Rapportryers se Bybelvasvra-kampioenskappe

deelgeneem. Twee spanne het deelgeneem en albei spanne het na die finale rondte gevorder.Die skrifgedeeltes

waaruit hulle moes werk, was Genesis en Markus (eerste rondte) en 1Konings en Markus (tweede rondte). Die

leerders het die uitdaging terdeë geniet, maar dit het egter met harde werk gepaard gegaan. ‘n Baie spesiale

woord van dank aan Marcell Mullet en Charlene Jones vir al hul moeite,tyd en opoffering. Dit word opreg

waardeer.

3.14 Boschpraatjies

Die Boschpraatjies-redaksie het gedurende 2009 hul kant van oor tot oor gebring en kan terugkyk op `n

suksesvolle jaar van stories skryf, onderhoude voer en navorsing doen.

Waar daar in die verlede uitgawes van tot 28 bladsye die lig gesien het, is daar besluit om vanjaar weer ‘n

dunner uitgawe, wat uit slegs sestien bladsye bestaan, uit te gee. Die Boschpraatjies mag wel dunner gewees

het, maar daar was verseker nie ‘n tekort aan lekkerlees-stories, interessante feite, pragtige foto’s en die jongste

en varsste Laerskool Stellenbosch-nuus nie.

Gedurende die jaar is daar elke kwartaal ongeveer 550 uitgawes aan die leerders en vriende van Laerskool

Stellenbosch versprei. Ons is trots op die glansblaaie, sowel as die kleur voor- en agterblaaie wat ons

skoolkoerant opkikker.

Die veelsydige Mia Dupper het vanjaar die leisels as redaktrise oorgeneem en haar uitstekend van haar taak

gekwyt. Die redaksie was ‘n stewige twaalf lede sterk en almal het ywerig saamgewerk om ‘n koerant van ‘n hoë

gehalte te verseker.

Die Boschpraatjies poog steeds daarin om ‘n wye lesersmark te betrek. Daar kan met trots gesê word dat ons

elke kwartaal leesstof vir die Grondslagfase, Senior Fase én ouers verskaf. Ons probeer ook ons bes om die

leerders bewus te maak van wat tans in die land en die buitewêreld aan die gebeur is. 2009 is sinoniem met

Laerskool Stellenbosch se 40ste bestaansjaar. Reg deur die jaar is daar berig oor die aktiwiteite wat rondom die

Feesjaar beplan is.

Die Herfs- en Winter-uitgawes is vir die Naspers Skolekoerant-kompetisie ingeskryf. Uit al die inskrywings is die

Boschpraatjies as die tweede beste laerskoolkoerant in die land aangewys!!! Iets waarop ons uiters trots is.

Gedurende Oktober-maand het die redaksielede die prysuitdeling by Naspers (?) se kantore in Kaapstad

bygewoon.

Mag die Boschpraatjies nog lank die leerders en vriende van Laerskool Stellenbosch met sy goeie leesstof

vermaak.

3.15 Buitelugopvoedingskampe

Buitelugopvoedingskampe

In 2009 was dit sekerlik weer een van die hoogtepunte in die Senior fase. Die kampe het vanaf 25 tot 27

Februarie plaasgevind. Die leerders het die volgende kampterreine besoek:

Graad 7 - Melkbosstrand

Graad 6 - Bergkroon

Graad 5 - Bainskloof

Die graad 4- leerders het vir een aand uitgeslaap en die wonderlike geleentheid het by die Simonsberg Christian

Conference Centre die 19 de en 20ste Februarie plaasgevind.

Tydens die kampe is daar op verskeie vaardighede klem gelê en ons hoop dat dit ‘n verwysingsraamwerk vir

menige leerder sal bly:

- God se skepping

- Leierskap en spanbou

- Die wonder van die natuur en dierelewe

- Oorlewing

- Naguitstappies

- Kreatiwiteit

- Bewaring vir die toekoms

- Selfontdekking

Dit was vir elkeen ‘n wonderlike geleentheid met absolute positiewe terugvoering.

Aan elke personeellid wat die leerders vergesel het, ‘n groot dankie. Mag 2010 se kampe ‘n hoogtepunt wees.

3.16 Opvoedkundige kamp

Ons vertrek op ‘n nat Woensdagoggend, maar vol geesdrif en afwagting, op ‘n toer wat sekerlik nog lank by ons

leerders se gedagtes sal bybly. Die ouers het gesorg vir genoeg padkos wat ons tot en met Masinna sou hou en

daar was ‘n atmosfeer in die bus wat net die leerders kan beskryf.

Oppad Goudini toe was daar tyd vir so bietjie lyn nat te maak by “du Toitkloof Troutfarm” en tot ons almal se

verbasing vang Christiaan Liebenberg ‘n 1kg kneuwel! Dit was sekerlik een van die hoogtepunte van die toer. Al

58 leerders het die vangs aanskou en vir baie was dit hul eerste kennismaking met ‘n Reënboogfoerel. Weer

terug op die bus, met die oog op Goudini en sy warmwaterbronne, kry jy die gevoel dat die toer lekker gaan

wees.

Ons was verwelkom deur Lourens Fourie en sy span van Disa Jeugtrust wat die kamp vir ons gereël het. Hulle het

gesorg vir ‘n onvergeetlikke tyd. Die leerders was ingedeel in hul onderskeie rondawels. Elke groep van vier het

‘n boks ontvang met hul eie kos wat hulle moes uithou tot ons weer vertrek. Die hoof idee was om leerders in ‘n

realistiese situasie te plaas waar hulle sosiale vaardighede moes toepas en aanleer. Die leerders was opgewasse

teen die taak. Daar was gereeld geswem en tussen 17h00 & 18h00 daagliks het Stellieskinders seker gemaak die

“Supertube” word ten volle benut!

Die span van Disa Jeugtrust het die leerders vertel van die ontstaan van die warmwaterbronne en so bietjie oor

die geskiedenis van Goudini en die omliggende omgewing.Die warmwaterbron was vir ons as kampleiers ‘n

troefkaart. Saans tussen 21h00 & 22h00 was daar geswem. Die effek van die warmwater op die leerders se

energievlakke het gemaak dat almal rustig was teen 23h00.

4. SPORT

Donderdagoggend na ontbyt het ons besoek gaan aflê by die Pionierskool vir blindeleerders. Dit was ‘n

onvergeetlike ervaring. Die leerders het met ywer vra gevra en self ervaar hoe dit moet wees om vir ‘n oomblik

nie te kan sien nie. Van die leerders se kant af wil ons Pionierskool se personeel em leerders bedank vir die

besoek. Na middagete by die Spur het ons Kleinplasie besoek om te sien hoe mense dit in die oudae gedoen

het. ‘n Blitsigge rit op ‘n donkiekar om die plaas was ‘n eerste vir baie en die glimlagte op die leerders se gesigte

het die storie vertel. Donderdagaand was daar by elke rondawel gebraai en roosterkoek gemaak. Wat ‘n gepaste

afsluiting vir ‘n onvergeetlikke toer.

Daar was nog tyd vir een laaste swem voor die bus se wiele weer in die rigting van ons geliefde Stellenbosch rol.

Juffrou Anmar en myself was eintlik bederf met die leerders se goeie gedrag en volhoue entoesiasme.

4.1 Swem

Laerskool Stellenbosch het ‘n geweldige suksesvolle jaar in die swembad gehad. Ons afrigters is vuur-en-vlam en

huiwer nooit om ten spyte van baie koue weer saam met die leerders in die swembad te klim nie. Sonder die

afrigters sou ons beslis nie soveel entoesiasme onder ons swemmers ervaar het nie.

Drie van ons swemmers, Irené Dreyer, Benje Momberg en Mia van der Westhuyzen, behaal die Bolandspan en

Benje Momberg swem vir homself ‘n plek in die Wes-Kaapspan oop.

1. MAANDAE EN WOENSDAE OEFENINGE

Ons maak nog steeds gebruik van Rhenish Hoërskool se swembad. Huurgelde beloop R75,00 per dag se gebruik.

