29.07.2021 Views

TJOKKLETS - Julie 2021

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

JULIE 2021

TTTRRRRIIIIIEEEEENNNNGGGG!!

Celetia Reinders

FOTO Igno van Niekerk

En so het die derde kwartaal aangebreek. As mens terugkyk na

die afgelope twee kwartale, kan mens opnuut waardering vir ons

wonderlike kaalvoetskool kry. Ek is ook verskriklik opgewonde en

bevoorreg om ons eerste elektroniese uitgawe van die Tjok-KLETS

bekend te stel!

As ek hierdie jaar tot dusver in een woord kan opsom, sal dit beslis

dankbaarheid wees. Dankbaar vir ons omgee-skool, vir soveel geleenthede

en vir al die pret en vreugde wat ons steeds daagliks kan

bly ervaar.

Ons bedank dan ook graag Tjokkies se borge, G6, ITEC, McDonald’s,

Spar Universitas en Supa Quick vir hulle deurlopende ondersteuning.

Baie dankie aan elkeen van ons ander lojale Kaalvoetborge wat ons

op enige manier in 2021 met projekte groot of klein ondersteun en

bygestaan het.

Dankie aan ’n uitmuntende redaksiespan wat hierdie uitgawe

moontlik gemaak het, asook ’n spesiale dankie vir Suanné Mulder van

SARIE-tydskrif wat die uitleg behartig het. ’n Verdere woord van

dank aan elke liewe Tjokkie wat hierdie kwartaal ons leuse, Net my

beste, aanhou uitleef het.

In hierdie uitgawe van die Tjok-KLETS kan jy verwag om van Valentynsdag,

redenaars, juffie-troues, Kleuterskool gholfdag en soveel

meer te lees. Ek hoop jy geniet elke bladsy!


REDAKSIE ✍

2

1

2

3

4

5

Ry 1: Juf. Marika Els, Juf. Ilne Erasmus, Juf. Celetia Reinders (Redaktrise), Juf. René Greyling (Subredaktrise Kleuterskool)

Ry 2: Juf. Suzanne Wille (Bemarker), Juf. Nadine Malherbe (Subredaktrise Graad 1, 2, 3), Juf. Chantal Janse van Rensburg, Karli Botha

Ry 3: Waldo Slabbert, Anika Wolmarans, Jenna du Plessis, Joané de Beer

Ry 4: Marlise de Witt, Juandré Rowe-Rowe, Karin Truter, Christoff Crous

Ry 5: WJ Oosthuizen, Marli Niemand, Miené Spies, Lienka Stevens

FOTO Annatjie Human


ONDERWYSERS EN HUL DINGE


ONDERWYSERS EN HUL DINGE


KLETS ☎

5

Uit die hoof

se pen ...

Mnr. Neels Gunter (Skoolhoof)

”Die goeie onderwyser

verduidelik. Die voortreflike

onderwyser demonstreer.

Die waarlik groot

onderwyser inspireer.”

Hier staan ons, sewe maande later. ’n Jaar

wat almal gehoop het anders sal lyk as

2020. Ongelukkig stel 2021 beslis weer

nuwe uitdagings aan ouers, leerders en

onderwysers. Skole moet gereeld herbeplan

om by te hou met die daaglikse eise

en veranderings.

Gelukkig is ons baie bevoorreg hier by Tjokkies

om kundiges in ons midde te hê. Betrokke

en lojale ouers, asook passievolle onderwysers

wat die erns van onderrig besef.

William Arther Ward skryf nie verniet: “Die

goeie onderwyser verduidelik. Die voortreflike

onderwyser demonstreer. Die waarlik

groot onderwyser inspireer.”

Ons is nie almal dieselfde nie, maar ek wil

glo dat die Tjokkie onderwysers in die laaste

kategorie sal val, want akademie bly vir ons

’n prioriteit.

