24.12.2012 Views

Hou aan selekteer vir vrugbare, hoog presterende ... - Bonsmara

Hou aan selekteer vir vrugbare, hoog presterende ... - Bonsmara

Hou aan selekteer vir vrugbare, hoog presterende ... - Bonsmara

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hou aan selekteer

vir vrugbare, hoog presterende koeikuddes

Joggie Briedenhann

Die wakker boer en veewagter kan altyd spesifieke koeie

uitwys in die troppe wat ’n goeie geskiedenis het van gereelde

kalwing en die speen van ’n top kwaliteit kalf. Die boer

en die veewagter ken hierdie koeie by die naam. Hoe lekker

sal dit nie wees as jy 90% en meer van jou koei kudde

se “name” ken vanweë hul uitsonderlike vrugbaarheid en

reproduksievermoëns nie?

Dit is van groot belang vir die teler om die top-koeie te

So ’n gesig maak enige boer se hart warm.

identifiseer en hulle in die kudde te behou. Hedendaagse

bulkopers is deeglik ingelig oor die rol wat koeifamilies speel

in die teel van hoë kwaliteit bulle.

Bulkopers is met reg versigtig om ’n bul te koop wie se

moeder ’n tussenkalfperiode (TKP) het wat die nasionale

of rasgemiddeld ver oorskry. Hulle verstaan dat vrugbaarheid

en reproduksie by die kwaliteite van ’n bul beïnvloed

word deur die syfers van sy ma. Ter verdediging kan uitgewys

word dat daar egter soms goeie redes is waarom

sekere koeie nie op gegewe stadiums na wense presteer

nie. Dit kan enigiets wees soos siekte, beserings, nuwe

omgewings met aanpassingstydperke of probleme met die

bul wat nie betyds raakgesien is nie. Bulle kry soms seer,

word siek of is tydelik onvrugbaar. ’n Swakker TKP is dus

nie altyd primêr die koei se skuld nie. Telersgenootskappe

maak gelukkig voorsiening vir sulke gebeurlikhede met die

daarstelling van minimum rasstandaarde. Dit is gewoonlik

slegs ’n eenmalige gebeurtenis in die koei se reproduksiegeskiedenis

en die effek daarvan verflou oor lang termyn.

Ons verduidelik graag die stelsel wat op Hartebeestloop gebruik

word, naamlik om die koeikudde jaarliks te evalueer.

Dit is oor jare ontwikkel en dit werk goed.

Jaarlikse evaluasie van die totale koeikudde

Die beste tyd om ’n koeikudde te evalueer is gewoonlik

wanneer koeie ’n kalf van sowat drie maande het. Op dieselfde

tyd kan die koei individueel geëvalueer word, ook

haar vermoë om vir ’n kalf te sorg. Om enige koeikudde te

evalueer, is dit belangrik om presies te weet wat die spesifieke

teelbeleid en teeldoelwitte van die teler is, sodat seleksie

binne daardie raamwerk toegepas kan word. Hulp

van buite en ’n onafhanklike en objektiewe kundige wie

se oordeel jy vertrou en wat jou kliënte se behoeftes verstaan,

maak dit moontlik om groter duidelikheid tydens die

seleksieproses te kry. Hartebeestloop maak jaarliks van

so ’n kundige gebruik.

’n Praktiese wenk is om vooraf beide die koei en haar

kalf met dieselfde nommer op die linker boud te merk

wanneer groot getalle vroulike die re geëvalueer word. Dit

spaar baie tyd, vergemaklik die uitkeerwerk en verseker

dat die regte koei en kalf saam geëvalueer word. Op

Hartebeestloop is elke stoetbul ’n spesifieke nommer toegedeel:

bv. HART 06-58 is nommer 4 en elk een van sy

kalwers word ook met dié nommer op die regterboud gemerk.

Tydens die koeikudde-evaluasie kan jy dan ook ’n

goeie idee kry oor die kwaliteit kalwers van die verskillende

stoetbulle wat gebruik is.

Wat word jaarliks geëvalueer?

Vrugbaarheid en reproduksievermoë

Vrugbaarheid is die belangrikste ekonomiese eienskap

in enige kudde. Dit is laag oorerflik en word beïnvloed

deur heelwat faktore soos voeding en gesondheidstatus.

Vrugbaarheid is as eienskap egter hoogs herhaalbaar. Dit

beteken dat daar tog suksesvol vir die “groepe van eienskappe”

geselekteer kan word wat vrugbaarheid in die kudde

verhoog. Vir enige moederlynras, soos byvoorbeeld die

Bonsmara, is dit soveel belangriker om vrugbaarheid en

reproduksievermoë as eerste prioriteit te stel. Daar is voldoende

genetiese variasie tussen koeie om seleksie vir

reproduksie sinvol te doen.

