24.12.2012 Views

“Jo” Joubert

“Jo” Joubert

“Jo” Joubert

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VLIEG IN ‘N DONKER TONNEL

Die verhaal van Kaptein Jan “Jo” Joubert, Springbokvlieënier en held van die Koreaanse

Lugbrug en die Koreaanse Oorlog

Jan Abraham Joubert is gebore op 1 Oktober 1925 in die voormalige huis van President Kruger,

in Kerkstraat-Wes, Pretoria. Sy moeder was ‘n nooi Fourie - ‘n niggie van Jopie Fourie, die

1914 Boererebel van die plaas Wildebeesthoek, noordwes van Pretoria. Sy vader was Francois

Joubert, ‘n kleinseun van die Eerste Anglo Boereoorlog Generaal, Frans Joubert, die held van die

Slag van Bronkhortspruit. Frans Joubert was die broer van Generaal Piet Joubert, die aanvoerder

van die Boeremagte gedurende die Tweede Anglo Boereoorlog.

Generaal Frans Joubert

Francois Joubert was ‘n boer en die jong Jan Joubert het aanvanklik skool gegaan by die

plaasskool by Vissershoek noordwes van Pretoria, naby Brits. Hy is later na Pretoria waar hy

eers by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria was, voordat die gesin die plaas verkoop het

en op die Springbokvlakte in die Waterbergdistrik begin boer het. Sy laaste twee skooljare bring

hy deur by Nylstroom Hoërskool.

Na skool help hy boer maar hy wou graag deel wees van die Tweede Wêreldoorlog en sluit aan

by die SA Lugmag in 1943. Hy doen aansoek om as vlieënier opgelei te word en sy aansoek

slaag.

In daardie jare gebruik die Lugmag steeds Tiger Moths as opleidingsvliegtuie en die opleiding

vind plaas by Wonderboom, noord van Pretoria. Hy het ’n natuurlike vliegaanleg, en hy het net

ses ure se opleiding nodig voordat hy alleen begin vlieg! Hy is aan die einde van die kursus ook

die enigste student om alleen op ‘n nagvlug te kon gaan.

Hy word vir verdere opleiding na Standerton gestuur waar hy in Harvards opleiding ontvang.

Teen die einde van 1944 voltooi hy ook die kursus suksesvol en ontvang sy vlerke as vlieënier in

die SA Lugmag.

Alhoewel hy nou kon vlieg, moes hy hom steeds as vegvlieënier laat kwalifiseer. Hiervoor word

hy na Waterkloof Lugmagbasis gestuur na die Lugmag se gevegsopleidingskool “Service Flying

Training School”.

Met die voltooiing van sy opleiding as vegvlieënier, kom die einde van die oorlog. ‘n Ware

telleurstelling. Hy het hard probeer om op een of ander manier in die laaste deel van die oorlog

betrokke te raak, maar die Suid-Afrikaanse deelname aan die oorlog was iets van die verlede.

Om ‘oorlog toe te gaan” sou moes wag. Eers met die Koreaanse Oorlog sou hy sy ideaal kon

verwesenlik.

Hy word nietemin na 2 Eskader by Waterkloof uitgeplaas. Die Lugmag het baie vlieëniers gehad

en stuur hom na Langebaan vir ’n verdere kursus as navigator. Met die voltooiing van die

navigasiekursus land hy weer by 2 Eskader by Waterkloof en hier kry hy nogmaals opleiding in

lugbewapening. Al hierdie kursusse sou hom later baie handig te pas kom.

Die Suid Afrikaanse kontingent oppad na Berlyn. Die

foto is geneem in Engeland. Jo Joubert sit heel regs op

die foto (agter die stoele)

Na afloop van die oorlog is Duitsland in vier sektore verdeel. ’n Britse-, Amerikaanse-, Franse-

en Russiese sektor sou elk deur een van die geallieerde magte beheer word. So ook sou Berlyn

in vier verdeel word.

Teen 1948 was die drie sektore van die weste vereenig maar die Russe, met hulle kommunistiese

ideologie, het geen behae gehad om hulle deel aan die weste oor te gee nie. Toe die weste

boonop nog ‘n nuwe geldstelsel (die Deutche Mark) invoer, het die Russe besluit om Berlyn tot

oorgawe te dwing. In Junie 1948 het hulle ‘n totale blokkade van invoere van alle

lewensmiddele na Wes-Berlyn begin.

