KAMP IS LEKKER APRIL 2019

INHOUD

APRIL 2019

LekkeRLeeS

DORINGLAAGTE – Saam met Oupa

HET JY AL “STRONT” AANGEJAAG – as jy kamp?

NAMAKWALAND

KampKIEKIES : KARASSTREEK – Namibië

NOUKRANS BOSKAMP

VISRIVIER (2)

KampKIEKIES kuier in die Suide van Namibië - Karasstreek

Voorbladfoto:

NAMIBIESE RICHTERSVELD Ons kuier

in die Suide van Namibië.

ADVERTEER

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

L

EES SAAM

P

RAAT SAAM

K

AMP SAAM

kamp (saam met oupa) by

DORINGLAAGTE

Loop al lank met die gedagte om

skoonpa saam te neem op een

van ons pa & seun kampe. Met

die dat Marli in Denemarkte was

vir so paar dae, het ek besluit

hierdie is ‘n gulde geleentheid

om hom saam te nooi na ons

kamp by Doringlaagte.

Woorde & Foto’s: Henry Jonker

Vrydagmiddag so net na 3pm glip

die vier van ons deur die Hugenote tonnel.

Die seuns se opwinding borrel oor met die

dat oupa gaan saam kamp en kort-kort moet

ek hul keer want hulle praat sommer oor

mekaar.

Net soos ons die laagwaterbruggie buite

Montagu oor ry, draai ons link by die Talana

pad en dan presies 2.8km verder kry ons

Doringlaagte se ingang regs.

Die kampterrein & huisies is om

ʼn groot dam gebou. Ongelukkig

met ons besoek, was die

watervlak bitter laag, maar

mens kan net indink hoe

wonderlik dit moet wees as die

dam wal-tot-wal vol is.

Bestuur het vir ons een van

hulle Kolkol Wood-Fired Hot

Tub gratis aangebied vir die

naweek, so die seuns was

natuurlik oor die maan toe ons

daar stop en een van die

Menere daar staan. Skaars die

tent en vuur aan die gang

gekry, toe moes daar vuur

gemaak word om die water

warm te kry.

Die roete op na die hut is stadig en

kronkeling, maar die ou Ford laat dit maklik

lyk. Met die dat ons heel voor gesit het

beweeg die neus soms oor die krans as daar

gedraai word, dan word daar gegryp & geklou

aan enige iets haha.

Klaar geëet die aand toe word daai bad met

alle mening betree en soos gedink was dit ʼn

storie om hul daar uit te kry laaaaaat die

aand.

Saterdagoggend na ontbyt en

ons is vroeg aan die beweeg. Terug in die

dorp (Montagu) draai ons regs en volg die

R318 die bekende Koo Vallei in. Bo by die

Burgerspas draai ons links by die bordjie

“Tractor Trips – Protea Farm”.

Protea plaas is baie bekend vir hul trekker rit

na die stappers hut bo by Arangieskop, en

natuurlik hul watertand lekker potjiekos etes

tussen die dennebome. Ons 4 manne was

hier om albei tot die proef te stel.

Vrugte, sap (vir die kinders) & ʼn soetwyntjie

word bo by die hut geniet voor daar weer

afbeweeg word na die potjiekos ete.

Het al baie gehoor om hier aan te klop vir hul

potjiekos-ete, en maggies mens, dit is

definitief ʼn moet. As jy in die Montagu/Koo

Vallei omgewing is, maak ʼn punt daarvan om

Protea-plaas te besoek. Baie belangrik –

besprekings is NB.

Terug by Doringlaagte en die Kolkol Hot Tub

word sommer hard gestook met die hout –

die keer wil ons in warm (nie lou) water

swem. Terwyl die bad se vuur lekker lewe kry

word die kampvuur ook sommer weer lewe

gegee. Niemand is regtig meer honger na die

groot potjiekos ete by Protea plaas nie, maar

daar moet darem altyd ʼn vuur brand by ʼn

kamp.

Terwyl die seuns wag vir die Hot Tub om

warm te word, word daar besluit om die water

aktiwiteite by die Beach Bar te gaan toets

saam met hul oupa.

Laat aand terwyl die vuur lekker knetter en ek

en skoonpa teug aan ʼn onskuldige vuil Coke

is die seuns weer hard besig om chaos te

skep in die Hot Tub wat teen die tyd vrek

warm is.

Links bo: Kolkol Wood-Fired Hot Tub doen sy ding.

Links middel: Burgerspas se bordjie het die pad

gewys.

Links en Regs bo: Die ou Ford vat ons to bo!

Sondagoggend en die wêreld is

koud so niemand is haastig om hulle koppe

by die tent uit te druk nie, maar sodra Lian

besluit dit is nou genoeg geslaap dan is dit

opstaan tyd vir almal.

Links bo: Arangieskop steek regs agter ons uit.

Regs bo: Potjiekos vir `n honge maag is die regte kos!

Regs middel: “Kom ons roei, oupa!”

Onder: Ons kampplek van bo-af!

Na ontbyt en nog ʼn laaste verkenning van die

kamp word daar besluit om weer die

waterglybane & kanoe’s by die Beach Bar

aan te pak. Terwyl oupa/skoonpa ogie op

daai twee woelige manne gehou het, het ek

die geleentheid gebruik om kamp rustig op te

slaan.

Middagete word in Robertson geniet voor

daar weer aangestoot word terug Wellington

toe.

WWW.CGEAR.CO.ZA

Email: sales@cgear.co.za

Cell: 084 581 5787

SANDFREE

MULTIMAT

Designed as a deployable

helimat for the military

Supplied with heavy

duty carry bag

Stainless steel triangle

peg every metre

SAND FALLS THROUGH & CAN’T COME BACK UP AGAIN

Sandlite

Tote Bags

Multimat

Het jy al

‘STRONT’ drooggemaak

as jy kamp?

Maar ek bedoel sommer soos in GÓÉD, angejaag…

DEEL 1

Ons kampfotograaf – Pierre – deel met ons van

sy wedervaringe hoe hy dit al reggekry het om

`n perfekte kamp op te voeter.

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

E

k beplan teen die einde van 2017 vir

myself `n lekker “road trip”

Sederberge se kant-toe. Ek alleen

en my kamera aan my sy op die

passasierssitplek. Net ons twee en die pad.

“Me-Time”… soos ek dit altyd noem. Ek hou

van ry. Ek hou van kamp. En ek hou van foto’s

neem – die perfekte kombinasie! Weer lyk nie

te sleg nie. Bietjie warm wat die voorspelling

betref, maar wie is bang!? Sederberge hier

kom ek (ons)!

Die Biedouwvallei is besonders. Dis die grens

tussen die Karoo en die Sederberge, en daar

is `n paar mooi Kokerboompies op die plaas

wat die ding doen vir my fotograaf-hart.

Ek het drie dae hier op Enjo gekamp, en na `n

draai in Wuppertal, is dit tyd vir die volgende

stop: De Pakhuys… “So-far-so-good…”

My eerste stop is Enjo Natuurplaas in

die Biedouwvallei aan die rand van die

Sederberge. Dis pragtig en ek het my eerste

foto-sessie in die bank. Die wind raak sterk,

maar ek is ‘okay’ daarmee, want ek kamp en

ek kan foto’s neem. Ek kry mooi kiekies en ek

stap vir kilometers in die berge in. Ek raak stil

in my binneste na `n besige kwartaal by die

skool, en stadig begin ek afskakel…

Bo: Die vista in die Biedouwvallei-af is

pragtig. In die agtergrond is die

Sederberge sigbaar, en die vallei vorm `n

natuurlike grens tussen die Karoo en die

Sederberge.

Links: Sonsopkoms op Enjo Natuurplaas.

Die kokerboompie maak `n mooi prentjie

met die goue son reg ater dit.

Onder: Vroeg-oggend tussen die

Kokerbome! `n Perfekte manier om die dag

te begin! Kamera in die een hand, en

koffiebeker in die ander.

Tweede stop: De Pakhuys – in die

Sederberge self. Dis aan die voet van die

Pakhuyspas buite Clanwilliam. Dis `n

werkende plaas met kampplekke, en dis `n

wêreldbekende klim-en-klouter plek vir

rotsklimmers. Dit word “Bouldering” genoem,

en mense van oor die hele wêreld kom

hierheen om dit te kom ervaar. (Ek is nie `n

klimmer nie, dankie… maar ek moet soms

klouter om hoogte te kry vir my kiekies!)

Die weer is steeds vir my goed, en daar is `n

groot plaasdam om in af te koel wanneer dit té

warm raak. Geen tekort aan stapplek op die

plaas nie, en ek gebruik omtrent elke oomblik

om in die veld te wees. Hier is watervalle en

rotspoele ook, en my fotgraaf-hart bons van

vreugde… Ek kan afkoel in die rotspoele

wanneer ek wil, en alles loop sover nog perfek.

Ek word bederf met `n beeldskone

sonsopkoms een oggend om van die

rotsformasies af te neem waarvan die kleur

inskalkel by die agtergrond! Aai… Lekker!

Links: Wêreldbekende

klim

en klouter

geleentheid op

De Pakhuys.

Onder:

Sonsopkoms

met dieselfde

kleure as die

rotsformasies. –

“I’m a happy

potographer!”

Heel onder:

Rotspoele en

watervalle as dit

té warm raak vir

stap. `n Koele

lafenis op `n

snikheet

Sederbergeplaas…

Derde (en laaste) stop:

Beaverlac – Porterville. En hier loop dinge toe

lelik skeef… Die pôpô slaan die fan groot!

Ek is drie dae ingeboek by die populêre

kampplek naby Porterville. Hulle waarsku om

nie met `n sleepwaentjie of `n karavaan met `n

gewone sedanmotor hier aan te kom nie, want

jy gaan nie weer kan uit nie. Ek is veilig, want

ek het nie een van die drie nie – dink ek… Op

teen die berg – en af teen die anderkant in. Die

kampterrein is al vol, want dis Desember, en

die mense kamp! Ek is ingeboek van Sondag,

en ek is veronderstel om Woensdag-oggend

weer te ry. Die oom by die hek sê neewat,

boet, daar waar jy `n gatjie kry, daar kamp jy.

Hier is nie afgebakende of genommerde

staanplekke nie. Reg. Ek soek `n gaatjie, en

kry uiteindelik `n beduidenis van `n koeltetjie.

Aan die Noordekant van die kampterrein – dié

wat dit ken sal weet… - is `n reusagtige groot

Natalse Wildevy, en dis `n prag van `n boom.

Koelte vir `n bevolking, en fantasties om onder

hom te kan kampplek maak. Ek “eye” die

boom, maar daar is reeds `n laer onder die

boom staangemaak… My wrintiewaar, daar

pak die mense dan, en ek kry planne. Ek pak

so gou as wat ek menslik moontlik my

kampplek kan ontruim, en maak seker dat as

daai mense uit is, ek kan ín!

Ek “score” groot, want toe hulle wiele begin

draai, is ek agter hulle in! Groot bome, en baie

koelte, aan die rand van al die kampplekke! Ek

is koning!

My grondseil word (weer) oopgegooi,

windskerm met moeite (weer) opgeslaan, tent

word (weer) staangemaak, en my kombuisie

word (weer) reggepak en uitgepak. Ek is so

opgewonde soos `n vark in Palestina! En nou

gaan ek `n koue een oopmaak, my voete opsit

en kamp! Ek verdien dit…!

My Fortuner is nog nie mooi geparkeer nie, en

staan nog so effens in die son. Nee, dink ek,

wag eers gou met die koue een en kry jou kar

in die (reusagtige) Natalse Wildevy -

koelteboom, in die koelte! Jy hét mos nou

genoeg koelte. Ek klim in my kar… Trurat…

Kyk links in spieël – niks… Kyk regs in my

spieël – ook niks… Kyk weer net gou om seker

te maak links om dubbel seker te maak… Niks!

Agteruit… BANG! Teen een van die dikste

bome op die hele kampterrein vas – en my

agterruit ontplof met `n knal soos ek my kar

stamp! Anders as oudergewoonte het ek die

keer wraggies nié omgekyk oor my skouer en

in my middelste truspieël seker gemaak daar

is niks AGTER die kar nie.

Aaai, Labuschagne, jou idioot – dink ek, en die

hele res van my vakansie is aan’t skerwe!

Letterlik. Ek kan nie eers die staat van my

gemoed vir julle begin beskryf toe ek ter stond

daar tot halte gestamp word deur my eie

nalatigheid nie… Dit was rou…

Die eerste ding wat by my opkom is die

grondpad terug! Sonder `n agterruit sal my kar

mos stof suig soos `n nuwe Kirby stofsuier!

Aaaai, Labuschagne, jou IDIOOT, dink ek

weer, want dis in die middel van Desember.

“Wat maak jy met jou versekering hier in die

bos, en hoe kry jy ooooit weer jou geliefde

Fortuner reg oor `n Desembervakansie” –

gaan alles gelyk deur my gedagtes. “Jy het

goed aangejaag, en jou hele vakansie is

geskroef! – en jy moet nog by die huis kom –

sonder `n agterruit – grondpad-langs!” dink

ek...

