30.08.2018 Views

Kamp is Lekker September 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oppak reëls as jy

klaar gekamp het

Ons het gaan inloer by

Stories en LekkeR

Melktert resep

Namibië

VOORBEELD

KAMP

PROMOSIE

Leisure Bay., KwaZulu-Natal

LANGNAWEEK KAMP PROMOSIE

21-24 SEPTEMBER 2018

Bespreek nou jou Braai-langnaweek by TO Strand.Ons gaan

straatbraai soos in die ou dae met ons vriende, James & Andre

gaan ons laat dans en sing soos nooit van tevore nie.Vir die

jongspan gaan daar 'n woelige avontuurprogram wees soos

kayak in die see, zipline, surf-lesse, paintball en boogskiet. Gratis

vir die jongklomp.Bespreek nou jou staanplek vir slegs R1000 vir

3 nagte vir 6 persone en die Tamaai Straatbraai.

BESPREEK: T: 039 319 2729 of bookings@tostrand.net

A N D R I N G H A M F A R M ,

S

T E L L E N B O S C H

S

26 – 28OCTOBER , 2018

Koop jou toegangs-kaartjies na die

Kaapse Vakansieskou "aanlyn"

en staan 'n kans om 'n Weskus vakansie te wen ter

waarde van R10 000 geborg deur:

West Coast Way SA

VAT DIE PAD!

Woorde en Foto’s:

PIERRE LABUSCHAGNE

Soms vra dit van ons om so bietjie uit die boksie te dink as dit by ry en bly kom op ‘n kampreis. Dit hang af wat jou bedoeling is van jou

beplande vakansie. Sommer net ‘n boendoe-ervaring, of dalk ‘n fotografie uitstappie. Dalk wil jy bietjie meer luuks bly of ander kere weer

sommer net so in die bos soos jy hom kry met geen water of geriewe. Met my laaste fotografie reis was dit iets van beide, en ek was ‘n paar

keer gedwing om anders te dink oor bly… én ry.

My pad het my geneem

na Outjo via Noordoewer en

Windhoek. Van hier na Etosha,

Spitzkoppe, en hiervandaan al

kuier-kuier en kamp-kamp terug

Suide-toe.

Op van die paaie moes ek my

spoed verminder na `n skamele 20-

30 km/h soos dit uitgery was deur

die busvragte vol toeriste. Ander

kere weer het ek gekamp sonder

enige water, en ek is blootgestel

aan kamp-ervarings van alle

soorte: luuks tot niks. Elkeen

besonders op ‘n spesiale manier

soos net Namibië met jou kan

maak!

Die vlaktes van Namibië is verleidelik mooi. As jy nog op die rete tyd op die regte plek beland met jou reisplanne en met jou kamera

in die hand, is die beloning joune! Maar dit beteken wel soms dat jy voor son-op reg moet staan vir die goue uur! Hierde goue uur gebeur

tweemaal per dag: sonsak en sonsopkoms. My gunsteling tyd van die dag is vroeg in die oggend, en dit maak gewoonlik ook van die mooiste

foto’s denkbaar! Veral Spitzkoppe het my bederf met wolke en kleure om van te droom. Sit `n bietjie stof in die lug, en die goue kleure van die

sonsopkoms is betowerend! Meer na die Suide se kant het die gruwelpad in die omgewing van Solitaire en Sesriem gesorg vir genoeg stof om

die goue kleure te gee. Ek het later nie geweet wat om af te neem en wat om te los nie. Dit was net mooi mooi mooi waar jy kyk!

PANORAMA IS IN…

Enigeen wat `n olifant en `n zebra afneem is nie ‘n

wildfotograaf nie! Ek het weereens in Etosha besef dat om ‘n

wildfotograaf te wees is eerstens baie baie harde werk, en tweedens

ure, dae en maande se tyd en geduld! Soms pynlik, maar bitterlik

bevredigend! Die groot gedagte rondom wildfotografie is om

uitsonderlike gedrag te probeer vasvang. Of immers dan uitsonderlike

lig of omstandighede kan ook lekker foto’s maak. Om dit reg te kry

moet jy dáár wees. Omdat diere se gedrag heel dikwels

onvoorspelbaar is, is dit van uiterse belang om elke oomblik gereed te

wees. Die beloning vir hierdie ure se sit en wag kan dan baie groot

wees. Geduld is die antwoord en tyd is jou vriend!

