04.08.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif Augustus 2020

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamp tydskrif met die beste kamp stories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Augustus 2020

HIER word stories gebou

NONA-ROSA

WEGBREEK

TUSSEN HEIDELBERG EN WITSAND

KAROO-se-stilte

Gecko Rock

VOORBLAD FOTO deur Alex Kock


Forever

en vir altyd

Mpumalanga

Badplaas

A Forever Resort

Forever Hotel

@ Badplaas

Rex’s Ranch

A Forever Retreat

Amanzi Mountain

Reserve, A Forever Lodge

Waterfall

A Forever Lodge

Leopard’s Trail

A Forever Retreat

Loskopdam

A Forever Resort

Isiyala Game Lodge

A Forever Lodge

Matombu

A Forever Lodge

Silverfalls

A Forever Retreat

Forever Hotel

@ White River

Blyde Canyon

A Forever Resort

limpopo

Swadini

A Forever Resort

Phalaborwa Safari Park

A Forever Resort

Tshipise

A Forever Resort

Ramoswe

A Forever Lodge

Lapa Lodge

A Forever Lodge

Warmbaths

A Forever Resort

gauteng

wes-Kaap

VRYSTAAT

Forever Hotel @ Centurion Plettenberg, A Forever Resort Gariep, A Forever Resort

TEL: +27 (0)12 423 5600

EPOS: info@foreversa.co.za

WEBTUISTE: www.foreversa.co.za


Sand-Free

Multimat Groundsheet

Straight:

Sizes:

1.5 x 1.5m

1.5 x 4.0m

3.0 x 3.6m

3.0 x 4.5m

3.0 x 5.4m

3.0 x 6.5m

3.0 x 7.5m

Reversible:

Green one side

Grey other side

L-Shape:

Sizes:

Medium Large 4x4

3m

2m

2m 3.5m

5m

3m

5m

2m

3m

3m

5m

1.5m

6.5m 5m

Reversible: Grey Only

3.5m

2m

1.5m

3.5m

Visit our website for a variety of sand-free beach products available

CGEAR Africa

cgear_africa


NONA ROSA Wegbreek

Text and Photo’s: Karlo Truter

S

omtyds is mens mos net lus om erens te gaan

kamp, maar om nie kilometers ver te ry om by

jou bestemming te kom nie. So het ek en my pa

besluit om by Nona Rosa Bush Camp te gaan ontspan.

Die kamp is slegs 20km vanaf ons huis hier in

Heidelberg in die Suid-Kaap – so dit was die ideale

wegbreek naby die huis.

Nona Rosa Wegbreek is halfpad tussen Heidelberg en

Witsand geleë. Witsand is sowat 17km vanaf Nona

Rosa en is ook ‘n baie gewilde bestemming vir

kampeerders wat hou daarvan om vis te vang. Die

Breërivier mond, waar Witsand geleë is, bied van die

beste visvang geleenthede in Suid-Afika. Die meeste

hengelaars besoek Witsand om kabeljou te vang.

Daar word nog gereeld kabeljoue van meer as 20kg in

die Breë rivier gevang. Ander visse wat hengelaars ook

kan vang is Grunter, Shad, Leervis (Garrick),

Stumpnose en Harders (Mullet). Sekere tye van die

jaar is Witsand ook baie gewild aangesien die walvisse

dan kom kalf by die see en toeskouers dan die

pragtige groot visse vanaf die rotse of vanaf die dek

van die gewilde Anchorage Beach Restaurant kan kyk

– as jy jou verkyker vergeet het, sal Tekkies, die

eienaar van die restaurant gou vir jou ‘n verkyker in

die hand stop.


N

ona Rosa Wegbreek is ‘n baie rustieke kamp,

aan die voet van ‘n 55 meter hoë krans geleë.

Die kamp is op ‘n werkende plaas en daar is

dus geen verkeer wat jou rus en vrede gaan verstoor

nie. Die krans keer ook die wind af en kamp jy dus

beskut aan die voet van die hoë rots formasie. Die

bush camp is ideaal vir kampers wat in ‘n groep wil

gaan kamp en nie deur ander kampeerders gesteur wil

word nie.

