01.07.2018 Views

Kamp is Lekker Julie 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

aie droog in die Kalahari, want dis waar ons amptelik

nou is. Teen laatmiddag staan ons kamp en ons is baie

tevrede met die resultaat. Jaco se tent staan teen die

A-raam, sodat dit deel vorm van hulle stoepie.

Ons braai en ek en Cas was die skottelgoed, terwyl

Hardus en Jaco gaan stort. Hulle ry met die bakkie vir

veiligheid, maar eintlik terwille van die ligte. Dis nou

ongeveer 20h00 en Jaco staan met die kollig en rondlig

vir ogies, tewyl Hardus gaan stort. Meteens roep Jaco:

“Pa, kom gou! Leeu!” Hardus: “Waar?” Jaco: “Agter die

bakkie!” Hardus storm uit in sy geboortepakkie, swaai

die handdoek soos ‘n huladanser rond en skree: “Hiert,

hiert!” terwyl Jaco die kollig in die rondte draai dat dit

soos ‘n vuurtoring se waarskuwingslig lyk. Hardus duik

agter in die bakkie met sy nat bas, terwyl Jaco roep:

“Oupa, Leeu!” Ons spring in die Prado en ry ook

daarheen, en jou waarlik; ‘n yslike maanhaarleeu lê en

water drink by die stort se uitlaat.

Ons neem foto’s vir ‘n vale terwyl Hardus maar so stilstil

agter in die bakkie sit met die handdoek oor hom

om sy naaktheid te bedek. Agterna sou Jaco die hele

petalje met kleur en geur aan ons oorvertel. Ons het

gelê soos ons lag, maar hy het besluit om liewers vuil

te gaan slaap aangesien die leeu besluit het om

sommer sy lêplek vir die nag daar te maak.

Ons gaan later terug woonwa toe en ons stort in die

boswa, Cas eerste. Elke keer as ek die stortkraan

oopdraai maak die pomp ‘n knorgeluid en dan brul die

leeu. Ek maak die ‘logiese’ afleiding dat die leeu dink

ek terg hom en besluit om nie te stort nie en vang net

‘n vinnige was en afspoel met die stort.

“Die leeu het die hele nag daar gelê en gebrul sodat al

wat leef en beef daarvan moes kennis neem. Daar het

later in die nag nog 2 of 3 leeus by hom aangesluit.

Hardus en Jaco het hulle die hele nag gemonitor, maar

ons het net gehoor as die spulletjie te erg gebrul het en

ons uit ons slaap gewek het.”

Daar het ook ander leeus uit die omgewing teruggebrul

vir hulle. Die vuilbaarde het reg deur ons kamp gestap,

tussen die woonwaens en die A-raam deur. Op een

stadium het daar ook ‘n bruin hiëna kom water drink.

Die volgende môre het net die groot leeuspore deur die

kamp gewys waarlangs hulle geloop het. Dit was nou

regtig ‘n nag om nooit te vergeet nie!

31 Oktober Die manne ry uit en vind 3 leeus in die

pan. Een van hulle was diselfde leeu wat die vorige

aand by die water was. Hulle kon hom aan die hap in

sy een oor herken. Volgens Jaco het hulle by nadere

ondersoek gevind dat die ander twee tieners was,

besig met lelike dinge. Hulle het skynbaar nog nie

gehoor van die bevolkingsontploffing nie. Hulle sien

weer gemsbokke, een blouwildebees, springbokke,

volstruise, een bruin hiëna en vroeër ook drie jakkalse

by ‘n watergat.

Die aand sien ons ‘n bont/bruin hiëna by die drinkplek

by die kamp. Later die nag het daar weer ‘n leeu kom

water drink, maar ons slaapkouse het hom nie gesien

nie, net gehoor. Die leeus het weer die hele nag deur

gebrul dat die aarde om ons sidder. Die volgende môre

sou ons sien dat een se spoor teenaan die woonwa

verbygaan, net langs die sonpaneel verby. Mensig,

daardie groot poot sal ‘n mens darem hard klap!

1 November Cas is vroeg op en sien twee groot leeus

by die drinkplekkie. Hy roep en ons ander vlieg op om

te kom kyk en kiek. Hulle is gou klaar gedrink en stap

weg. Dis ‘n mannetjie en ‘n wyfie en Jaco herken hulle

as die twee stoute tieners. Hulle stap net ‘n entjie weg

en gaan lê in die gras. Hulle lawaai met mekaar en stap

later ‘n entjie verder weg en gaan lê langs die pad,

waar hulle die hele dag sou bly lê, al bakleiende en

knorrende vir mekaar.

Cas sien dat die yskas en vrieskas hulle temperatuur

goed gehou het en besluit om die motor te koppel sodat

die batterye kan laai voordat ons weer sou ry. Toe hy

wil koffie maak, sien hy eers dat die krag nou af is in

die woonwa. Hulle maak die kragkas oop en vind dat

‘n draad gebrand het wat hulle nie kan herstel nie. Ons

is baie teleurgesteld want die hele opset het so

fantasties goed gewerk.

Vroeër het ‘n man met ‘n Amarok Jaco se

sonkragliggie by die drinkplek stukkend gery. Die

Vermeulens kom groet en maak hulle watertenk vol

voordat hulle oor die duine na Nossob vertrek. Hulle

sien die stukkende liggie en toe hulle hoor dis die

Amarok-man, sê Connie dat dit Jan Coetzee is en sy

adres is 820 Governmentlaan, Pretoria. Ons het baie

gelag oor die eksakte kennis wat hy van die man gehad

het

Ons pak op en trek na die privaatkamp langs dieselfde

pan. Nou het ons g’n stort, toilet of water nie, maar ons

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!