01.07.2018 Views

Kamp is Lekker Julie 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

KAMPWEDERVARINGE

O

ns heel eerste kamp ervaring was met ‘n

geleende tent. Die gebrek aan ervaring het

duidelik geblyk uit die feit dat ons geruime

tyd na donker by ons bestemming aangekom het.

Met ons aankoms by die oord het ek die voertuig

se ligte so oor die kampterrein laat speel. Ek het

dadelik opgemerk dat almal in die sand kamp

opgeslaan het, ten spyte van ‘n pragtige kol groen

gras in die middel van die kampterrein. Ons het

natuurlik dadelik die kol gras met oorgawe “beset”

en die geleende tent daar opgeslaan.

Die laaste stap sou wees om die opblaasmatras op

te pomp. Vir hierdie doel het ek my skoene

uitgetrek sodat ek nie die geleende tent verniel nie.

Op pad na die matras het ek op iets skerp getrap

wat nogal seer gesteek het. Om ‘n lang storie kort

te maak, die kol groen “gras” was toe al die tyd ‘n

kol duwweltjies, wat verklaar het waarom almal

behalwe ons verkies het om in die sand te kamp.

Ons het nie kans gesien om op daardie stadium

weer die tent af te breek en dit te verskuif nie. Ons

het maar net seker gemaak ons loop nie sonder

skoene in die tent rond nie. Wonder bo wonder het

die duwweltjies geen vatplek aan die

opblaasmatras gekry nie.

Die kampgôgga het ten spyte van die wankelrige

begin, tog vasgebyt en ons het mettertyd ons eie

tent aangeskaf. In werklikheid twee tente – die

hooftent ‘n “dome” tent van 3X3 meter en ‘n kleiner

tent vir twee persone. Die redenasie was dat ons

die hooftent sou gebruik wanneer ons vir langer

tydperke kamp en dat ons die tweeman tent sou

gebruik wanneer ons vir een nag oorslaap.

Ons en ons kinders het een Saterdag oggend van

Pretoria na Klerksdorp gery vir ‘n familielid se

troue. Ons het beplan om die aand daar oor te

slaap en sou as uitsondering die hooftent gebruik

vir die een nag se oorslaap. Êrens na die troue

maar voor slaaptyd het die sluise van die hemel

oopgegaan en in ‘n oogwink was die hele

kampterrein knie-diep vol water. Ons nuwe tent

was relatief droog binne-in, maar die kinders se

tent en alles binne-in was sopnat. Ons het sonder

seremonie eenparig besluit om onverwyld

huiswaarts te keer. Alles is agterop die kinders se

bakkie gegooi en ‘n paar uur later was ons tuis.

Min het ons geweet dat die gebeure van daardie

Saterdag middag die inleiding was van veel groter

dinge.

By ‘n ander geleentheid het ons saam met my vrou

se kollegas by Loskopdam gaan kamp vir ‘n

naweek. Ons het die hooftent saamgeneem en

alles het goed gegaan tot die Saterdagnag. Daar

het ‘n hewige donderstorm losgebars en ons tent

was nie opgewasse teen die sterk wind en die

harde reën nie. Alles binne-in die tent was in ‘n

oogwink sopnat – klere, beddegoed, kos en

bagasie. Ons twee was deurnat en as ons nie soos

twee druipnat hoenders gelyk het nie, dan het ons

so gevoel. Daar was geen sprake van verdere

slaap in die tent nie. Op een of ander manier het

een van die kollegas – wat in ‘n chalet gebly het –

van ons penarie te hore gekom en aangebied dat

ons in die chalet se sitkamer kon slaap. Ons het

die stoele se kussings so in die vorm van ‘n matras

gepak en met geleende komberse kon ons die res

van die nag trotseer. Onnodig om te sê, het ons die

volgende oggend maar moeilik regop gekom…

Almal verdien mos darem om so af en toe bietjie

met verlof te gaan. Ons beurt het ook gekom, ons

sou vir drie weke die tuinroete gaan toer- en-kamp.

Alles was deeglik beplan, ons sou spesifiek in

Februarie gaan want dan is dit nie die Suid-Kaap

se reënseisoen nie en sou ons nie ‘n probleem

gehad het met natreën nie.

Ons is uiteindelik

in die reën uit

Pretoria weg. Ons

het die eerste nag

by die Gariepdam

oorgeslaap in die

tweemantent. Ek

het gedroom hoe

ons aan die Dusi

kanomarathon

“Alles was papnat. Die

enigste droeë plek wat

ons kon kry om ons

koffie te drink, was die

“longdrop”. Ons het

rustig langs mekaar gesit

en ons koffie klaar

gedrink.”

deelneem en nogal voorloop – totdat ek wakker

geword het en besef het dis ons tentjie wat met ons

in die kampterrein ronddryf. Nadat die reën

opgeklaar het, het ons op wonderbaarlike wyse

weer aan die slaap geraak. Ek het gedroom hoe ‘n

vliegtuig in die eerste toring van die Twin Towers

in Amerika vasvlieg. Ek kon hoor hoe stukke van

die toring op die grond val (het later besef dis die

geluide wat my vrou maak as sy vas slaap). Die

oomblik toe ‘n vliegtuig die tweede toring tref, skrik

ek wakker met die geluid van vliegtuigmetaal wat

skeur en mense wat kreun (het later besef die

kreune is die geluide wat my vrou maak as sy uit

‘n diep slaap wakker word). Toe ek ‘n bietjie tot

verhaal kom, het ek besef ons is nie in Amerika nie

en boon-op het die klanke van skeurende

vliegtuigmetaal al meer begin klink soos ‘n gebou

wat gesloop word. Wel, dit was toe ook nie ‘n

gebou wat gesloop word nie, maar wel ‘n tent – en

die drie manne wat om drie-uur in die oggend die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!