28.11.2018 Views

Kamp is Lekker Desember 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste stories, mooiste fotos kampwenke en 101 lekker resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste stories, mooiste fotos kampwenke en 101 lekker resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

NAMIBIË&

KGALAGADI

GeseëndeKersfees& VoorspoedigeNuwejaar

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

Powered by TCPDF (www.tcpdf.org)

R3150

Beskikbaar by www.lekkerkampplekke.co.za

STAANRIB

(LAMSRIB)

RESEP EN FOTO:

ELSABIE TEMPLETON

Een heel lamrib gesmeer met olyf olie en

gesprinkel met suurlemoenpepper kruie

(die Ina Paarman ene het reeds sout in, so

nie nodig vir ekstra sout).

Spuit jou toeknyp rooster met kleefvrye

sproei aan die binnekant waar jou ribbetjie

aan die kante gaan raak.

Sit die rib in die rooster. maak toe en maak

seker die twee handvatsels is stewig vas

met die draad skuif ogie. Maak hardehout

vuur met 3 stukke hout op een kant van jou

Weber. Sodra die ergste vlamme begin

afneem. sit jou rooster regop op die kant

teenoor die vuur en hou in posisie met stuk

draad wat aan die Weber se handvatsel vasgemaak is en dan gebuig op die ander punt

om hakie te vorm wat aan die rooster gehak word.

Hou maar jou ribbetjie dop en draai in die begin so elke 15 minute

om, sodat albei kante van die ribbetjie eweredig gaar kan word.

Onthou om ook só te draai dat die kante wat bo is na onder gaan en

so stadig maar seker gaar word.

Sprinkel elke keer met suurlemoensap. As dit lyk ofjou kole begin

uitbrand en jou hitte begin afneem, sit net een stuk hout op 'n slag

op om die hitte konstant op medium te behou.

As jou vuur te warm is, gaan jou ribbetjie brand voor hy gaar is.

Hierdie ribbetjie het so 2 en half ure gerooster voordat ek dit

afgehaal het.

Ek het dit bedien met gebakte aartappel met creme fraiche

(suurroom) en eenvoudige tamatie & blaarslaai.

RESEPTE

28km vanaf Bela Bela in Limpopo

Die kampplek by Mabalingwe is

geskik vir beide karavane en tente.

Daar is 70 geplaveide kampplekke,

waarvan sommige vol skaduwee bied

vanaf die omliggende bome. Al die

staanplekke het elektriese punte.

Daar is oral vullisdromme om die

netheid van die park te verseker. Die

3 ablusieblokke is goed toegerus.

Een van die ablusieblokke is toegerus

met 2 familiebadkamers vir families

met kinders.

info@boschpoort.co.za

Tel: 014 736 9000 / 014 001 7010

Geniet die rustigheid van die park.

Daar is beide ‘n warmwater en

kouewater swembad, ‘n putt putt

baan sowel as ‘n speelgrond vir die

kinders om te geniet.

Vir die kampeerders se

gerief is daar beide ‘n

drankwinkel sowel as ‘n

winkel vir al die

benodigdhede wat dalk

by die huis agtergebly

het. Daar word ook

daagliks lekker vars

brood verkoop sowel as

wegneemetes en ander

geskenkies om jou te

herrinner aan jou heerlike

kuiertjie by Mabalingwe.

www.mabalingwegamereserve.co.za

CONQUEROR

Northgate

Gaan waar jy wil..

Jou opsies is nou onbeperk

Conqueror Northgate is Sa se #1 Conqueror handelaar vir die

laaste 3 jaar. Ons dienste sluit in verkope van nuwe en

gebruikte Conqueror produkte. Verhuring van Conqueror

Karavane en Boswaens, dienste en herstel werk, sowel as

was en skoonmaak van Karavane en Boswaens.

Ons het self ons eie tentwerk fabriek by die winkel sodat ons

kan omsien na al ons kliënte se behoeftes.

Tel: 011-026 6350 / 011-025 8298

Epos: sales1@conqueror-jhb.co.za

SA Karavaan & Boswa

van die jaar 2017 & 2018

ONS MAAK `N DRAAI OP

ELANDSBAAI

Trompie se Duin

Knapie is skaars uit die water

en na ʼn vinnige high-5 is ons op ʼn

drafstap voertuie toe. Terug in

Wellington word die laaste paar

goed gepak en dan is ons ook op

die pad.

Een van Jacques se koeie het

ook sy Vrydag planne so bietjie

omver gegooi toe sy besluit om

vroegmiddag te begin kraam. So

net buite Riebeeck Wes sluit ons

by mekaar aan en takel die laaste

+/- 160km saam aan.

Woorde & Foto’s: HENRY JONKER

“Dit is Vrydagmiddag 4pm en Jean (ons oudste) maak gereed vir sy laaste “relay ladder

event” by die Hoër Jongenskool Paarl. Ek hoor hoe “ping” my verdomde foon in my gatsak en

ek weet dit is die manne wat al aan die beweeg is op pad Elandsbaai toe.”

VRYDAG

Uiteindelik by Elandsbaai draai

ons links by die Velddrift bord,

oor die vlei en dan weer links by

die volgende Velddrift bord. +/-

10km verder kry ons die

grondpaadjie aan die regterkant en

volg dit oor die duin tot waar die

res van die spannetjie al sterk vure

begin maak het.

Blad word geskud en iets kouds

vir die keel word gou geniet voor

die daktente aangepak word.

Die span vir die naweek:

• Groenewald’s

(Jacques, Carlize & Rialé)

• Laas’e (Paul, Marina, Munnik,

Streicher & Tessa)

• Dreyer’s (Johan, Nicolene, Barbara-

Mari & Ben)

• Laubscher’s (Frans & Lunay)

• Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian)

Soos altyd het Jacques nie

teleurgestel nie en het voorwaar ʼn

liplekker spyskaart vir die naweek

uit gewerk. Vrydagaand het dinge

op die vuur soos volg gelyk: slap

chips, calamari in ‘n braai pan,

rooster vol prawns en ʼn swart

mossel pot en room. Magtig daar

water my mond sommer alweer.

SATERDAG

Saterdagoggend en Jacques is

al vroeg aan die gang, besig om sy

visvang “tackle” reg te kry voor hy

afsak na die see.

Ek, Frans & die seuns sluit later

by hom aan. Die seuns se tyd saam

met ons is van korterduur en na ʼn

kraaines besluit hulle om liewers

die strand saam met Marli & Ben

(Johan-hulle se hond) te verken.

burgers, was dit die staanrib, toe

smaaklike Springbok fillit en om

die aand af te sluit 4 x hoenders op

die spit met roosterkoeke.

SONDAG

Sondagoggend word daar nie

eers probeer om die stokke in die

water te kry nie. Mos nou klaar

geleer dat daar nie visse is nie

haha.

Paul is doening met

voorbereiding van sy Mexican

omelet. ʼn Regte moer-by-mekaar

gereg, maar ook een wat nou al ʼn

tradisie op Sondae oggende is as

ons kamp/toer.

Terwyl daar gepoog (gebid)

word om ʼn paar grotes uit die see

te trek geniet die vrouens hul

oggend koffie rustig bo-op die

duin en wonder of daar dalk ʼn vars

vis op die rooster gaan verskyn.

Ongelukkig was geduld & geluk

nie aan ons kant nie. Moes maar na

oom Fred geluister het toe hy gesê

het ons gaan maar sukkel om iets

uit die water die kry.

Laat oggend en ʼn rooster vol

Stroebel burger patty’s & vark

staanrib kry hulle plekke op/om

die vuur. Hierdie sou maar net die

begin van ons Saterdag se

spyskaart gewees het, want van

die oggend tot laat die aand was

daar kos op die vuur. Na die

“Wag ʼn bietjie – die

roosterkoeke het nooit

gebeur nie, of hoe Jacques?

Haha”

Laat middag word daar gepoog

om die rugby (Springbokke vs

Engeland) op RSG te luister,

maar vir een of ander

onverklaarbare rede word die

toets toe NIE uit gesaai op RSG

nie.

Nes die son sy laaste strale

oor die see terug trek, kom die

koue en wind. Gelukkig is ons

goed beskud teen die wind en die

vuur word sommer lekker

gestook.

Na ontbyt word kamp op

geslaan en skoon gemaak. ʼn

Laaste kiekie word geneem en dan

trek ons weer die voertuie se neuse

Elandsbaai toe om vir oom Fred te

gaan groet.

Dankie vir ʼn puik naweek

almal. Maak sommer gou weer so.

Die span vir die naweek:

Groenewald’s (Jacques, Carlize & Rialé)

Laas’e (Paul, Marina, Munnik, Streicher & Tessa)

Dreyer’s (Johan, Nicolene, Barbara-Mari & Ben)

Laubscher’s (Frans & Lunay)

Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian)

Koop die 2019/2020

CAMP&CARAVAN boek

en WEN die

Om in te skryf gebruik die

Lekker Kampplekke QR

NAMIBIË

KGALAGADI

MET ONS EIE, NUWE, SELFGEBOUDE

KAMPTOERVAANTJIE

OPPAD

WOORDE & FOTO’S: Wim van Jaarsveld

Met `n toervaantjie deur Namibië

en die Kgalagadi

Aprilmaand is my plaaslike toermaand en om verskeie

redes. Die hoofrede is die weer. Die ergste hitte en reën

is verby en die oostewind het nog nie langs die weskus van

Suider-Afrika begin waai nie. Die veld is groener ná die

somerreëns. Dis ook die maand met die meeste

vakansiedae in Suid-Afrika. Ek kan dus weggaan sonder om

te veel werksdae van ‘n gewone maand te verloor.

Ek wou nog altyd in Aprilmaand by Nossob in die Kgalagadi

gaan kamp, maar kon nooit plek daar kry nie (seker omdat

ander mense ook

Aprilmaand verkies). Dit

was altyd net in Twee

Riviere of Mata Mata en

dan is Nossob te ver vir ‘n

dagtrip. Toe ons verlede

jaar bo alle verwagtinge

in plek vir April 2018 vir

vier dae in Nossob kry,

het ek dit dadelik

vasgemaak. Met Nossob

as vertrekpunt, het die

res van ons verblyf in die

park oor die volgende paar dae en weke vorm

aangeneem. Twee dae in Twee Riviere dan ‘n dag in Mata

Mata en daarvandaan vir vier dae Nossob toe en weer

terug Twee Riviere toe. Met my liefde vir Namibië is dit

egter moeilik om so naby Namibië se voordeur om te draai

en so brei ons toer uit. In plaas van net ‘n week in die

Kgalagadi, word dit drie en ‘n halwe weke op die pad deur

Namibië, die Kgalagadi en weer terug Kaap toe.

Daar was net een klein probleempie: my huidige

kampkaravaan (wat ek self ontwerp en gebou het) is te

groot en te lomp vir so ‘n lang tog. Ek sal ‘n kleiner en ligter

een moet ontwerp en bou. En so begin die resies teen tyd

om dit betyds klaar te kry. Die tyd is so skraps gesny dat

ek dit letterlik drie dae voor ons vertrek eers kon

lisensieer. Die oggend voor ons vertrek maak ek nog ‘n

laaste paar verstellings. Ek noem dit ook sommer

“Toervaantjie” omdat dit gemaak is vir toer. Dit sal

toervaantjie se nooiensrit wees om te toets of dit sterk

genoeg gebou is vir die grondpaaie van Namibië en die

Kgalagadi. Dis klein en lig met net die nodigste geriewe vir

‘n toer op die agterpaaie van Namibië - ‘n volwaardige

dubbelbed, ‘n kombuis en pakplek. Mens kan ‘n dag net

beter aanpak as jy uitgerus is en jou maag vol is.

