You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
K A M P I S L E K K E R 1 0

SPELETJIES VIR DIE HELE GESIN

MAAK ‘N LAS:

Die speletjie begin met ‘n passasier wat een volsin uitdink. Die volgende persoon

moet dan nog ