01.07.2018 Views

Kamp is Lekker Julie 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

tent afgebreek het, het veerpyltjies gespeel met die

tentpale en telkens die teiken getref – die agterkant

van hulle bakkie. Hulle het luid hulle akkuraatheid

besing en was duidelik aangemoedig deur een of

ander tier-in-die-tenk (of is dit nou tier-in-diemaag?).

Toe die manne uiteindelik op pad was, het

hulle by die ablusieblokke gestop, die enjin laat

luier en hulle ding binne-in die gebou gaan doen.

Daar het hulle steeds luid mekaar probeer oorreed

wie die akkuraatste was met die tentpale. Ek was

agterna so spyt dat ek nie hulle voertuig gaan

afskakel het en die sleutel weggegooi het nie…

Die volgende dag het ons weer lang ente in die

reën gery maar toe ons op ‘n plaas in die

Steytlerville omgewing aanmeld, het die son lekker

geskyn. Ons het onsself so goed as moontlik

ingerig teen die reën wat die boer

voorspel het.

Soos

wat die son

onder

gegaan het, het die wolke saamgepak en toe het

dit die hele nag gereën. Die volgende oggend het

dit steeds gereën en groot poele water het die

omgewing versier. Alles was papnat. Die enigste

droeë plek wat ons kon kry om ons koffie te drink,

was die “longdrop”. Ons het rustig langs mekaar

gesit en ons koffie klaar gedrink. Toe het ons

aanstaltes gemaak om weer die lang pad aan te

durf. Omdat daar ‘n paar hekke was wat

oopgemaak moes word, het my vrou voorgestel

dat sy die eerste ent bestuur. Sy moes ‘n voorbode

gehad het, want die eerste hek was besonder

halsstarrig en die grond baie kleierig en glad. In ‘n

kits het ek op my rug in die grootste van die baie

modderpoele gelê, tot groot vermaak vir my vrou

wat haar morsdood wou lag.

O

ns wou baie graag van Steytlerville af met

die grondpad oor die berge na Jeffreysbaai

toe gery het. Ons het immers ‘n 4X4 gehad

wat kans gesien het vir (amper) enige uitdaging.

Die eienaar van die plaas waar ons oornag het, het

daarteen gewaarsku en gesê dat dit te veel gereën

het en dat die pad te nat en te glad sou wees. Ons

het toe maar met die teerpad via Uitenhage gery

en veilig by Jeffreysbaai aangekom. Ons het

sedertdien nog nie weer die geleentheid gehad om

met die grondpad oor die berge te gaan ry nie …

Andre Gerbe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!