Daar is ‘n groot lapa in die middel van die

kampterrein. Die lapa het ‘n oop dak en daar is

rustieke stoele en banke in die lapa. Die lapa beskik

oor ‘n groot geboude klipbraai en braaiblad waar

kampeerders kan vuur maak om te braai of om ‘n

lekker potjie te maak. Die rustieke badkamers is ‘n

grasdak houthut met 2 storte, 2 toilette en ‘n wasbak.

Daar is genoegsame warm water aangesien die warm

water voorsien word via ‘n gas geyser. Vir opwas van

skottelgoed is daar ‘n klein opwasarea. Daar is nie

elektrisiteit by die kamp nie, maar daar is saans

sonkrag lig beskikbaar. Die water by die kamp is vars

en drinkbaar – dus is dit nie nodig om water aan te ry

nie. Daar is ook nie selfoon ontvangs by die kamp nie,

maar as jy teen die bult uitloop sal jy wel ‘n oproep

kan maak.

Weens die aard van die grondpad, sal ek nie

aanbeveel dat jy met ‘n gewone karavaan by die

Boskamp gaan kamp nie, maar boswaens en

kampeerders met tente is welkom om te kom kamp

by Nona Rosa. Gewone sedan voertuie kan ook Nona

Rosa bereik, maar baie lae “clearance” voertuie sal

sukkel om by die kamp te kom.

Ek en my pa, Rikus het die oggend by die Boskamp

wakker geword met die helder roep van die visarend –

dis mos die lekkerste wekker wat mens voor kan

vra…en het dadelik in die lapa ‘n vuurtjie gaan

aansteek vir ons vroegoggend koffie. Ek het vir ons ‘n

lekker kamp-ontbyt gemaak en toe was ons manne

reg om die dag aan te pak. Ons het ‘n entjie gaan stap

en uitgekyk vir die menigte voëls wat by Nona Rosa te

sien is – daar is al sowat 117 spesies aangeteken in die

omgewing.

Ons het baie lekker gekuier by Nona Rosa en sal beslis

weer ‘n naweek wegglip om by Oom Cecil Uys op

Nona Rosa te gaan kamp.

https://www.lekkerkampplekke.co.za/kampplek/nona

-rosa-wegbreek/

GPS: S 34°14″44.99988′, E 20°49″44.00004′

Tel: 082 907 2479




KAROO-se-stilte


FOTOS EN TEKS: Alex Kock

D

it is drie maande na die inperking

wat ons vir die eerste keer weer

die vryheid gegun is om die pad te

vat. Wat se ware kamper gaan hierdie

geleentheid laat verby glip?

Tydens die inperking het ek ‘n projek

aangepak waarmee ek besluit het om my

VW Caddy Panel Van uit te rus vir kamp

weens al die spasie en gemak wat hy bied.

Ek het eerstens (wat seker die belangrikste

is vir grondpad ry), my bande vervang met

“General Grabber se xt3 all terrain tyres.”

Tweedens het ek besluit op die Front

runner dakrak juis omdat dit so veelsydig

is. Ek het ook besluit op die Tentco side

awning en Deluxe daktent met Front

runner se “quick release” wat dit vir my

binne sekondes moontlik maak om te

wissel van kampsvoertuig na

dorpsvoertuig.

Daagliks, op elke platform, is daar soveel

klem gelê op “social distancing” so.... dis

dan presies wat ons gaan doen... Karoo:

hier kom ons, hael, reën of sneeu, kamp

sal ons kamp.

Dit is Vrydagmiddag, die kar is gepak en

ons vat die pad Gecko Rock toe. Vanaf die

Paarl is dit ongeveer 130km op die N1 en

dan nog ‘n verdere 30km grondpad vanuit

Touwsrivier.

Die eerste stof-trekkie agter my kar van

die grondpad met karoobossie so ver as

wat die oog strek, is getuie dat ons in die

regte rigting op pad is. Dis ongelooflik om


te dink ons is ‘n uur se ry vanaf die Paarl,

in ‘n omgewing wat die gevoel van vryheid

gee asof ons honderde kilometres ver weg

is, perfek.

Ons word vriendelik verwelkom deur

Sharon by ontvangs en word in die rigting

aangewys na De Wet’s Rus kamp. Ons kon

‘n staanplek kies wat gepas is vir ons

“setup.” Ek moet self sê, kamp opslaan is

baie vinniger met die nuwe daktent

teenoor die grondtent. Ons was sommer

vinnig opgesplaan toe die vuurtjie se rook

al trek.

K

osmaak is ‘n groot deel van my

kampervarings en ek geniet dit om

etes te maak wat gepas is vir die

omgewing. ‘n Lekker lamstjoppie en self

gemaakte roosterkoek was die orde van

die dag. Na 3 maande was dit weer lekker

om, om die kampvuurtjie te sit met die

koue karoo nag lug wat trek en die sterre

wat skitter, dis in oomblike soos hierdie

dat ek besef kamp is in my bloed.

Ons groet die nag met n lekker muscadel

en ‘n nuwe ervaring in die daktent vir die

eerste keer. Laat slaap is nooit op die

kaarte nie, want ek lewe vir daardie eerste

dagbreek. My ketel kook, dis natuurlik

eerste prioriteit met my kamera reg vir

daardie perfekte, kleurvolle sonopkoms.

Wat ons nou geniet is ‘n lekker koppie

koffie in die tent met ‘n mooi uitsig oor die

landskap, gevolg deur ‘n lekker

roosterkoek-ontbyt.

Na die al die reën in die Kaap waarvoor

ons baie dankbaar is, het ons tog die


mooiste kampweer gekry. Die reëns het

dié prentjie pragtig ingekleur.

Aangesien dit ons eerste kamp in so ‘n

lang tyd was, het ons besluit om die

naweek by die kamp te ontspan en die

nabye area te voet te verken. Gewoonlik

sal ons in die motor spring om die

omliggende omgewings te ontdek, maar

hierdie naweek het ons stil geword

om

selfsorgeenhede tot houthuisies tot

kamppeerplekke (De Wet’s Rus en Echo

Valley) om te verseker dat hulle iets vir

almal bied om hulle stukkie hemel-opaarde

te kan ervaar. Ons spesifieke kamp

area was goed toegerus met netjiese

badkamers, opwasgeriewe en warm

water. Kampers moet bewus wees dat

alles om ons in te neem en opreg te

waardeer. Alhoewel ons nie vreeslik

rondbeweeg het nie, is Gecko Rock

ideaal vir enige 4x4-entoesias met

verskeie uitdagende roetes en lekker

aktiwiteite vir die hele gesin.

Gecko Rock bied ook verskeie

akkomodasie opsies van luukse


daar geen krag of ligte voorsien word nie.

Na ‘n ontspannende dag, geniet ons ‘n

tradisionele Karoo-dis: skilpaadjies met ‘n

heerlike bruin-uie sous, bedien op

“mashed” soet patat, gepaard met ‘n

goeie rooi wyn.

Ons sluit die naweek af met die mooiste

aand en weereens stel die “Karoo se

stilte” ons nie teleur nie.

Gecko Rock Privaat Natuurreservaat

TIPE AKKOMODASIE: Kampplek & Selfsorg

NAASTE DORP: Touwsrivier/ Klein Karoo

PROVINSIE: Wes Kaap

Kontak person: Sharon Deal

Kontak nommer 082 493 8722

023 3589902/3

https://www.lekkerkampplekke.co.za/kam

pplek/gecko-rock-privaat-natuurreservaat/



Wat ons dan sal doen is om by Hartenbos of

enige van sy soort te gaan kamp. Dan is

daar hengel vir Ouboet, genoeg vermaak vir

jonger Boet en Pa en Ma geniet hulle kamp

opset.

Dis ‘n groot lekkerte om gereeld saam te braai.

Buurman braai ook gewoonlik saam (mens

begin gewoonlik eers Buurman se naam na die

2de dag onthou wanneer jy vir sy besoekende

kinders vra “wat is Pappa se naam nou weer?”)

Ek kan onthou hoe ek as kind by Santo’s

karavaanpark (Mosselbaai) saam my ouers vir

drie jaar agtereenvolgend, gekamp het.

Seker van my beste vakansies ooit. Kamp is die

beste! Jy maak vinning maats en ry tot laat

aand in die karavaan park op fietse rond.

Die volgende uitgawe sal ek meer vertel van die

voorbereiding en die opgewondenheid om die

gesin daarby te betrek. Pa wil darem nie alleen

die tentpenne inslaan nie…

Maak nie saak waarheen jy ry nie,

maak dit interresant en geniet dit saam jou

gesin.


THE ALL NEW

BUILT-IN SMART FEATURES

Wees voorbereid

Kamp is Lekker

Gaan orals

AUTOMOTIVE STAINLESS STEEL | ROOF RAILS

BUILT-IN AIR VENT | FRONT CAB SLIDER WINDOW

E-MARK BONDED GLASS | 3RD REAR BRAKE LIGHT

SLIDING WINDOWS | PATENTED MODULAR DESIGN

011 974 0370

SALES @ RSISMARTCANOPY.COM


Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is

incredibly tough, 100% waterproof and extremely

comfortable to sit on. A range of colours is available to suit

most modern design trends.

www.takla.co.za


MILEAGE

WARRANTY

NOW EXTENDED

TO 90 000KM

ON HANKOOK

DYNAPRO AT-M

RF10 TYRES

ON YOUR

15'' -18''

TYRES

WARRANTY


CONQUEROR

OFF-ROAD

Campers

Campers

COMPACT

Moet nie te ingehok voel!!

Ons gaan binne kort weer bos toe

wenneer die

“LOCKDOWN”verby is

besoek gerus ons NEWE webblad

waar ons hele reeks produkte

vertoon word!!

COMFORT

COMMANDER

COMPANION

UEV14

UEV17

PLACE

1 ST

PLACE

UEV25

1 ST 2019

OFF-ROAD TRAILER

2019

WWW. CONQUERORCONNECTION

.CO.ZA











SnoMaster 60L Plastic

Fridge- Leisure

outdoor series

D

ie Leisure reeks van Snomaster is

spesiaal ontwerp om sterk en

kompak genoeg te wees om enige

buitelewe avontuur aan te pak. Of jy gaan

kamp en of jy die wildste 4x4 roete wil

aanpak, sal hierdie Snomaster 60l jou

vleisie vars hou… en jou ys gevries!

Die yskas se tempratuur het

gewissel tuusen -17⁰C tot 10⁰C. Nadat ek

en Rikus (aka my pa…) vele

lekker kampe aangepak het met die

Snomaster, kan ons definitief hierdie yskas

vir enige iemand aanbeveel. Die yskas is

gemaak van baie sterk en duursame

plastiek en weeg slegs 20kg, dus is die

yskas ook heelwat ligter as die ander

yskaste op die mark. Die yskas het binne ‘n

enkel kompartement en werk op ‘n

220/12V stelsel. Die yskas het C-Pentane

insulasie en bavat ‘n verwyderbare deksel


vir maklike skoonmaak. Die deksel kan dan

ook gemaklik gepas word aan weerskante

van die yskas om maklike toegang tot die

inhoud te verseker. Na die toets van vele

yskaste stem ons saam en kan met trots sê

dat die SnoMaster 60L Plastic Fridge ‘n

uitstekende koop is en waarde vir geld

bied. #icecold anywhere


Sleep, of ry beter met nuwe tegnologie

Alle nuwe voertuie word deesdae gedryf deur

elektronika wat kommunikeer met verskillende parte

deur seine te stuur vanaf ‘n spesifieke sensor na ‘n

mikroskyfie, waarna ‘n blikbrein dit analiseer. Jou

voertuig se versneller is geensins anders, en deur

middel van ‘n “Sport” of “Eco” modus op jou fabriek

standaard voertuig te selekteer, kan die voertuig ‘n

geheel ander persoonlikheid ontwikkel.

Indien jou voertuig standaard een van hierdie wonder

knoppies het, weet jy dat wanneer jy hierdie opsie

selekteer, dit ‘n nuwe lewe in jou alledaagse enjin

blaas. Waarheid is, dat dieselfde hoeveel perde onder

die kap beskikbaar is, maar slegs baie vroeër inskop.