GEDULD IS DIE ANTWOORD,

EN TYD IS JOU VRIEND!

HMMM… `n STREPIE VAN VOOR EN `n STERTJIE VAN AGTER!

“AI, AS EK MAAR NET SO

KON VLIEG…!”

Nodeloos om te sê dat my kamera die eerste ding is

wat ek nagaan en versien voordat ek enigiets anders begin pak

vir kamp! Die lekkerte daarvan om `n kampvakansie met jou

kamera te beplan, is dat jy nooit gaan weet wat jy waar gaan kry,

en watter omstandighede jou inwag nie. Dis amper soos in die

“ou dae” toe ons nog met film geskiet het. Jy weet nie wat jy kry

voordat die film nie ontwikkel is nie… `n Fotografie-kampvakansie

is só. Jy weet nooit wat gaan uitkom nie - of dit nou

wildfotografie of landskapfoto’s is. As jy eers dáár is en die foto’s

begin inkom – en hulle werk? Wel, dis wanneer die adrenalien

begin pomp en kamp op sy lekkerste is. In die aand met ‘n

brandwatertjie en ‘n vuurtjie loer ek so bietjie deur die dag se

foto’s op die kamera self, dan weet ek sommer dis LekkerKamp

die! Vat jou kamera ook saam en begin skiet! Dis Lekker!

We are a Family owned

Travel Agency that

Specializes in booking

accommodation and

camping sites, also

providing extended travel

documents with necessary

GPS Coordinates for Self

Drive Safaris in known,

remote and pristine areas of

Botswana, Namibia,

Zimbabwe and Zambia.

We pride ourselves on

Excellent Service and also

try to make each safari the

experience and memory of

a lifetime.

Our Clients are not just

another number, they

always return to book

another Self Drive safari

with us!

If you are Interested in something different and exciting, then

visit us @ www.allroundsafaris.com or send an email to

allroundsafaris@lantic.net and we will gladly provide you with

exciting itineraries and great deals!

MOTOR

MOLESTE

Johan Zietsman

T

en minste een keer in jou lewe gaan jy met teenspoed langs die

pad staan, of dit nou ‘n pap wiel, gebreekte waaierband of

enige ander meganiese probleem is, staan gaan jy staan. ‘n

Pap wiel is nog maklik as jy redelik sterk en vaardig is en iemand die

domkrag of wielsleutel verwyder het terwyl jy so hard gewerk het om

self die kattebak met die stofsuier skoon te maak net voor die

langverwagte vakansie nie. Maar, as jy eers die enjinkap moet

oopmaak om die fout op te spoor, het jy probleme! So was dit dan

ook met ons…

So vier jaar gelede besluit ons om nie ons gewone

roete…Oudtshoorn, Beaufort-Wes, Bloemfontein en Johannesburg te

volg nie, maar om die Tuinroete, Wildekus en Natal deel van die

vakansie te maak.

Vier-uur die Saterdag-oggend val ons in die pad met genoeg biltong

en droëwors om ‘n hele bateljon te voer. Ons eerste oornagplek is

Port St Johns se 2nd Beach. Die res van die gesin moet gewys word

waar ek in my jongdae saam met die manne vis gevang het. Die mooi

kranse van die Mzimvubu rivier en die ongelooflike mooi strande met

die beeste wat rustig daarop slaap.