2.1. Eerste kwartaal:

Tydens die eerste kwartaal word swemlesse aan die graad R tot 7-leerders aangebied. Sewe groepe en nie meer

net vier, soos in 2007, oefen gelyktydig op Maandae en Woensdae vanaf 17:00 – 17:30. Die groepe wissel van

watervrees en beginners, tot leerders wat swem om hul styl en stamina te verbeter. In 2007 was daar net 60

leerders wat die oefeninge bygewoon het. Hierdie jaar het ongeveer 120 swemmers hierdie oefeninge gereeld

bygewoon. Ons het nou vier meer opvoeders in die swembad. Agt opvoeders is gelyktydig in die swembad saam

met die leerders. Die onsettende groei in die aantal swemmers wat by ons oefen het ons genoodsaak om die

leerders in twee groepe te deel. Een groep oefen op ‘n Maandag en die ander groep oefen op ‘n Woensdag

vanaf 17:00 tot 17:30. Vanaf 17:30 tot 18:00 oefen net die Graad 1 tot 7-leerders wat lengtes kan swem.

Die afrigters wat hierby betrokke is, is Carolien Heenop, Adiska du Preez, Elzeth Truter, Lynette Smit en Marlene

van der Westhuizen. Ons is gelukkig om vrywillige ouers soos Niki Landman te hê wat graag haar hulp aanbied.

Dit bied die geleentheid vir meer swemmers om op ‘n slag te swem en om die swemgroepie per afrigter so klein

as moontlik te hou.

2.2. Vierde kwartaal

Tydens die vierde kwartaal word swemlesse aan die graad 1 tot 7-leerders, wat reeds ‘n lengte aaneen kan

swem, aangebied. Die groep oefen op Maandae en Woensdae vanaf 17:00 – 18:00. By die groepe konsentreer

ons op styl en stamina, asook op voorbereiding vir die Joe Grindlay gala, die Satellietgala en die volgende jaar se

Interkleure swemgala. Ongeveer 20 swemmers woon hierdie oefeninge gereeld by. Die meeste gala swemmers

is lede van Maties swemklub of Rhenish swemklub en oefen dus nie noodwendig op die dae saam met ons nie,

maar eerder by hulle eie klub. Ons twyfel gereeld of daar enigsins swemmers gaan opdaag op die oefendae,

maar swemmers word blykbaar nie afgeskrik deur koue en wind nie.

Die afrigters wat hierby betrokke is, is Carolien Heenop, Adiska du Preez, Elzeth Truter. Marlene van der

Westhuizen word vanaf hierdie kwartaal verskoon van die swem, aangesien haar verpligtinge met die

Huiswerkboekie en Boschpraatjies aansienlik toegeneem het.

2. MATIES SWEMKLUB

Ons het ongeveer 30 swemmers wat deel is van die Maties swemklub. Hulle neem regdeur die jaar aan verskeie

klubkampioenskappe deel.

4. RHENISH KOMPETISIEGROEP

Swemmers in die groep oefen in Laerskool Rhenish se swembad by Biffie. Die groep dien hoofsaaklik as die

voorbereidingsgroep voor daar na die Matie swemklub gevorder word.

5. BOLAND KAMPIOENSKAPPE

Ons skop die seisoen af met die inskrywings vir die Boland Kampioenskappe wat op Saterdag, 31 Januarie, in

Paarl-Oos gehou word. Boland kleure is deur die volgende swemmers verwerf:

• Irené Dreyer (gr.6).

• Benje Momberg (gr.5).

• Mia van der Westhuyzen (gr.4).

6. SATELLIET PROEWE

Misnoë word deur verskeie skole gerig aan die bestuur van Boland Primêre Skole Swem. Die swemmers wat vir

die span gekies word kry geen verdere geleentheid om aan galas deel te neem nie. Die probleem sal met Swem

SA bespreek word en die skole sal van die besluit daar ingelig word. Op 16 Oktober 2008, by die Jaarvergadering

van Boland Primêre Skole Swem, was die probleem nog nie uitgeklaar nie. 21 November 2009 word as ‘n

voorlopige datum vir die volgende Satelliet proewe deurgegee. Die meeste van die 25 skole wat die vergadering

bygewoon het is egter gekant teen die gala, indien die swemmers nie verdere galas het om aan deel te neem

nie.

Die Satelliet proewe vind wel plaas op 21 November. ‘n Klein groepie van ons leerders neem jaarliks deel,

aangesien die afstand 50m is. Die uitslae sal later bekend gemaak word. Die 0/8-leerders wat volgende jaar vir

die 0/9-groep sal swem neem deel en geen 0/13 neem deel nie, aangesien hy of sy die volgende jaar nie meer

vir die Laerskool swem nie.

7. SEUNS- EN DOGTERSGALA

Geen van ons leerders neem vanjaar aan die Seuns- en Dogtersgala, wat in die Paarl aangebied word, deel nie.

Die galas vind onderskeidelik plaas op ons Interkleure atletiekdag en op ons Klasvergaderings en gesinsbraai.

Verskoning word by mnr. Nugent Robain (Voorsitter: Boland Primêre Skole Swem) in die verband gemaak.

8. WES-KAAPPROEWE

Die Wes-Kaapproewe vind plaas op 14 Februarie in die Bellville swembad. Irené Dreyer, Benje Momberg en Mia

van der Westhuyzen neem aan die proewe deel. Dit is met trots dat Benje Momberg die Wes-Kaap span haal.

9. INTERKLEURE GALA

Ons Interkleure gala word op 24 Februarie by Rhenish Hoërskool se swembad aangebied. Die huur van die

swembad vir die dag beloop R500,00. Deur die gala poog ons om massadeelname te bevorder. Die administrasie

rondom die gala word ook verfyn. ‘n Excel-program op die skool se skootrekenaars word gebruik om die

spanpunte, trofeë wenners en finale uitslae te verwerk. Dit werk pragtig en die gala kan ook meer vloeiend

geskied sonder enige oponthoude.

Die volgende swemmers stel nuwe rekords op:

• Jana le Grange (0/7 Rugslag)

• Mia van der Westhuizen (0/10 Vryslag; Borsslag)

• Benje Momberg (0/11 Vlinderslag; Rugslag)

Die volgende trofeë is uitgedeel:

Jnr. Victor Ludorum – Berno van der Berg (gr.2)

Jnr Victrix Ludorum – Liezel Malherbe (gr.3)

Snr. Victor Ludorum – Benje Momberg (gr.5)

Snr Victrix Ludorum – Mia van der Westhuyzen (gr.4)

Beste dogter swemmer – Noreen van der Merwe (gr.7)

Beste seun swemmer – Francois Knoetze (gr.4)

Wenspan – Wit (141) ; Rooi (143) ; Groen (57)

10. NASIONALE KAMPIOENSKAPPE

Benje Momberg het vanaf 2- 3 Maart aan die Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Hulle het

baie goed gevaar.

11. CHALLENGE GALA EN AFLOSGALA

Die Challenge gala en Aflosgala vorm nou een gala. Ons top-swemmers mag wel by die kompetisie die aflosse

swem, maar mag nie individueel deelneem nie.

Die gesamentlike galas word op 21 Maart by die Munisipale swembad in Wellington gehou. Die gala is baie

gewild onder ons beginners, aangesien die afstand slegs 25m is en rosette word aan die eerste drie swemmers

oorhandig. Die swemmers kompeteer ook nie teen Boland swemmers nie. Geen swemmer wat by die Boland-,

Satelliet- of Wes-Kaapproewe geswem het mag deelneem nie. Negentien meer leerders het hierdie jaar aan die

Challenge gala deelgeneem, aangesien daar vooraf namens die leerders ingeskryf is vir die gala. Vyf-en-twintig

van ons swemmers neem deel en 6 goue medaljes, 4 silwer medaljes en 2 brons medaljes word behaal.

12. JOE GRINDLAY GALA

Die Joe Grindlay gala tussen Noord-Eind, Stellenbosch en Courtrai vind op 17 November plaas. Verlede jaar het

ons elf 1ste plekke, vyftien 2de plekke en vyftien 3de plekke behaal en twee nuwe rekords is deur ons

swemmers opgestel. Die seuns het ook hul wisselslag aflos gewen en die dogters het ‘n tweede plek behaal.

Met die uitstekende standaard van ons swemmers is ons seker daarvan dat ons hierdie jaar nog beter sal vaar.

13. BOLAND PRIMêRE SKOLE SWEM JAARVERGADERING

Word op 29 Oktober om 15:30 te William Lloyd Webber in die Paarl gehou. Die Jaarboekie vir 2010 word

uitgedeel asook die korrekte inskrywingsvorms vir elke gala.