Tussenkalfperiode (TKP)

TKP is die algemeenste metode om vrugbaarheid in jou

kudde te meet. Op Hartebeestloop word koeie se TKP’s

gemeet teen die Namibiese nasionale gemiddeld (TKP’s

van alle geregi s treerde koeie van alle rasse), die Namibiese

Bonsmara-rasgemiddeld en die Hartebeestloop-kuddegemiddeld.

Tabel 1 toon die TKP’s aan vir 2009/2010, soos

verskaf deur die Namibiese Stoettelersvereniging en die

Landbou Navor singsraad (LNR) van die RSA.

TUSSENKALFPERIODE (DAE)

Namibiese

Stoettelersvereniging Bonsmara Bonsmara

Alle rasse

Ras Hartebeestloop

445 411 398

Tabel 1

AgriForum Nov 2011, Vol 24, No 10, P 107-109

Telers moet self besluit wat die teikenperiode vir TKP in hul

kudde is en dan hul diere daarteen meet. Die teiken TKP

sal heel moontlik korter wees in ouer as in jonger kuddes

weens die groter seleksiedruk oor jare en die groter getalle.

Op Hartebeestloop was die teikenperiode 398 dae tydens

die koeikudde-evaluasie vir 2009/2010. Die ideale TKP

waarna gewerk word, is so na as moontlik aan 365 dae.

Wat is die teikenperiode om te gebruik vir ’n teler wat

pas begin evalueer met betrekking tot vrugbaarheid en

reproduksie? Ons stel voor dat hulle ’n teikenperiode stel

vir die TKP tussen die laaste twee kalwers. Dit is immers

’n begin en penaliseer nie die koeie oor wat in die verlede

gebeur het waar daar nie werklik vir vrugbaarheid en reproduksievermoë

geselekteer is nie.

Ouderdom met eerste kalwing (OEK)

Op Hartebeestloop gebruik ons die ouderdom met eerste

kalf as ’n aanduiding van –

- ouderdom waarop puberteit bereik is – teiken ouderdom

is 14 maande

- die massa waarteen puberteit bereik

is – teikenmassa is 320 kg.

Hierdie massa is sowat 66% van

die ideale volwasse koeimassa

(485 kg), wat op Hartebeestloop

baie goed presteer

- die groeivermoë van die dier

om teen hierdie ouderdom (14

maande) sy teikengewig (320

kg) te bereik.

Op Hartebeestloop word die gemiddelde

daag likse toename (GDT)

om bogenoemde te bereik, as volg

bereken:

- Gemiddelde versgeboortegewig

= 35 kg.

- Gemiddelde speengewig van verskalwers op 205 dae

= 237 kg (dit beteken voorspeense groei van 985 gram

per dag).

- Om ’n vers te kry wat op 14 maande ouderdom 320 kg

weeg moet die naspeense groei vermoë dus 400 gram/

dag wees.

Bogenoemde syfers en groeipotensiaal is binne die raamwerk

van die meeste rasse, mits die gesondheidstatus en

voeding van die diere op standaard is. Na ons mening is

hierdie ’n uitstekende metode om ook die groeivermoë van

jou vroulike diere te evalueer tesame met vrugbaarheid

en reproduksievermoë. Dit is ’n voorbeeld van meereienskap-seleksie

wat genetiese vordering versnel.

Daar is ’n wesenlike verskil in genetiese voortrefl ikheid vir

vrugbaarheid tussen koeie wat op 28 maande vir die eerste

keer kalf en daarna jaarliks op die kuddegemiddeld

teenoor koeie wat die eerste keer op 39 maande kalf en

daarna jaarliks op die kuddegemiddeld. Tydens die koeikudde-evaluasie

vir 2009/2010 op Hartebeestloop was

die teikenouderdom 28 maande vir eerste kalwing. Die

ideaal is 26 maande.

Tabel 2 dui die ouderdom met eerste kalwing (OEK)

aan soos verskaf deur die Namibiese Stoettelersvereniging

en die LNR van RSA, vir die Namibiese Bonsmara en

die Hartebeestloop gemiddelde OEK.