Hier teen sewe-uur noem ek so in die lug dat hierdie ou

karretjie darem lus is vir vakansie, hy loop tog te

lekker. Net voor Port Alfred, terwyl Kenny Rodgers se

The Gambler alle ander klanke verdoof, gaan daar ‘n rooi liggie op

die instrumentpaneel aan. My pa het altyd gesê vir ‘n rooi liggie moet

jy altyd stop, wat ek toe ook op die eerste veilige plek doen. Nou word

daar eers vir die motor se boekie gesoek om te kyk wat die rooi liggie

beteken…en daar staan dit op bladsy C34, die outomatiese ratkas olie

is te warm en dit gebeur as die motor vir lang tydperke swaar trek

teen opdraandes of as daar met die voertuig gesleep word. Die

oplossing? Wel, laat die voertuig net ‘n rukkie staan sodat dit kan

afkoel. Ons sleep ‘n kampwa en die laaste stuk pad het baie

opdraandes gehad, so dit is nou die gulde geleentheid om die

kampstofie aan te steek en ‘n lekker koppie koffie met beskuit vir

ontbyt te maak terwyl die ratkas afkoel. Na so halfuur was die liggie

dood en kon ons weer vertrek.

Veertig kilometer voor Oos-Londen teen ‘n lang hoogte is dit weer

so, maar hierdie keer toe die liggie aangaan steek die motor hande

viervoet vas…en daar staan ons, twee uur op ‘n Saterdagmiddag in

die middel van die ou Ciskei.

Gielie KEN sy werk en nie lank nie of die motor is gelaai

en ons sit soos sardientjies voor in die vragmotor se

kajuit. Gielie vra uit en vertel onverpoos voort terwyl ons

die pad vat na Oos-Londen. Gielie vertel hy bly in Wesbank, maar

hy noem dit nou sommer “gutter valley” nadat al die ongewense

elemente daar ingetrek het. Jy weet, die honde en katte raak ook nou

weg daar, maar Gielie is nie bang nie, hy het goed geleer om klip te

gooi by die weeshuis op Rehoboth. “Nou gooi ek hulle sommer met

bakstene!”

Sonder om te vra vertel Gielie ons dat hy nooit sy pa geken het nie en

dat sy ma hom op sesjarige ouderdom net so gelos het. Na standard

8 het hy weggeloop uit die weeshuis uit en na ‘n jaar se swerf het hy

hier in Oos-Londen beland waar hy by sy huidige werk as ‘n

handlanger begin het. Hy werk nou al 28 jaar daar en hy het getrou,

huis gekoop en twee seuns groot gemaak. “My seuns is my alles.” sê

hy. Sommer oppad reël Gielie om ons motor by ‘n ratkas firma af te

laai, vir verblyf by ‘n lekker stil oord, hak ons kampwa daar af en

neem ons lughawe toe om ‘n motor af te haal wat deur die AA gereël

is.

G

ielie groet met die woorde: “Julle is in luck dis hierdie Sondag

die Speed & Sound Festival hier op ons Kayalami en glo my

dis iets om te sien, julle moet gaan!”

Ons het toe die volgende dag gaan kyk en glo my dit was vir ons

plattelanders ‘n belewenis. Ons het gesien hoe “drag” en “drift” ‘n

mens. My seun het tot gewonder of ons trekker ook sal “drift” op ‘n

geploegde land.

Die gewag vir die motor om herstel te word het

toe deel van ons vakansie geword en na vyf dae

kon ons voortgaan met vakansie. Die oggend

met ons vertrek het ons Gielie gaan groet en

bedank vir al sy hulp en hom voorspoed

toegewens op sy lewenspad. Sy antwoord:

“Moet nie oor my worry nie, ek is baie gelukkig

en het my Ma vergewe, haar ‘n paar jaar gelede gaan soek en

gekry. Sy bly nou by my sodat ek haar kan versorg.

Gielie – dankie dat jy met jou positiewe lewensuitkyk met ons paaie

gekruis het. Ons sal jou nooit vergeet nie!

D

ie AA word gebel en ‘n insleepdiens word gereel om ons te

kom oplaai. Angstig word daar gewag vir die vragmotor om

die voertuig op te laai en nog ‘n voertuig om die kampwa te

sleep. Terwyl ons wag gaan al die gruwel stories van kapings en

aanvalle op weerlose gestrande persone deur my gedagtes. ‘n

Verkeersvoertuig stop by ons en die verkeersman sê vir ons “Sir this

is a very dangerous place to breakdown”, maar dat hy by ons sal wag

tot hulp opdaag. Die helfte van ons voorraad biltong het ook seker

gehelp dat hy sy Saterdagmiddag opoffer om ons op te pas…

Die gesig van die insleepdiens se voertuig was soos ‘n kameel in die

woestyn, maar toe daardie kameel drywer uitklim kyk ek en my vrou

net so na mekaar.

Sy naam is Gielie en hy het so ‘n help-my-sterk-lyk hempie sonder

moue aan en hier bo-op sy arm is daar, in ink, ‘n verewigde skets van

duiwels wat oor ‘n stukkende muur uit die hel probeer ontsnap.

Beskikbaar by www.lekkerkampplekke.co.za

ARBEIDSLOON KAMPTERREIN

Mosselbaai 20km Wes-Kaap

OORSIG

Kamp Staanplekke 7

Persone Per Staanplek 4 max 6

Troeteldiervriendelik Nee

Visvang Ja – see

Swemplek See

Grondbedeking Gras

Skaduwee Gedeeltelik

Toeganklikheid Grondpad Teer

Selfoon Ontvangs Ja

Kontak persoon Michelle Fivaz

Kontak nommer 071 888 2252

info@arbeidsloon.co.za

www.arbeidsloon.co.za

BESKRYWING

Arbeidsloon Kampterrein is op

‘n werkende plaas geleë,

waar jy deur pragtige fynbos

omring word. Hierdie

kampterrein is ideaal vir die

kampeerder wat die natuur,

diere en voëllewe geniet en is

slegs 5 km vanaf die pragtige

swemstrand,

Boggomsbaai. Slegs 20km

vanaf Mosselbaai.

Episode 1: DIE WILDSTROPER

K A M P P E R S O O N L I K H E D E

‘n Mens lees deesdae so dikwels van

“game poaching” of dan in korrekte

Afrikaans: wildstropery. Nou het ek

gedink dit is ‘n aktiwiteit wat

geldgierige misdadigers skelm-skelm

(waarskynlik in die donker) beoefen.

“Die onophoudelike

“trrrrr-ta-ta-ta – trrrr-tata-ta…”

het vir ure

aangehou, so asof die

Indien wildstropers hulle vuurwapens die sou hele gebruik,

sou hulle waarskynlik die beste

Wildtuin se diere bevolking

klankdempers gebruik wat

beskikbaar op een is. dag Alles onder om skoot wou

geheimhouding te kry!” verseker en

anoniem te bly.

‘n Mens lees ook van die suksesse

wat wildboere, nasionale parke en

ander instansies behaal in die

beperking en teëkamping van

wildstropery. Uiteindelik kom ‘n

mens onder die indruk van die reuse

(haas onbegonne) taak om hierdie

aktiwiteite hok te slaan – juis omdat

dit so winsgewend is. Daar is immers

ook uiters hoë finansiële uitgawes

verbonde aan die bekamping van

wildstropery.

Groot was my verbasing toe ons

tydens ‘n besoek aan die Nasionale

Kruger Wildtuin helder oordag

masjiengeweer vuur hoor van

oënskynlike wildstropers wat nie

skaam óf bang is om aan almal uit te

basuin waarmee hulle besig is nie.

Die onophoudelike “trrrrr ta ta ta

trrrr ta ta ta” het vir ure aangehou,

so asof die wildstropers die hele

Wildtuin se diere bevolking op een

dag onder skoot wou kry!

Snags was die wildstropers selfs

méér aktief en het hulle die beste

nagsig toerusting gehad om te

verseker dat hulle kolskote inkry. Ek

was een nag tydens ‘n reuse

strooptog persoonlik teenwoordig

toe die infrarooi strale die hemelruim

verlig het soos bliksemstrale dit nie

kan doen nie, met die intensiewe

masjiengeweervuur in die

agtergrond.

In die Marakele Nasionale Park was

‘n dame van Europa wat dag na dag

met haar masjiengeweer rondgeloop

het. Sy het selfs belanggestel om

haar korrel in te kry op onskuldige

bosbokkies, meerkatte en ‘n paar

Zebras. Hoe sy die swaar

masjiengeweer asook genoeg

ammunisie vir sulke lang tye kon

ronddra het my verstand te bowe

gegaan, want sy was maar ‘n bietjie

lig in die broek! As sy nie die een dag

geval het en die masjiengeweer se

korrel in die proses beskadig het nie,

sou sy onberekenbare skade

aangerig het.