Inskrywingsvorms vir alle galas sou reeds in 2008 per e-pos aan die skole gestuur word om die administrasie

daarvan te vergemaklik. Dit het egter nie gebeur nie. Die belofte word tydens vanjaar se vergadering herhaal en

ons hoop dit sal wel geskied, aangesien dit die stuur van inskrywings baie sal vergemaklik. Deur die swemmers

se name in te tik en nie te skryf nie, word ook verseker dat name korrek op die programme verskyn.

Afrigters moet steeds onthou om swemmers met die regte kwalifiserende tye in te skryf vir die Boland

byeenkoms en nie swemmers wat nie binne die stadigste tyd die slag of afstand sal kan voltooi nie.

Indien ‘n swemmer nie by die proewe kan wees nie, sal sy of haar vorige tye nie in aanmerking geneem word om

te kwalifiseer vir die Bolandspan, ens. nie. Swemmers moet swem by die proewe. Geen verskonings sal aanvaar

word nie.

14. DATUMS VIR 2010 BOLAND GALAS

1. Boland Kampioenskappe inskrywings: 22 Januarie 2010

2. Boland – Sentraal Seunsgala: 26 Januarie 2010 : Paarl-Oos swembad

3. Boland-Sentraal Dogtersgala : 2 Februarie 2010 : Paarl-Oos swembad

4. Boland Kampioenskappe: 6 Februarie 2010 : Paarl-Oos swembad

5. Wes-Kaapproewe: 13 Februarie 2010 : UWK swembad

6. Challenge gala: 6 Maart 2010 : Wellington swembad

7. Nasionale Kampioenskappe: 5,6,7 Maart 2010 : Port Elizabeth

4.2 Atletiek

Feesjaar 40 !!! Vir die eerste keer was daar spandrag by die kleurbyeenkoms. Elke leerder uitgevat in sy/haar

span se kleur T-hempie met die Stellies 40 jaar, 1969-2009, prominent. Groen, rooi en wit het waarlik

uitgestaan. Massadeelname en goeie prestasies het die dag op ‘n hoë noot afgesluit.

Die Rooispan het as oorwinnaars na vore getree, met die Wit- en Groenspan kort op hul hakke. Die Witspan het

die geesbeker gekry vir hul volgehoue ondersteuning.

Die volgende atlete ontvang spesiale toekennings.

Beste Baan (seun) - Wolfgang Wild

Beste Baan (dogter) - Emma Wood

Beste Veld (seun) - Weyers Meintjes

Beste Veld (dogter) - Anmari Smith

Junior Victrix - Deidre Snyders

Junior Victor - Wynand Neethling

Senior Victrix - Tami Hartogh

Senior Victor - Weyers Meintjes

Beste prestasie

van die dag - Anmari Smith

Die volgende byeenkoms is op Coetzenburg en hier oortref ons wat deelname betref, alle vorige rekords. Seween–vyftig

atlete kwalifiseer in 86 items om aan die Stellenbosch Kampioenskappe deel te neem.

In 21 items word Stellies se atlete as Stellenbosch Kampioene gekroon. 45 Atlete in 61 items dring deur na die

Sentraal Kampioenskappe. Daarna vind die Boland Kampioenskappe plaas en die volgende atlete ontvang hul

Boland-kleure:

Weyers Meintjes, Xanthe Viljoen, Anmari Smith, Manuela Huckfeldt, Emma Wood en

Le Roux Kloppers.

Weyers, Anmari en Manuela word in die Wes-Kaapspan opgeneem wat aan die Suid-Afrikaanse Laerskool

Kampioenskappe deel te neem. Ongelukkig het die lang reis na Polokwane ‘n demper op hul prestasies geplaas,

maar op elkeen van ons atlete kan ons met reg baie trots wees.

Ons skoolspan neem aan die volgende plaaslike byeenkomste deel, waar hulle elke keer die verwagtinge oortref:

Hendrik Louw Pestige Byeenkoms en Worcester – Noord

se byeenkoms.

Ons eie Neelsie-byeenkoms was waarlik die hoogtepunt met Johan en Marinda Fourie (beide Springbokke) en

Roxy Burns (Para-Olimpiese atleet) wat medaljes oorhandig het.

Tydens die WA Joubert Grondslagfase byeenkoms presteer ons jong sterretjies pragtig.

In die 4’e Kwartaal is ons tradisionele byeenkomste deur die Revue in die wiele gery, maar ons neem as

plaasvervanger vir die eerste keer aan Lochnerhof se Top 12 byeenkoms deel.

Voor die byeenkoms neem 79 atlete aan Beaumont Primêr se byeenkoms deel en lewer mooi prestasies. Tydens

die Top 12 byeenkoms neem 72 atlete teen 25 top atletiekskole se atlete deel. Na afloop van die byeenkoms

word die 12 beste atlete van die dag aangewys.

Weyers Meintjes en Emma Wood is deel van die uitgelese groep.

Ons sien uit na ‘n puik 2010.

4.3 Tennis

Laerskool Stellenbosch het hierdie jaar 3 dogterspanne en 6 seunspanne wat in die skool-liga ingeskryf is. Ons

resultate is baie goed en baie van ons junior spelers word so aan wedstryde blootgestel.

Ons het vanjaar aan ‘n klomp toernooie deelgeneem waar uitstekende resultate behaal is.

Saam met De Hoop was ons gasheer by die Wilsonbeker tennistoernooi by Sun City. 2 Seunsspanne en 1

Dogterspan het deelgeneem, nl Nicholas van der Merwe, Weyers Meintjes, Albert Brand, JD Malan, Jean du

Plessis, Jeninio Coetzee, Lukas la Grange, Rüderick Heuer, Marcel van der Merwe en Jacques Oosthuizen, Janet

Koch, Marsha-Ann Janse van Rensburg, Rouxanne Jansen van Rensburg, Eunice Rohlandt en Minke Beukes.

Die dogterspan was ook by die Amanda Coetzer toernooi in Bloemfontein waar ons al ons wedstryde gewen het

maar ongelukkig met punte verloor het vir ‘n tweede plek.

Daar was ook ‘n span wat aan die KFC-toernooi te Laerskool Mikro deelgeneem het asook aan die De Doorns

gemengde toernooi.

Ons eerste seuns- en dogterspanne is na die prestige Gerrie Berner toernooi vir laerskole in die land genooi. Die

toernooi het in Oktober in die Paarl plaasgevind. Ons dogters het ‘n derde plek en die seuns ‘n vierde plek

behaal. Sestien meisie- en seunspanne het deelgeneem. Baie geluk met julle mooi prestasie! Die spanne was:

Seuns: Weyers Meintjes, Nicholas vd Merwe, Jeninio Coetzee, Jean du Plessis, Marcel vd Merwe, Rüderick

Heuer, Daniel van Zyl Dogters: Janet Koch, Marsha-Ann J v Rensburg, Rouxanne J v Rensburg, Minke Beukes,

Eunice Rohlandt, Simoné Rohlandt, Manuela Huckfeldt.

Deur die jaar het verskeie van ons spelers sukses behaal deur vir Sentraal Boland en Boland gekies te word.

Twee van ons seuns, Weyers en Jeninio is ook opgeneem in die SA skolespan wat in November in Amerika

deegeneem.

4.4 Krieket

Laerskool Stellenbosch kon vanjaar in beide 0/11 en 0/13 groepe drie spanne in elke ouderdomsgroep in die

veld stoot. Die mini-krieketspanne het vanjaar baie wedstryde gespeel en ook aan verskeie toernooie

deelgeneem, onder andere in Hermanus en Kuilsrivier. Hulle speel ook in ‘n liga waar hulle elke Donderdag ‘n

wedstryd in Stellenbosch teen ons plaaslike skole speel.

Al die bogenoemde spanne was hoogs suksesvol en het die meeste van hul wedstryde gewen.

Baie geluk aan die volgende spelers wat in die Boland-Sentraal 2-spanne opgeneem is:

0/11: Jan-Hendrik Momberg, Johan Giliomee en Le Roux Kloppers

0/12: Gergor Pfaff en Christiaan du Toit

0/13: Johann Siebrits, Balthazar Kloppers, Albert Brand, Avril Malan en Roelof Conradie.

Ons is baie trots op Albert Brand, Johann Siebrits en Balthazar Kloppers wat in die Boland 0/13 krieketspan

opgeneem is. Ons het vanjaar as deel van ons feesjaarvieringe, ‘n ses-aan-‘n-kant kriekettoernooi aangebied.

Ons 0/13 span het die finaal teen Hermanus gewen.