In moeilike omstandighede wil ons steeds

ons waardes uitleef. Die doel: om selfstandige,

toegeruste jongmense gereed te kry

vir die hoërskool. Dis juis die rede waarom

daar reeds 9 hoërskole vanjaar tou gestaan

het om ons leerlinge te werf. Dis voorwaar ’n

pluimpie vir die Tjokkiespan! Mense verwys

dikwels na die stelling “Dis ’n bedekte seën,”

maar wat beteken dit eintlik?

Somtyds gebeur daar dinge in ons lewens

wat op die oog af as negatief en sleg gesien

kan word. Ons kan nie eens dink dat dit ’n

seën van God kan wees nie. Dan, jare later

wanneer ons terugkyk, besef ons eers dat

dit wat ons aanvanklik nie kon verstaan dat

dit met ons gebeur het nie, uiteindelik ’n

groot seën geword het.

Ons sal seker eers oor ’n paar jaar verstaan

waarom ons deur hierdie pandemie moes

gaan. Ons sal die groter seën dan eers in

werklikheid besef.

Ek troos myself in die wete dat God nie sy

kinders sal verlaat nie.

Mag die res van 2021 beter verloop as die

eerste 7 maande en mag God Tjokkies op so

’n manier bly seën dat ons sal skaam kry oor

al ons negatiewe gedagtes en ongevraagde

opmerkings.

Wees dapper!

Neels Gunter

Tjokkie-raad – visie en missie

Christoff Crous & Jenna du Plessis

Mnr. Neels Gunter en die Tjokkie-raad

Die ambassadeurs van 2021 is slaggereed

om hierdie jaar met entoesiasme en toewyding

aan te pak!

Die visie vir die Tjokkie-Raad vir 2021 is

gekies vanuit Josua 24:15, “ek en my huis, oftewel,

ek en my Tjokkie-familie, ons sal die

Here dien.” Al die projekte wat beplan word,

word teen die agtergrond van Josua 24:15

gedoen.

Graad 7 Tjokkies kan uitsien na ’n hele paar

projekte in 2021, wat ten doel het om die

skool se waardes te ontwikkel vir elke

leerder!

Die langtermyn beplanning (misie) is om

elke Graad 7 leerling blootstelling te gee aan

spanbou en probleemoplossing (fisies en

emosioneel).

Die Tjokkie-Raad opleiding vir die eerste

kwartaal (A-klas) het plaasgevind oor die

naweek van 5 tot 6 Maart 2021. Dit het afgeskop

met ’n spanbou sessie op die skool

se rugbyveld, aangebied deur Mnr. Pieter

Jordaan van Future Smart. Elke leerder het

die geleentheid gekry om met kritiese denke

te bewys dat hulle kreatief kan dink en in ’n

span kan saamwerk. In die proses het hulle

leierskapsontwikkeling ontvang en het ’n

in-diepte-gesprek oor die Tjokkie-waardes

naamlik omgee, respek, geloof, verantwoordelikheid

en uitnemendheid gevoer. Met

prettige, dog uitdagende aktiwiteite moes

die Tjokkies sommer dadelik hierdie waardes

inspan om die span aktiwiteite te voltooi.

Saterdagoggend het al die leerders by die

C4 Fitness sentrum ’n hindernisbaan voltooi

en elke leerder in die klas was verplig om

die baan klaar te maak. Deursettingsvermoë

en saamstaan is voorwaar getoets, ’n

geleentheid wat elke Graad 7 nie gou sal

vergeet nie! Die res van die klasse sal hulle

opleiding in die geskikte kwartaal ontvang.

Voortdurende leierskapsontwikkeling word

beplan en al die graad 7’s gaan hul omgee

vir ons geliefde skool wys deur diensbeurte

te doen wat portaal, saal- en badkamerdiens

insluit. Hierdeur word verseker dat leerders

die omgewing en ander maats respekteer.

Nieteenstaande die onsekerheid wat die Korona-virus

pandemie bring, kon die Valentynsweek

vroeg in die eerste kwartaal, asook

die Ken-mekaar-braai vir die Graad 7A klas

suksesvol afgehandel word. As omstandighede

dit moontlik maak, word daar ook ’n

Bingo-aand beplan vir later in die jaar.