Omdat sy geweet het dat ons Suid-

Afrikaners was, wou sy terstond by

ons weet waar sy ‘n nuwe korrel vir

haar masjiengeweer kon kry. Sy het

ons duidelik laat verstaan dat sy ten

duurste vir die masjiengeweer betaal

het en dat sy die maksimum wild

wou skiet tydens haar besoek aan

Suid-Afrika.

In die Kruger Wildtuin was die

wildstropers so arrogant dat hulle

sommer die skuilings by watergate

gebruik het om wild te skiet. Ander

besoekers aan die skuilings moes ook

sommer van die begin af bomenslike

begrip aan die dag lê en verstaan dat

wildstropers met masjiengewere

groot ego’s het, baie persoonlike

ruimte nodig het om goeie skote in

te kry en dat hulle geensins kon

bekostig om spasie af te staan aan

wetsgehoorsame burgers nie – ‘n

situasie baie soortgelyk aan dié met

taxis op ons paaie.

Die kersie op die koek was toe een

van die wildstropers eendag na ‘n

baie suksesvolle strooptog met vier

masjiengewere – twee aan

skouerbande (“slings”) oor elke arm

– die skuiling verlaat het. Hy het

soortgelyke masjiengewere gehad as

die Europese dame in die Marakele

Nasionele Park. Hy het dus ook ten

duurste vir sy masjiengewere betaal

– of het wildstropers van sύlke

besondere hoë aansien “kanale” of

“(smokkel)netwerke” waardeur hulle

aansienlike afslag kry? Hoe dit ookal

sy - dan is dit seker geen wonder dat

hy graag al sy ware terselfdertyd wou

tentoonstel nie. Miskien het hy

gereken dat dit die personeel wat die

strooptogte moes voorkom behoorlik

sou intimideer en van hom af

weghou…

KOMPETISIE

WENNERS

Veels geluk aan Wilma van den

Heever WENNER van die

FLOWER ROUTE boek geborg deur

www.mapstudio.co.za

K L I K

Mount D’Urban Namibië

Mount D’Urban oppad na Helmeringhausen op die

C14 - Namibië. Gemaklike geboude staanplekke

elkeen met warmwater (gas) in `n pragtige

badkamer en eenvoudige werkoppervlakte met `n

wasbak vir kosmaak. Tien, alles-in-een, luukse

staanplekke met elk ‘n indrukwekkende uitsig en

vuurmaakplek op die stoep!

h t t p s : / / w w w . m o u n t d u r b a n . c o m . n a /

K L I K

MOBIELE Kampkroeg

Die kroeg kan opvou en aan enige platform

heg soos jou bakkie, karavaan of 'n muur

teen die huis. Dit vou op en weeg skaars

3kg en vat tot 6 glase, shooters,

drankbottels, 'n ys cooler, tafel,

botteloopmaker en baie meer.

E-pos info@letsgohunting.co.za

of whatsapp 0721413158.

CAMP GASTEPLAAS

DE

Riversdal, 25km Wes-Kaap

OORSIG

Kamp Staanplekke 10

Persone Per Staanplek 4 max 6

Troeteldiervriendelik Vooraf reëling

Visvang Ja – dam

Swemplek Dam

Grondbedeking Gras

Skaduwee Gedeeltelik

Toeganklikheid Grondpad

Selfoon Ontvangs Ja

BESKRYWING

Die plaas is gelee aan die voet van

Sleaping Beuty. Pragtige staproetes

in die berg en na `n asemrowende

waterval. Lieflike fietsryroetes in die

omgewing, asook heerlike motorfiets

agterpaaie in die nabye omgewing.

Ons het ook backpackers

akkommodasie.

Selfsorgeenhede: 1

Tipe akkomodasie: Rondawels

Selfsorg 2 Persone teen R400 per

nag.

