31.05.2019 Views

KAMP IS LEKKER Junie 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INHOUD

JUNIE 2019

LekkeRLeeS

Die Jonkers kies pad KAROO toe

HET JY AL “STRONT” AANGEJAAG – as jy kamp? – DEEL 3

KampKIEKIES: velde van GOUD… Son en water en baie blommeetjies in Namakwaland

DESTINATION Karavane

RIVERSIDE COUNTRY KLUB & KARAVAANPARK

KampKIEKIES: velde van GOUD…

Voorbladfoto:

BLOMMETYD kruip nader..

Bespreek solank jou

LekkerKampplek in

NAMAKWALAND!

ADVERTEER

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

L

EES SAAM

P

RAAT SAAM

K

AMP SAAM

Die Jonkers kies pad

KAROO

toe

“Met die dat ons oor twee maande op ʼn 3

weke toer gaan wees, sou ons aanvanklik

maar laag gelê het tuis, maar so twee weke

voor Paasnaweek besluit ek dit gaan nie deug

nie en stel die seuns in kennis dat dit weer tyd

is dat hulle en “verlate plekke” mekaar weer

ontmoet. Toe ek dit noem kon ek sien Jean

dink terug aan sy eerste besoek

aan Verneukpan en hoe hy stom geslaan was

dat daar letterlik NIKS was nie.”

Vrydagoggend

(19 April) so net na 10am trek

ons die 80 Series se neus in ʼn

Noord-Oostelike rigting op

pad na Touwsrivier. Ons sou

die 1st aand van ons 4 dae

lange reis by Gecko Rock

Private Reserve oornag.

Hierdie was my en die seuns

se tweede besoek, maar wel ʼn

eerste vir Marli gewees.

Met die dat hul reeds vol

bespreek was het die eienaar,

Sharon Deal, aangebied dat

ons van hulle boskamp gebruik

kan maak. Die boskamp

bestaande uit ʼn groot boom in

die middel van nêrens omring

deur bosse wat perfekte

beskutting teen die wind (wat

later sou lastig raak) gebied

het.

Ons roete… Wellington-toe en terug!

Soos altyd was die seuns in

hulle element en toe die deure

oopvlieg is hulle soos

vasgekeerde katte die vlaktes

in. Alhoewel ek dit baie geniet

om saam met vriende nuwe

plekke te gaan ontdek is tye

soos hierdie saam met die

familie met niks en niemand

om jou nie, sielskos.

Gou moet die seuns leer hul

speel of saam, of dit gaan ʼn

LANG 4 dae vir hulle wees,

want pappie dit is net ons en

ons alleen.

Met die dat die wind katterig

was het Marli maar besluit om

nie die bos stort van Budu

Showers te probeer nie, maar

dit het natuurlik my en die

seuns nie gestop nie. Die ding

moes getoets word en dit is nie

net vir verniet die ding saam ry

nie.

Toe die son sy laaste strale

terug trek oor die Karoo

koppies, was dit ook ons teken

om tent se kant toe te staan.

Saterdagoggend

en die spannetjie is vroeg aan

die beweeg. Ons volgende stop

is Laingsburg waar ons ʼn paar

aankope doen voor ons op die

R323 klim na Zoar. Die 1981

vloedtekens in Laingsburg se

hoofstraat herinner my altyd

hoe magtig die natuur kan

wees en dat ons haar ten alle

tye moet respekteer.

48km buite Laingsburg op die

R323 stop ons by Porcupine

Rest Camp en was eers die stof

uit die mond met ʼn koue

verversing. Seuns verwar lus

met verstand en kry amper

hartaanvalle toe hulle die water

in die swembad aandurf.

By Seweweekspoort

word daar gestop en middagete

geniet voor ons weer aanstoot.

By Zoar draai ons links en

volg die R62 tot so 25km buite

Calitzdorp waar ons regs draai

by Smits Winkel. 7km verder

op die grondpad en ons stop

voor Amber Lagoon se hek.

Susanne (eienaar & Duitser)

verduidelik waar ons kan kamp

en kort voor lank staan ons

tydelike woning (daktent &

pop-up tent) vir die aand.

Terwyl die seuns besig was

met hul verkenning het Marli

voordeel van die stilte geneem

en solank begin met die

volgende dag se ontbyt –

Jaffles. Dit was wel van korte

duur, want toe die twee

knapies terug is en hul sien ʼn

bak vol Jaffles moes Marli net

keer anders sou hulle alles

opgeëet het. Laatmiddag word

die vuur aangesteek terwyl

stories, ruimpies & grappies

geruil word.