In die Tjokkie-familie gaan daar gewerk, gespeel,

gelag en geleef word tot eer van ons

Skepper!


KLETS ☎

6

Die ‘nuwe’

Kaalvoetkafee

Marli Niemand

Heerlike happies by die Kaalvoetkafee

Die Kaalvoetkafee is onder nuwe bestuur

sedert Februarie 2021 en het nie net baie

nuwe lekkernye nie, maar is ook vol verrassings

en nuwe bekendstellings.

Volgens Me. Vicky Dean, die nuwe

bestuurder, hou die Kaalvoetkafee nou ’n

groter verskeidenheid produkte aan en bied

hul nuwe spyskaarte heerlike eetgoed vir

honger magies.

Die snoepie spog ook met ’n ligter, vroliker

voorkoms binne en selfs die yskaste het ’n

nuwe baadjie gekry.

Die “Brownie-kompetisie” en die bekendstelling

van Ola-roomys, wat gevier is met

sambrele, musiek en afslag op produkte, is

van die lekker verrassings wat al aangebied

is. En Tjokkies kan blykbaar uitsien na nog

heerlike verrassings, maar ons kan nie nou

al die aap uit die mou laat nie!

Die Kaalvoetkafee is beslis die plek om

te besoek vir alles van gesonde kos tot ’n

heerlike bederfie vir Tjokkie-maats!

Reg vir redenaars

Juandré Rowe-Rowe

Haal asem, wees braaf, want redenaars sal

jou skaaf!

Om ’n redenaarstoespraak voor ’n skare

mense te praat sal selfs die braafste se broek

laat bewe.

Om krities te kan dink, onderwerpe te kan

beredeneer, jou gedagtes te kan orden en

voor mense te kan praat is belangrike vaardighede

wat elke kind moet ontwikkel. Wat

dan beter as redenaars om jou voor te berei?

Ek deel graag met julle ’n paar wenke om al

die voornemende redenaarsprekers te help.

As spreker moet jy deel wees van die proses

om die toespraak te skryf en die gekose onderwerp

moet jou interesseer en opgewonde

maak, daarby help dit jou om die voordrag

met passie en oortuiging oor te dra.

Die onderwerp wat jy kies moet beredeneerbaar

wees. Dit beteken jy moet daaroor kan

redeneer en jou punt oortuigend kan oordra.

Dit is nie net ’n gememoriseerde inligtingstuk

nie. Maak seker dat jou inleiding treffend

en interessant is, daarby word die gehoor en

beoordelaars se aandag vasgevang.

’n Omvattende toespraak bevat ’n waterdigte

standpunt met drie omvattende argumente

en ’n treffende slot.

Deeglike voorbereiding en proef toesprake

is belangrik en versterk die spreker se selfvertroue.

Die opneem van die toespraak en

dit oor en oor luister, help ook om uitspraak

en sinsbou te verbeter. Druk kaartjies op

donkerkleurige kaartjies uit en maak seker jy

weet hoe om jou kaartjies goed te hanteer.

Bo alles geniet dit, want of jy wen of nie, jy

gaan belangrike vaardighede ontwikkel wat

jou vir die res van jou lewe sal help.

Op 30 Maart 2021 het ’n paar brawe graad 6

en 7 Tjokkie maats deelgeneem aan die skool

se redenaarskompetisie. Op 8 Junie, was dit

die graad 4 en 5 sprekers se beurt.

Baie geluk aan die volgende wenners:

Gr.4 Afr. wenners:

1. Nicolette van Tonder

2. Velé Langenhoven

3. Lize Pienaar

Gr.5 Afr. wenners:

1. Mia Pienaar

2. Marichelle Crous

3. Lydia van Rooyen

Gr.6 Afr. wenners:

1. Juandré Rowe-Rowe

2. Miené Spies

3. Anika Wolmarans

Gr.7 Afr. wenners:

1. Riva Joubert

2. Lize Fourie

3. Michelle Janse van Rensburg

Gr.7 Eng. wenner:

1. Miqnia Coetzee

So wees braaf, trek jou bang broek uit en

kom praat saam redenaars in 2022!

Die Voortrekkers

Lizette Buys

Wat doen julle by die Voortrekkers? Wat is

die Voortrekkers? Wanneer kom julle bymekaar?

Hoekom betaal julle ledegeld? Hokaai,

so baie vrae, ons gaan probeer om vir julle

antwoorde te gee.

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging vir

ons moderne Afrikanerjeug. As jy gedink het

ons is oud-modies en doen nog die dinge

soos ons voorgeslagte wat oor die Drakensberge

getrek het dit doen, slaan jy die bal

mis. Ons hou tred met ons lede se behoeftes

en die tyd waarin ons leef.

Ons grondslag en wese is gegrond op die

Bybel en ons leef ons Christenskap uit in die

natuur, deur vir ons medemens om te gee

en leer ons waardes en vaardighede aan om

van ons goeie landsburgers te maak. Ons

leuse is “HOU KOERS” en ons rus ons lede

toe om dit met vasberadenheid en selfstandigheid

te doen.

Om op Doornkloof, die Voortrekkers se

plaas, te gaan kamp is vir elke Voortrekker ’n

belewenis. Dit is daar waar daar lewenslange

vriendskappe gesluit word en waar jy leer

van saamwerk, uithou en aanhou.

Ons kom elke Dinsdag van 15:00 tot 16:00

bymekaar. Tydens die spanbyeenkomste

werk ons aan verskillende spesialisasies soos

dierekennis, plantekennis, delwerye, handvaardigheid,

ruiterkuns en dit is net om ’n

paar te noem. Die ledegeld word aangewend

om die Voortrekkers se plaas instand te hou

en ook om te verseker dat jy bekostigbare

kampe kan bywoon.

Ons nooi jou uit om deel te wees en te beleef

dat om ’n Voortrekker te wees is ’n duisend

ervarings in een!


Karli Botha

MASKER EN AL

Daar het groot opgewondenheid by Tjokkies

geheers soos die dag vol liefde en

omgee nader en nader gekom het.

Almal het op hierdie spesiale dag rooi,

pienk en wit aangetrek. Van ons kreatiewe

Tjokkies het selfs hulle gesigmaskers versier

met hartjies en boodskappies.

Die kinders het rooimiere gehad terwyl

hulle in spanning gewag het om te sien of

hulle geheime bewonderaar ietsie in die

boks gegooi het. Opgeruimde stemme het

van alle rigtings gekom soos die kinders

lekkers en kaartjies uitgedeel het vir mekaar

of probeer raai wie die naamlose pakkie

gestuur het. Buite die personeelkamer was

’n fotohoekie om hierdie spesiale omgee

dag vas te vang.

“Glimlagte het

onder die maskers

gestraal.”

Almal was ook bederf met ’n yskoue koeldrank,

’n pakkie lekkergoed en ’n donut.

Tjokkies wou seker maak niemand gaan

leë hande huis toe nie en het vir elkeen ’n

heerlike suigstokkie uitgedeel saam met die

geskenkies.

Glimlagte het onder die maskers gestraal

en selfs die onderwysers kon hul glimlagte

nie keer soos hulle deur die vrolike gange

geloop het nie.


KLETS ☎

8

ons elkeen ’n talent gegee. As jy nog nie

joune gevind het nie voel dit dalk of jy nie

een het nie.

Jy is verkeerd, God het vir elkeen van ons ’n

talent gegee - jy het dan nog net nie joune

gevind nie. Jy gaan verskil van jou maats,

broers of susters - julle gaan nie in dieselfde

dinge goed wees nie. Jy kan goed wees met

akademie en jou maat met sport.

Caileigh De Beer was SA’s toe met swem

en het terug gekom met ’n brons medalje.