DIE GROOT WEGTREK

Donderdag 5 April, net na die middag, vertrek ons uit die

Kaap uit. Die eerste twee dae is kort afstande. Ons slaap

die eerste aand op Vanrhynsdorp en die tweede aand op

Springbok om toervaantjie vir die familie en vriende te wys

en bietjie te kuier. Na jare se tent opslaan-toere is dit tog

te lekker om net stil te hou en af te haak en nie hoef tent

op te slaan nie. Die bed is gereed net vir gaan inkruip en

slaap en die kombuis is reg net vir oopmaak en kosmaak.

ORANJEMUND

Saterdagoggend, 7 April, vertrek ons van Springbok af en

gaan by Oranjemund oor die grens om die aand by Klein

Aus Vista te gaan kamp opslaan. Ons het Oranjemund as

grenspos gekies om twee redes: die personeel is baie

vriendeliker as by Vioolsdrift en ons ry heelpad teerpad tot

in Aus. Na baie stilhou, foto’s neem en inkopies doen in

Oranjemund, kom ons

die namiddag drie-uur

by Klein Aus Vista

aan. Ons plan was om

die volgende dag

Kolmanskoppe toe te ry,

maar omdat ons op ‘n

vorige toer al daar was,

besluit ons daarteen en

vat dit die Sondag rustig

voor ons Maandag die

pad verder noord

aanpak. Ek het ook al

oor die jare geleer om nie jouself doodmoeg te ry op so ‘n

toer nie. Maak voorsiening vir ten minste een dag per

week waar jy net rustig en ontspanne by jou kampplek kan

rondsit en rus.

TSAUCHABRIVIER

Maandagoggend, 9 April, bel ek eers die eienaar van

Tsauchab River Camp om te sê ons vertrek nou van Aus af

en gaan met die D707 langs na hulle toe ry. Ek vra hom om

alarm te maak as ons vanaand nie by hom opdaag nie. Ek

doen dit as voorsorgmaatreël omdat ek al sewentig se kant

toe staan en omdat dit die eerste ware toets vir

toervaantjie gaan wees.

Skuins voor nege draai ons van die B4 af op die C13

noord. Met my banddruk op 1.8 bar ry ek aanvanklik stadig

om eers die waentjie op die grondpad gewoond te raak,

maar namate ek die gevoel kry, tel ek spoed op en ons

vorder heel fluks. Ons plan was om met die D707 te ry en

dan by Spes Bona weer op die C27 te klim en die aand by

Tsauchab River Camp te gaan oornag. Net voor tien draai

ons af op die D707. My vriende in Namibië het my heeltyd

op hoogte gehou van die toestande van die paaie. Ek is

gewaarsku om weg te bly van die hoofroetes rondom

Sesriem, daarom my besluit om eerder by Tsauchab oor te

staan. Sommige het my selfs teen die D707-roete

gewaarsku, maar omdat dit op my wenslysie is, is ek

vasbeslote om daarlangs te ry.

Klein Aus Vista

Die eerste 80 kilometer is die pad puik en ek wonder

hoekom die mense my gewaarsku het. Toe slaan ons die

stuk pad tussen die berge deur en die rit word ‘n

nagmerrie. Dis klippe en sinkplaat gekombineer en ek ry

soos ‘n dronkie om die klippe te vermy. Ons slaak ‘n sug

van verligting toe ons by Spes Bona op die C27 indraai. Die

eerste 75 kilometer is heel gangbaar, maar die stuk

NamibRand-pad (of wat daarvan oor is) is tandeknersend

sleg. Groter klippe en dieper sinkplaat as wat ons op die

D707 ervaar het, begroet ons. Vir 55 kilometer ry ons op

geloof en hoop dat toervaantjie dit sal oorleef. Op ‘n

stadium is ek bevrees ons sal die res van die toer sonder

toervaantjie moet aanpak, want dit voel of my bakkie van

binne af uitmekaar skud en as my bakkie só skud, wil ek nie

weet wat toervaantjie moet deurmaak nie. Maar

toervaantjie hou. Toe ons op die vars geskraapte D845

afdraai in die rigting van Tsauchab, hou ek stil om te kyk

wat die skade is. Al skade is my “jockey wheel” wat los

gedraai het en deur die klippe weggevreet is. Verlig pak

ons die laaste ent na Tsauchab River Camp toe aan. Ons

slaap die aand onder ‘n helder verligte sterre-hemel op die

oewer van die Tsauchabrivier.

LEKKER BRAAI IN WALVISBAAI

Dinsdagoggend agtuur val ons in die pad en gaan eers by

vriende, Kobus en Magda, aan op ‘n plaas net duskant die

Naukluft Park se hek. Kobus waarsku my teen ‘n baie slegte

stuk pad tussen die Gaubrivier en die Kuisebpas.

“Na baie stilhou, foto’s neem en inkopies

doen in Oranjemund, kom ons die

namiddag drie-uur by Klein Aus Vista aan.”

Geen pad kan egter slegter wees as gister se stuk in die

NamibRand nie, maar ek neem nogtans

kennis. Daarvandaan is ons Solitaire toe vir ‘n appeltertafspraak

en diesel. Die volgende stilhou is by die Tropic of

Capricorn-bordjie en dan die Gaubpas waar daar foto’s

geneem word. Dan nog net Henno Martin se skuilplek en

die Kuisebbrug waar ons gaan stilhou voor die vlakte

Walvisbaai toe vat. So tien kilometer voor Henno Martin

se skuilplek, slaan ons die moeder van alle slegte paaie. Ek

ry (of eerder kruip) later, waar ek kan, op die soom van die

pad, maar selfs dit word te gevaarlik en ek word terug pad

toe gedwing. As jy op so ‘n sleg sinkplaatpad eers spoed

verloor het, kan jy maar vergeet om weer spoed op te tel,

veral as jy ‘n waentjie saamsleep. Ons hobbel en skud

voort tot ek ‘n afdraend kry en tel weer spoed op. Dis ‘n

saligheid wat oor ons neerdaal toe ons die stukkie teerpad

in die Kuisebpas bereik. Hiervandaan sal dit beter gaan,

want ek weet die padskrapers is op die pad tussen die pas

en Walvisbaai. Drie-uur die namiddag kom ons in

Walvisbaai aan en gaan drink koffie by vriende, Pieter en

Petro Scheun. Net na vier is ons weer oppad Swakopmund

toe waar ons die volgende drie dae by Alte Brucke gaan

kamp. In Swakopmund koop ek ‘n ander “jockey wheel” vir

toervaantjie voor ons by Alte Brucke inklok.