Sondagoggend

so net na 8am klim ons op die

sement pad De Rust toe via

Oudtshoorn. By Dyselsdorp se

bordjie draai ons regs en volg

die grondpad tot by die plaas,

Koutie, waar beide my ouers

se gedenkklippe op die ou

beeskraalmuur rus.

In die kraal doen Jean vir ons

ʼn gebed voor ons Marli se

Jaffles langs die pad geniet.

Terug in Oudtshoorn het ons

koffie gaan drink by ʼn spesiale

dame wat onlangs haar 90st

verjaarsdag gevier het, my

ouma. Daarna is ons gou na

Wilgewandel vir middagete en

waar die seuns ook bietjie kan

speel voor ons weer aan die

beweeg is na die volgende

kamp.

So paar km terug op die R62

na Calitzdorp draai ons links

by die Volmoed bordjie en

volg die teerpad tot ons die

afdraai kry vir Paardebont.

Van hier volg ons die

kronkelende grondpad tot by

Oom Louis Jordaan se

plaas, Minwater.

Die wêreld is droog maar oom

Louis se persoonlikheid is soos

die van ʼn jong man – lewendig

en sy liefde vir die veld is

sommer duidelik sigbaar. Die

tweespoor pad na die

kampplek moet definitief nie

met ʼn laevryhoogte voertuig

aangepak word nie.

Minwater

bestaan uit twee kleiner kampe

(perfek vir ʼn gesin) en dan ʼn

groot kamp wat heelwat mense

kan akkommodeer. As daar geshower

wil word moet jy eers

water in die groot ketels kook

en dan van die shower sakke

gebruik maak wat ʼn eerste vir

Marli was.

Terwyl ek en Marli gou alles

staande kry neem oom Louis

die seuns die veld in op ʼn

verkenning. Sy kennis en

passie vir die natuur is

aanloklik en mens kan vir ure

na sy stories/verhale luister. Sy

kennis asook sy liefde vir

fotografie kan gesien word in

vele natuur boeke.

Laatmiddag

na ʼn lekker sak shower word

daar vuur aangesteek en die

speletjies nader getrek.

Altyd ʼn voorreg & ʼn

belewenis om saam met my

familie te reis en nuwe

plekkies te ontdek.

“By Dyselsdorp se bordjie draai ons regs en volg die

grondpad tot by die plaas, Koutie, waar beide my ouers

se gedenkklippe op die ou beeskraalmuur rus.”

“Altyd ʼn voorreg & ʼn

belewenis om saam met

my familie te reis en

nuwe plekkies te ontdek.”

velde vol

GOUD

blommetyd is oppad

As jy in Suid-Afrika bly, en jy het nog nie

Namakwaland in blommetyd besoek nie,

verstaan jy iets nie reg van ons prag-land nie!

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

As jy Namakwaland in sy

volle blommeprag vir die

eerste keer beleef, word

jy oorweldig! Mens weet

later nie meer wáár om

te kyk nie…

Gaan lê sommer so plat

op jou maag tussen die

blommetjies om al die

verskillende kleure en

hoeke van die son se

inval te sien.

Dit gaan nie altyd nét oor

die blomme nie. Hou jou

oë oop vir ander

interessante komposisies

en hoeke…

In Namakwaland gaan dit oor twee goed:

Son en Water! Sonder die son maak die

blomme nie oop nie, en sonder water begin

die saad nie ontkiem nie. Maar die

kombinasie van son en water maak soms

ander mooi ook: Die watervalle sorg vir ewe

mooi kleure in `n reënboog, en `n

interessante lenshoek sorg vir iets anders

op jou foto’s. Soek hiervoor, en wees

gereed as die geleentheid hom bied!

Gifberg in die agtergrond

en blommevelde op die

voorgrond maak `n

asembenewelende

prentjie. Jy kan vir ure

net daar sit…

Die rant is aan die

brand!

Die koppe en rante

gloei van die kleure

in die son.

Pak maar jou tentjie, en loop kyk maar na

onse blomme in die Namakwaland in…

Jou hart sal sing van lekkerte!

‘STRONT’ drooggemaak

as jy kamp?

Het jy al

Maar ek bedoel sommer soos in GÓÉD, aangejaag…

DEEL

Ons kampfotograaf – Pierre – vertel die laaste van sy

3

3

wedervaringe hoe hy dit al reggekry het om nog `n

perfekte kamp goed op te voeter...

En nog was dit het einde niet!

“Kom ek vertel hoe ek vir `n derde keer

dit reggekry het om absoluut droog te

maak tydens `n LekkerKamp…”

E

k kom by die huis van my drie-weke

Namibië “road trip”. Ek gee my

versekering kennis van my

“ongelukkie” met my lens, en hulle

vervang dit sonder om vrae te vra.