Caileigh sê: “Ek het baie hard gewerk om

te kom waar ek nou is”. Caileigh het haar

talent gevind en dit ontwikkel - net soos Anri

Oosthuizen wat Vrystaatspan gehaal het

met atletiek. Anri sê dat haar afrigter haar

inspireer om hard te werk. Anri verskil van

haar nefie WJ Oosthuizen.

Hoe gee ek altyd net my beste?

Marlise De Witt

Dis die vraag waaroor meeste van ons sit

en wonder. Almal sê jy moet altyd “Net Jou

Beste” gee voordat jy ’n wedstryd speel of ’n

toets skryf, maar hoe gee jy Net jou Beste?

Jy gee jou beste wanneer jy so goed doen

soos wat jy kan. Nie so goed soos jou maat

of soos jou ouers wil hê jy moet doen nie, so

goed soos wat jy kan.

Onthou elkeen van ons is geskape deur God.

Hy het ons elkeen uniek gemaak. Hy het vir

Anri is goed met atletiek waar WJ ook goed

is met sport, maar hy is ook ’n man vir die

akademie. WJ sê: “My ma was baie goed in

skoolwerk en sy het my gemotiveer om deur

te druk en die beste te gee wat ek kan.”

Selfs niggie en nefie verskil van mekaar - so

jy hoef nie goed te wees met alles wat jy

doen nie. Jou maat gaan miskien ’n beroemde

rugbyspeler wees en jy die president van

’n nuwe land wat nog ontdek moet word.

Gee altyd net jou beste en nie jou maat se

beste nie. Gaan probeer nuwe goed en gee

“Net Jou Beste” – jy sal sien die res kom vanself.

Musiekfees uitslae: musiek vir ons ore

Hanlie Dippenaar

Vroeg in Maart 2021 het ons die goeie nuus

gekry dat die tweejaarlikse St Michael’s Music

Festival wel gaan plaasvind, onder streng

Covid-regulasies. Hierdie fees fokus daarop

om die musiektalent van leerders ten toon te

stel.

80 Tjokkieleerders is geïdentifiseer om deel

te neem in 54 verskillende kitaar-, klavier-,

klawerbord- en blokfluit items vanaf 10 – 15

Mei 2021.

Die musiekleerders en hulle onderwyseresse

het hierdie geleentheid aangegryp en sonder

huiwer begin oefen. Dikwels kon die klanke

reeds vanaf 07h00 by die musiekklasse gehoor

word waar vlytige vingers die verskillende

note, ritmes en lopies inoefen en afrond.

Harde werk en toewyding word altyd beloon

en die Tjokkieleerders het nie teleurgestel

nie. Die beoordelaars is bederf met musiekoptredes

van hoogstaande gehalte.

Die sukses van die week word weerspiëel in

die 6 A++, 22 A+, 23 A en 3 B+ simbole wat

die leerders tydens die week behaal het.

“You don’t have to be great to start playing,

but you have to start playing to be great”

- Anoniem

“There is no such thing

as a difficult piece of music.

A piece is either impossible or

easy. The process whereby it

migrates from one category to

the other is known as

PRACTICING”

- Yehudi Menuhim

6 A++

22 A+

23 A

3 B+


KLETS ☎

9

Maskerwenners 2021

’n Kompetisie was geloods waartydens

leerders ’n Tjokkies-masker moes ontwerp.

Die wenners kon hul eie ontwerp op ’n

masker gedruk kry!

Baie dankie vir elke Tjokkie-maatjie wat

hard gewerk het en moeite gedoen het.

Daar was soveel wonderlike en kreatiewe

ontwerpe!

Daar was 124 totale inskrywings, en die

wenners was toe as volg:

Graad 3 - Danisha Swanepoel

(Grondslagfasewenner)

Graad 4 - Ruan Steenkamp

Graad 5 - Tendekai Sithela

Graad 6 - Kaleigh-Ann Richter

Graad 7 - Chevonné Vos

Die maskers is deur Bonji gedruk.