Dis toe ek vir toervaantjie by ons kampplek by Alte Brucke

wil oopmaak dat ek sien toervaantjie het nie ongeskonde

deur die beproewing van die afgelope twee dae gekom

nie. Gelukkig geen strukturele skade nie, net een knip by

die agterdeur wat gebreek het en een skarnier van die

opligdak waarvan die pen uitgeskuif het. Die skarnierpen

het ek weer teruggekap en met die knip is ek die volgende

dag terug Walvisbaai toe dat vriend Pieter se seun, wat met

vlekvrye staal werk, dit vir my kan sweis. Met al die

geskarrel om vir toervaantjie weer tip-top te kry en ‘n

lekker braai saam met Petro en Pieter wat van Walvisbaai

af kom kuier het, is die dag ook gou verby en wag ons vir

Donderdag om die duine buite Swakopmund saam met

Tommy’s Living Desert Tours te verken.

Palmato Gecko

Donderdagoggend tien voor agt staan ons by Alte Brucke

se hek en wag vir een van Living Desert Tours se voertuie

om ons op te laai. Daarvandaan is ons die duine in om die

kleiner lewende wonders van die woestyn te sien. Eben en

Chantelle, die twee toergidse, se entoesiasme oor die

woestyn is aansteeklik en dit word ‘n onvergeetlike

dag. Hulle wys vir ons hoe die pootlose akkedis, die “side

winder” adder, die “shovel snouted” gecko, die Palmato

gecko en die verkleurmannetjie in die woestyn aanpas om

te oorlewe. Die kosbaarste was die Palmato gecko wat nie

langer as vyf minute in die son kan oorlewe nie en tog

aangepas het om in die ongenaakbaarheid van die woestyn

te oorlewe. Die woestynspekvreter is al gewoond aan die

voertuie en kom haal die meelwurms wat die gidse vir hulle

saamgebring het. As ‘n afsluiting van wat ‘n uitsonderlike

dag was, jaag hulle deur die duine oppad terug en die

adrenalien pomp lekker.

“Die kosbaarste was die Palmato gecko

wat nie langer as vyf minute in die son kan

oorlewe nie en tog aangepas het om in die

ongenaakbaarheid van die woestyn te

oorlewe.”

Vrydagoggend, 13 April, val ons vroeg in die pad Spitzkoppe

toe. Ek wou nog altyd ‘n paar dae by Spitzkoppe gaan

oorstaan het en nou het die oomblik uiteindelik

aangebreek. Dis ‘n plek waarheen jy jou eie water en wasof

stortgeriewe moet saamneem. Die 50 liter waterhouer

agter in die bakkie is vol Swakopmundwater. Daar is wel

storte by die ingang na Spitzkoppe maar dis eerder daar vir

desperate toeriste wat nie voorsiening gemaak het vir eie

geriewe nie. Glad nie aan te

beveel nie. Ek en vroulief het

ons eie kontrepsie gemaak van ‘n

6 liter plantgif-spuitbottel en ‘n

klein “pop up” tentjie. Dis ‘n

samewerkende operasie as dit by

storttyd kom. Die een staan

buite die tentjie en pomp die

water terwyl die ander een

stort. Oppad, terwyl ons die

rustigheid van die

woestyngebied ervaar, val dit my

by dat ons op hierdie dag, vyf en

veertig jaar gelede (Vrydag 13

April 1973), vas begin uitgaan

het. Ons is baie ingenome dat

ons ons vas-uitgaan-herdenking

by Spitzkoppe kan vier. Met die

vorige toer het ons vroulief se

sestigste verjaardag in Etosha

gevier. Dis altyd lekker om iets

te vier op ‘n toer. Dit maak ‘n

toer spesiaal.

SPITZKOPPE

Ná die afdraai op die Spitzkoppe-pad lê Spitzkoppe grotesk

voor ons. ‘n Stukkie pad wat net 15 minute moet neem,

word ‘n uur soos ons stilhou en foto’s neem. Ons teken in

by die hek en ry reguit na kampplek 10 toe. Ek het heeltyd

oppad hierheen gehoop niemand het nog vir nommer 10

geneem nie en die geluk is aan ons kant. ‘n Bui reën laat

ons egter eers skuiling soek en ons moet ‘n halfuur wag vir

die bui om verby te trek voor ons vir toervaantjie dwars

voor die groot rots by 10A trek en kamp opslaan. Dan gaan

sit ons behaaglik agteroor en geniet ‘n koffie en beskuit vir

middagete. Daarna ry ons eers agter om Spitzkoppe na

waar die nuwe lodge gebou is, maar oral is dit toegespan

en teleurgesteld moet ons omdraai. Dit laat so ‘n effense

wrang smaak in die mond dat plekke wat voorheen oop was

om te kom en te gaan soos jy wil, nou toegespan is ter wille

van geldmaak. Van die mooiste plekke agter Spitzkoppe

val nou binne die toegekampte gronde van die lodge. Ons

ry rotsboog toe en neem foto’s. Die dag word afgesluit

met ‘n lekker hoenderpot voor ons toervaantjie se deure

agter ons toetrek. Vir die volgende paar dae drink ons die

stilte en rustigheid van Spitzkoppe in en vergeet soms om

foto’s te neem. Soggens vroeg en saans laat word die goue

ure van Spitzkoppe egter getrou op kamera vasgevang en

gedurende die dag geniet ons dit net om by Spitzkoppe te

wees. Saterdagaand braai ek genoeg vleis en wors om tot

Sondagaand te hou.