Kontak persoon Pierre Vermaak of Heidi Phillips

Kontak nommers 0716432704

Epos heidiphillips0@gmail.com

WOONWA WENKE

DIE OPPAK EN TUISKOMS:

Die vakansie het sy einde bereik en dis ‘n dag

of wat voor oppak.

Gaan ons die dag voor of op die dag van

vertrek oppak? Ongeag die besluit moet aan

sekere reëls voldoen word. Veral die nuwe

woonwaens se handboekies het presiese

oppak reëls vir die tent. Borsel die tent met

sagte besem vir stof in die binneland of die

see neerslag by die kus.

Vou dit sorgvuldig op [byna soos die linne by

die huis] en bêre dit onder die banke of in die

sak wat in die woonwa of agter op die bakkie

geberg word.

Onthou, vee die pale met ‘n nat lap en skoon

water af, droog dit daarna behoorlik met ‘n

droë lap af. Die tentpenne moet dieselfde

behandeling kry.

In my dae het ek net kop geskud oor tente

wat lyk asof dit uit ‘n wasgoedmandjie uitkom.

Wanneer jy by die huis kom, moet die tent

weer opgeslaan word en dan behoorlik met ‘n

sagte besem en skoon water gewas word.

LET WEL!!!

GEEN SEEP NIE.

Deel

3

Sorg maar weer dat al die kaste se deure

toe en gesluit is. Die dak behoorlik ingehaak

en die vaste dak woonwaens se dakluike

behoorlik vas is.

Is die sleepvoertuig en woonwa se wiele se

banddruk korrek?

Sorg by vertrek dat alles wat jy by die huis

gedoen het weer herhaal word, sodat jy ‘n

sorglose rit huistoe kan onderneem.

In die motor sit ma en pa half dikmond en

sussie langgesig oor die oulike “boyfriend”

wat sy nie weer gaan sien nie en boetie

gaan al die pêlle mis.

Slaap maar weer oor op die halfpadmerk

oppad huistoe.

Dis baie belangrik dat wanneer jy by die

huis kom om alles uit te pak en alles te was,

skoon te maak en te poleer. Bêre nou weer

alles op sy plek en die woonwa onder dak

en indien moontlik, maak dit toe met ‘n

oortreksel.

As dit nou alles gedoen is en sussie klaar

getreur het , kan na die foto’s en kwitansies

gekyk word en gebeure oor gesels word.

Mooi vakansie herhinneringe.

Nou begin die beplanning vir die volgende

vakansie.

KHOMEESDRIF KAMP

WAS KONING

Woorde & Foto’s: HENRY JONKER

Ek is nie ʼn groot persoon wat daarvan hou om Nuwejaars

voornemens te skep nie, maar wil definitief daarop fokus om hierdie

jaar (2017) meer gereeld met die familie te gaan kamp.

Die seuns is nou op daai ouderdom dat hul alles daarvan geniet. As

ons by die huis kom terug van ʼn kamp word daar reeds gevra wanneer

die volgende een is.

Dus toe Paul & Marina met die uitnodiging kom of ons wil join vir

ʼn kamp by Khomeesdrif was die antwoord maklik.

Khomeesdrif se afdraai is so 2km voor Riviersonderend. Daarna is dit

ʼn 4.5km grondpad tot by die hek. Een van die min kampplekke

waarvan ek weet waar jy jou perd ook kan saam neem. Die kamp is

geleë aan die voet van die Sonderend berge en grens aan die

Riviersonderend rivier.

Saterdagoggend en ons word geseën met een van die mooiste

oggende in ons mooi land. Geen tekens van reën nie en dit was nie

lank voor die kinders begin jukkerig raak om die water te betree.

Kanoe & trekkerbande is daar volop en kort voor lank is die hele spul

in die rivier.

Toe die son sy strale stadig begin terug trek laat middag is die vuur

weer aangesteek en stoele terug gedra om die vuur. Al die swem het

sy eis gevat op die honde en orals het ons 4-poot vrinne gelê en slaap.

