Carina Stander-Wonderwese
Visuele beeld en teks deur Carina Stander- geinspireer deur die ekologie en eksistensialisme
Visuele beeld en teks deur Carina Stander- geinspireer deur die ekologie en eksistensialisme
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Soos blare met gekartelde rante het die vlinders

rondgedwarrel en ineens was alles één: Die

vlinders was bewus van die son, die son het

homself gedeel met die woud, die woud was

bedag op die voetstappe en het haarself

oopgekelk.
Steltstapper,

Oëverblinder,

Kulkunstenaar- 1
Selfs al was sy voorkoms en woorde ru, was dit deurtrek van sy liefde vir sy mense toe hy in ‘n

stem so grof soos boombas sê: “Ek is Skuiler van die Klaagtermeerse Kamoefleerders en ek

praat namens my mense.”
Spore is die stemme van diere. Elke spoor vertel ‘n storie.
Steltstapper, Oëverblinder,

Kulkunstenaar - 2
Dwarsdeur die dag en tot in die

nánag het die vroue by

walvisoliekerse gesit en knip en

stik aan korsette van walvisbeen

en lap.
Die Vredemaker in ‘n singende woud vol ape en eggo’s
Ek vermoed die beweging van 'n bloedjong Bergengel
As mens eers een keer in die oë van ‘n walvis

gelyk het, kan jy nie vergeet nie.
Die beeldskone stelstapper
"Sal ons eerder 'n dag lank soos sneeuvosse leef as 'n honderd dae soos kettinghonde?" het die

seun vir sy herdershond gevra.
Die rivier was ‘n voëlryke plek.
Toe hulle die deel van die roete bereik waar die

meeste bome ge-oes is, is hy oorval deur ‘n

diep, donker hartseer. Dit was asof hulle deur ‘n

boombegraafplaas loop. Die massagraf van ‘n

eeue-oue woud.
Die herdershond het sy stert uitbundig gewaai en die lug gelek. Suurstofblou. Die asemkleur van suiwering.
Berge is heiligdomme wat aanhou groei.
Die vlerkgeklap het al hoe nader en nader gekom.
Die Perdeweermag.
As jy op jou eie gaan, sal jy boonop jouself vind.
maagdelike oerwoud
Soos dikwels die geval met troeteldiere en hul eienaars het die sewentienjarige Eron en sy herdershond

welpie al hoe meer na mekaar gelyk. Albei was nou volgroeid, gespierd en atleties; daar was die sterk

kakebeen en die swartbruin hare wat kartel en krul; die intelligente, amandelvormige oë. Ook in

geaardheid het hulle mekaar geëggo in leergierigheid en nuuskierigheid oor hul omgewing, in lojaliteit en in

hoe beskermend hulle teenoor mekaar was. Die seun en sy hond het ’n warmte uitgestraal wat dit maklik

gemaak het om van hulle te hou, maar albei kon ook ’n onverwagse, ontembare kyk kry wat vreemdelinge

waarsku om lig te loop.
Ek is die een wat die menseras die Wonderwese

noem. Ek is die Teenwoordigheid, die

Fladdering, die Gevlerkte Vorstin wat oor jou

waak.
van wond tot wonderwerk
Plaashuis van die Barmhartige boer
Huis van die Sagmoedige Digter
Oergevlerkte I
Oergevlerkte I