“Swartsakke”, kom dit by my op, en “Ductape”

(Duct Tape – vir die Ingilse taalpuriste) het ek

mos altyd in my “goeters-trommel”. Ek skeur

swartsakke oop, en begin toeplak. My Ductape

is te min – hemeltjie tog, Labuschagne, gaan

weer deur my gedagtes, en die hele

gebeurtenis speel oor-en-oor weer teen kwartspoed

deur my herinneringspadjie in my

gedagtes – kompleet om my te terg.

L

ang storie kort: Ek ry met my

halfgeplakte- swartsak-agterruit teen

niks vinniger as 15km/h

grondpadlangs terug grootpad toe –

berg-op en weer anderkant berg-af. Uiteindelik

kom ek op die grootpad, en teen 60km\h terug

huistoe – Somerset-Wes-toe…

My versekering laat weet dis reg, ek kan maar

voortgaan met die herstel, en teen `n R3000

bybetaling later, kan my motor eers begin

Februarie ingaan vir herstel, want die

paneelkloppers is volgeboek tot dan! Wat `n

opperste pyn!

Om die storie nou af te sluit, moet ek eers

vertel wat by Beaverlac verder gebeur het. Ek

besef toe daar en dan ek kan nie die res van

my kamptyd daar bly nie, want ek moet by my

versekering uitkom vir `n eis… Dit was te laat

in die dag al om dadelik terug te ry, en ek begin

toe maar solank met `n lang gesig (weer) my

tent skuif, (weer) my windskerm opslaan, en

(weer) my grondseil wegpak voor donker. Ek

slaan moeilik (weer) my kombuisie op en hou

net die nodigste uit om die volgende oggend

vroegdag terug te draai huistoe.

Ek het nie lekker (of veel) geslaap nie, want

my kar het oopgestaan, en my kampgoed was

half opgepak, wat nie tipies ék is nie. Ek het so

effense “OCD”-tjie aan my sien, en alles moet

mooi en reg wees. Opssesief-Kompulsief

wees, is geen mens se speelmaat nie. Vir `n

troos en baie selfbejammerend, besluit ek om

voor son-op na een van die watervalle toe te

stap, en ten minste darem net één ou foto’tjie

te kry van die plek. En wraggies neem ek een

van die lekkerste foto’s van my loopbaan sover

daar af – daardie oggend. Ek dink die Liewe

Heer het my jammer gekry, en my beloon met

`n “picture-perfect” oomblik so by my eie daar

langs die watervalletjie.

Maar ek het `n baie duur les geleer: Hou maar

by jou gewoontetjies en kyk óm óók – as jy kan

– voordat jy in trurat gooi en trap! Daar staan

dalk `n nóg `n reusagtige boom reg agter jou

wat jy nie raaksien in jou kanttruspieëls nie.

Aaaai, Labuschagne…!

“Ek dink die Liewe Heer het my

jammer gekry, en my beloon met `n

“picture-perfect” oomblik so by my

eie daar langs die watervalletjie.”

Bo: Fotogenies gewys, het alles met dié

paar foto’s gewerk! Die lig was reg, en die

kleure was fantasties. `n Klein beloning vir

`n groot gemors wat ek self aangejaag

het…

Onder: Die son loer net-net oor die

valletjies, en die resultaat is een van my

lekkerste foto’s ooit. Ek hou hiervan, en dit

was `n salige vertroosting toe ek die

resultaat uiteindelik op my rekenaar sien.

Toerstories uit

NAMAKWALAND

“Elke toer het sy eie storie, veral as jy

die toeroperateur is en elke toer saam

beleef. Met Namakwaland is die

eerste vraag natuurlik waar staan die

blomme, helaas kan jy nooit vir jou

gaste dit belowe nie.”

Woorde & Foto’s: Das Badenhorst

So het dit gebeur dat ons maatskappy

ook sy eerste Namakwalandtoer

aangepak het, maar die voordeel was

dat die meeste toerlede alreeds saam

met my getoer het.

Ons sien die mooiste kokerbome en uiteindelik

verskyn die dadelplaas soos ‘n oase voor ons. Die

lekkerste kuierplek vir die aand was die

geloofskroeg. Hier skryf jy op ‘n boekie watter

drankie jy geniet en die volgende oggend voor ons

vertrek vereffen jy net jou rekening.

“Die oggend toe die bus arriveer sak my hart reeds in my skoene. Dit was glad nie die

bus wat ons veronderstel was om te ontvang nie, maar die kalf is in die put en ons

moet die pad vat. Die eerste gedeelte van die reis is aangenaam en het ons behoorlik

‘n mengelmoes van toerlede, amper soos ’n vrugteslaai, die ouderdomme wissel van

50 tot 83jaar.”

Ons word verwelkom in

Upington by Oranjerus Oord

met ‘n glasie sjerrie en word met ‘n ongelooflike

smaaklike ete bederf. Elke toerlid ontvang sy

hempie met die bewoording” My storie.” Op ons

toere is daar gewoonlik ‘n tema en in

Namakwaland is daar altyd ‘n storie.

Die volgende oggend vertrek ons na Augrabies.

Christo loop met twee krukke en sy vrou kyk baie

mooi na hom. Ons begin met ’n heerlike stappie

by Augrabiese watervalle en na die besoek aan die

valle eet ons bietjie koek en tee by die bus voor

ons vertrek. Die dag verloop seepglad sonder

enige onmin. Ons besoek Pella se Sendingkerk en

daarna vertrek ons na Klein Pella Gastehuis. Die

oneindigende grondpad skud en skommel. Die

busbestuurder wat ook ons gids is, is glad nie

gelukkig met my oor die pad nie, maar ons ry.

Ewe skielik draai ons af na die hoeveelste bultjie –

so het ek gedink – tot by ’n draaipad.

Almal is vroeg uit en kyk hoe die son skelm

tussen die berge en die dadelbome sy gesiggie

begin wys. Die plaasbestuurder vergesel ons na

die dadelboom plantasies en daar hang ons

behoorlik aan sy lippe van al die inligting wat ons

bekom oor die bome. Hoe stuifmeel geoes word

en dan na die vroulike bome geneem word en per

hand bestuif word sodat die dadelbome dieselfde

tyd kan dra vir oestyd. Die manlike en vroulike

bome staan glad nie naby mekaar nie – amper

soos in afsondering.

Ons pad lei ons verby Pofadder waar ons eers by

die kerk stop met alle gelowe se simbole. Ons

eerste verdwaalde blommetjie staan stoksielalleen

voor die kerk se hek. Groot opgewondenheid oor

hierdie blommetjie, en sy gesiggie word van alle

kante afgeneem. Op die knieë word gestaan,

sommige doen die snaakse posisies van staan en

dan wonder jy waar is die ouderdom eintlik as dit

dan nou so buigbaar kan wees oor een enkele

blommetjie…

Links: “Die plaasbestuurder vergesel ons

na die dadelboom plantasies en daar hang

ons behoorlik aan sy lippe van al die

inligting wat ons bekom oor die bome.”