Spitzkoppe: Kampplek 10

Maandagoggend op die kop agtuur ry ons by Spitzkoppe se

hek uit oppad na Lapa Lange, so vyf en dertig kilometer

suid-oos van Mariental. Ons gooi brandstof in by Usakos

en maak weer vol in Windhoek voor ons die pad vat

Mariental toe. Op Mariental vul ons ons proviant aan by

die Spar-winkel van vriende, Johan en Rae de Lange, en

gooi brandstof in voor ons pad vat Lapa Lange toe waar ons

beplan om vir twee dae net te lê en niksdoen. Die

niksdoen en rus is ook nodig anders ry jy jou in ‘n verpligte

opvolgvakansie in om net weer tot verhaal te

kom. Woensdagoggend vat ons die laaste lang trek

Kgalagadi toe, gooi diesel in by Gochas en druk dan deur na

Kalahari Game Lodge toe so 20 kilometer voor Mata

Mata. Voor die son sak gaan ry ons eers ‘n 4x4 roete deur

die duine op die plaas en sluit die dag af met lekker tjops

en wors op die kole.

MATA MATA - TWEERIVIEREN

Donderdag-oggend net voor nege gaan ons by Mata Mata

oor die grens en laat stempel en bekyk alle nodige

dokumente. Daarvandaan ry ons rustig al dier-kykend en

foto-nemend na Tweerivieren waar ons vir die volgende

twee aande gaan oorslaap. Hier trek toervaantjie redelik

aandag omdat dit ‘n onbekende waentjie op die mark is en

die mede-kampers kom vra uit oor dié vreemde,

onbekende waentjie. Vrydagoggend ry ons met die

Nossobpad tot net na Melkvlei opsoek na die groot katte

en is gelukkig om twee dik gevrete jagluiperds onder ‘n

boom te kry. Die ander grotes, luiperds en leeus, is egter

nêrens te sien nie. Twee jong mense wat langs ons in

Tweerivieren kamp, vertel ons van die trop leeus wat hulle

in die Aoub naby die karkas van ‘n kameelperd gesien

het. Daardie aand laat weet ‘n ou maanhaar vir ons hulle is

wel in die

omgewing. Al

brullend stap hy al

met die droë

Nossoprivier van

Rooiputs af in die

rigting van Twee

Rivieren.

Saterdagoggend

skuins voor tien

haak ons vir

toervaantjie en vat

die pad Mata Mata

toe waar ons vir

een aand gaan

oorstaan. Ons

draai by Kamquapiekniekplek

in en

hier kom kyk

mense ook die

vreemde waentjie. ‘n Oud-dosent van RAU wil daar en dan

my waentjie koop en haak, want dis presies wat sy

soek. Ons is darem verder mét toervaantjie nog veilig aan

my bakkie en ons gaan soek die leeus waar die twee jong

mense ons beduie het, maar kry niks. Ons kry wel ‘n

cheetah- wyfie en haar kleintjie waar hulle dik gevreet

onder ‘n boom lê. Ons druk maar deur Mata Mata toe

waar ons die aand nie eens vir toervaantjie afhaak nie, want

die volgende oggend moet ons vroeg die pad vat Nossob

toe.

NOSSOB

Sondagoggend 22 April, na ‘n heerlike warm stort en

ontbyt, vat ons die pad Nossob toe. Ons ry met die

duinepad langs, maar as gevolg van die donderstorm ‘n

week gelede, is die stukkie pad amper onrybaar met elke

paar honderd meter ‘n dam water in die pad. Gelukkig was

daar al ander toeriste voor ons op die pad en ons volg hulle

spore deur die veld óm die damme water. Op die

Nossobpad kry ons die kuil modder waar die brandstoftrok

vir drie dae vasgesit het en neem ook die “detour” om die

kuil waar die vorige voertuie al ‘n heel gangbare paadjie

oopgery het. Ons is vroegmiddag by Nossob, teken in en

soek ‘n geskikte staanplek.

Vir die volgende drie dae ry ons elke dag uit om foto’s te

neem, maar die groot soek is na leeus. Die ou grotes

ontwyk ons egter die eerste twee dae en ons moet net hoor

van leeus wat daar en daar gesien is. Woensdagoggend

besluit ons om noord te ry tot by Lijerspan met die hoop

dat ons leeus sal kry. Hierdie keer was die geluk aan ons

kant en ‘n paar kilometer voor Polentswa kry ons ‘n trop

leeus met die ou maanhaar wat reg langs die pad lê en

slaap. Na ‘n uur van foto’s neem en wag vir aksie van die

lui klomp hier voor ons, ry ons verder tot by Lijerspan. Laat

namiddag kom maak ‘n ander maanhaar ook ‘n draai by

Nossob se watergat en so word dit ‘n heel suksesvolle

“leeu-dag”.

Nossob

KEIMOES - HUIS

Donderdagoggend, 28 April, is ons weg uit Nossob en gaan

slaap die aand in Keimoes. Die volgende aand slaap ons in

Vanrhynsdorp oor voor ons die pad vat terug Kaap toe. Dit

was voorwaar ‘n uitsonderlike drie weke op die pad en ek

is heel ingenome met hoe toervaentjie hom gedra het.

Woestynspekvreter

Wim van Jaarsveld.

Gauteng

Jannie Engelbrecht

0836316995

jannie@kubu4x4.co.za

Wes-Kaap

Anton Venter

0823314128

antonkubu4x4@gmail.com

Ten volle Verseker

Volledig Toegerus

Reg vir Oorgrens toere

www..kubu4x4.co.za

IS “DROL” `n

VLOEKWOORD, VRA

RIKUS OP DIE

KLETSGROEP, EN EK

WEET SOMMER:

HIER KOM DIT NOU…

LOL!