4.5 Netbal

Laerskool Stellenbosch het in 2009 ‘n baie belowende jaar beleef. Spanne het puik spel gelewer en

massadeelname het veroorsaak dat daar mooi beplan moes word om vir elke groep ‘n baan beskikbaar te stel.

Entoesiastiese onderwysstudente het die gr. R’e gedurende die derde kwartaal afgerig en hulle het die spel baie

geniet en dit was heerlik om te sien hoe die dogters dit stapsgewys aanleer.

Mini-netbal het vanjaar weer uitsonderlik presteer deurdat daar 4 spanne in die 0/7- en 0/8-groep was. Die 0/9netbalgroep

bestaan net uit twee spanne, maar ons glo dat daar nog entoesiastiese netbalspeelsters by hulle sal

aansluit. Ongelukkig is Durbanville se sportdae vir 0/7 –0/9 gekanselleer weens slegte weer.

Die 0/10-netbalgroep spog met 5 spanne en daar is hard gepoog om elke speelster ten minste ‘n wedstryd te

laat speel. Die 0/11’s is net twee spanne, maar by die 0/12’s en 0/13’s spog ons weer eens met C-spanne ook.

Die 0/12- en 0/13-dogters het die geleentheid gehad om aan die Stellenbosch Soneproewe deel te neem. Na

afloop van al die proewes is Xanthe Viljoen opgeneem in die 0/13-Wes-Kaapspan en Danielle Swanepoel is

opgeneem in die 0/13-Bolandspan. Irené Dreyer is in die 0/12-Wes-Kaapspan opgeneem, Karla Laubscher is in

die 0/12A-Bolandspan opgeneem en Shannon Langeveldt in die 0/12B-Bolandspan. Hierdie dogters het hul puik

van hul taak gekwyt en ons is voorwaar baie trots op hulle!

Tydens die Johan Daffue-Wintersportdag het agt skole aan die wedstryde deelgeneem en ons spanne het hul

baie goed van hul taak gekwyt. Die 0/12A-netbalspan en die 0/13A- en B-netbalspan was deel van die

Weskustoer en hulle het onoorwonne teruggekeer. Die spanne het teen Dirkie Uys en Curro Privaatskool

gespeel. Die 0/13A-span het ook aan ‘n toernooi by Hoërskool Heidelberg deelgeneem en die derde plek behaal.

Die seisoen is afgesluit met die interkleure-wedstryde waaraan elke netbalspeelster deelgeneem het. Baie

dankie aan elke afrigter vir haar tyd, moeite, geduld, motivering en entoesiasme. Dit word opreg waardeer en

ons sien reeds uit na 2010 se netbalseisoen.

4.6 Rugby

Stellies het weer eens vanjaar uitgeblink op die rugbyveld. Ons was verras om te sien hoe ons getalle en

bywoning onder ons leerders toegeneem het. Ons het in al ons ouderdomsgroepe (behalwe 0/9) ‘n A-, B- en Cspan

gehad en het 4 0/13-spanne in die veld gestoot.

Die afrigters het puik werk gedoen en dit was duidelik sigbaar op die veld. Die hulp van Stellenbosch Rugbyakademie

het ook baie bygedra tot die sukses van ons spelers.

Die 0/9A-span was onoorwonne die seisoen en die 0/13 A-span het ‘n puik seisoen beleef en rugby van

hoogstaande gehalte gelewer.

Baie geluk ook aan Brandon Smith wat in die 0/13 Boland Cravenweekspan opgeneem is en Abri Coetzeewat die

0/12 Bolandspan gehaal het.

Ons jaarlikse interskole teen Laerskool Gericke van Ceres is vanjaar vervang met Laerskool Robertson. Gesonde

mededinging en puik spel is gekenmerk deur hierdie dag.

Daar word uitgesien na ‘n ongelooflike 2010 en strawwer teenstand sal verwag word.

4.7 Rugby- en netbaltoer

4.8 Hokkie

Spelergetalle het oor die afgelope paar jaar mooi toegeneem en vanjaar was dit beslis weer die geval. Dit het

veroorsaak dat ons spanne al meer word en daarom het ons baie moeite gedoen om skole te identifiseer wat al

ons spanne kon akkomodeer. Dit was verblydend om te sien dat selfs die swakste beginner die geleendheid kon

kry om wedstryde te speel. Oefeninge is gekenmerk deur goeie beplanning en die ontwikkeling van vaardighede

was beslis die uitgangspunt.

Ag skole het vanjaar aan ons jaarlikse hokkiedag deelgeneem en ons het gepoog om vanjaar meer skole van

buite ons onmiddelike omgewing te betrek.

Die aantal spelers wat in provinsiale spanne ingesluit word, word elke jaar meer en vanjaar kon ons spog met

sewe spelers in die Boland streeksspanne. Hulle is Albert Brand, Hannes Coetzee, Ewan Fourie, Avril Malan,

Alyssa Gildenhuys, Karla Laubscher Lisa Jordaan en Carla Bekker. Carla Bekker is as onder 12 speler in hierdie

span ingesluit. Voorwaar ’n groot prestasie! Hierdie spelers het aan die provinsiale toernooie in Pietermaritzburg

en Oudtshoorn deelgeneem en hulle baie goed van hul taak gekwyt.

Binneshuise hokkie word nie by ons skool aangebied nie, maar daar is verskeie van ons spelers wat hieraan

deelneem.

Baie dankie aan die ouers wat hul kinders ondersteun deur wedstryde, sportdae en oefeninge by te woon, te

help met vervoer en ook die aankoop van toerusting. Baie dankie ook aan al die afrigters vir hul voortgesette

toewyding en moeite om oefensessies sinvol te maak.

4.10 Skaak

Ons is baie trots op ons skool se skaakklub. Senior spelers kry Woensdae tussen 15:00 en 16:00 professionele

afrigting by Conrad van Zyl Smit. Vrydae presteer ons spelers besonder goed tydens wedstyde.

Die hoogtepunt op ons skaakkalender is ons eie skaaktoernooi wat hierdie jaar op Saterdag, 5 September was.

14 Skole het deelgeneem. Dirkie Uys, Curro Langebaan, Swartland, Bastion, Piketberg, Idasvallei, Lochnerhof,

Hendrik Louw, Eikestad, Somerset-Wes, Christelike Privaatskool Malmesbury en Gordonsbaai het die dag saam

met ons kom deel. 27 van ons skaakspelers het uitstekend presteer!

Die skaakklub brei steeds uit en ons spog met skaakstelle in alle klaskamers asook ‘n groot buitebord.

4.11 Buitesporte

Ons leerders het vanjaar verskeie buitemuurse sporte beoefen. Daar het baie van ons seuns en dogters by die

Maties Sokkerklub aangesluit en verskeie wedstryde gespeel. Die sporte wat beoefen is, sluit in karate, judo en

kitesurfing.

Die volgende leerders het baie goeie prestasies behaal:

► Oswald Smith is derde in die land met “Kitesurfing”.

► Hannes Coetzee, Ewan Fourie, en Alyssa Gildenhuys het Bolandkleure in Binneshuise hokkie

behaal.

► Xanthe Viljoen en Eliné van Coller het die WP Aksie-netbalspan gehaal.

► Gregor Pfaff verteenwoordig die Boland 0/12-gholfspan.

► Tessa van der Westhuyzen behaal WP-kleure in lewensredding.

► Jana van Tonder verteenwoordig die Boland gimnastiekspan.

► Zorada Temmingh, Roelof Temmingh, Xenia Venter, Marietjie van Zyl, Dean Urquhart en

Corrie Schreuder het Bolandkleure in karate verwerf.

► Jannik Momberg het aan die Boland 5-kamp deelgeneem.

► Simoné Rohlandt het Bolandkleure in muurbal verower.

5. KULTUUR

5.1 Seksualiteitsprogram

‘n Seksualiteitsprogram is op Donderdag, 26 Junie 2009 vir die gr. 7’s in die Aktiwiteitslokaal aangebied. Ons

moes vanjaar op kort kennisgewing ‘n aanbieder kry aangesien Charlie Holzkamp, hoof van die VCSV in die Wes-

Kaap, besluit het om voortaan sendingwerk te doen.

Francois Esterhuysen, ‘n jeugwerker by die VCSV, het die program aangebied en van die onderwerpe was

groepsdruk, pornografie, partytjies, verhoudings en God het ons verskillend gemaak. Vanaf 12:00 is die seuns en

dogters na verskillende lokale en drs. Tanya Buckle en Jaco Slabbert het onderskeidelik hul vrae beantwoord.