Die situasie was krities en ten einde die nood te verlig het die westerse geallieerdes ‘n lugbrug

ingestel. Die lugbrug sou later bekend stel as die “Berlynse Lugbrug” (Berlin Airlift).

Suid-Afrika was op daardie stadium ‘n gereelde deelnemer aan wêreldsake, en vurig antikommunisties

daarby. Met die begin van die Lugbrug het die Suid-Afrikaanse regering

aangebied om ‘n lugvervoer eskader beskikbaar te stel, om te gaan deelneem. Hulle sou blitsig

ontplooi en tot aan die einde van die blokkade deel wees van die operasie.

Die eerste ontplooiing het ses maande geduur en toe die plaasvervanger groep vertrek, het Jo

gesorg dat hy deel van die groep is. In totaal is 30 man (10 groepe bemanning) ontplooi. In

Duitsland is hulle met DC-3’s uitgereik wat aan die Royal Air Force behoort het, maar hulle is as

die kontingent van die Suid-Afrikaanse Lugmag ontplooi.

Jo is as navigator en hulp vlieënieer saamgestuur. Sy bemanningsgroep van drie het bestaan uit

homself, Luitenant Tom Condon en Sersant Ted Benson, as radio-operateur. Die Suid-

Afrikaners het saam met die Britte in hulle sektor geopereer. Dit het beteken dat hulle vanaf

Lubeck, waar hulle gestasioneer was, in ‘n gang suidoos gevlieg het tot by Berlyn, hulle vrag

afgelaai het, en dan weer met ‘n gang wes oor Celle gevlieg het tot in Wes Duitse gebied, noord

terug na Lubeck. Die vlugte het op ‘n 24-uur grondslag plaasgevind. Op enige stadium van die

dag of nag was daar geallieerde vliegtuie besig met die operasie.

Elke bemanning het met 25 uur tussenposes gevlieg. As jy vandag om 12 uur vlieg, vlieg jy

more om 1 uur en die volgende dag om 2 uur ens. ‘n Vlug het sowat drie uur geneem. 20 Vlugte

agtermekaar en dan 10 dae af. Met die voltooiing van sy toer het hy 115 vlugte voltooi.

Dit was gevaarlike vlugte met bykans geen ruimte vir enige navigasie foute nie. Net buite die

‘gange’ het Russiese vegters gevlieg om enige vliegtuie buite die sektore af te skiet. Alhoewel

geen Suid-Afrikaanse vliegtuie of bemanning verloor is gedurende die jaar wat die operasie

geduur het, verloor is nie, was dit tog senutergend met die Russe altyd minder as ‘n armlengte

weg.

Dit was nie net die Russe wat dit gevaarlik gemaak het nie. Die noord Europese winter het

gesorg vir moeilike vliegomstandighede met swak weer en swak sig. En dan was daar natuurlik

ook die gevaar van tegniese probleme met vliegtuie.

Lede van die eerste aflos vir die Berlynse Lugbrug by ‘n DC3-

Dakota- Lt. Jo Joubert staan op die trappie. Hierdie foto is ook

geneem tydens hulle vooraf opleiding in Engeland.

Een oggend, op 9 Julie 1949, met ‘n vlug in die vroeë oggendure, vlieg Jo, Ted Benson en Lt.

Condon vanaf Lubeck na die Gatow Lughawe by Berlyn. Op pad in, het die DC3 ‘n ernstige

vibrasie in een van die motore ondervind. So erg was die problem dat die enjin afgeskakel moes

word. Die weer was ook baie swak met reën, donderstorms en wisselvallige lugdruk. Die

vliegtuig het 63 sakke steenkool van omtrent 50kg elk aan boord gehad. Die rader het die

vliegtuig te ver na links aangedui het om die aanloopbaan te nader. Hulle was ook nie hoog

genoeg om met die swaar vrag weer te probeer nie. Die situasie was kritiek.