Dis tyd om te vertrek na

Springbok. Die pad lê uitgestrek soos ‘n

luislang met verlate vlakte wat net uit sand

estaan. Hier en daar is daar ‘n groot

versamelvoëlnes te sien op telefoonpale en die

versoek vir ‘n mooi foto laat ons stop. Uit spring

almal om die mooi foto vas te lê. Terwyl daar op

die hurke gesit word om die mooi nes in die

kamera lens te kry, gebruik Elna die geleentheid

om ‘n stok tussen die bene deur te druk terwyl

daar groot konsentrasie op die foto is. Sekerlik nie

nodig om te verduidelik dat die HAT in nuwe

woorde herskryf is nie. Slang was die enigste

gedagte

verstaan meer van die wonderlike rooibostee

plant, sy veelsydigheid waarvoor dit gebruik

word.

Ons oornag die aand op Lambertsbaai. Almal

klaar gepaint en poeier, en ons is oppad na die

Opelug Restaurant Bosduifklip. Pragtig geleë

tussen die rotse met ‘n mooi geskiedenis. Ons

gasheer en gasvrou is baie vriendelik en almal

word verduidelik hoe die groot spyskaart nou

eintlik werk, want heel laaste word die spit gesny

en moet nie kom vra voor die tyd nie. En o ja,

“this is where the loo’s is or are”

“Ons gids Leon neem stelling in langs van die toerlede en verduidelik aan die toerlid

dat sy nie te veel van die heerlike warm tuisgebakte brood moet eet nie want ons weet

mos presies hoe volg die spyskaart. Maar die brood was haar voorkeur met die

heerlike snoekpatee en sy het dit duidelik gewys.”

In die omgewing van Springbok is dit droog.

Soos in baie droog. Anderkant Concordia staan ‘n

windpomp by die dam en sing sy eie eentonige

liedjie en geen waterdruppel is sigbaar nie. Met ‘n

blommetjie hier en daar en veral met die

platdorings sien ons ‘n miernes. Ure se vermaak

was by hierdie nes om te sien hoe hard hierdie

diertjies eintlik werk.

Ons besoek ander plekke ook, maar nogsteeds is

die blomme nie regtig daar nie. By Garies

Toerisme Padstal word gestop want die heerlikste

tuisgebak vind jy hier. Vrolike boeremusiek speel

by die Padstal, maar oral is bordjies op van die

water skaarste. Jy kry ‘n bekertjie met water as jy

die toilette besoek. Onmiddelik begin ons

stadsmense besef watter voorregte ons het en

waarmee die drooggeteisterde mense elke dag

sukkel.

Ons volgende stop is by Klawer Wynkelder.

Almal is opgewonde want die nektar van die

kontrei kan nou geproe word. Onse liewe Christo,

man wat met krukke loop, bestorm die kelder

sonder ‘n kruk. Die opmerking van ‘n toerlid trek

soos ‘n bliksemstraal by my ore verby….”tipies

waar daar wyn is het niemand ‘n kruk nodig nie”.

Lekker geproe en genoeg gekoop, word die

sleepwa vol gelaai. Ons besoek aan die

Rooibostee Fabriek is baie insiggewend en almal

Ek staan by die spitbraai lam en luister hoe die

vetjies soos ‘n sissende slang saggies in die kole

praat. Almal is gesellig en gelukkig en veral met

die plaaslike wynkelders se wyne wat te koop is.

Die mense eet, en die mense eet en ek kyk en ek

kyk en ek wonder wat gaan more gebeur, of hoe

gaan hulle vanaand hulle self misslaap op daardie

vol mae. Die afval was ‘n groot hoogtepunt en

natuurlik die waterblommetjiebredie. Heel laaste

voor die souskluitjies, kom die spitbraai lam van

die kole en met al daardie vetjies staan die mense

weereens in ‘n ry.

Ons groet, en die gasvrou en gasheer wat dan ook

familie is van my, weet waar my hart lê.

Tuisgebakte brood, botter, kerrievis en snoekpatee

word ingepak vir Johannesburg. Met ‘n traan in

die hart groet ek met my skatte onder my arm, en

die bus vertrek.

Die volgende dag moet ons Vanrhynspas uit en dit

na ‘n besoek aan die vetplant kwekery by

Vanrhynsdorp. Mildelik word van omtrent elke

vetplantjie gekoop, verpak in boksies, en

kokerbome met permitte word ook gelaai. Die

bus moet vertrek maar jy sien net plante staan.

Onder die sitplekke van die bussie, in die gang en

sommige sommer op die skoot, want die sleepwa

is nou al omtrent vol van alle wyne en rooibos en

lekkernye wat vir kind en kraai saamgaan huistoe.

Dit is amper 12uur toe ek op my horlosie kyk, ek

ken Vanrhynspas. Hy is nie enige man se maat

nie en my hart kry ‘n onbekende klemming. Ons

het nog nie eens die pas aangedurf nie toe wys

Leon vir my die bus begin kook. Nou ja as ‘n

Mercedes Sprinter bus se engine vervang is met ‘n

Lexcus outomatiese engine kan jy self dink wat

die resultate is. Ons trek orals aandag want almal

wonder wat onder die enginkap aangaan as die

meisie aan die beweeg kom. Dit was lekker vir al

die aandag, en die opmerkings van die

Namakwaland se mense, maar nou voel ek nie

meer soos lag en lekkerkry nie.

“…ek slaan my oë op na die

berge waar sal my hulp

vandaan kom. Die eerste

hulp was daar, met die

koningskos maar wat van

verder…”

Bo links: Bosduifklip in die agtergrond.

Bo regs: Die uitsig van Vanrhynspas-af .

Leon vra om af te trek net voor ons die pas moet

uitklim, want daar is ‘n boompie. Stop maar en

haal die tafeltjies uit, en so kom die brood en

ander proviant wat Bosduifklip Restaurant vir my

gegee het, nou op die tafel. Almal is opgewonde

want hier eet ons weer lekker aan koningskos, min

wetend dat die bus eintlik besig is om te kook en

hulle my persoonlike geskenk geniet. Die vlaktes

is dor en droog en ek kyk op in die pas en wonder

of die woorde regtig waar is……ek slaan my oë

op na die berge waar sal my hulp vandaan kom.

Die eerste hulp was daar, met die koningskos

maar wat van verder….