Hierdie sessie is verlede jaar op aanvraag verleng en die wyse waarop die dokters dit hanteer, maar dit baie

suksesvol.

5.2 Onderwyshulpspa n

Die Onderwyshulpspan vergader elke kwartaal op ‘n formele wyse. Die vergaderings word bygewoon deur alle

opvoeders en professionele persone wat betrokke is by die bepaalde leerders. Verwysingsvorms word kundig

ingevul en alle Meertyd-leerders se intervensies word voltooi. Die Onderwyshulpspan is baie effektief en

konfidensieel.

5.3 Nasorg

Die Nasorgfasiliteite van Laerskool Stellenbosch word huidiglik deur ongeveer 110 leerders gebruik.

Dit is vir ons baie belangrik dat ‘n huislike atmosfeer geskep word waarin die leerders veilig en geborge voel.

Ouers word versoek om ten alle tye afwesighede aan Lynette Alberts deur te gee. Dit kan persoonlik of per sms

gedoen word. Die Nasorgfasiliteite is beskikbaar vanaf 13:50 tot 17:30 daagliks, buiten op Vrydae wanneer dit

17:00 sluit.

Middagete word nie voorsien nie, maar die leerders bring hul eie kos en almal geniet hul middagete saam. Die

leerders kan ook gebruik maak van ‘n groot verskeidenheid oopvoedkundige speelgoed, en hulle speel graag

skaak. Dit is vir ons baie belangrik dat die leerders saam buite speel en ons moedig dus buitespel aan.

Gedurende die wintermaande word daar gebruik gemaak van die DVD-fasiliteite om die leerders besig te hou,

maar moedig hul steeds aan om eerder dan skaak te speel of met die opvoedkundige speelgoed en speletjies te

speel.

Die leerders verdeel vir studiedoeleindes in drie studieklasse sodat die Nasorgpersoneel hulp kan verleen met

huiswerk. Daar word elke dag, buiten Vrydae, 1 uur afgestaan aan huiswerk. Op maandae is studietyd vir Graag

4 – 7 leerders langer sodat hul deeglik kan voorberei vir toetse op Dinsdae. Gedurende die eksamen word 2 ure,

of meer, afgestaan vir die Graag 4 -7 leerders.

5.4 Arbeidsterapie

In 2009 het 38 kinders (Hoofsaaklik voorskools tot graad 6) van Laerskool Stellenbosch en 5 kinders van buite

skole, Arbeidsterapie en/of spelterapie behandeling, een of twee maal per week ontvang. Tans is Liza Janse van

Rensburg en Jean-Marie Marais albei op ’n deeltydse basis betrokke by Laerskool Stellenbosch.

Ons spesialiseer hoofsaaklik in kinders wat probleme met grof –en fyn motoriese vaardighede, visuele persepsie

en emosionele probleme ervaar. Sensoriese – motoriese integrasie terapie word hoofsaaklik toegepas om die

integrasie proses t.o.v. motoriese en perseptuele ontwikkeling te bevorder. Spelterapie word geïntegreer by

kinders met bykomende emosionele probleme. Aanpassings word ook gemaak rondom die meer spesifiek

leergestremde kind.

Liza is tans in die proses om haar Meestersgraad in Spelterapie te doen en het hierdie jaar ’n gedeelte van haar

praktiese internskap by Laerskool Stellenbosch gedoen. Ses kinders met emosionele probleme het gratis 10

sessies spelterapie ontvang. Drie seuntjies wie se ouers geskei is het ook 10 groepsessies spelterapie bygewoon.

Sy het ook werkswinkels oor kinderontwikkeling, trauma, ouerskapstyle en ouerleiding, forensiese en statutêre

werk en diversiteite bygewoon.

Jean-Marie is ook betrokke in die bestuur van die Boland privaatpraktykgroep asook die ADD

ondersteuningsgroep. Verskeie onderwerpe soos visuele oogkontrole, etiek in arbeidterapie, medikasie vir ADD,

disleksie ensovoorts is daar bespreek.

Dis werklik vir ons ’n voorreg om saam met die leerkragte van Laerskool Stellenbosch en ander spanlede deel te

wees van die span in die hantering van kinders met leerprobleme of spesiale behoeftes. Die houding en

samewerking tussen spanlede is altyd positief. Die hoë professionele standaarde wat by die skool gehandhaaf

word, is vir ons ’n riem onder die hart.

Baie dankie vir die uitleg van die tuine rondom ons terapielokaal. Dis ’n plesier om in ’n mooi omgewing

werksaam te wees. Hiermee bedank ons u ook graag vir die geleentheid om by Laerskool Stellenbosch werksaam

te wees.

5.5 Verrykingsonderrig

Laerskool Stellenbosch se Verrykingsonderrig is vanjaar al 8 jaar oud. Dit bied die geleentheid om terugskouend

te kan kyk na die ontwikkelings van die afgelope tyd. Die resultate is bemoedigend. Dit is wonderlik om soveel

tevrede oud-leerders van die verrykingsonderrig (ongeveer 25 dagleerders en 230 verrykings- of RO leerders) te

kan raakloop en te hoor hoe goed dit met hulle gaan. “Ek was nooit weer bang vir Wiskunde nie,” sê een.

“Nadat ek in die verrykingsgroep van 30% na 70% geklim het, het ek in die hoërskool daar gebly,” sê ‘n ander.

Selfvertroue straal uit. Dis werklik inspirerend.

Die verrykingsonderrig het begin vanuit die situasie dat sommige leerders meer individuele aandag in sekere

leerareas nodig as wat in die groot klassituasie gebied kan word. Mev Marie van der Merwe, wat spesialiseer in

remediërende en verrykingsonderrig, neem dan hierdie leerders – beide diegene wat verryking wil ondergaan,

en diegene wat leerprobleme wil uitstryk. Leerders wat by mev Van der Merwe inskakel, kry onderrig wat

aangepas is vir elkeen se individuele behoeftes. Deurlopende koördinering met die onderskeie klasonderwysers

verseker dat vordering gemonitor kan word en dat leerprobleme vroeg identifiseer en doelmatig hanteer kan

word.

Persoonlik aangepaste programme

Afhangende van die spesifieke omstandighede, kan aanbeveel word dat ‘n leerder daagliks ‘n deel van die

skooldag in die verrykingsgroep deurbring of dat ‘n leerder een of tweemaal per week vir individuele of

kleingroep-onderrig met betrekking tot ‘n spesifieke leerarea of leerprobleem kom.

Dagleerders

Die klein groepie dagleerders ontvang vir twee-en-’n-half uur per dag individueel aangepaste hulp in Wiskunde,

Afrikaans en Engels. Die leerders ontvang dus meer intensiewe onderrig in die gewone werk van hulle

onderskeie grade. Vir die res van die skooldag skakel die leerders by hulle gewone klasse in. Geleidelike herinskakeling

kan ook plaasvind soos wat vordering getoon word in die verrykingsprogram. Leerders ontvang ook

hulp in ander vakgebiede en met spesifieke leerprobleme. Spesiale aandag word ook gegee aan leermetodes en

leesvaardigheid. ‘n Maksimum van 7 leerders skakel in 2010 as dagleerders by hierdie program in en die plasing

word tans gedoen. Daar bestaan sekere riglyne waarvolgens inskakeling as dagleerders geskied. Die plasing

geskied in oorleg met die skoolhoof en die ander gekoppelde spesialisdienste en na psigometriese evaluering.

Remediërende en verrykingsonderrig

Byna 50 leerders kom een- of tweemaal per week na mev Van der Merwe vir verryking of remediëring. Hierdie

vorm van onderrig word aanbeveel waar ‘n leerder ekstra onderrig in ‘n spesifieke vakgebied verlang. Die

sessies kan geneem word in skooltyd of namiddae, afhangende van watter tydsgleuwe nog beskikbaar is.