Binne `n week is alles afgehandel en ek is tevrede,

want ek betaal `n-arm-en-`n-been aan `n premie

vir my toerusting se gespesifiseerde versekering.

Hulle is nie veronderstel om vrae te vra nie – dink

ek. En ek is reg om weer sterre te gaan afneem.

(Intussen het ek myself verwittig van nuwe en

ander tegnieke om sterre-kiekies af te neem as, en

indien so-iets weer gebeur… en dis eintlik nie te

moeilik om sterre op ander maniere ook af te

neem nie. Aitog, as ek maar net bietjie verder

gedink het daar by Spitzkoppe – maar my gemoed

was bedinges, so ek was eintlik nie lus om iets

anders te probeer nie!)

LekkerKampplekke word genooi na Weskus

Quarry om `n resensie van die kampplek te kom

doen. Ek gryp gretig die geleentheid aan, en ek pak

vir kamp…

Sonsopkoms en sonsak (“Golden Hour” – in

fotografieterme) is my gunsteling tyd van die dag.

Mens kry gewoonlik van die beste foto’s met die

mooiste kleure gedurende díe besonderse tye, en

ek staan reg. Die son breek, en ek kry my kiekies.

Op Weskus Quarry is daar `n grot (of eintlik meer

`n diep oorhangkrans) met besonderse

geskiedkundige waarde, en ek staan in die ingang

met my kamera en skiet na die son se kant toe.

Alles werk mooi, en ek is tevrede met my foto’s. Ek

breek vir `n oomblik my konsentrasie en ek draai

om om my te verwonder aan die grot. Ek staan en

dink aan al die stories wat dit kan vertel… Net toe

ek terugdraai om my driepoot en kamera op te tel,

sien ek hoe val die hele spul voor-oor! Reg vooroor

plat op die lens! Ek raak naar, en ek vloek van

voor-af! “Maar my ****, Labuschagne! Leer jy dan

nie! Is jy ***** onnosel, of wat?!” So gaan die

geskel en gevloek aan vir meer as `n halfuur – voel

dit vir my… Niks breek nie – dankie tog – dink ek,

maar ek het klaar skade opgetel! Ek het besluit om

nie `n UV-filter op die nuwe lens te sit nie, en die

buitenste element (glaslens) is blootgestel aan

vingermerke en stof – EN KRAPMERKE! Ek raak

groen van woede vir myself, en die naargeit sit om

in `n vuurwarm sooibrand! Ek is sommer be-***

met myself, want ek het my lens laat vooroor val,

en ek het krapmerke opgetel! My splinternuwe 10-

20mm Sigma wyehoeklens! Uit die boks nuut!

krapmerke nie, maar tog genoeg om `n effek te hê

op veral die son se weerkaatsing op die lens. Dit

reflekteer, as `n kenners-oog weet waarvoor om te

kyk. “Live with it”, dink ek, want sulke optrede met

duur toersting verdien niks minder nie, idioot!”

Vervolgens is ek hipersensitief – nee wag, amper

neuroties - vir my driepoot, en hoe ek my kamera

opstel en inklik. Vir `n derde keer sal ek nie weer

uitgevang word nie… hoop ek! Maar weereens

soos die Ingelsman sou sê: “Never say never…!” Ek

wonder watse stront ek volgende gaan aanjaag.

Miskien moet julle maar hier die spasie dophou

om te hoor watse simpel goed ek aanvang, want

dit lyk vir my of dit nou `n gewoonte begin raak…

Lang storie kort: Ek sit nog steeds met krapmerkies

op die lens, maar ek kon meeste van die merkies

uitkry met versigtige polleerwerk. My lens

(SPLINTERNUWE lens bygesê) dra nou die skare

van my eie nalatigheid.

Soos die advertensie op TV vra: “What could go

wrong…? ”…

Ek het intussen vrede gemaak met my merke op

die lens. Dis gelukkig darem nie groot en diep

“Aaitog, Labuschagne, dink ek… Fokus,

my ou! Fokus! (Nie met jou kamera nie,

met jou kop!)”

Lekker kamp, julle! (En moet tog nie so stront

droogmaak soos ek as julle kamp nie…!)

LEWENDE SEEP

Mrs Martin’s Microbes and More se seep is spesifiek ontwikkel vir Suid-Afrikaanse

kampers, deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes. Miljoene inheemse, vriendelike Bacillus

mikrobes werk vir ure waar dit aangewend word, om jou tent, skottelgoed en opvoutafel

diep en deeglik skoon te maak. Wanneer die hand- of badseep in die rivier beland, is

geen vis in gevaar nie want die seep bevat niks uitheems of giftigs nie. Die houers is almal

sterk genoeg om weer en weer gebruik te word en verskeie hervulopsies is beskikbaar.