Dis altyd lekker om nuwe mense op ʼn kamp te ontmoet. Kamp nou

al jare saam met Paul & Marina en het vir Dewald & Aldri so paar

jaar gelede raak gekuier, maar dit was ons eerste kamp saam met hulle

asook die Louw’s en Van der Merwe’s. Regtig aangename mense en

sien uit na die volgende kamp saam.

Sondagoggend en dit het nie lank geneem voor die kinders en

honde in die rivier baljaar nie. Nadat al die tente opgeslaan en

weggepak is word daar blad geskud en in die pad geval.

Ons spannetjie vir die naweek was soos volg:

1. Laas’e (Paul, Marina & Munnik) + Tessa (hond)

2. Rossouw’s (Dewald & Adri) + Muffin, Scarlett & Griet (honde)

3. Louw’s (Andries, Mirandi & Joubert) + Rupert & Nala (honde)

4. Van Der Merwe’s (Schalk, Karlien, Bea & Carla)

5. Jonker’s (ek, Marli, Jean & Lian)

6 honde en 7 kinders in totaal. ʼn Fris jong spannetjie en ook die eerste

keer wat ek saam met soveel 4-poot vriende kamp.

Ek en die Laas’e besluit om verder met die grond pad (R406) tot

by Greyton te ry waar ons íets vir die maag gekry het. Van daar is dit

terug op die N1 tot by Botrivier waarna ons toe regs draai op die Van

der Stel Pas Villiersdorp toe. Ongelooflike mooi kronkelende

grondpad. Die plan was ons wou weer aansluit by die R43, maar het

die afdraai êrens gemis en toe weer uit gekom by die R321.

Puik naweek saam met awesome mense. Dankie vir al die reëlings

Marina & Dewald. Laat maar weet wanneer maak ons weer so.

Eerste-een is in die pakkie vir 2017.

Vrydagaand was die weer aan die donker kant en almal het

gewikkel om die tente so gou moontlik staan te kry. Gelukkig was

geluk aan ons kant want net toe die laaste tent sy staan gekry het kom

die eerste ligte bui reën. Wonderlik om weer die vars reuk van die

reën te ruik. Toe die reën buie rustiger raak word die vuur aangesteek,

glasies vol gemaak en die roosters vol vleis gepak. Wat is nou

lekkerder as dit.

MELKTERT JAFFLES

Lewer 4

Jy benodig:

150 ml melk

2 eiergele

20 g koekmeel

60 g suiker

5 ml vanielje geursel

8 snye witbrood

botter, vir smeer

kaneelsuiker

KLIK

Klits 4 eetlepels van melk met die eiergele.

Gooi die meel en suiker daarby en klits tot

glad.

Verhit die orige melk oor lae hitte tot dit

begin kook. Roer vinnig die eiermengsel

daarby en hou aan roer tot verdik. Kook

saam vir 1 minuut, roer aanhoudend. Die vla

kan baie maklik aanbrand. Gooi die vanieljegeursel

by en roer goed saam.

Botter die brood en sorg dat die gebotterde

snye na buite wys. Skep van die melktertpap

in die middel en bedek met nog ’n sny .

Rooster in ’n jafflepan tot bros en goudbruin.

Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.

15%

KLIK

Afslag op enige produkte

wat jy by Mapstudio

aankoop. Gebruik kode:

" kamp "

Het jy 'n storie wat jy met ons wil deel?

Stuur jou storie na

tydskrif@lekkerkampplekke.co.za

Kamp Paklys

Gratis

Toep

P a g e V i e w s 3 , 0 4 9 , 5 9 8 o o r

2 0 0 5 5 0

1 5 2 0 0 f o l l

2 5 0 0 0 D o w n l o a d s

2 0 0 0 0 V i e w s

1 2 m d e t y d p e r k

L i k e s

o w e r s

a a n l y n t y d s k r i f

W e b b l a d g e b r u i k e r s 4 8 8 , 7 0 1

9 1 % v a n o n s g e b r u i k e r s e n L e d e w o o n i n S u i d - A f r k a

Gegrond op statistiek en databasis van 300 000 plus lede

Jy is welkom om met ons kontak te maak om jou

kampverwante besigheid te adverteer.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!