5.6 Gebedsgroep

Die gebedsgroep van 2009 het bestaan uit ongeveer 20 gebedsma’s wat weekliks verteenwoordigend hul klasse

se gebedsversoeke na die gebedsgroep gebring het.Die groep het tydens die eerste kwartaal ’n bou ’n versie

kompetisie tussen klasse gehou. Tydens die kompetisie is roomyshouers as gebedshouers ingesamel vir skole

wat behoefte daaraan gehad het. Elke klas moes ’n versie kies en dit dan op kreatiewe wyse uitbeeld. Hulle kon

d.m.v. roomyshouers dit uitpak of die versie saam opsê of sing. Dit was ’n belewenis om te sien hoe kreatief ons

kinders is en watter oorspronklike idees vorendag gekom het. Beoordelaars uit die Uitreikaksie het die finale

produkte beoordeel. Roomyse is uitgedeel aan die klas in die junior en senior afdeling wat as wenners aangewys

is. Daar is weer ’n liedjie kompetisie tydens die tweede kwartaal gehou waartydens twee liedjies as wen liedjies

gekies is. Die koor het tydens die lofprysingsaand dit gesing. Die wenners is beloon met geskenkbewyse van Cum

boeke. Die gebedsgroepsleiding is tydens Junie oorgegee aan Mine Kirsten wat sedertdien die groep lei.

Die oortuigende ervaring van die groep deurlopend is dat die vurige gebed van ’n gelowige groot krag het. Jak

5:16. A g.v. die toenemende behoefte aan gebedsondersteuning uit die ander gemeenskappe het die

uitreikaksie in 2009 afgestig as ’n onafhanklike groep wat van buite die skool af onafhanklik funksioneer. Die

groep het gedurende die vierde kwartaal ’n Run for Jesus gereël waaraan atlete van feitlik al die skole op

Stellenbosch deelgeneem het. Op 10 Oktober het ongeveer 400 atlete bestaan uit skoolhoofde, onderwysers,

ouers en leerders vanaf al hul skole na Stellenbosch Laerskool vertrek. Atlete groepe het elk 2 hout kruisies

saamgedra en vanaf 4 hoof roetes wat bymekaar aangesluit het tot by die eindpunt gehardloop. ‘n Intersessie

span bestaande uit voorbidders van al die gemeenskappe het saam God se seëning oor skole afgebid en vir

uitkoms van soveel probleme en uitdagings waarmee skole te doen het. ’n Aanbiddingspan het ook lofprysing

gelei Tydens ’n kruislegging het leerders van skole ’n kruis met hul skool se naam op neergelê in ’n groter kruis

wat uitgepak is op die veld langs die aanbiddingspan. Tydens die geleentheid was daar ’n nuwe uitreik van

gemeenskappe na mekaar, bewuswording van ’n groter doel van ons almal saam op die dorp en nuwe

bewondering vir God se ontmoeting met die mens by die kruis. Enigiemand wat belangstel om in 2010 by die

groepe aan te sluit, kontak asb.

5.7 Bonsai- en stapklub

Die bonsaiklub is nou sewe jaar oud en die lede wissel vanaf die nuuskieriges, getroues, avontuursoekers tot die

wisselvallig bywoners. Ons vergader een maal per maand. Die doel is om leerders lief te maak vir en bewus te

maak van die natuur en bome om ons. Ons poog ook om ‘n kennis van verskillende boomsoorte, bonsaistyle en

plant en snoei metodes aan te leer.

Dit is ‘n geduldige stokperdjie wat eers op die langtermyn dividente wys, maar van die leerders het al oulike

bome. Die grootste uitdaging bly steeds om leerders gemotiveerd te hou. Dit word gedoen deur sprekers te nooi

en om verskillende versamelings te besoek.

1. Rudi Adam se kwekery en privaatversameling is elke jaar baie spesiaal om te sien. Die leerders kon ‘n

kans kry om onder sy toesig aan te plant en te snoei.

2. Pietman Retief gee jaarliks ‘n demonstrasie by sy huis en hy het oor verskillende style gepraat.

3. Ons kom op gereelde basis by my huis bymekaar, maar hierdie jaar was baie onderbroke deur reen en

die Revue. Leerders onvang leiding hoe om grondmengsels aan te maak, bome te snoei en meer van

bonsaistyle te leer d.m.v. prente, self doen en gesels. Die mees getroue lede bestaan op die oomblik uit

sewe leerders. ‘n Paar ander lede het ‘n meer sporadiese bywoning, maar al in al is dit ‘n vrolike en

leersame klub.

4. Ons het die jaar afgesluit met ‘n besoek aan die Botaniese tuin se Bonsai-en en daarna ‘n lekker

melkskommel gedrink.

Die Stapklub gaan een maal per maand verskeie roetes in ons omgewing verken. Ons poog om dit ‘n familieaktiwiteit

te maak en ouers is ook welkom. Slegs seniorfase leerders behoort aan die klub en die getalle wissel

van uitstappie tot uitstappie.

Besondere hoogtepunte en die jaar was:

• Crystal pools by die Steenbrasbrug op. ‘n Fantastiese somer uitstappie met kristalhelder swemgate en

poele langs die hele roete.

• Stap na die Squaretowernek in die Jonkershoek-kom

• Die roete na Kanonkop

Die jaar was gekenmerk deur reën en meer as een stappe het uitgereën. Ander roetes was Helderberg, Oerbos,

Tweede Waterval en die Geelhoutroete.

5.8 Ouervereniging

Met 2009 as Laerskool Stellenbosch se 40ste bestaansjaar het die jaar met ‘n stywe galop begin. Personeel,

beheerliggaam, ouers en die ouervereniging het ‘n groot bydrae gelewer om van hierdie feesvieringe ‘n groot

sukses te maak en te verseker dat hierdie gebeurtenis nog lank in die geskiedenis van die skool onthou sal word.

Of dit dmv foto’s, gedenkblad, revue-dvd of net mense se belewenisse en geheue is – 2009 was beslis ‘n

hoogtepunt en verskaf ek dus kortliks ‘n verslag van die werksaamhede van die OV gedurende die afgelope jaar.

1. Verwelkoming van nuwe ouers

Die OV het aan die begin van die jaar ‘n sms na alle nuwe ouers uitgestuur waarin hulle genooi was om na afloop

van die saalbyeenkoms op die eerste dag van die skooljaar, ‘n heerlike koppie tee te gaan drink.

‘n Spesiale woord van welkom is vanaf die OV aan die ouers gerig en sekere nodige en belangrike inligting is met

hulle gedeel. Baie goeie terugvoer is ontvang oor die waarde van hierdie geleentheid. Ons stel voor dat ons

volgende jaar voortgaan met die buddy system vir nuwe leerders asook vir die ouers. Dit behels dat individue

hulle verbind om die nuwe ouers en leerders welkom te laat voel en belangrike inligting deur te gee

2. Sportfunksies

Die OV was verantwoordelik vir verversings te koop by alle groot sportdae soos bv kleure-atletiek, kleure-gala,

hokkiedag, wintersportdag ens. Alles het goed afgeloop, maar het ons egter die waarde besef van die regte

getal van die aantal deelnemers vir die onderskeie dae. Veral wanneer dit ingedagte gehou moet word dat daar

vooraf aankope gedoen word en dat dit tot verliese kan lei indien hierdie getalle nie reg deurgegee word nie.

Die OV het ook die badkamers tydens hierdie dae verfraai deur blomme, mooi handdoeke, seep en handeroom

in die badkamers te plaas.

3. Junior Fase

Hierdie portefeulje het die inisiatief geneem om fondse te genereer om bankies aan te koop vir plasing langs die

sportvelde. Fondse is dmv vrywillige donasies van ouers en van die wins wat die OV gemaak het met verkope

verkry asook deur te onderhandel vir baie goeie pryse by die verskaffer.

Die reël van die Ma- en Dogtertee was ook deel van hierdie portefeulje.

4. Kuns- en kultuur

Hierdie portefeulje het namens die personeel hulp gaan bekom vir die afrigting van die Eistedfod deur van Imke

Gouws se kennis, vaardigheid en wonderlike gesindheid gebruik te maak.

5. Administratief

Die OV het die hele skool se ouers se data op Excell ingevoer vir gebruik op welke wyses ookal. Sodoende het

die skool o.a. hierdie jaar weer begin om ook van die e-posstelsel gebruik te maak om belangrike inligting en ook

deurlopend die 2 weeklikse omsendskrywes op hierdie wyse te versprei.

Die OV is tans besig in samerwerking met die kantoor om alle data op Access in te voer sodat die skool dit vir epos-,

sms-, adres-, en ouerlysdoeleindes kan aanwend.

6. Gesondheidsweek

Die OV het ‘n uiters suksesvolle gesondheidsweek in samewerking met die skool en personeel aangebied. ‘n

Paar hoogtepunte was o.a. die gespreksforum met verskillende gesondheids kundiges wat deelgeneem het. Die

kosmaaksessie saam met Rooi Rose se kosredakteur Viki de Beer ‘n ouer van die skool was ‘n verdere

hoogtepunt.

