01.07.2018 Views

Kamp is Lekker Julie 2018 Tydskrif

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met stories, woonwa wenke en resepte van kampeerders in Suid Afrika

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Ode aan ‘n Brouseltjie

… Kom ons staan vir ‘n oomblik stil by die klein wonderboon

en ons lees elkeen ons ode aan ons brousels…

Woorde & Foto’s: PIERRE LABUSCHAGNE

(Deel 1)

Daar is ‘n sekere

goudkleurige

brandwatertjie wat bitter

goed afgaan soos die son sak en die

vuurtjie brand en jou kampplek is rustig

en uitgesorteer. Veral na ‘n lekker dag

as die rookie reguit boontoe trek… By

my is dit al ‘n instelling. ‘n Sonsak –

aldan ‘n “sundowner” met ‘n

branwatertjie! Ai, darem goed op sy tyd,

en nee, ek bederf dit nie met daai

donker soet gaskoeldrank wat bedoel

was as maagmedisyne nie! Mens vat

hom skoon, soos hy uit die bottel kom

so sip-sip so… Maar een ding is gewis

en seker, en dit staan vas soos die

wette van die Mede en Perse: Jy kan

eenvoudig nie kamp sonder koffie nie –

sundowners-of-te-not! Onmoontlik, want

dis sinonieme: Kamp… Koffie. Dit gaan

saam soos stroop en “peanutbutter”, of

soos verkoue en loopneus…

Onlosmaaklik verbind in die eg.

Maar mense het hulle eie idees

daaroor. Elkeen na sy smaak, en oor

die hoe’s en hoe nie’s kan ons lank

redeneer, maar kom ons staan vir ‘n

oomblik stil by die klein wonderboon en

ons lees elkeen ons ode aan ons

brousels. Ons is dit verskuldig aan díe

smaaklike genieting om dit vir ‘n slag te

erken vir wat dit rêgtig in ons lewe

beteken. Ons aanvaar koffie as

vanselfsprekend, en dis alles behalwe!

Koffie kom van vêr – letterlik en

figuurlik. Dit kom soms van die

anderkant van die aardbol. Kolombië,

Brisilië, Indië, Papua New Ginea,

Guatamala. Die lys gaan aan, en selfs

ons eie Afrika het van die wêreld se

beste koffies denkbaar! Die oortuiging is

dat koffie sy ontstaan in Etiopië het, en

dit kom van eeue gelede. Dis nie

sommer een van gister se kitsuitvidsels

nie. O nee! Dit kom van vêr!

Ek noem dit ‘n ode aan koffie, want

mens besef nie watter prosesse alles

deurloop moet word voordat ons die

brouseltjie sluk nie. Van die rypword,

oes, en voorbereidingsprossesse van

die bone tot die uitvoer en die

roosterprossesse van die finale produk

is intens ingewikkelde en tydsame

prosedures wat nougeset gevolg moet

word, en wat doen ons? Ons sluk

sonder om te verstaan. Aaa-nee-a! Vir

my is koffiemaak ‘n proses, ‘n

prosedure en ‘n tradisie! Ek doen dit

tydsaam en met respek. Ek doen dit

elke keer met ‘n uitsien! En kom ek sê

sommer byvoorbaat: ek kan kitskoffie

nie in my liggaam kry nie! Van

“Whatshallmecallit” se Gold tot

“Dingesenwatsenaam” se Krönung…

Uuurggghhh! Koffiie? Wat wô! Dis g’n

koffie nie, en ek gaan gemaklik dan

eerder daarsonder!

Bialetti. Dis my ding as ek kamp. ‘n

“Two cup” brouseltjie. (Vir die

oningeligtes onder ons: Dis nou daai

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!