Dit is toe dat Lt. Tom Conlon die moeilike besluit geneem het. In sy oorfone het Jo gehoor:

“Joey, now you must throw out coal like you have never before!” Met die vliegtuig gevaarlik

laag, is dit presies wat Jo en Ted Benson gedoen het. Elkeen het ‘n sak kole gegryp en na die

sydeur gestorm. By die deur het Jo die sakke in die donkerte van die nag uitgegooi. Toe storm

hulle terug en gryp weer elkeen ‘n sak. Maar die jong Joubert het nie verniet as ‘Spiere’ bekend

gestaan nie. Hy het twee sakke gegryp en saam gesleep. By die deur het hy sy twee sakke en die

een van Benson uitgegooi. Weer en weer is hulle terug en elke keer het Jo twee sakke saam

gesleep. Die die twee se reuse poging het hulle 63 sakke (bykans 3 ton) steenkool binne ses

minute uitgegooi.

Maar nog was dit nie die einde nie. Met al die krag wat Jo oor gehad het, storm hy voorentoe en

val dood moeg tussen die twee sitplekke neer. Maar Condon is so gefokus dat hy dit nie eens

raaksien nie. Met Jo se val skreeu Condon “Gear, Joey, gear”. Met sy neus seker nie meer as

15cm weg van die onderstelhefboom nie, was dit nie te moeilik om die “af” hefboom te vind, en

om die wiele te laat sak nie. Hy klim terug op die sitplek en gespe homself vas. Condon doen ‘n

foutlose landing.

Met die vliegtuig veilig geparkeer, is die eerste mense wat hulle verwelkom Majoor Jan Blaauw,

die bevelvoerder, en Duncan Ralston. Blaauw was begaan oor die welstand van sy mense.

DC-3’s besig omvrag te af te laai by Gatow-Lughawe.

Die gevolge van die steenkool afgooi was duidelik te sien. Jo het net een skoen oor aanngehad.

Die nader een is later in die vliegtuig gevind. Hy het hom verloor in sy stormloop - en val - om

betyds by die kontoles uit te kom. Verder was hy en Ted Benson pikswart van steenkoolstof.

Hulle twee het afgesit na die waskamers. Hier het ‘n groot Afro-Amerikaner hulle dopgehou en

gevra “Where are you from?”.“From Africa”, het Jo hom geantwoord. Terwyl Jo en die groot

Amerikaner langs mekaar by die urinaal staan, kyk die Amerikaner hom so en sê “You are

white! How come you are not black all over!? You son of a gun, it must be African magic!” Dit

sou nie die laaste keer wees dat wit Afrikaan en swart Amerikaners se paaie kruis nie.

Die ‘kole’ insident sou nie ongesiens verbygaan nie, en die Royal Air Force se Lugkommandeur

Merer, sou op 20 Augustus 1949, ‘n brief van “Spesiale vermelding” vir Jo en die ander twee,

aan die Groepkaptein Biggar, bevelvoerder van die Royal Air Force Lugstasie by Lubeck stuur.

Ook het die storie die SA Lugmag se Ad Astra tydskrif gehaal. Die insident word vermeld in

“The candy bombers” wat later die lig sou sien. Een van die sakke het in die voortuin van die

Britse Generaal Brian Robertson geval. Hy het die RAF persoonlik bedank vir die lugaflewring

van steenkool - wat baie skaars was. As blyk van waardeering het die Duitse regering, met die

samesmetling van Oos en Wes Duitsland in 1989, al die oorlewende lede van die Lugbrug

uitgenooi om as gaste die vieringe mee te maak.

Die Amerikaanse ambasadeur in Suid Afrika Waldemarch J. Gallman,

oorhandig ‘n “DFC with bar” aan Jo Joubert vir dapperheid gedurende die

Koreaanse Oorlog 1952. Jo sou die ekwivalent van vier medaljes vir

dapperheid kry. Die Suid Afrikaners was deel van die Amerikaanse 18 th

Fighter-Bomber Wing, en het daarvolgens vir Amerikaanse dekorasies

gekwalifiseer.

Met die 60ste herdenking van die Lugbrug in 2008, het die SA Lugmag die oorlewende

deelnemers vereer. Van die 12 oorlewendes was nog net 3 in die lewe in 2012. Jo Joubert, Albie

Geutze en Willem Steytler.

Teen die einde van 1949 het die kommuniste die blokkade tot beëindig. Vir ‘n jaar lank was

alles ingevlieg na Wes-Berlyn. Die kommuniste se blokkade was uiteindelik niks meer as ‘n

irritasie nie. Die eerste konfrontasie van die Koue Oorlog is deur die weste gewen. Maar dit was

maar die begin. Binne maande sou dit uitloop op ‘n bloedige militêre konfrontasie in Korea.