Ouderdom met eerste kalwing (maande)

Namibiese

Stoettelersvereniging: Bonsmara Bonsmara

Alle rasse

Ras Hartebeestloop

38 32 29

Tabel 2

Telers bepaal self die teikenouderdom vir OEK en evalueer

hul diere daarvolgens. Let daarop dat evaluasie vir TKP

alle koeie in die kudde insluit, maar dat OEK slegs van toepassing

is op eerstekalfverse. Dit is onsin om ouer koeie

waarmee daar onder totaal verskillende bestuurs praktyke

geboer is te penaliseer oor hul OEK van jare gelede. Dit

is belangrik om te weet dat vrugbaarheid nie net die vermoë

is om te kalf nie, maar ook om die maksimum aantal

kal wers oor die koei se lewenstydperk te kry. Streng seleksie

vir vrugbaarheid en reproduksievermoë oor ’n tydperk

van tien jaar het tot gevolg dat 31% van die Hartebeestloop-koeie

op 39 maande reeds twee keer gekalf het.

’n Groep verse op 14 maande wat aan Hartebeestloop se

standaarde voldoen.

’n Praktiese wenk as jy onseker is oor seleksie tussen

vroulike diere met betrekking tot OEK is om na die skrotumgrootte

van die bulle te kyk. Daar is ’n positiewe genetiese

verwantskap tussen skrotumgrootte aan die een

kant en vrugbaarheid en reproduksievermoë van vroulike

diere aan die ander.

Wetenskaplike studies het die volgende gevind:

• Daar is ’n positiewe korrelasie van 0,98 tussen agt verskillende

rasse vir bulle se skrotum-omtrek en die ouderdom

waarop die verse puberteit bereik het.

• Bulle met skrotum-omtrekke wat die gemid delde oorskry

het, se dogters het 62 dae vroeër puberteit bereik

as die bulle wat net gemiddelde skrotum-omtrekke gehad

het se dogters.

• Daar is ’n hoë positiewe korrelasie van 0,66 tussen skrotum-omtrek

en die dragtigheidstatus van die vroulike

nageslag.

Daar is kere dat alle seleksie-eienskappe ewe goed is en

dan is dit in die hande van die teler om die finale besluit

te neem. In sulke gevalle kies ons altyd die nage slag wat

uit die bulle met groter skrotum-omtrekke kom.

AgriForum Nov 2011, Vol 24, No 10, P 107-109

Tussenkalfperiode tussen 1ste en 2de kalf

In enige koeiboerdery is die vermoë om die TKP tussen

die 1ste en 2de kalf suksesvol te bestuur van groot belang.

Tydens hierdie periode evalu eer ons die dier se vermoë

om gou ná kalwing weer op hitte te kom, met gepaardgaande

vinnige herbesetting en haar vermoë om kondisie

te behou of te verbeter onder veldtoestande. Dit is ’n

moeilike tyd vir die koei, want sy is nog besig om te groei,

het ’n kalf wat aan haar suip en dan moet sy boonop herbeset

raak. ’n Koei sal nie in estrus gaan as haar kondisie

en voeding status nie na wense is nie.

Telers moet weer eens gelei word deur wat die standaard

in die mark is en moet self die TKP tussen 1ste en 2de

kalf bepaal wat as teiken-TKP in hul seleksie gebruik word.

Tabel 3 wys die rasgemiddelde TKP tussen die 1ste en

2de kalf vir die Bonsmara en die Hartebeestloop-kudde.

TKP 1-2 : Tussenkalfperiode tussen kalf 1 en 2

(Dae)

Bonsmara Ras Bonsmaras Hartebeestloop

443 414

Tabel 3

Met die afgelope goeie reënjare het ons 412 dae as teiken-TKP

tussen 1ste en 2de kalwing vir seleksie gebruik.

Weer eens is die TKP tussen 1ste en 2de kalwing ’n seleksiemaatstaf

wat jaarliks net op die spesifieke groep diere

gebruik kan word. Ouer koeie in die kudde kan nie nou

geëvalueer word op hierdie teiken-TKP nie, aangesien

bestuursomstandighede nie dieselfde was as nou nie. Die

Hartebeestloop-ideaal is om 400 dae teiken-TKP tussen

1ste en 2de kalwing te behaal.

Moedereienskappe en prestasie van

nageslag

Koeie moet nie net vrugbaar wees en kalf nie. Hulle moet

ook goeie kalwers grootmaak wat gesog is in die mark.

Nie alle “mooi” koeie voldoen aan die vrugbaarheid- en

reproduksie norme soos uiteengesit word nie. Net so voldoen

nie alle vrugbare koeie aan die kriteria wat daarge-

’n Koeikudde om van te droom

stel word vir goeie moeders wat uitstekende speenkalwers

grootmaak nie. Ons het almal koeie wat jaarliks kalf, maar

daar is niks aan die speenkalf nie. Hierdie tipe koeie is nie

geneties voortreflik nie en moet plek maak vir beter koeie.