Ons vertrek en ons was nog nie eens in die helfte

nie, wys Leon weer die bus begin kook. Nou ja

trek maar weer af en almal klim uit, en die storie

van die Knersvlakte boei almal. Die mooiste

foto’s in die hitte word geneem van die

knersvlakte wat lyk soos ‘n maan landskap. Na ‘n

tydjie kry ek die teken dat ons maar weer kan ry.

Niemand vermoed nog enigiets nie.

Stadig maar seker klim ons die pas, maar my hart

klop in my keel en sweet versamel in my hande

wat nie gekend is nie. Ek slaan my oë op na die

berge en vra om hulp, maar op daardie oomblik

kom geen hulp behalwe die hitte meter wat soos

‘n verwoede bul na rooi storm. Ons moet aftrek.

Geen keuse nie, ons moet. Ek is teleurgesteld in

die maatskappy waar ek die bus gehuur het, ek is

moedeloos vir alles, want is nie gewoond dat

dinge so skeef kan loop nie. Dinge waarvan ek

geen beheer het nie.

Ons trek weereens af en gelukkig is daar ‘n

rietdakkie met stoeltjies waar die toerlede kan sit

want dit is warm. Die sonbesies sing asof dit

hulle laaste gesang is vir ‘n leeftyd. Ek maak die

bus se deur oop en besef nou het ek niks meer

behalwe die blote waarheid wat ek moet vertel.

So doen ek dan ook die bekendtenis van waarheid

en vlug die berg in want die vernedering is groot

en die trane wil loop.

Na ‘n tydjie kom ek terug na die groep want my

hart het vrede gekry en die hitte het my natuurlik

ook teruggejaag na die koelte. Ek kyk na die

groep terwyl ek stadig drentel na hulle, maar hulle

klink heel opgeruimd en glad nie so omgekrap

soos ek nie. Eenkant staan Leon, gids en

busbestuurder en ek sien sy hart hang ook in sy

skoene en ek kry hom ongelooflik jammer. Ons

maak maar die meisie(bus) se mond oop dat haar

bloeddruk bietjie kan afkoel en gaan gesels verder

met die groep.

geleentheid. Ek stap in en kyk na die flikkerende

vlammetjie van die kerse op die tafel, en besef dit

is eintlik hoe my hartjie voel. Saggies sing Lee

Magnum in die agtergrond Adios Amigo….

Met ons toere kry jy ‘n sertifikaat vir aandenking

en ‘n geskenkie. Maar voor hierdie gebeur vra ek

altyd wat sou jy graag aan die toer verander. Die

opmerkings was min, maar die stories was

boeiend.

Elisia wou graag weet hoekom Christo sonder sy

krukke kon loop en dit na Klawer Wynkelder.

Weereens kom die waarheid uit. Sy kruk het by

die Augrabiese Watervalle afgeval, maar hulle het

vir niemand vertel nie. (Met elke toer kyk ek nog

of ek ‘n koggelmander met ‘n kruk sien loop)

“Na maklik amper 2ure, is ons gereed om die laaste gedeelte van die pas aan te durf.

Ek begin sommer so in die loop na die bus bid, want asseblief tog kan ons net die

plato bereik sonder enige voorval. Gebede word wel verhoor, en so arriveer ons boop

die plato sonder enige verdere voorval.”

Ons gaan kuier gou by die Rieldansers van

Calvinia. Dis ‘n aardige besigheid om tred te hou

met die voete wat skop-skop in die sand. Almal

kry ‘n geleentheid om deur die Rieldansers geleer

te word hoe dans jy die unieke dans. Tannie

Bettie in haar laat 80jare word ondersteun deur

twee jong knape wat haar help skop-skop dat stof

en sand tussen jou tande beland. Dis groot pret en

almal geniet hulle gate uit saam met die

rieldansers. Die wenners word aangekondig en

ontvang ‘n prys vir hul beste poging.

By Calvinia hotel geniet ons die heerlikste

skaapgereg. Die volgende oggend vertrek ons

terug na Oranjerus Oord vir ons afsluiting van die

toer. Met ‘n sjerrie in die hand, en die son wat

stadig maar seker wegsak in die Oranjerivier, en

net die gloed wat oorbly op die horizon, weet ek

dat ek vanaand die groep stadig maar seker moet

begin groet. Die vrugteslaai van mense het in my

hart gekruip en eintlik my vriende geraak.

Ons laaste ete saam, en Oranjerus Oord se

spyskaart en tafel lyk soos ‘n afsluitings

Op ligte luim was daar wel genoem dat

nie veel blomme gesien was nie, maar wel die

bekende katnaels wat min mense regtig sien.

Een van die toerlede vertel dat dit vir haar die

lekkerste toer ooit was. Sy het Namakwaland

ontdek met die minste wat hy het, en dit het haar

eintlik laat besef, dat hoe minder jy het, dat jy

eintlik die meeste van almal het. Die afstaan tyd

in die pas met die ongerepte knersvlakte wat dor

en eensaam daar gelê het, het sy haar Vader in

daardie tyd ontmoet.

Die volgende oggend vertrek ons terug na

Randburg. Dit is stil in die bus en niemand praat

regtig nie. Ek raak bekommerd oor die stilte in

die bus, maar toe die bus stop en almal begin groet

en die trane loop besef ek……….

Elkeen van ons op hierdie bus kan ‘n storie

skryf……

ATKV-toer 2017

“Dis ‘n aardige besigheid om tred te hou met

die voete wat skop-skop in die sand. Almal

kry ‘n geleentheid om deur die Rieldansers

geleer te word hoe dans jy die unieke dans..”

Bo: Ons Rieldans dat die stof-so-staan!

Links: `n Sak vol vetplantsade.

Kontak: 072 125 9343

AS DIE

SUIDE

NAMIBIË

VAN

ROEP

“… dan antwoord ek altyd: ‘JA! Hier kom ek’…!”

(en dit gebeur gereeld…)

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

Die Karasstreek (Karas Profinsie) in die Suide van Namibië, is baie na aan my hart, en seker een

van die plekke wat ek die graagste besoek – en gereeld! Die stiltes en die ruimtes is onbeskryflik,

en dit praat met jou soos min plekke in die wêreld seker kan praat met jou binneste! En dis presies

hoekom ek daarvan hou om hierheen te kom… en omtrent altyd alleen – “ME-time” op sy beste!

HEEL DIKWELS

ONGENAAKBAAR

WARM

DIE MOOISTE ROTSFORMASIES

NET WAAR JY KYK, EN

WOESTYNPLANTE WAT AARD

IN `n TIPIESE SEMI-WOESTYN!