OORLOG IN DIE OOSTE - VEGVLIEËNIER IN KOREA

Teen 1950 val Noord-Korea, met die ondersteuning van die Sjinese en Russiese kommuniste

Suid-Korea binne. In die Verenigde Volke Organisasie word gevra dat lande troepe moet stuur

om Suid-Korea teen die noorde se aggresie te beskerm. Weereens is die Suid-Afrikaanse

regering vining om te reageer en dadelik word ‘n vegeskader beloof. 2 Eskader word dadelik

gemobiliseer en vertrek vanaf Durban op ‘n Nederlandse skip, die Tsisidanie. As een van die

oorspronklike vlieëniers is Lt. Jo Joubert ook op die skip. Die skip se bestemming is Yokohama

in Japan en die vaart duur, soos die reën van die ark van die Bybel, 40 dae en 40 nagte.

Met die aankoms van die Suid-Afrikaners het die Amerikaners ‘n militêre orkes gereël om hulle

welkom te laat voel. As jy uit Afrika kom moet jy swart wees het die Amerikaners gedink.

Hulle reël toe ‘n militêre orkes wat net uit swart lede bestaan. Toe die Suid-Afrikaners van die

skif afklim was daar nie een swart lid nie. Dit het baie rooi gesigte veroorsaak, aan albei kante.

Die orkes het hulle egter nie van stryk laat bring nie, en hulle bes gelewer.

Met hulle aankoms in Japan is die Suid Afrikaners met Amerikaanse

P51-Mustang-D’S uitgereik. Hierdie foto is by K10 in sentraal Suid

Korea geneem. Later sou hulle opereer vanaf K-16 by Seoel.

Die Suid-Afrikaners is as onafhanklike eskader by die Amerikaners toegevoeg. Die Suid-

Afrikaners is met Amerikaanse Mustangs uitgereik en spoedig het die tegniese lede die vliegtuie

met die Suid-Afikaanse Springbokembleem en die oranje blanje blou geverf. Die vooraf

gevegsopleiding is by Johnson Lugbasis in Japan voltooi. Die basis is tydens die tweede

Wêreldoorlog deur die Japanese gebruik om kamakazi vlieëniers op te lei.

Vroeg in Desember 1950 het die Suid-Afrikaners hulle eerste aanvalle in Korea geloods. Een

klein puntjie van die Koreaanse skiereiland was nog nie deur die kommuniste beset nie, en dit is

hiervandaan, vanaf ‘n basis met die naam “K10” waarvan hulle begin opereer.

Met die koue en sneeu was dit ‘n totale nuwe en vreemde vliegondervinding. Maar daar is geen

leermeester soos nood nie, en baie vining moes hulle aanpas by die omstandighede. Die

bevelvoerder van 2 Eskader, sy tweede in bevel asook die vier vlugbevelvoerders was almal

uitmuntende vegvlieëniers uit die Tweede Wereldoorlog, en duer hulle bekwame en

doeltreffende leiding was dit nie lank of die Suid-Afrikaners wys die Amerikaners wys dat hulle

kon kers vashou.

Die Suid-Afrikaners het spoedig vir hulself naamgemaak as bekwame ,vreeslose en moedige

vlieëniers. Teen die einde van die oorlog het 34 van die 287 Suid-Afrikaanse lede wat in Korea

gedien het, met hulle lewens betaal.

‘n Suid Afrikaanse Mustang maak gereed vir opstyg. ‘n Vlug het uit

vier vliegtuie bestaan. Goeie lugmanskap, leierskap en toewyding sou

beteken dat Jo Joiubert na slegs 35 vlugte bo baie meer ervare

vlienieers, as vlugbevelvoerder aangewys sou word. “Ek was daar om

oorlog te maak en seker te maak my mense oorleef. Dit het beteken

dat ek in sekere kringe nie baie vriende sou he nie.”

Die Suid-Afrikaners is hoofsaaklik aangewend in grondondersteuning en in lugbombardement

rolle. Teen die 35ste vlug is Jo bevorder tot bevelvoerder van A-Vlug. Alhoewel hy minder

ervaring as die ander drie vlieëniers gehad het, het die bevelvoerder Kmdt.SV Theron, besluit om

hom tot die nuwe leier van die vlug te bevorder. Joubert was nie hier om noodwendig vriende te

maak of om gewild te wees nie. Hy was hier om ‘n oorlog te veg en te sorg dat sy mense

lewendig huistoe gaan. Hy het spoedig die respek van nie net sy eie vlug gehad nie, maar ook

van die res van die eskader, asook hulle Amerikaanse bondgenote.