Hoe is dit moontlik, my voertuig voel dan soveel

anders, vra jy?

“Sport mode” vereenvoudig

Om dit eenvoudig te verduidelik, is dat deur middel

van elektroniese seine, die voertuig se versneller

pedaal ‘n sein stuur wat vertel dat die voertuig

vinniger moet reageer. Waar jy gewoonlik jou pedaal

60% moes intrap om ‘n goeie versnelling te kry, hoef

jy nou slegs 30% te trap om dieselfde werkverrigting

te bewerkstellig. Met turbo aangedrewe enjins, maak

dit die turbo vinniger omspoel, en dus vat dit baie van

die turbo flouheid weg waarmee meeste van hierdie

voertuie sukkel, en laat die toere vinniger klim. In

gewoon geaspireerde voertuie, het dit ook dieselfde

uitwerking om die toere vinniger te laat klim, en

versnelling vinniger te laat plaasvind. Hierdie

versterkte sein vanaf die elektroniese sensor, is dan

ook hoekom jy dan weer met behulp van hierdie

knoppie, jou voertuig na normaal kan laat terugkeer,

selfs in die ry.

“Eco mode”

Soortgelyk aan die ‘Sport mode’ wat die voertuig

vinniger laat versnel, vertraag die ‘Eco mode’ die

versnelling, en verleen hulp om brandstof te bespaar

deur die versneller te flous op dieselfde konsep as bo

genoem. Dit sal ook hulp verleen met 4x4 voertuie

wat dalk by tye stadiger versnelling verlang in

moeilike hindernisse.


Footprint Performance verskaf ‘n eenheid, die

Windbooster, wat dit nou moontlik maak om op enige

voertuig wat ‘n elektroniese pedaal gebruik hierdie

funksionaliteit te kan installeer. Dit maak die pret selfs

meer deurdat jy nou nie net ‘n Sport, of Eco mode het

soos in sommige standaard voertuie, maar vanaf 30

verskillende verstellings op die standaard model, en

50 op die luukse model beskikbaar om te verstel soos

dit jou bestuurstyl, of situasie pas. Jy kan besluit of jy

in die ‘Sport-mode’ wil ry wanneer jy sleep, ‘Racemode’

wanneer jy al die krane wil oopdraai, of dalk

die meer ekonomiese verstelling verkies om brandstof

te bespaar. Daar is selfs ‘n funksie wat jy op die

eenheid kan verstel vir outomatiese of handrat

voertuig optomisering. Die voertuig kan ook

teruggestel word na normaal, en hoef nie heeltyd in

een van hierdie modusse te funksioneer. Die eenheid

is geskik vir diesel, of petrol voertuie met ‘n

elektroniese versneller en kan saam met jou ‘Sport’ of

‘Eco’ funksie gebruik word indien die voertuig

standaard daarmee uitkom. Dit bied slegs meer opsies

vir hierdie tipe funksionaliteit as jy die Windbooster

byvoeg.

Om die vorige verduideliking te illustreer, is hierdie

grafiek wat die vergelyking wys tussen ‘n gewone

voertuig versnelling, en die modusse wat beskikbaar is

op die Windbooster.

Die groot voordeel van die Windbooster is dat jy nie ’n

graad in elektroniese ingenieurswese nodig het om dit

te kan installeer nie. Dit is regtig ’n geval van prop-inen-speel.

Die Windbooster vir jou kar of bakkie kom

met die korrekte proppe vir die spesifieke voertuig en

jy prop net in. Dit word geïnstalleer tussen die

versnellerpedaalmodule en die standaard versneller

sensor, en hoef nie gedoen te word deur ‘n

werkswinkel.

Vir meer inligting gaan kyk gerus op

www.footprintperformance.co.za/windbooster of

kontak Jaco by info@footprintperformance.co.za vir

‘n lys van beskikbare voertuie.


Ice Cold Anywhere!



CAMPING

MADE

EASY

https://bundutec.co.za



Top 10

Travel & Holiday

Guides


KOFFIE SMAAK

NET BETER BY DIE

KAMPVUUR

10 DAE EETPLAN VIR KAMPEERDERS


Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!