SOMS IS JY GELUKKIG OM

WOLKE

TE KRY…

EN AS JY GELUKKIG IS:

REËN

Reën in Karas is `n skaars komoditeit, en as dit gebeur, gebruik jy die geleentheid om buite te

wees met jou kamera. Jy sit maar `n sambreel in en `n paar “micro fibre”-lappies om die lense en

kamera droog te vryf – en te hou, maar buite moet jy wees. Díe watervalletjie het vir die eerste keer

in `n baie lang tyd geloop, en ek was besonder bevoorreg om die geleentheid te kon vasvang.

Soms is mens bloot net gelukkig, want fotografie is 95% `n kwessie van “op die regte tyd – op die

regte plek…” Hier was dit die geval…

EEN VAN MY GUNSTELING

BOME IN DIE HELE WÊRELD:

KOKERBOOM

Die son sak goud na nog `n

snikheet dag

in die

SUIDE VAN NAMIBIË…

Your ultimate portable

outdoor cooling system

take it everywhere you go

www.portamistsa.co.za

Noukrans Boskamp

Heidelberg - Weskaap

Woorde & Foto’s: Ben & Adré – Noukrans Boskamp

Die nuwe kampplek

is nou amper `n jaar oud, en is

deel van `n werkende plaas,

Goedehoop, en dis een van die

beste plekke om so bietjie die

skoene uit te skop, `n vuurtjie

aan te steek, diep asem te haal

en net te ontspan. Hier is geen

selfoonsein, en al wat jy hoor is

die sagte gedreun van trekkers

wat werk, met koeie en voëls

wat in die agtergrond hulle eie

ding doen. Geen rede om jou

oog op jou horlosie te hou,

want hier is jy in `n stukkie

hemel-op-aarde.

Kry die familie en vriende

bymekaar, pak jou kampgoed,

en –speelgoed, of kry sommer

`n lekker leesboek, en kom

geniet `n ontspanne naweek

buite op die plaas.

Die Noukrans Boskamp is

uitgelê tussen `n klompie ou

Eikebome wat in die omgewing

van 1920 aangeplant is.

Dis skaduryk, en die grond is

omtrent oral met gras bedek

waar jy `n plekkie kan kies. Hie

ris geen uitgemerkte

staanplekke – so die beste

beskikbare plekkie is joune!

Aangesien die hoeveelheid

kampeerders beperk word, sal

dit nie voel of

jou bure jou afluister nie, en die

staanplek is ook nie beperk

met grote nie, so jy kan gebruik

so veel as wat

julle gesin nodig het om

gemaklik te wees. Nie meer as

30 persone in totaal word

toegelaat op die kampterrein

nie.

Hier is geen elektrisiteit nie,

maar sonpanele sorg vir

genoeg krag vir lig in die

ablusiegeriewe. Hier is ses

warmwaterstorte, spoeltoilette,

genoeg spieëls vir die dames,

en twee netjies ingerigte

opwasplekke. Bruin rivierwater

word vir die storte en

spoeltoilette gebruik, terwyl

vars reënwater vir drink en

kosmaak beskikbaar is.

Noukrans Boskamp

is slegs 23 km buite Heidelberg

in die Wes-Kaap, waarvan

ongeveer 12 km hiervan goeie

grondpad is. Gewone

sedanmotors kan gemaklik die

plaas bereik en jy benodig

geensins `n 4x4 om hier uit te

kom nie.

Die meer avontuurlustiges kan

gerus `n rugsak pak, en vroegoggend

die Noukrans aandurf.

Na omtrent 5 km se stap (met

`n paar swemme tussen-in)

kan jy by die waterval uitkom

waar die kampplek sy naam

vandaan gekry het (Noukrans

Waterval). Neem net in ag dat

die pad terug óók omtrent 5

ure gaan neem, so moenie te

veel tyd by die waterval verwyl

nie. Vir die minder

manhaftiges, is die opsie daar

om enige ander pad op die

plaas te mag stap.

Hier is wel nie goed gemerkte

staproetes of fietsrypaaie nie,

maar voel welkom om enige

voertuigpad of dubbelspoor te

gebruik vir wandelings. Daar is

swemplek in die rivier waar die

Noukrans begin – omternt 40

minute se stap vanaf die

kampterrein – maar hier sal jy

ongelukkig nognie die

majestueuse kranse en

waterval hiervandaan kan sien

nie. (Neem asseblief deeglik

kennis dat kinders nie sonder

volwasse toesig mag swem of

na die rivier mag gaan nie.)

Indien dit `n goeie reënseisoen

was, kruis twee riviere `n klein

entjie vanaf die kampplek waar

die kinders kan swem en speel

tussen die wit spoel- of

rivierklippe, terwyl ma en pa

met hulle voete in die water

kan sit. Vat gerus vir jou `n

spoelklippie saam as `n

herinnering aan `n goeie

naweek by Noukrans.

volroommelk hier koop op

bestelling.

Vir die voël- en

natuurliefhebbers is daar ook

goeie nuus, aangesien

verteenwoordigers van die

Suider Afrikaanse Voël

Atlasprojek 2

(http://sabap2.adu.org.za/) al

78 verskillende voëlspesies

hier waargeneem het in 2017.

Wanneer besprekings gemaak

word, vra ook gerus na die

vars plaasprodukte soos

brood, plaasbotter, konfyte en

ingelegde produkte,

skaapvleis, ys en

vuurmaakhout. Jy kan selfs `n

jong aangeplante Eikeboompie

hier koop wat van die akkers

aangeplant is wat op die plaas

opgetel is. Gaan plant jou eie

akkerboompie by die huis…

Braaidromme is wel

beskikbaar, maar bring jou eie

roosters, asseblief.

Ongelukkig geen honde in

spitstye/ vakansies / naweke of

ander besige tye nie. Doen

navraag hieroor tydens

besprekings:

besprekings@noukransboskamp.co.za

082 562 9658 - (Sein is swak, so

oproepe is nie altyd moontlik nie)

GPS koördinate:

S33”59.811 E020”51.239

www.noukransboskamp.co.za

As daar kalfies of

hanslammers op die plaas is,

kan vooraf met die boer gereel

word dat die kinders hulle mag

gaan help bottelvoed. `n

Besoek aan die melkery kan

ook vooraf gereël word, of jy

kan selfs vars

ongepasteuriseerde

Wees voorbereid

Kamp is Lekker

Gaan orals

RSI SMARTKITCHEN ROOF MOUNTED TABLE RSI SMARTRACK

011 974 0370 SALES @ SMARTCANOPY.CO.ZA

VISRIVIER (2)

JACO GELDENHUYS vertel ons vedrder van sy

wedervaringe by die lodge langs die Visrivier Skeurvallei…

“Die nag was koel, en toe die wind

haar lê gaan kry, het ek opgestaan

om nog 'n kombers te gaan haal. Die

koue sementvloer was vir my lekker,

het my so herinner aan my

delwersoupa van Longlands se huis.”