’n Middag saam met Charles Smith (Media24)

Anika Wolmarans

En so het die Vrydagmiddag uiteindelik net

na skool aangebreek om die bekende redakteur

van Volksblad van Media24 te ontmoet.

Ek was so opgewonde om koerantopleiding

by Charles Smith te kon kry. Ons

het die skoolsaal binnegestap en hom ontmoet.

Hy is Volksblad se redakteur. Die saal

was baie mooi versier. Ons het by die kleurvolle

Tjokkie tafels gaan sit en het ’n baie

insiggewende en lekker middag gehad. Ons

het heerlike middagete geëet en elkeen het

’n koerant ontvang.

en ek het meer geleer oor hoe om ’n koerantberig

te skryf.” Haar boodskap van inspirasie

vir haar mederedaksielede was: “Just go for

it en as jy skryf, moet jy darem ook pret hê.”

Baie sterkte aan die nuwe redakteurspan van

Tjokkies! Gebruik nou julle talente vir ons

skoolkoerant. En onthou: Doen net jou HEEL

beste!

Ons het geleer hoe om ’n onderhoud met ’n

persoon te voer en wat die hoofpunte van

’n koerantberig behels, asook hoe om ’n

koertantberig te skryf.

Die skool se nuut verkose redakteurspan het

mekaar ook sommer beter leer ken.

Miené Spies, een van Tjokkies se redaksielede

het die volgende terugvoer rakende

die koerantopleiding gegee: “Die lekkerste

van die koerantopleiding was vir my die kos


KLEUTERS

10

Tjokkies slaan barshou

op gholfdag

Andries Strauss

Die Tjokkie-ITEC Gholfdag vind jaarliks plaas

en word beskou as een van die hoogtepunte

op die skool se fondsinsamelingskalender.

Dit is ’n gesellige dag waartydens spelers en

vriende die geleentheid kry om die Bloemfontein

gholfbaan te geniet en hul vernuf te

toon.

As ouer en vriend van die skool, is ek reeds

die afgelope 20 jaar by dié dag betrokke en

beskou dit as een van die bes georganiseerde

toernooie vir enige gholfspeler. Hierdie dag

het nog nooit teleurgestel nie – of jy nou ’n

Die “co-pilot” het geland

Carmen Butler

arm student of ’n werkende is; ervare gholfer

of groentjie op die baan – niemand gaan

huis toe met leë hande nie, putjie- en prysborge

verleen verdere luister aan die dag

en pryse wissel enigiets van slagskape tot

spa-geskenkbewyse.

Moet ook vir geen oomblik dink dit is net

mans wat hul staal mag wys nie; vroue-gholfers

wys ook jaar na jaar vir die manne waar

Dawid nou eintlik die wit balletjies begrawe

het.

Die sukses van die dag kan grootliks

toegeskryf word aan die goeie spangees

en samewerking tussen die skool, organiseerders,

ouers en borge. Die skool lê alle belange-groepe

besonder na aan die hart en dit

is met dié gees van welwillendheid, dat daar

jaarliks ’n vol veld gelok word. Dié prestasie

spreek vanself en dra daartoe by dat die

gholfdag klokslag ’n reuse sukses is.

Ten spyte van ’n vol baan, vloei die spel, want

die onderwysers is flink op hul poste as bekwame

baanbeamptes.

Word deel van die Tjokkie-gholfdag; word

deel van die Tjokkie-gees.

“For this child I prayed and the Lord has

granted the desires of my heart” - 1 Samuel

1:27. Op 31 Maart 2021 vier Juffrou Ané nie net

haar verjaarsdag nie maar sy en haar man HP

verwelkom ’n gesonde baba seuntjie.

Juffrou Ané beskryf mamma-wees as “ek

wou nog altyd ’n mamma wees en nou dat

ek een is besef ek dit is een van die grootste

geskenke van Bo.” Juffrou Ané en HP, mag

hierdie seuntjie vir julle net vreugde en geluk

bring!