Saterdag 23 Junie 1951 was ‘n dag met slegte weer, lae wolke en donderstorms. Dit was slegs

die derde keer dat Jo Joubert die bevelvoerder van A-Vlug was. Teen die tyd dat hulle in die lug

was, was daar net een ander vlug in die hele Koerea in die lug. Almal is op die grond gehou as

gevolg van die swak weer. Maar hulle was op pad na Noord Korea om ‘n teiken daar te gaan

aanval, en van omdraai was daar nie sprake nie. So swak was die weer dat hulle hul Mustangs

onder die wolke op omtrent 1000 voet moes hou. Met die oorsteek van die linie op pad na die

noorde, kontak die 5de Amerikaanse Lugmag se Operasionele Hoofkwartier Jo en vra of hulle

bereid sal wees om ‘n ondersteuningsvlug vir die Amerikaanse Grondmagte te onderneem. Die

versoek was vreemd. Hulle is gewoonlik beveel om iets te doen, maar hierdie keer met die swak

weer is hulle gevra. Nooit was daar enige twyfel nie. Die vlug is dadelik die koördinate gegee,

wat geblyk het so 40km weg te wees. Die situasie op die grond was benard. Die Noord Koreane

en Sjinese het deur die Amerikaanse Mariners se eertse Divisie se linie gebreek, by ‘n hoogte

noord van die Han rivier, naby Koksu-ri.‘n Amerikaanse Mosquito vliegtuig het die teiken vir

hulle met rook gemerk. Dit was ‘n netwerk van loopgrawe met honderde aanvallende soldate.

Die Amerikaanse linie was so kort entjie weg. Met die wolke op slegs sowat 1000 was dit ‘n

waagstuk. Dit was maklik om die teiken te verwar, daarby was dit ook baie moontlik dat

aanvalle wat te kort was, op die Amerikaners kon val. Iets wat net nie kon gebeur het nie.

Met vlammende masjiengewere en vuurpyle het elkeen van die vier vliegtuie op die teiken

afgeduik en met elke aanval is die aanvallers met geweld op die ken geslaan. Vier keer het elk

van die vliegtuie ‘n aanval gedoen. So akkuraat was die aanvalle dat die Amerikaanse soldate

met tye in hulle posisies opgestaan het en die vliegtuie toegejuig het. Later sou een van die

Amerikaanse soldate Private First Class James Megnin, ‘n brief aan die “Flying Cheetahs” stuur.

Een van sy paragrawe het gelees: “It was when we saw four silvery streaks plummet from the

skies above with guns blazing. It was so wonderous a sight we completely forgot our

whereabouts or line and just stood up in our foxholes and cheered”.

Toe die wolke tot op 300 voet sak was verdere aanvalle nie langer moontlik nie. Met die swak

sig is A-Vlug totaal verlore en elkeen het op eie stoom by die basis “K-11” opgedaag. Jo het met

die vallei afgevlieg totdat hy die pad gekry het en die 100km al met die pad langs tot by die basis

gevlieg.

Met sy aankoms by die Lugmagbasis is hy deur die Inligtingsoffisier van die Amerikaanse 8ste

Leër ontbied. Hy is gevra of hy die vlugleier van die aanval was, en dat die Bevelvoerder van

die 8ste Leër sy persoonlike gelukwensinge en dank betuig. Die vyand is nie net uit die posisie

gedryf nie, maar ook kon die hoogte weer ingeneem word. Sowat 500 van die vyand het in die

aanval gesneuwel.

“The Hall of Fame does not possess any greater men than those who flew that day for the United

Nations” PFC James P. Megnin.

Vir sy leierskap en heldhaftigheid tydens die “Ridge Line’ aanval, is Kaptein Jan Abraham

Joubert bekroon met die Amerikaanse “Distinguished Flying Cross”. Die sitaat lees: “He has

brought great credit on himself, his unit and the South African Air Force.