Pierre Labuschagne

E

k sit annerdag die gesprek

en dophou wat gebeur op

LekkerKampplekke se

Facebookblad en geselsforum

(kletsgroep), en ek begin in my

stilligheid glimlag vir die op- en

aanmerkings. Rikus probeer dit lig en

grappig hou, en ek sien hoe bestuur hy

vernuftig die gesprekke. Ek dink by

myself; ja, ons het maar almal onse

goeters en geite! En hier kom `n headsup

vir die taalpuriste en die sensitiewe

lesers: Ek sal my tale moet mix, en ek

gaan vloekwoorde ook gebruik – of

aldan soos dit op die forum bespreek is

of dit vloek is of nie…! (O, ja, en ek

gaan aspris biki spelfoute maak, want

ek wil die puriste se sielle so biki uittrek

as ek hulle terg daarmee!) – Toemaar,

ek kan reg spel ook! Ek wil juistement

maar net `n punt maak oor ons goeters

en geite, sien? En dit geld sommer vir

al die LekkeR woorde in die artikel, so

maak vrede. Ek terg!

My glimlag verander na `n giggel, en

voor ek my kon kry sit ek by myself met

`n LOL! (vir die oningeligtes, `n LOL

is `n Laugh Out Loud!) Ek kon net nie

help om te lag nie!

Rikus vra: “Is drol `n vloekwoord?”. Ek

glimlag… en ek dink hier kom `n ding!

“Nee!” sê die een. “Beslis nie”. “Dis

volkseiendom”, sê die ander een. “Dit

hang af hoé jy dit gebruik”, kom dit van

nog iemand. “Drol word nie in die

Bybel gebruik nie”, kom dit van een

van die meer sensitiewes, en ek begin

my verlustig in wat voor my afspeel.

Toe dit by die “drol in die drikwater”

kom, begin ek die prentjie in my

geestesoog voor my sien, en my

glimlag verander na `n uitbundige

LOL! Ek bly doodstil op die kletsgroep,

want ek weet ek gaan stir as ek saam

inval. Ek dink: “o, bliksem”, sonder om

te vloek, want Bliksem is `n een of

ander perd in ons volksgeskiedenis se

naam, dan nie? Ek bedoel `n genuine

perd – een met vier bene en `n saal, wat

een van ons helde gery het? Fleur,

Dapper, Bliksem? Julle nou by? Ek

gaan die appelkar nou omgooi as ek vra

van bliksem, dink ek, en toe val dit my

by: Ons het nog `n geliefde Afrikanse

woord: moer!

Met permissie aan ons senetiewe lesers,

maar ek kan nie help as ek die volgende

sin hardop lees nie: “O moer, daar

bliksem die drol in die drinkwater…”

D

is eg Afrikaans, en dis vir

my mooi, en ek kan maar net

lag as ek die sin sien. Maar dis

nie sonder om sentitief te wees

vir die meer gevoelige lesers nie, want

ek is al te deeglik bewus van ons geite

oor vloek of nie vloek nie. Jaaaa, mens

kan seker nou nie rêrig vir iemand

prontuit opstorm en left, right en center

begin uitskel met díe tipe van woorde

nie, maar wees eerlik met jouself: As

mens skielik en onverwags seerkry

(soos daai hammer op die duimskielik),

dan sê mens mos

vanselfsprekend: ÉINA, Bliksem! Of

EINA, Moer! Dis volkstaal, en dis soos

medisyne! Dit laat jou op die plek beter

voel! Stry? Jou frustrasie en

teleurstelling in jouself moet verbaal

ge-uiter word, en dis gewoonlik soos dit

uitkom! Ons is almal skuldig…

Kom ons laat staan vir `n oomblik die

gevloek, want ek vermoed hier is nou `n

paar warm boordjies onder ons lesers.

Mense neem maklik aanstoot, en ek wil

nie verder stir met vloek nie.

T

aal, is `n ander groot issue!

Ek is nie `n taalpuris nie. Vir my

gaan dit oor om mekaar te

verstaan, of nie. Ek is nie erg

gepla oor die totale korrektheid van

uitspraak, en om nie tale te meng nie.

Ek gril wel so bietjie vir anglisismes, so

ek sal baie eerder dan sommer die

woord op Ingels deurgee, as wat ek dit

probeer verdraai en laat fênsie klink.

Slordige anglisismes is vir my baie

meer grillerig as `n korrekte Engelse

woord. Dit gaan vir my bloot oor

verstaan, maar weereens, ons het beslis

die taalpuriste onder ons geledere, en

hulle haat `n gemix!

K

om dit by iets soos kamp,

en in die besonder by

kampkos, en die voorbereiding

daarvan? Ooo weee! Díe een

hou nie hiervan nie en dáái een hou nie

daarvan nie. Díe een maak sus, en dáái

een maak só… Díe een maak sy vuur

só, en daai een maak weer ander

planne! Gooi jy nou sout vóór jy braai,

of gooi jy sout terwýl jy braai? So gaan

dit aan, en ek verstom my partykeer as

ek myself bevind in die geselskap van

`n paar meesters om een vuur! Dan sit

ek net en dink: “goeters en geite…”

Ons sal daarby nooit ooit verby kom

nie, want elkeen het sy voor-, en of

afkeure en smake. Ons verskil in ons

daaglikse doen en dinge, en ons verskil

veral waar dit by ons opinies kom oor

kos, taal, poletiek en kerk. Maar,

onthou, so leer ons by mekaar.

E

k kan nie eers begin

opnoem hoeveel nuwe goed en

goeters ek geleer het van kamp,

as dit nie vir ander was wat al deur die

spreekwoordelike (braaivleis)- vuur

geloop het nie, of hulle duime al met die

hammer raakgeslaan het nie. Dis

wonderlik om te sien hoe ons mekaar

kan beïnvloed of hoe gemoedere kan

opvlam, óf gekalmeer kan word, of hoe

`n gesprek kan verander of bestuur

word deur opinies!