Adriaan, ons wense vir jou is dat jy die geloof

mag hê van Abraham, die gehoorsaamheid

van Noag, die passie van Dawid en die krag

van Simson. Mag jy die wysheid hê van Salomo,

vreesloos wees soos Daniël, reguit soos

Stefanus en vol vergifnis soos Josef.

Welkom in die wêreld Abraham Adriaan Otto


KLEUTERS

11

Henriëtte du Toit

Woelwaters oor die wenstreep

Danél Coetzer

Het jy geweet dat om wettiglik op die pad

te wees, jy ’n lisensie nodig het? Indien jy nie

geweet het nie, kan jy gerus vir ons graad

R-maats vra.

Die dag op die parkeerterrein het begin met

laggende-gillende lyfies, gereed met lisensies

en al, om ’n beurt met ’n kaskar te kry.

“Hoe werk die kar juffrou?” of “ek kan nog

nie bestuur nie juffrou,” is wat ons by die

kleuters gehoor het, maar sommer gou-gou

het die opgewondenheid oorgeneem en

jaag hulle oor die wenstreep!

Aanmoediging was daar ook genoeg en

uitgeput is daar later, in mamma of pappa

se regte kar, al aan die slaap geraak op pad

huis toe ...

Vrolike laggende gesiggies is wat ons juffrouens

se harte sommer warm maak, daarom

doen ons sulke dinge soos kaskar ry, hier

by Tjokkies!

As kind het ek dit net as ’n ouderlingspilletjie

geken, wat jy op ’n Sondag in die kerk gekry

het om stil te sit en nie te vroetel nie, maar

nou het dit ’n heel ander betekenis!

As ’n juffrou het ek gou geleer dat jy ’n

troosmiddel nodig het om ’n seer hart weer

heel te maak, ’n stukkende toon of knie se

pyn dadelik weg te neem, selfs vir ’n tandjie

wat die tandemuis kom haal het of ’n onheilspellende

gil, wat skielik vanaf die speelgrond

kom.

Daardie soort gil wat ’n juffrou se adrenalien

die hoogtes laat inskiet, alles neergooi en

hardloop in die rigting van die gil. Net een

“klein” pienk pilletjie om ’n “groot” wond gou

te kan herstel.

As ’n mamma weet ek dit is nie altyd maklik

om ’n klein lyfie te kry dat hy fluks help

skoonmaak, takies verrig of gou ’n gunsie

doen nie. Want, maar, hoekom? Ek sal nou!

En daardie nou gebeur nooit!

Nie by Tjokkies nie. Hier kan juffrou alles

regkry en enigiets vra vir net EEN PIENK

PILLETJIE!

Speel is nie kinderspeletjies

René Greyling

Kinders speel nie meer genoeg aktief buite

nie, wat veroorsaak dat kinders sukkel om

stil te sit en te konsentreer wanneer dit van

hul verwag word. Dit kan ook daartoe lei

dat kinders maklik gefrustreerd of angstig

raak of sukkel met motoriese en sosiale

vaardighede.

Daarom is dit hier by Tjokkies vir ons baie

belangrik dat ons Graad R-kleuters speeltyd

het. Ons het ’n wonderlike speelgrond,

perfek ontwerp om klein lyfies se sensoriese,

emosionele, sosiale en intellektuele

vaardighede te ontwikkel.

Spontane buitespel verskaf aan ons kleuters

groot genot en is in vandag se tyd

selfs van groter waarde vir normale ontwikkeling.

So word sterk, gesonde kindertjies

gekweek.

Met die konkrete leerwerk in die klaskamer

wat aanvullend hiertoe is, is dit ons doelstelling

om kinders wat gereed is na Graad

1 toe te stuur.

Speel is nie kinderspeletjies nie, dis harde

werk!


KLEUTERS

12

Lekker-lag en lekker-kuier by die lekker

ken-mekaar piekniek!