Die volledige reeks skoonmaakmiddele en persoonlike sorg produkte is te sien by www.mrsmartins.co.za

WWW.CGEAR.CO.ZA

Email: sales@cgear.co.za

Cell: 084 581 5787

SANDFREE

MULTIMAT

Designed as a deployable

helimat for the military

Supplied with heavy

duty carry bag

Stainless steel triangle

peg every metre

SAND FALLS THROUGH & CAN’T COME BACK UP AGAIN

Sandlite

Tote Bags

Multimat

Destination Caravans

is luukse karavane vir

mense wat in styl

vakansie wil hou op

amper enige plek in

ons pragtige land.

Maderi Louw van Blerk

Dis vir mense wat hou van

rondtoer en nuwe dinge

beleef, maar nie noodwendig

sonder hulle alledaagse

luukshede oor die weg wil

kom nie.

Soos eienaar,

André van Helsdingen, sê:

“As jy in ‘n Destination

karavaan inloop moet jy voel:

‘Hier wil ek wees’ en nie lus

wees om eerder by jou huis te

wees nie.”

Destination Caravans het tans

vier standaardmodelle, die Dream, Journey,

Magic en Wonder, maar elkeen van hierdie

karavane kan pasgemaak word volgens kliënte se

persoonlike behoeftes. Dit kan ook aangepas

word vir alle terreine.

Destination Caravans het ontstaan as ‘n

voortvloeisel van Sensation Caravans wat in 2011

deur tweelingbroers, André en Riaan van

Helsdingen, begin is. André en Riaan was destyds

mede-eienaars van Sensation Boats & Living wat

ook bote en sleepwaentjies vervaardig en

karavane was dus ‘n natuurlike uitbreiding van

hulle besigheid.

Sensation Caravans is in 2016 verkoop en val nou

in die Jurgens-stal, maar daar was steeds ‘n

behoefte vir meer diversiteit in die Suid-

Afrikaanse karavaanmark.

Dit het aanleiding gegee tot die ontstaan van

Destination Caravans, eers as ‘n idee in die

beplanningsfase in Junie 2017 en in Januarie 2018

het produksie begin.

Vandag is Destination Caravans trots dat hulle

karavane, sonder twyfel, as van die beste in die

Suid-Afrikaanse mark beskou kan word. Dit is so

in aanvraag dat Destination Caravans nou ook

intreevlak-karavane beplan vir jonger mense,

waarvan produksie in 2019 sal begin.

Destination Caravans – hou vakansie in styl.

Wees voorbereid

Kamp is Lekker

Gaan orals

RSI SMARTKITCHEN ROOF MOUNTED TABLE RSI SMARTRACK

011 974 0370 SALES @ SMARTCANOPY.CO.ZA

101

LekkeR RESEPTE

ALLES WAT

JY MET

HOENDERS

KAN MAAK

EK KRY SOMMER HOEDERVLEIS AS DEUR DIE BOEK LEES

G R A T I S R E S E P T E B O E K

RIVERSIDE COUNTRY KLUB &

KARAVAANPARK

“Ons moes onlangs akkomodasie bespreek in Kimberley. Ons het toe,

ten spyte van die winter, besluit om ‘n kampplek te bespreek by

RIVERSIDE COUNTRY KLUB & KARAVAANPARK.”

GPS: S29˚2’19.2″ E24˚36’39.6″

D

ie kampplek is op die wal van die

Rietrivier geleë, sowat 35km Suid van

Kimberley, naby die dorpies van

Modderrivier en Ritchie. Jy draai slegs 3km af

vanaf die N12 op roete tussen Kaapstad en

Johannesburg om by die

kampterrein te kom. Die

laaste 50m na die

kampterrein is baie

netjiese grondpad.

Toe ons by Riverside

Country Klub &

Karavaanpark arriveer, is

ons baie vriendelik deur

die eienaar , Lucy van

Dyk verwelkom. Lucy &

Philip van Dyk het die

lappie grond langs die

rivier in 1994 aangekoop

en het gou besluit dat hulle die rustigheid en mooi

omgewing met kampeerders en vriende wou

deel. Hulle het die grond in ‘n kampterrein

ontwikkel en ook netjiese selfsorg eenhede

opgerig en die kampterrein toe Riverside Country

Klub & Karavaanpark genoem.