Na 100 operasionele vlugte is Jo Joubert terug huistoe. Van al die Suid-Afrikaners wat in Korea

gevlieg het, sou slegs vier hierdie getal behaal. Jo Joubert, Jan Blaauw en Gus Marshall met

Mustangs en later ook ‘n Lt. Grobler met ‘n Sabre. ‘n Getal van 75 vlugte was die standaard vir

Suid-Afrikaanse Vlieëniers, alhoewel die Amerikaners 100 gedoen het. Dit was nie lank nie of

Jo was terug in die wolke bokant Korea.

SUAN 8 Mei 1952

Vanaf Desember 1951 tot Junie 1952 het Jo verder diens in Korea doen.

C-Vlug waarvan Jo die bevelvoerder was, was geskeduleer om met ‘n ses vliegtuig formasie ‘n

voorraad depot as teiken aan te val. Die teiken was waar die ‘n rivier se loop die vorm van ‘n

skoenlapper aanneem. Die area het dan ook as “butterfly bend” bekend gestaan. Dit was baie

goed deur vyandelike lugafweerkanonne beskerm. “As jy ‘n teiken daar moes aanval bewe jou

broek lank voor jy daar aankom”.

Kaptein Joubert moes die plasing van die vlieëniers doen vir die aanval. Die bevelvoerder, Kmdt

Dick Clifton, se naam is eerste op die bord geskryf, daarna dié van homself as tweede in bevel,

en daarna die naam en posisie van die ander vier vlieëniers. Dit was Jo se idee om die

bevelvoerder te beskerm en hom veilig by die huis te kry.

Met die vluginligtingsessie het Kmdt Clifton gesê dat die teiken van noord na suid aangeval

moes word, die vorige aanval was van suid na noord gewees, en die lugafweer en Migs het

geweet wat die plan sou wees om dit weer so aan te val. Kapt Joubert het nie noodwendig met

die plan van aksie saamgestem nie.

Die vlug het nietemin suksesvol opgestyg en die aanval geloods. Die plan het vlot geloop. Toe

hulle egter optrek na die suksesvolle bombardement was daar skielik ‘n horde Migs. Hulle was

oral. Jo skreeu oor die radio “Break right”. Dit was duidelik dat Nr 6, Lt. Taylor raakgeskiet was

en wit rook het uit sy vliegtuig geborrel. Die rook was afkomstig van die verkoelingsvloeistof

uit sy enjin.

Die Amerikaanse “Distinguished Flying Cross with oak

leave clasp”. Die hoogste vorm van erkenning wat die die

Amerikaanse Lugmag ‘n vlienieer kon gee.

Die eerste prioriteit was om die formasie weer bymekaar te kry. Terwyl almal probeer het om

hulle vliegposisies in te neem was dit duidelik dat Taylor se vliegtuig hoogte verloor, en toe in

die verte verdwyn. Nr 5 was ook nêrens te vinde nie. Met die hergroepering val Kmdt Clifton in

posisie 1 en die ander twee in posisies 2 en 3. Met die wegbreekslag het Jo Joubert homself

bokant die vlug geposisioneer ten einde hulle te probeer beskerm teen ‘n Mig aanval uit die

hoogte. Dit is presies wat toe ook gebeur. Toe hy omkyk sit daar ‘n Mig links bo agter en nog

een regs bo agter hom. Die Migs se taktiek was om met groot spoed en hoogte op die Mustang

af te duik en op omtrent 300 meter op hom te begin vuur. Jo was bewus van die taktiek en het sy

lyn gehou totdat die Mig omtrent 300m weg was en toe skerp regs geswaai. Maar daar was nog

‘n Mig en ook hy moes afgeskud word. Hy trek die stang skerp terug pluk die vliegtuig se neus

op en kom so ook uit die visier van die tweede Mig. Intussen het ‘n derde Mig agter Nr 2

ingeskuif. Sy lugremme was aan en die klappe oop en seker te maak hy skiet nie verby die

stadiger Mustangs nie. Die Mig het dodelike 30mm koeëls verby Nr 3 van Mc Lauglin en die

bevelvoerder se vliegtuie laat reën.