7. Gholfdag

Die OV het ‘n groot bydrae gelewer tydens die jaarlikse gholfdag dmv die werf van pryse en donasies, asook

hulp tydens die dag op die gholfbaan by die onderskeie natgate, met die versiering van tafels, pryse se uitpak en

nommer daarvan.

5.9 Spraakterapie

Gedurende 2009 was Marlene Koekemoer betrokke as privaat spraakterapeut by Laerskool Stellenbosch. Net

soos in die verlede is daar ‘n groot behoefte vir spraakterapie, hoofsaaklik in die

grondslagfase.

Ongeveer 18 leerders, vanaf 4-jarige tot 9-jarige ouderdom het op ‘n weeklikse basis gedurende skoolure

spraakterapie behandeling ontvang. Die omvang van die terapie was hoofsaaklik die behandeling van

artikulasie-, taal- en ouditiewe persepsuele probleme, sowel as hakkel.

Baie dankie vir die geleentheid om nog ‘n jaar te kon saamwerk met die leerders, die ouers en die opvoeders. Dit

is ‘n groot voorreg om betrokke te wees by so ‘n span en te kan deel in die vorming van hierdie kinders.

5.10 Gesondheidskomitee

Plakkaatkompetisie

Die plakkaatkompetisie was ‘n reuse sukses. Die kinders het spontaan deelgeneem en met mooi idees na vore

gekom. Die tema was “ 40 jaar – Gesonde Groei “. Die beoordeelaars was: Marlene von Durkheim – Bekende

kunstenaar in eie reg.

Mnr N Koegelenberg – Hoof van P J Olivier Kunssentrum.

Lynne Lubbe – Bekende kunstenaar in Stellenbosch.

Die pryse is geborg deur Food Emporium. Die 30 beste kunswerke is vir die week tydens die Gesondheidsweek

in die skool se voorportaal uitgestal. Die 3 wenners uit die Grondslagfase is : 1. Lize Viljoen Gr 2B

2. Pierre Malan Gr 2A

3. Imke van der Merwe Gr 2A

Paneelbespreking

Die paneelbespreking, gehou op Maandag 16 Februarie 2009, was geweldig interessant en leersaam gewees.

Alhoewel dit baie swak bygewoon is. Die panel het bestaan uit: 1. Dr Herman Kotze – Sportvoeding

2. Me C de Lange – Breinvoeding

3. Me T den Dulk - Vetsug en Diabetis

4. Sanet Brundyn – Snoepie

Anelda Lochner het die bespreking gefasiliteer. Die vrae wat bespreek was is die volgende: 1. Energie drankies.

Gesond/ongesond vir ‘n Laerskool kind.

2. Ritalin vs Vitamiene vs Gesonde Dieet.

3. Vetsug in die laerskool

Die bespreking was in die Eikestad Nuus geadverteer. Ons het dus ouers van Rhenish en Eikestad Laerskool

gehad wat positiewe terugvoer na die tyd gegee het. Ina Paarman het vir ons klein geskenkies gegee om aan die

ouers uit te deel.

Kook saam met Vickie de Beer en Rooi Rose

Wat ‘n fees!! Vickie de Beer het op haar borrelende manier, ‘n heerlike saam kookaand aangebied. Die

onthaalsentrum by Hoerskool Stellenbosch was die ideale venue gewees. Ons is ook getrakteer deur vyf

Hollanders wat in Stellenbosch was met vakansie. Vir R50.00 per persoon het die gste twee-twee by ‘n stasie

gestaan en een resep gekry met al die bestanddele. Vickie het vooraf gesonde wenke gegee wat produkte aan

betref en ook meer vertel van die gesonde gaarmaakmetodes van geregte. Die ICA studente het die gaste

gehelp met die voorbereiding van hulle geregte. Divine Food het water geskenk, Delheim het wyn geskenk en

Roubaix Varsprodukte het die vars produkte en nagereg geskenk. Die Gesondheidskomitee het die tafels mooi

gedek en ons het heerlik om die kospotte gekuier terwyl Vickie pryse - geskenk deur Rooi Rose – uitgedeel het.

Hierdie konsep is beslis ‘n wenner en ‘n moet vir volgende jaar.

Rolmodel – Seniorfase

Dr Herman Kotze het ‘n baie informele praatjie oor sportvoeding gehou. Hy was hoofseun van Laerskool

Stellenbvosch in1981. Hy is ‘n mediese dokter en ‘n Springbok roeier wat Suid Afrika in 1992 by die Olimpiese

Spele in Barcelona verteenwoordig het. Hy spesialiseer in sportvieding en ‘n gesonde leefstyl. Die onderwerpe

waaraan hy aandag gegee het is, ontbyt eet, oefening en jou dieet en Coke en energiedrankies. Herman het

heerlik met die kinders gesels en goeie reaksie gekry.

Grondslagfase

Bak - en – Brou

Eekhorinkie en Graad R het na Kardoesie gegaan vir ‘n geselige bak en brou. Marle – ‘n mamma van ons skool –

en Stella het die kinders speel-speel geleer om gesonde fritatta’s en vrugtekelkies te maak, terwyl die mamma’s

mekaar beter leer ken het oor ‘n koppie tee.

Vir die Graad 3 klasse het Marle en Stella na die skool gekom om vir hulle ‘n kook demonstrasie in

Aktiwiteitssentrum te gee.

Uitstappie na Delheim

Die Graad 2 klasse het na die plaas Delheim gegaan. Hulle het ‘n heerlike gesonde brood gebak, vars druiwesap

gedrink en vir ‘n toer deur die kelders gegaan. Nie eers die slegte weer het hulle entoesiasme gedemp nie.

Entrepeneurs

Die week is afgesluit met ‘n gesonde entreperneursdag tydens pouse. Nie net moet die eindproduk gesond

wees nie, maar ook die bestandele waarmee dit gemaak is.

Borge en Geskenkbewyse

Franschhoek Vrugtepakkers Technofill

CANSA Delheim

Lanzerac Spa Petit Plasier Gastehuis Franschhoek

Volkskombuis Restaurant Reubens Restaurant Franschhoek

Essence Franschhoek Gino’s

Food Emporium CNA

Basic Bistro Rumor Has It

Boek SAD

5.11 Beheerliggaam

Die Beheerliggaam van Laerskool Stellenbosch het nog ‘n opwindende jaar beleef. Dit was die einde van ‘n

termyn en ‘n nuwe beheerliggaam is in Junie verkies. Aan uittredende lede ons opregte dank vir die diens wat

hulle gelewer het en vir die nuwe span ‘n hartlike welkom en dankie vir die entoesiasme waarmee julle aan

boord gekom het.

Dit is voorwaar ‘n voorreg om so ‘n dinamiese skool, met sy 40-jarige geskiedenis en sy entoesiastiese personeel,

skoolhoof en ouers te kan dien. Baie dankie vir die vertroue wat ouers in die beheerliggaam stel om die belange

van ons kinders op die hart te dra en ons skool binne ‘n dinamies-veranderende en toenemend regstegniese

onderwysomgewing gunstig te bly posisioneer.

Hierdie jaar was natuurlik die feesjaar ter viering van die 40-jarige bestaan van Laerskool Stellenbosch. Elke

maand het ‘n besondere fokusgeleentheid gehad en ons het behoorlik feesgevier. Die onvergeetlike revue was

‘n gepaste hoogtepunt. Mens het daar gesit en jou verwonder oor wat hierdie skool regkry en waarvoor hierdie

skool staan – massa-deelname, maar ook ontwikkeling van elke leerder in sy of haar indiwidualiteit.

Wat beheerliggaam-werksaamhede betref, het die jaar afgeskop met ‘n saamkuier en visioneringsgeleentheid

tussen die beheerliggaam en die OV-komitee. Dit is vir ons baie belangrik dat die aansluiting tussen die

beheerliggaam en die OV naatloos sal wees, en ons is baie dankbaar dat dit van beide kante so beleef kan word.

Dankie vir die OV se entoesiasme en ouers se betrokkenheid. Ook vir die klasverteenwoordigers se

onvermoeide ywer. En terwyl ons ons waardering betoon, kan ons ook nie nalaat om spesiaal die ywer van die

gholfdag-organiseerders te vermeld en hulle daarvoor te bedank nie. Vele projekte wat ons skool daardie ekstra

afgerondheid gee, sou nie aangepak kon word binne normale begroting as dit nie was vir die jaarlikse inspuiting

vanuit hierdie wonderlike inisiatief en vanuit die inisiatiewe van die OV nie.