Lucy het ons na ons staanplek geneem, wat

uitkyk oor die Rietrivier. Ons staanplek was

gerieflik naby die ablusiegeriewe geleë. Daar is

aparte ingange vir mans en dames na die

ablusiegeriewe. Beide die ablusie vir mans en

dames het warmwater storte, spoeltoilette en

spieëls. Die ablusie vir die dames het ook ‘n area

vir mammas om hulle babas te bad. Lucy sien toe

dat die ablusiegeriewe en die opwasgeriewe ter

alle tye netjies gehou word.

D

aar is sowat 33 staanplekke, almal netjies

uitgemerk – en die kampeerders het die

keuse om op die wal van die rivier te kamp

of naby die swembadarea op die hoër terras. Al

die staanplekke het elektrisiteit en daar is genoeg

bome om te sorg vir lekker skaduwee op die

groen grasperke.

Nadat ons kamp opgeslaan het, was dit tyd om

lekker te ontspan. Ons het vuurtjie aangesteek in

die braaidrom wat verskaf is en gou kon ons die

uitsig oor die rivier waardeer met ‘n skemerkelkie

in die hand. Daar het skapies aan die oorkant

van die rivier gewei en dit was lekker om te sien

hoe die eende op die rivier dryf en baljaar.

L

aatmiddag het daar kampeerders op die

wal van die rivier tent opgeslaan. Hulle kom

glo gereeld daar kamp

om vis te vang en hulle

vang ook glo gereeld

lekker

groot

visse. Behalwe vir

visvang, geniet

kampeerders dit ook om

ander water aktiwiteite op

die rivier te geniet. Daar

is ook ‘n area waar jy jou

boot in die rivier kan

meer.

Behalwe vir kamp, kan

gaste ook oorslaap in die

netjies selfsorg eenhede. Daar is 2 chalets wat

elkeen 4 gaste kan akkomodeer en ‘n verdere

chalet geskik vir 2 gaste. Omdat die kampterrein

so naby aan die N12 is, is daar ook

oornagkamers vir reisigers wat wil rus op hul pad

na hulle volgende bestemming. Ons het na die

oornagkamers gaan kyk en kan bevestig dat die

kamers in ‘n uitstekende netjiese kondisie gehou

word.

D

aar is heelwat besienswaardighede en

dinge om te doen in die omgewing van

Riverside Country Klub & Karavaanpark.

Besoek gerus die Kimberley Myn Museum, waar

die eerste diamant wat in Suid-Afika gevind is,

aangeteken is. Daar is ook die groot gat met sy

uitkykdek wat ‘n uitstekende uitsig oor die gat

bied. ‘n Besoek aan Mokala Nasionale Park

word ook hoogs aanbeveel, slegs 35km vanaf

Riverside Country Klub & Karavaanpark.

Na ‘n paar dae van ontspan, was dit ongelukkig

weer tyd vir ons om huiswaarts te keer. Ek sal

egter weer Riverside Country Klub &

Karavaanpark besoek en die kampterrein

aanbeveel vir vriende en kennisse. Baie dankie

vir ‘n heerlike kampervaring Lucy & Philip van

Dyk – ons kom kamp graag weer by julle!

Neutedop:

Elektrisiteit - Ja

Warm water – Ja

Visvang - Ja

Rustigheid – Ja

Swembad – Ja

Naaste dorp – Kimberley (35km)

“Nadat ons kamp opgeslaan het, was dit tyd

om lekker te ontspan. Ons het vuurtjie

aangesteek in die braaidrom wat verskaf is

en gou kon ons die uitsig oor die rivier

waardeer met ‘n skemerkelkie in die hand.”

Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is incredibly tough,

100% waterproof and extremely comfortable to sit on. A range of colours is

available to suit most modern design trends.

www.takla.co.za

Top 10

Travel & Holiday

Guides

LIKBEKER KOFFIE

kom uit die hartjie van Montagu, wat met

'n innoverende lug-rooster metode en top

gehalte Arabica bone ‘n suiwer geurige

Bkoffie produseer met ‘n heerlike aroma.

KOOP

Adverteer.

jou besigheid hier.

Stuur n epos aan: rikus@lekkerkampplekke.co.za

Rikus Truter

Kamp Paklys

C u s t o m e r s

P a g e V i e w s

5 6 2 3 1 V i e w s

2 0 8 0 0 0

1 8 , 7 0 0

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

f o l l o w e r s

L i k e s

( 6 5 3 2 1 )

1 2 m d e t y d p e r k

a a n l y n

D o w n l o a d s

W e b b l a d

t y d s k r i f

g e b r u i k e r s

A p r i l 2 0 1 9

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!