Woorde & Foto’s: JACO GELDENHUYS

D

ie nag was koel, en toe die wind haar lê gaan kry, het ek opgestaan om nog 'n kombers te

gaan haal. Die koue sementvloer was vir my lekker, het my so herinner aan my

delwersoupa van Longlands se huis. Daar het ons gekuier in 'n sinkhuisie met misvloere, en

ek kon die tekstuur onder my voete so baie waardeer. Gelukkig was die swaar reuk van

alkohol en rook nie in hierdie koel kamer van my nie.

Toe die son die donker kraak, en ek hoor die fisante en patryse roep na mekaar oor die wydte van

die stilte, het ek opgestaan en my kamera geneem om die vroeë gouelig te gaan benut. Geen foto is

geneem voordat ek nie my wolmus en 'n sawwe serp om my keel gedraai het nie, dit was bitter koud

buite. My vingers het die koue gevoel, maar die skoonheid van 'n vars Afrika oggend, en die canyon

wat letterlik drie meter van my stoepie begin, het my laat vergeet van ongerief.

Ek het vir 'n paar oomblikke doodstil gestaan en die mooi van die kokerbome, naby en ver

bewonder. Eers as donker silhouette teen die glans van 'n naderende son en toe later in al hulle

glorie. Ek het my sluiter laat werk, in die son, en dan son van agter en dan sommer van die kant af

ook. Het selfs probeer om die son te gebruik om die boom te silhouetteer.

Soos die son haar heerlikheid oor die landskap gesprei het, het ek vir serp en hoed laat vaar en kon

ek bietjie gemakliker beweeg om Afrika se tooisels uit alle hoeke af te neem. Ontbyt was heerlik

met vriendelike mense wat in Afrikaans en Engels kon gesels. Charlie, die Nama-gebore "Boesmanlook-alike"

beïndruk my meteens toe hy in suiwer en vlot Duits vir nuwe gaste welkom heet. "Klein

van statuur, maar groot van gees" dink ek by myself.

N

et na die ontbyt kom 'n Europese paar met pienk wange en windverwaaide hare. Hulle

opgewondenheid word so effe gekortwiek deur hulle onvermoë om vlot in engels te kan

kommunikeer. Hulle het 'n swart renoster onder in die canyon op hulle vroegmôre begeleide

wandeling gesien. Daar kom lê 'n groot glimlag oor die bestuurder se gesig, die renoster wat

van die bure deur die draad geglip het, leef en dit gaan goed met hom/haar. Fotos word met groot

fanfare gewys, en skielik kry ek lus om hulle twee sommer lief te kry vir hulle liefde vir die natuur,

hulle passie en hulle waardering. Hulle het die lewenspad al jare gestap, en die slaprand hoedjies

wat op hulle voorkoppe wapper, sê hullle het respek vir Afrika en haar son en haar wesens. Ek

begroet hulle bewondering met my mooiste Afrika glimlag wat ek uit my hart en my oë kon

optower.

Namiddag het ons 'n deel van die 45 000 hektaar plaas gaan bespied, en 'n eensame springbokram

en gemsbok teëgekom. Onmiskenbaar getrou aan hulleself, met 'n wil om te leef waar die niks drie

meter hoog groei. 'n Troppie koedoes wat oppad water toe was, het hulle skrik vertoon met 'n

heerlike opskop-galop en sierlike spronge oor melkbos en klipperighede. Wit stertjies in die lug,

weg van die waterpos af. Wonder hoe lank het ons hulle dors nou uitgerek?

Net voor ons die uitkykpunt bereik, skarrel vier (eerste keer in my lewe) klipspringertjies op

punttoonjies rats oor die klippe, om ook weg te kom van die khaki dier met sy ronde bene. Ek

verkyk my aan hulle spoed en tegniek oor die rantjies. Hulle is te ver om sinvolle fotos te neem,

daarom kyk ek net, en ek blaas 'n soentjie vir Moeder Natuur en Moeder Afrika vir die wonder van

leef, diversiteit en oorlewing.

M

y maag het oudergewoonte 'n paar maal gekolk toe ek die afgrond voor my sien, maar ek

kon dit tog waag om die kamera teen my oog vas te druk, en deur die dynserigheid 'n paar

fotos te neem van die Visrivier Canyon, met enkele poele standhoudende water wat

sigbaar is. Was glo nie 'n goeie reënseisoen nie, en die rivier het baie vlak gevloei. Hoop

dis 'n beter jaar hierdie. Die pad terug neem ons verby 'n swerm versamelvoëls wat kwetterend van

een boom na die volgende swetter, en ook die Suidwes parakiete wat kenmerkend 'n waarskuwing

skree as gevaar nader kom. Ek en my kamera kon so vir 'n paar oomblikke met 'n skaam enetjie

agter 'n doringtak bietjie flikflooi. Net voor ons weer by die lodge kom, duik Biscuit die Jack

Russel-teef met 'n sierlike boog van die bewegende voertuig af, en verwerf vir haar 'n kopvol

harsingskudding - sy het dit oorleef en het reeds met aandete haar wagpos by die kostafel beman.

Ek het sommer vroegtydig die ekstra kombers saamgenooi kooi toe, en kon behaaglik my bene rek

onder die lieflikheid van dons en linne. Ek was dankbaar, diep, sielsdankbaar vir 'n warm bed, vir

die feit dat die wind aan die buitekant van die gebou huil, die warm stort waaronder ek kon afspoel,

en vir mense… opregte, liefdevolle, respekvolle, passievolle mense. (Word vervolg)

Vorige bladsye: Kokerbome - eers as donker

silhouette teen die glans van 'n naderende son

en toe later in al hulle glorie, en 'n eensame

springbokram.

Links: `n Kokerboom van naby – in vol lig…

We broke the mould.

Battery to battery charging technology has been around for some time now. There are a number of

products available that compare favourably, some good some not so good. Our goal from the outset

was to design something better than the garden variety ouerings so we created, what we believe to

be, the most innovative in-vehicle battery charging system to ever hit the market.

Introducing the interVOLT DCC Pro:

The best in-class performance for a charger of this size

The DCC Pro is a true 25 Amp charger, that is, 25 Amps

at 50°C all day, every day. In addition the DCC Pro will

continue charging at reduced output right up to 85°C!

Remote monitoring from the comfort of the driving seat

The DCC Pro is kitted with a market first, in-cabin display

for remote monitoring of the auxiliary charging status

from both main and solar power charging sources.

Solar ready – no need for a separate regulator or relay

The DCC Pro is a complete MPPT solar charge controller

capable of handling 250 Watts of power with up to 30%

greater eflciency than a standard PWM regulator.