Reen, sneeu, lae wolke en swak weer was allerdaags in Korea. Dit was

tydens ‘n grondondersteunings lugaanval in sulke weer, dat Amerikaanse

soldate uit hulle loopgrawe opgestaan en Jo en sy vlug toegejuig het. “The

Hall of Fame does not possess any greater men than those who flew that day

for the United nations”

Toe hoor Jo iemand oor die radio skreeu: “ Leader they are shooting at you! You must do

something or they will shoot you down!” Intussen het die eerste twee Migs weer hulle visiere op

Jo gerig. Nogmaals ontwyk hy hulle met dieselfde maneuver en toe vir ‘n derde maal. Dinge

was chaoties en vining. Clifton het geskreeu “ move sharp left!” Die een Mig het verby geskiet

en reg voor die masjiengeweer van Nr 3, Hans Enslin ingevlieg. In ‘n lang sarsie het Enslin sy

masjiengeweer op die Mig afgevuur. Die Mig het al rokende sy klappe opgetrek, krag oop

gemaak en beskadig in die verte verdwyn.

Hierna het die Migs teruggetrek na hulle basis gebied noord van die Yalu. By K-16 het Jo

uitgeklim en die grond gesien. Nog nooit was hy so bly om op vaste grond te kon staan nie. By

K-16 het hulle ook vir Vin Koen hulle Nr 5 gekry. Hy het veilig geland.

“Dit is toe dat ek vir myself kon sê: ‘Broek staan stil, jou baas is nie bang nie”. Nie dat ek

gehoop het om ooit weer ‘n herontmoeting met Migs te reël nie. Al moes ek weer sê: “Broek

staan stil”- Jo Joubert

RESPEK WORD VERDIEN

In Korea het dit so gewerk. As daar Amerikaners was, was hulle in bevel. Tot op ‘n dag. Op

omtrent die 30ste vlug van sy tweede toer in Korea was Jo se vlug saam met dié van ‘n

Amerikaanse vlug, ook van vier vliegtuie op pad om ‘n teiken in noord Korea te gaan aanval.

Met beperkte sigbaarheid die dag het die Amerikaanse majoor met al die vliegtuie verdwaal.

Hulle was gevaarlik naby aan die Yalu rivier en die moontlikheid dat Migs enige oomblik kom

opduik was glad nie uitgesluit nie.

Tegnici was ‘n integrale deel van die veldtog in Korea. Sonder

hulle hulp was die vliegtuie gestrand. Jo Joubert se kennis as

bewapener sou hom handig te pas kom.

Met die wete dat die Amerikaner verlore was, het Jo met sy eie opleiding as navigator presies

geweet waar hulle was. Met ‘n ferm “Target 65 miles, two o’clock” het hy aangekondig

waarheen hulle moes gaan. Met ‘n kort en saaklike “You take over” het die Amerikaanse majoor

die agt vliegtuie aan Jo aanhandig.“A-Flight two o’clock go” het Jo die beheer oor geneem. Die

aanval was ‘n sukses en niks is ooit daarna daaroor gesê nie. Tot so ‘n paar dae later toe die

Amerikaanse majoor by Jo gekom het en aan hom sê “Thank you for helping me the other day”.

Jo se antwoord was: “You would have done the same for me”. Kort daarna het die Amerikaners

die Suid-Afrikaners gevra om drie van die volgende armadas te lei. Twee keer het Jo Joubert

Vlugte van 100 vliegtuie gelei. Die enigste Suid-Afrikaner wat ooit die eer betoon is. Beide

aanvalle was suksesvol en alle vliegtuie sou veilig by hulle basis aankom na die aanval.

Jo Joubert het later geskryf: “Dit was nogal ‘n aardige gesig om 100 vliegtuie elke 15 sekondes

na mekaar te sien opstyg. Elke vliegtuig het na mekaar posisie ingeneem op die aanloopbaan en

die motore tot volkrag gebring. Dan was daar soos op ‘n vliegdekskip ‘n kontroleerder “batman”

wat sy hande van bo sy kop grond toe gebring het om te wys dat die vliegtuig se voetremme

gelos moes word om die opstyg aanloop te begin. Die leier het met ‘n groot sirkel al om die

lughawe gedraai en gewag dat elk van die 25 vlugte van vier vliegtuie aansluit. Dit kon tot

solank as 30 minute neem om almal in plek te hê op pad na die teiken”.

Hy skryf verder: “As jy op die grond staan en al hierdie dinge aanskou is dit asof die hele aarde

om jou weergalm van die gedreun van die motore van die vliegtuie en die hare op jou nek laat

regop staan”.