Hierdie eienskappe van koeie kan slegs gemeet word

as daar ’n jaarlikse evaluasie van die koeikudde is. Dit gee

jou die geleentheid om koeie se prestasies oor ’n lang tydperk

te volg. Telers sal opmerk dat van die koeie se dogters

dieselfde voortreflike moedereienskappe wys en sodoende

kan uitstaande koeifamilies geïdentifiseer word.

Onthou dat herhaalbaarheid van vrugbaarheid hoër blyk

te wees as die erfbaarheid van vrugbaarheid.

Gemiddelde speenindeks

’n Groep kalwers wat saam in een groep grootgeword

het se gewig by speen (spesifieke ou derdom) bepaal die

betrokke kalf se speenindeks. ’n Speenindeks van 100 is

dus die gemiddelde speengewig van die groep kal wers,

bv. 230 kg. Enige gewig swaarder as 230 kg sal ’n hoër

speenindeks tot gevolg hê en omgekeerd.

Speengewig het twee genetiese komponente – die kalf se

genetiese vermoë om te groei en sy ma se moedereienskappe

wat hoofsaaklik melkproduksie is. Dit is belangrik

om te weet dat die maternale (melk) vermoë geneties

is vir die koei en ’n eienskap wat ons in seleksie wil sien.

Koeie wat konstant kalwers speen teen ’n speenindeks

van 100 of beter is geneties voortrefl ik ten opsigte van

haar maternale (moe der) eienskappe. Hulle moet in die

kudde gehou word. Stoettelers behou nie koeie vir altyd

in een teelgroep nie. Koeie word verskuif tussen koeitroppe

en gepaar met verskillende bulle. Geneties voortreflike

koeie handhaaf ’n goeie speenindeks ongeag

teen watter ander koeie op die plaas hulle gemeet word.

Dit is waar, mits die bestuursomstandighede presies dieselfde

vir alle koeie is. Telers moet self besluit wat die afsny

speenindeks vir die kudde is. Goeie raad is om die

gemiddelde speenindeks van die koei oor ’n paar kalwers

te evalueer en dan ’n besluit te neem. Op Hartebeestloop

word koeie geëva lueer wanneer drie kalwers gespeen is.

AgriForum Nov 2011, Vol 24, No 10, P 107-109

Speengewig as persentasie van koeigewig

Daar lê meriete daarin om te boer vir maksimum produksie/

ha en dit te gebruik om te meet of jy optimaal boer. In die seleksie

van ’n vrugbare, hoogs reproduserende koeikudde is

die prestasie per dier van groot belang. Speengewig alleen

is nie ’n betroubare metode om die waarde van die koei te

bepaal nie. Op Hartebeestloop is ons nog nie oortuig dat

die huidige teelwaarde vir koeiwinsindeks akkuraat genoeg

is om as seleksie-kriterium te gebruik nie. Die speengewig

van die kalf as persentasie van die koei se gewig op 205

dae is ’n baie bruikbare seleksie hulpmiddel om die ekonomiese

doeltreffendheid van die koei te evalueer. Ongelukkig

bevoordeel die berekening die ligter koeie, maar op

Hartebeestloop weet ons dat die ideale koei gewig tussen

485 en 500 kg is. Telers weet wat die ideale koeigewigte

vir hul omgewing is en moet dit as maatstaf gebruik om te

kompen seer vir die voordeel wat ligter koeie het. Tabel 4

wys die persentasies vir die RSA Bonsmara, Namibiese

Bonsmara en Hartebeestloop Bonsmara.

Speengewig verhouding (%)

Bonsmara Bonsmara Bonsmara

Ras Namibië Hartebeestloop

44.1%

Tabel 4

44.4% 46.6%

Die teiken-persentasie vir die 2009/2010 evalua sie was 46%

en die ideale persentasie waarna ons streef is 50% vir ’n

koeimassa van 485 kg. Daar is heelwat ander seleksie-kriteria

en -indekse wat ook gebruik kan word om die ekonomiese

doeltreffendheid van koeie te meet.