Under bonnet charging device is dust and water proof

The DCC Pro is sealed to IP67 standard and is designed

to be mounted in the engine bay or on the chassis itself.

The DCC Pro can handle temporary submersion!

Capable of monitoring two chargers on a single display

The DCC Pro Remote Display can accept and monitor two

Individual Charging Devices at once! No need to purchase

a second display when two auxiliary batteries are used.

DCC Pro

In-Vehicle DC-DC

Battery Charger

Part Numbers

DCC1225ACK-RP

DCC1225ACD*

DCC0001ARD*

DCC3000CTR*

DCC6000CTR

DCC9000CTR

DCC Pro automotive charging kit includes * items

Automotive Charging Device 12 Volts DC 25 Amps

Automotive Remote Display complete with bracket

Data cable 3 metres charging device to remote display

Data cable 6 metres charging device to remote display

Data cable 9 metres charging device to remote display

Specifications

Input Voltage

Solar Power

Continuous Rating 25 Amps @ 50°C

Current Draw

Boost Voltage

Float Voltage

Electrical

Protection

Environmental

Protection

Operating Temperature

Main: 9 – 17 VDC

Solar: 27 VOC max. (open circuit – no load)

250 Watts nominal (300 Watts peak)

Charging Device: Including LED indicator

Gear to make tracks in a

ISUZU D-MAX

MY12 05/12 on

It doesn’t matter how you make tracks, Tough Dog has the right gear to suit your Isuzu D-Max. Up front, Tough Dog

offer offer both the award winning Foam Cell Strut, as well as the 9 stage Adjustable version. Either option is coupled

with springs to suit your accessories. Tough Dog also offer complete assembly front struts for fast and easy fitment

of the front suspension assembly.

In the rear, we’ve got every possible application covered. You’ve got the choice of three shock options as well as

three separate leaf packs, depending on your application. Some earlier model D-Max variants require a handbrake

bracket relocation kit, available as a Tough Dog Part. Check with your dealer for your specific vehicle.

Replacement

Strut Tops

Handbrake Relocation Bracket Kit

(Required for up to MY15.5 vehicles)

SHOCK ABSORBERS

FC404200 2 40mm Foam Cell Strut

BM404200 2 40mm 9 Stage Adjustable Strut

COIL SPRINGS

TDC270 2 Petrol/Diesel/Up to Alloy Bar

TDC974 2 Petrol/Diesel/Bar

TDC974H 2 Petrol/Diesel/Bar/Winch

COMPLETE STRUT ASSEMBLY

HOL-001 2 Complete unit with adjustable strut suit alloy bar.

HOL-002 2 Complete unit with adjustable strut suit bar.

HOL-005 2 Complete unit with adjustable strut suit bar & winch.

HOL-003 2 Complete unit with adjustable strut suit alloy bar.

HOL-004 2 Complete unit with foam cell strut suit bar.

HOL-006 2 Complete unit with foam cell strut suit bar & winch.

REPLACEMENT STRUT TOP

TOY-1081 2 Strut Top

41mm Foam Cell &

40mm 9 Stage Adjustable Struts

(Available as complete assembled units)

X5K Coil Springs

(Multiple rates available)

Want more info?

www.toughdog.com.au

MY12 05/12 on

Rear Shocks Available:

35mm Nitro Gas

41mm Foam Cell

40mm 9 Stage Adjustable

SHOCK ABSORBERS

BD1382T 2 35mm Nitrogen Gas Shock

FC41382 2 41mm Foam Cell Shock

BM401382 2 40mm 9 Stage Adjustable

LEAF SPRINGS

FS214C 2 0-300kg Load

FS214L 2 CONSTANT 300Kg Load

FS214LL 2 CONSTANT 500Kg Load

COMPONENTS

TDUK-071 1 Urethane Shackle Bushing Kit

TDUB-016 2 U-Bolt Kit

TDGS-391 1 Greasable Shackle Kit

TDGP-668 1 Greasable Pin Kit

TDSK-021 1 Handbrake Relocation Bracket Kit

0-300kg

Urethane Bushing Kits

Greaseable Pin Kits

Greaseable Shackle Kits

Leaf Spring packs

Available in three separate designs

to suit your application & needs

Constant 300kg

Constant 500kg

Want more info?

www.toughdog.com.au

MY12 05/12 on

Distributed By:

OUR NEW

DRIVING LIGHT

WITH DIY

INSTALLATION

KIT.

Lightforce is excited to announce its revolutionary Australian designed,

engineered and manufactured Striker ® LED Driving Lights.

Their stylish rectangular form factor delivers a cool look on any 4X4, SUV or utility,

and they pack a punch with great all-round performance of 1 lux at 750 metres.

Striker ® LEDs will be available in May 2018 as a pair with a complete DIY Installation Kit,

the first kit of its kind.

Each Striker ® LED twin pack will include a DIY Installation Kit with a

complete wiring harness, plug-and-play adaptors for your headlight’s high

beam, a dashboard switch and all the consumables you need. For the first

time on a driving harness, all wires are individually labelled.

The Striker ® LED includes all the iconic features common to other

Lightforce LED Driving Lights including a solid IP69k rating and

reduced radio interference technology.

1 LUX @ 750m

PHOTOMETRIC BEAM DATA

A pair of Striker LEDs with Spot Filter.

Beam Distance 1 LUX at 754m.

50m

0

55yd

0 200m / 219yd 500m / 547yd 754m / 825yd

Photometric data is for one pair of lights. National Association

of Testing Authorities Accredited, Australia 2018. Photometric

testing performed by Photometric Solutions International Pty Ltd.

Accessories include a range of modular filters for various driving conditions,

mounting brackets and security bolts. Also available in a single pack.

LekkeR Kampplekke geniet 'n baie

LekkeR 4x4 en 4x2 dag saam Reeds

Motor Group N1 by Killarney

International Raceway.

LIKBEKER KOFFIE

kom uit die hartjie van Montagu, wat met

'n innoverende lug-rooster metode en top

gehalte Arabica bone ‘n suiwer geurige

Bkoffie produseer met ‘n heerlike aroma.

KOOP

Adverteer.

jou besigheid hier.

Stuur n epos aan: rikus@lekkerkampplekke.co.za

Rikus Truter

Kamp Paklys

C u s t o m e r s

P a g e V i e w s

5 5 9 2 4 V i e w s

2 0 5 0 0 0

1 7 , 4 0 0

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

f o l l o w e r s

L i k e s

( 6 3 1 3 6 )

1 2 m d e t y d p e r k

a a n l y n

D o w n l o a d s

W e b b l a d

t y d s k r i f

g e b r u i k e r s

J A n 2 0 1 9

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!