René Greyling

Nadat President Ramaphosa ’n aankondiging

gemaak het wat toegelaat het dat

meer mense by opelug funksies toegelaat

word, het die skool dadelik begin beplan

aan ons Ken-mekaar Piekniekaand wat op

15 April plaasgevind het. Hierdie is altyd een

van die jaarlikse hoogtepunte van die eerste

kwartaal op die Tjokkies kalender!

Die dag van die Piekniek het uiteindelik

aangebreek en dit het behoorlik gegons op

die stoepe van opgewondenheid. Juffrou

moes aanhoor van elke gesin se reëlings vir

die dag, wat alles nog ingepak moes word

en natuurlik wat beplan word op die spyskaart

vir elkeen se piekniekmandjie! Die weer

het ook lieflik saamgespeel en vanaf die

eerste aankomelinge vir die aand, het daar

’n ontspanne atmosfeer geheers wat gevul

was met geselsies, lag en natuurlik ’n braaivleis

reuk. Die “naaste-aan-die-pen” speletjie

het vir baie pret gesorg en toe dit te

donker raak hiervoor, was die “glowsticks”

om kindervoetjies en armpies oral te sien.

Daar is darem ook lekker nagereg verskaf.

Die kinders het ’n lekker roomys-bederfie

gekry en ouers kon ’n koppie tee of cappuccino

en koeksisters geniet. Die aand was

verseker ’n reuse sukses!

Na ’n jaar van min bymekaarkomste was dit

duidelik dat kleuters, ouers en juffrouens

die behoefte gehad het om net weer op ’n

ontspanne manier kontak met mekaar te

maak. Tussen die eet, gesels en lag van die

ken-mekaar aand is nuwe bande tussen gesinne

gebou en so raak ons geliefde Tjokkie-familie

elke jaar groter!

Bly kalm en trou

met ’n kleuterskooljuffrou

Leandré van Deventer

Van glimlagte tot gelukkige trane, van bokke wat

blêr tot voëltjies wat sing, om dit ’n sprokiestroue

te noem is ’n “understatement”. Pienk, pers, wit

en blou, ja, groen, Juffrou Blanche het met ’n

groen koets of liewer ’n groen trekker arriveer op

haar eie liefdesfees. Nes ons almal mos vir Juffrou

Blanche ken wil sy iets altyd anders doen.

Juffrou Blanche het saam met haar naaste

vriende en familie en natuurlik die man van haar

drome, op 16 Januarie die knoop deurgehaak,

soos die ou gesegde sê. So het haar nuwe begin

saam met ’n klomp bokke, voëls en kinders op

daardie spesiale dag begin, presies waar sy wil

wees.

Weereens baie geluk aan Juffrou Blanche en

Henk Truter met julle huweliksdag. Ons wens vir

julle net alles van die beste toe.


Groot motoriese vaardighede =

groot pret vir die hele familie!

Blanche Botha

Hier volg 12 lekker aktiwiteite om met kleutertjies te doen en woelige lyfies besig te hou en te versterk. Dit sal pret en plesier, herinneringe

en lag vir die hele familie verskaf!

Teken ’n “hopscotch” patroon op die plaveisel. Die

kleutertjie kan sommer elke dag op dit spring en

speel. As jy nie bordkryt het nie, kan ’n ou koekie

seep ook net so goed werk!

Gebruik dieselfde bogenoemde patrone

(oefening 2) om oorkruis oor die lyne te loop.

Kruiwa stoot is ’n baie lekker aktiwiteit. Dit

ontwikkel onder andere koördinasie, skouerstabiliteit

en versterk die ruggraat. Hou eers die

kleutertjie aan die bobeentjies vas en soos hulle

vaardighede verbeter kan jy hulle later aan die

enkeltjies vashou.

Vliegtuig lê! Die kleuter lê op sy/haar maag,

arms wyd uitgestrek en dan lig hulle hulle arms

en bene op dat net hulle magie die grond raak,

hou dit vir ’n paar sekondes en ontspan. Doen

dit so paar keer na mekaar, dit is aanvanklik vir

hulle baie moeilik.


1 2 3


1 2 3


SPORT


SPORT

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!