H

oe boring sou die ou lewe

nie wees sonder `n bietjie

opwinding van `n drol in

die drinkwater nie. Hoe suur sou dit nie

wees sonder `n bietjie sout voor of na

die braai nie, en hoe eenvoudig sou die

lewe by ons verby waai sonder verskille

nie!

Ons het immers maar almal ons eie ou

goeters en geite, so of jy nou sê: Eina,

moer!”, en of jy nou sout gooi as die

vleis reeds op die vuur is, maakie

saakie! Dis soos die lewe werk! Live

with it! Een ding weet ek seker en

beslis: solank as wat daar nog `n nuwe

dag en `n nuwe môre is, sal ons stry oor

goed soos of drol `n vloekwoord is, of

nie. Ons is gemaak om te verskil, en dis

goed.

Dis volkstaal, en dis soos medisyne! Dit laat jou

op die plek beter voel! Stry? Jou frustrasie en

teleurstelling in jouself moet verbaal uit, en dis

gewoonlik soos dit uitkom! Ons is almal

skuldig…

Rikus, ek kan nie wag vir jou volgende

vraag op die kletsgroep nie!

Keep it coming!

KRINGE

in die

BOSSE

10 dae (alleen) in die Knysnabosse

Diepwalle

Harkerville

Eden

Jubilee Creek

Woorde & Foto’s : PIERRE LABUSCHAGNE

Ek het myself vir 10 dae lank in die

Harkerville Forest Lodge

ingeboek vir een van die lekkerste vakansies

in my lewe. Dit klink seker smart as ek sê

“Lodge”, maar ek het gekamp, en dis wat dit

nog meer kosbaar gemaak het!

Ek het `n mikron-meter dikte stukkie materiaal

tussen my en die bosgeluide gehad!

Ek het gelewe!

Vir 10 dae het ek elke dag `n sirkelroete gekies

om te gaan stap, en aan die einde van my tyd

in die bosse het ek net so rapsie meer as

90km afgestap!

My kamerasak op my rug, gewapen met my

toerusting, koffiemakertjie en `n houertjie vol

grondboontjiebotter – elke dag!

Met net my eie tyd, kon ek stop soos en

wanneer ek wou. Ek kon tyd spandeer met

insekte en varings langs stroompies.

Ek het tyd gehad om klein goedjies raak te

sien, wat mens gewoonlik mis met `n gejaag.

Ek kon elke oomblik indrink.

Besoek gerus

Diepwalle om `n

regte bos-ervaring

te kry.

Die rustigheid van die bos en die talle geluide van die insekte en

voëls, is lekker om na te luister. Veral as jy `n besoekeeer in die

omgewing is wat nie gewoond is aan daardie nuwe geluide nie. Die

kombinasie van die stroompies en groenigheid met die geluide kom

sit diep in jou binneste…

Lig- en skadukolle speel met groen en goue kleure in die water.

`n Perfekte weerkaatsing op die donker water van Jubilee Creek!

`n FEES

VAN

VARINGS

Geen vakansie in die Knysnabosse is perfek en afgehandel

sonder `n verbyvlug van die pragtige Knysna Loerie

nie! Ek moes baie, baie hard werk vir díe foto, maar ek is

ryklik beloon op my laaste dag!

(Maar dis `n storie vir `n volgende keer…)

Ek het `n lens of twee opgeoffer vir my koffie en

grondboontjiebotter, maar ek kon alles vasvang wat ek

wou met die luuksheid van varsgemaakte (regte) koffie,

en `n bietjie energie vir die pad! - `n wenresep!

Hierin kan 'n mens lekker lank

vakansie hou sonder om enige

iets van jou huis te mis

daleen@sensationboats.com

At checkout use "CARAVANSA"

ECO JUMP

10%

Af

Kontak: 072 125 9343

Kontak persoon Robert Hurn

Kontak nommer

072 504 9580

Verkoop prys: R2 800

sales@bundushowers.com

https://www.bundushowers.com/

Vlekvrye Staal Kappies!

Meer as net ‘n kappie…

Ons passie vir kamp asook die buitelug leefwyse het RLD geïnspireer om

kappies te ontwerp.

RLD se innoverende, praktiese denke, maak hierdie kappies veeldoelig en prakties.

Met alle faktore in ag geneem, kan ons bekostigbare kwaliteit ingenieurs produkte lewer vir die

motor industrie en dus waarde toevoeg vir elke bakkie wat ʼn RLD kappie pas en jou motor se

waarde verhoog.

Die omskakeling van ‘n werk ‘s voertuig na die van buitelug lewe voertuig is moontlik met die

veelsydige RLD kappie.

Ons glo in kliënte tevredenheid, asook na-verkope diens. Met trots waarborg ons u van uitstekende

diens waarop u kan staat maak .

Ons voorsien meeste modelle in die motorbedryf met kappies. Kom besoek ons gerus.

www.rldcape.co.za

RLD Design Wes Kaap, Eenheid 13, Pryde Park, Broadlands Straat, Strand - 021 518 0888

Kerskamp op Bonnievale

Die woorde: “liefie ek is oppad huis toe”, is seker die

beste nuus wat n man kan kry wanneer jou vrou jou laat

weet sy is oppad huis toe nadat sy haar vrydag middag 2-

uur vergadering kon vryspring. By die huis gekom en die

Conqueror Commander staan klaar gehak en reg om te

ry, want dit is die Western Cape Offroad Camping Club”

(WCORCC) se jaarlikse Kers Kamp by Bonnievale River

Lodge. Geleë omtrent 166km vanaf die Noordelike

Voorstede van Kaapstad in die hartjie van die Robertson

Wyn Vallei op die oewer van die Breërivier. Ons gesin het

hier vir `n week gekamp in Desember 2017 en het baie

uitgesien om weer daar `n draai te gaan maak. Ons was

ongeveer 40 gesinne wat die hele kampterrein vol

gestaan het maar, wat meer as `n vol kampterrein vol

vriende wil `n mens dan nou hê! Ons slaan toe op reg teen

die rivier met die mooitste uitsig van die Vallei en berge.