‘n Kleurfoto van Suid Afrikaanse Mustangs by K10. Korea was die eerste oorlog

waar Suid Afrikaanse betrokkenheid grootskaals in kleur vas gele is.

‘n Paar weke later het Jo sy laaste vlug gedoen en met die huistoe gaan is sy lourierkrans met die

syfer 175 in plaas van die gebruiklike 75 versier. Die Amerikaanse operasionele bevelvoerder

van die 18 th Fighter Bomber Wing (waarvan die Suid-Afrikaners deel was) het Jo gegroet deur sy

eie vlerkies af te haal en aan Jo te gee. Dit was die simbool van die grootste respek as vlieënier.

Jo het nog steeds (Mei 2012) die Amerikaanse vlieënier se vlerkies.

VAN LUGMAG NA LUGDIENS

Jo was lank nie klaar met oorlog nie. Sy hart het hom getrek na Korea. Hy was gereed om ‘n

derde keer te gaan. Een van sy vriende Nic van Zyl, het egter vir hom ‘n afspraak gemaak om by

die SA Lugdiens aan te sluit. Uit ordentlikheid woon hy die onderhoud by, maar sê aan die

paneel dat hy op pad terug is Korea toe. Hy stel nie regtig belang nie.

Met sy terugkoms by Langebaan was hy besig met die finalisering van sy aansoek omr Korea toe

te gaan toe hy ‘n oproep kry om by die bevelvoerder se kantoor ‘n draai te maak. “Jy begin

Maandag by die Lugdiens” sê die bevelvoerder. “Wel ek het vir hulle gesê ek stel nie belang nie.

Ek is ’n vegvlieënier,” antwoord Jo. Wel jy gaan nie meer Korea toe nie, jy is verplaas na die

Lugdiens. Nooit was Jo ‘n Broederbonder of Vrymesselaar nie, maar dit was baie duidelik. Die

Broederbond het ingegryp. Hy was nie langer in die Lugmag welkom nie, en sy pad voorentoe

in die Lugmag was effektief geblokkeer. Sy droom om hoof van die Lugmag te word, was

daarmee heen.

Hy sou egter ‘n lang en vrugtevolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse Lugdiens lewer. Hy het vir

12 maande opleiding ontvang om Comets te vlieg. Die eerste spuitaangedrewe 4-enjin

passasiersvliegtuie van die SAL. Daarna het hy ook bykans elke ander vliegtuig in die SAL se

arsenaal vlieg. Vir jare het hy elke maand die SAL vlug na Australië gevlieg. Toe die “Jumbo

Jets” die Boeing 747’s in 1972 kom, was hy ook die aangewese vlieënier om hulle te vlieg. Hy

het vir 10 jaar die 747, die vlagskip van die SAL gevlieg.

Die Comet

Nadat hy sy vliegloopbaan voltooi het, besluit hy om af te tree deur ‘n klein plasie naby

Bronkhorstspruit te koop. Maar hy het meer gekoop as waarop hy gereken het. Die grond was

ryk aan klei en vining besef hy dat hierdie klei geskik is vir die gebruik in vuurvaste produkte.

So word Jo Joubert besigheidsman.

Ten tye van die skryf van hierdie artikel was Jan “Jo” Joubert 88 jaar oud, en het hy die inligting

hierin met die hand geskryf, en alle kopieë en stawende dokumente aangeheg.

Leon Bezuidenhout

Pretoria

8 Mei 2012

Jo Joubert, “DFC with bar and 4 oak

leaf cluster” veteraan van die Berlynse

Lugbrug en Korea

(tydens ‘n onderhoud met die Koreaanse media, 2010)

Bronne

Die inligting vir hierdie artikel is verkry deur dit wat Jo Joubert aan die skrywer gegee het tydens

onderhoude gedurende 2012.

In opvolg daarvan het hy ook ‘n skriftelike weergawe gee oor sekere van die kwessies wat hy

aangeraak het tydens die onderhoude.

Ter stawing van die inligting is daar ook op ‘n verskeidenheid dokumente staatgemaak.

Foto’s: Ongelukkig is die fotograwe nie bekend nie, maar dit is meestal in die openbare domein

beskikbaar. Sou dit bekend word wie die kopiereg op foto’s het, sal ons met die grootste graagte

die relevante regte wil erken.

Leon Bezuidenhout

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!