Wanneer jy aan die einde van hierdie fase van seleksie kom,

is die volgende koeie geselekteer:

• Hulle is vrugbaar

• Hulle het ’n beter reproduksievermoë

• Hulle speen gemiddelde na bo-gemiddelde kalwers

• Hulle vertoon hoë koeidoeltreffendheid

Funksionele doeltreffendheid en

aanpasbaarheid

Dit is so dat sommige funksioneel korrekte koeie wat goeie

aanpasbaarheid wys, nie noodwendig vrugbaar en hoogs

reproduserend is nie. So ook is die produksie-eienskappe

van die nageslag wat voorspeense groei insluit baie keer

nie na wense nie. Daarom word seleksie gedoen op vrugbaarheid,

reproduksievermoë en produksiepotensiaal voordat

funksionele doeltreffendheid en aanpasbaarheid geëvalueer

word.

Deur te selekteer vir vrugbaarheid en reproduksievermoë,

selekteer jy indirek ook vir funksionele doeltreffendheid en

aanpasbaarheid. Die mini mum rasstandaarde, soos deur die

onderskeie rasgenootskappe onderskryf word, is ’n goeie

riglyn in die seleksie vir funksionele doeltreffendheid en aanpasbaarheid.

Telers is soms baie streng op sekere aspekte

van funksionele doeltreffendheid, afhangende van wat hul

kuddeprofiele uitwys. So byvoorbeeld kan ’n teler baie sterk

diskrimineer teen naelvelle of uitermate lang skedes, as die

twee eienskappe reeds negatief in sy kudde is.

Jarelange seleksie vir ’n vrugbare, hoog reproduserende

kudde het ons geleer dat daar koeie is wat buite

die algemene raamwerk van aanpasbaarheid val. Hulle

is wel baie vrugbaar, hoogs reproduserend en produserend.

Op Hartebeestloop is daar koeie met swakkerige

haar kwaliteit wat ná tien jaar se seleksie nog steeds in

die kudde is.

Raamgrootte van koeie is nog ’n aspek waarmee sommige

telers sukkel. Hulle is geneig om op ’n spesifieke

raamgrootte en volwasse koeimassa te besluit. Daar is

goeie koeie wat wel ’n groter raamtipe het, maar dit is

wenslik dat die omgewing sal dikteer wat die regte raamgrootte

en volwasse koeimassa moet wees. Solank die

koei aan jou seleksie-kriteria vir vrugbaarheid, reproduksievermoë

en produksiepotensiaal voldoen, behoort sy ’n

plek in die kudde te hê. Hier die tipe koei is dikwels verantwoordelik

daarvoor om met haar nageslag variasie in die

tipe diere binne die ras in te bring. In Namibië, waar verskeie

produksiestelsels gebruik word, is varia sie in tipe

binne ’n ras belangrik en noodsaaklik. Dit beteken dat bulle

binne die ras geteel moet word vir gebruik as “all rounders”,

terminale kruisteelbulle, osproduksiebulle, bulle om

vervangingsverse te teel of bulle vir speenkalfproduksie.

Algemeen

Volgens Danie Bosman (persoonlike mededeling, 2010)

het die Mara Bonsmara-staatkudde onder sy bestuur

slegs 16% van die verskal wers wat ná ses jaar gebore

is nog in die kudde gehad. Wees gewaarsku, uiters

streng seleksie op ’n jaarlikse grondslag het groot erosie

in jou koei kudde tot gevolg. Tabel 5 wys die persentasie

verse, gebore vanaf 2005 tot 2009, wat nog in die

Hartebeestloop-kudde is.

Geboortejaar % Nog in kudde

2005 30%

2006 19%

2007 28%

2008 24%

2009 41%

Tabel 5

Ons ondervinding is as ’n sesjarige koei met vier kalwers

nog in die kudde is, sy heel moontlik daar sal bly tot en

met uitskot weens ouderdom of gebrek aan tande. Telers

kan gerus hul koeikuddes toets aan die Hartebeestloopdata

om te sien of dieselfde tendense daar aanwesig is.

Stoettelers van alle rasse gee die kommersiële boer en

die vleisbeesindustrie in die algemeen ’n groot hupstoot

as hulle met teling en bestuur diere met beter vrugbaarheid

en hoë reproduksiepotensiaal aan die mark beskikbaar

stel. Sou telers die Hartebeestloop-stelsel gebruik

met aanpassings soos nodig vir hul spesifieke omstandighede,

behoort die “boer derywaarde” van hul koeikudde

merkwaardig te verbeter. Ek sluit graag af met die

wyse woorde van William A. Foster:

“Quality is never an accident;

it is always the result of high intention, sincere

effort, intelligent direction and skilful execution;

it represents the wise choice

of many alternatives.”

AgriForum Nov 2011, Vol 24, No 10, P 107-109

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!