Dit was soos ou vriende wat mekaar lanklaas gesien het.

So het ons rustig langs die vuur gesit, met `n ietsie in die

hand en gesels tot laat nag. Saterdag het gekom en

natuurlik ruik die hele kampterrein na bacon, vark

worsies, mushrooms en sterk koffie. Die gelag van kinders

wat speel by die kamp se speel-area met Jungle Gyms bly

vir my `n gunstelling.

Dit laat mens net weer besef dat

kinders mal is oor kamp. Vrylik

rondbeweeg en rondhardloop

maak hulle baie bly. Bonnevale

River Lodge het ook `n baie lekker

swembad aan die ander kant van

die kamp waar ons toe lekker gaan

swem het om af te koel van die

warm son. Natuurlik het die klub se

dames, gelei deur Amelia Meyer, al

wat `n aktiwiteit reg gehad vir die

kinders. Hulle moes op `n skattejag

gaan en nommers kry wat hulle dan

ingee om lekkers te kry. Natuurlik

die grootste verrassing was dat

Vader Kersfees ook sy verskyning

sou maak en hy het! Die opwagting

was baie groot! Vir die groot mense

was daar ook `n verassing toe Die

Wildberries ons kom vermaak het

met hulle fantastiese musiek en

ons het die Lodge se Lapa behoorlik

aan die brand gedans. Oom Doekies se wine gums wat in

witblits ingelê is, het gesorg dat die voete los word

sommer vroeg in die aand. Die klub se gunstelling

melktertjies was ook daar om die wine gum smaak uit jou

mond uit te kry en nee, niemand het melktert gebak nie..

Woorde & Foto’s: JC CAMPHER

Ek wil net graag baie dankie se vir almal se reelings vir die

naweek en ook vir die Western Cape Offroad Camping

Club sê baie dankie vir al die lekker kampe deur die jaar.

Sulke goeie vriendskappe is al gebou danksy die klub. Dit

voel of jy nog `n familie bygekry het en dat mens op geen

van die klub se kampe wil uit mis nie. Dit is al eintlik `n

kompitisie om te kyk wie kan die meeste kamp”

+27 83 655 1973

Besprekings

+27 23 616 3803

bonnievaleriverlodge@gmail.com

Angora Road

Bonnievale

6730

kamp

soos ‘n

duke

Die Desember-vakansie is om die draai. Duisende gesinne oor die land sit en beplan hoe hulle hierdie

Paastyd, familietyd en rustyd gaan spandeer, want binnekort moet die tasse gepak word! Dan is daar natuurlik

diegene wat noodgedwonge met Jan-Tuisbly se karretjie moet ry en by wyse van spreek, sommer by

die huis uitkamp!

Nou-ja, ongeag in watter kategorie jy val, sal die Duke wynreeks steeds uitstekende geselskap bied. Dis vernoem na die eerste Duke van Wellington en dié

produkreeks van ses verskillende kultivars is die vlagskip van Wellington Wines. Hierdie keur wynreeks, elk met sy eie nommeraanduiding, vertel ook unieke

stories oor die dorp, die kelder en die wyn.

Wellington Wines fokus veral op Pinotage en Chenin Blanc. Dit word ook weerspieël in die talle toekennings wat die kelder daarvoor ontvang het en dit is dus

sinvol dat Duke No1 Pinotage en Duke No 2 Chenin Blanc is. Vir meer besonderhede besoek gerus ons webwerf by www.wellingtonwines.com.

Arthur Wellesley (1769 - 1852) was die eerste Duke van Wellington en het sy roem verwerf deur Napoleon te verslaan. Die einste Napoleon het, ironies genoeg, self

erken: “Met oorwinnings word wyn verdien; in nederlaag is dit noodsaaklik.” ‘n Glasie wyn is nooit net wyn of ‘n drankie nie - elke bottel wat oopgemaak word, is die

begin van ‘n storie, ‘n meesleurende kampstorie wat selfs in jou eie agterplaas, om jou eie kampvuur, of tydens ‘n Conqueror-wegbreeknaweer adelike status kry.

*Tag die DUKE in as jy jou vriende op hoogte hou van jou doen en late.

Dalk wen jy ‘n heerlike kis wyn!

#CampLikeADuke

BLIKBEKER

KOFFIE

Koffie met houding

KOOP

BLIKBEKER KOFFIE kom uit die hartjie

van Montagu, wat met 'n innoverende

lug-rooster metode en top gehalte

Arabica bone ‘n suiwer geurige koffie

produseer met ‘n heerlike aroma.

Ons nuwe produkte is die Lekker

Kampplekke Blikbeker koffie en die

Coffee Angels, dit is ‘n weggooi koffie

filter wat ideaal is vir langs die kamp

vuur! Perfek vir enige kamp of toer,

kompak en eenvoudig om te gebruik,

dis die gemak om gehalte filter koffie te

hê sonder pakkerasies en moeite, en

verpak in individuele pakkies vir

varsheid!.

Ons waarborg die BESTE tariewe om

jou besigheid te adverteer.

Stuur n epos aan: tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

Rikus Truter

Kamp Paklys

2 0 2 6 0 0

C u s t o m e r s

P a g e V i e w s

3 6 9 7 6 V i e w s

1 6 , 3 0 0

L i k e s

3 , 1 8 4 , 3 8 5 o o r

P o s t r e a c h

f o l l o w e r s

( 5 8 5 5 7 )

1 2 m d e t y d p e r k

a a n l y n

D o w n l o a d s

( d e s

t y d s k r i f

W e b b l a d

2 0 1 8 )

g e b r u i k e r s

5 1 2 , 6 5 3

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hierwordstoriesgebou

Kamp

sêanalsylesers

enondersteuners

ǹGeseëndeKersfes&

Vorspoedigenuwejar

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!