Die bekleërs van al die portefeuljes van die beheerliggaam het in die tweede helfde van 2009 inisiatiewe in hulle

portefeuljes gekonsolideer en begin planne maak vir 2010. ‘n Omvattende strategiese beplanningsessie het ook

verseker dat die beheerliggaam nie net op die (omvattende en veeleisende) dag-tot-dag sake fokus nie, maar

steeds die groter prentjie in gedagte hou en duidelikheid het oor waarheen Laerskool Stellenbosch op pad is.

In 2009 het die aanstellingskomitee van die beheerliggaam weer hard gewerk. Ons is baie ingenome met

leerkragte wat nuut by ons span kon aansluit en reeds soveel waarde in die skool kon toevoeg. Ons is tans in die

proses om die nuwe departementele adjunk-hoof pos te vul en wag vir terugvoer van die departement af op ons

aanbeveling.

2009 was ook die jaar wat Laerskool Stellenbosch se godsdiensbeleid onder die loep gekom het in die openbare

media. Dit was vir ons ‘n baie goeie oefening om uit te klaar waarvoor ons staan, en om te verseker dat ons

altyd ook binne die ruimte wat wetgewing vir ons bied, sal funksioneer. Ons kon in alle opregtheid bevind en

opnuut verklaar dat ons “met ons godsdiensbeleid juis ons waardes van respek vir mekaar en waardering vir

diversiteit bevorder en dat ons daarmee ‘n inklusiewe skoolgemeenskap wil wees – ook dat ons daardeur die

waardes onderliggend aan die Grondwet, naamlik menswaardigheid, gelykheid en vryheid bevorder.”

Godsdiensbeoefening in die skool geskied binne die raamwerk van ons godsdiensbeleid soos die Grondwet van

die RSA dit juis ook vir ons moontlik maak. Dit was ook ‘n oefening in kommunikasie en ons het weereens kon

aantoon dat ons oop kommunikasie voorstaan tussen ons en skool se ouers, wat per slot van rekening die

beheerliggaam aanstel en van mandaat voorsien.

Kommunikasie tussen alle rolspelers in die skool het na ons mening wesenlik verbeter vanjaar. Benewens ons

SMS-stelsel waarmee ons ouers deurlopend kan inlig oor skoolsake, hoop ons ook om aan die begin van 2010

met nuwe opwindende moontlikhede vorendag te kom, wat die kommunikasie sal verbeter en sal verseker dat

ouers altyd op hoogte is van wat in die skool gebeur.

Ons maak ook vordering met ons gemeenskapsbetrokkenheid. ‘n Bilaterale ooreenkoms met ‘n skool in ons

omgewing behoort vir ons in 2010 nuwe geleenthede te bied, beide om te kan gee van wat ons het in terme van

kundigheid en bronne, asook om wedersyds te kan ontvang van die kundigheid en bronne van ons

“tweelingskool”. So kan ons mekaar verryk en vennote wees.

Ons wens graag al ons ouers, opvoeders en leerders ‘n vreugdevolle feesgety toe. Rus lekker en vier die lewe!

5.12 Reünie

Laerskool Stellenbosch het op Saterdag 28 Maart 2009 die eerste reünie in sy bestaan van meer as 40 jaar

gehou.

Die funksie is bygewoon deur oud-opvoeders en -leerders met hulle gesinne sowel as die huidige personeel.

Die ouderdomme het gewissel van vier maande tot 94 jaar. Oud-Opvoeders en –leerders het spesiaal vir die

funksie van o.a. Johannesburg en Bloemfontein gekom. Van die gaste was oud-leerders wat in London

woonagtig is. Tans op besoek in Suid –Afrika, het hulle, hulle program beplan om die funksie bywoon te woon.

Die hoogtepunt was die “oopsluit” van die skool. Hierdie seremonie was ‘n herhaling van 40 jaar gelede toe die

skoolgebou in 1969 betrek is. Die seremonie is weereens deur mev Hester Malan en mnr J.A.M. van Schoor

waargeneem. Mev. Malan is die vrou van die destydse Administrateur van Kaapland. Wyle Dr Nico Malan was

nou betrokke by die beplanning en totstandkoming van die skool . Dit was ook ter selfder tyd die 94 ste

verjaarsdag van mev Malan. ‘n Ruiker is namens die skool deur haar kleindogter mev Tillie Wust (Malan) aan

haar oorhandig, ook ‘n herhaling van gebeure van 40 jaar gelede. Daar is reeds vier geslagte van die betrokke

Malan-familie deur Laerskool Stellenbosch.

Die saalbyeenkoms is deur Dr Johan van der Merwe (voorsitter van die beheerliggaam met ‘n inspirerende

toespraak geopen. Ander sprekers was Mnr Koos van Schoor (die eerste skoolhoof ) Hy het ‘n oorsig gegee oor

die begin jare van die skool en die hoogtepunte gedurende sy 30 jaar van hoofskap. Mev Maretha Laubscher

(Smit), dogter van die bekende teoloog Prof Nico Smit, het in haar hoedanigheid as eertste Hoofmeisie,haar

herinneringe met ons gedeel. Mnr Hawkie de Villiers het met entoesiasme die gaste ingelig oor die uitbreiding,

vooruitgang en prestasies van Laerskool Stellenbosch sedert hy die leisels in 1997 oorgeneem het. Hy het ook

die visie, misie en die waardes van die huidige bedeling van Laerskool Stellenbosch uitgewys. Die res van die dag

is daar gesellig saamgekuier onder sambrele met ‘n heerlike spitbraai. Die kinders het lekker gebaljaar op

springkastele, nadat gesigverwers hulle in “spidermen”, seerowers en ander karakters omskep het.

Hierdie was die eerste, maar voorwaar nie die laaste reünie van Laerskool Stellenbosch nie.

Aan Aan Aan Aan die die die die einde einde einde einde van van van van ‘n ‘n ‘n ‘n wonderlike wonderlike wonderlike wonderlike jaar jaar jaar jaar ervaar ervaar ervaar ervaar ek ek ek ek ‘n ‘n ‘n ‘n gevoel gevoel gevoel gevoel van van van van groot groot groot groot

dankbaarheid.

dankbaarheid

dankbaarheid

dankbaarheid

Baie Baie dankie dankie dankie ………

♦ aan al ons leerders wat met trots die skool se vaandel dra;

♦ aan die ouers vir hulle ondersteuning aan die personeel;

♦ aan die OV onder leiding van Amelia van Zyl vir ure se onbaatsugtige diens;

♦ dr Johan van der Merwe en sy dinamiese Beheerliggaam;

♦ Friedrich Neethling en die Gholfkomitee vir die baie ure wat hulle elke jaar insit;

♦ al die afrigters vir die uitstekende werk wat hulle verrig het;

♦ aan die Ma’s van die omgee-gebedsgroep, onder leiding van Alba Steenkamp;

♦ mev Elise du Plessis vir die baie moeite met die skool se tuine;

♦ mev Martlé Smith en die klerebankkomitee;

♦ al die ouers wat met die Revue gehelp het;

♦ die Feesjaar-reüniekomitee olv Marita Sirgel;

♦ mev Erna Laubscher en Jolene Fourie en al hul helpers van die Ina Paarman

fondsinsamelingsprojek;

♦ ouers wat help met vervoer;

♦ mnr Renaldo Payne en sy werkerspan;

♦ ons sekretaresses, mevv Sunette Marais en Liza Venter;

♦ my regterhand, mnr Kobus van Schalkwyk (adjunk-hoof);

♦ ons departementshoofde, mevv Carine Mocke, Johannita Kruger en Estelle Victor;

♦ die personeel!!! Ons kinders is bevoorreg om opvoeders van sulke kwaliteite te hê.

Dankbaarheid is die sleutel tot ‘n volheidslewe. Dit omskep wat ons het in genoeg, en méér. Dit

verander ontkenning na aanvaarding, chaos na orde, verwarring na helderheid. Dit maak van ‘n

maaltyd ‘n fees, van ‘n huis ‘n tuiste en van ‘n vreemdeling ‘n vriend. Dankbaarheid maak sin uit ons

verlede, bring vrede vir vandag en skep ‘n visie vir môre.

‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar word u toegewens.

Hawkie de Villiers

Skoolhoof

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!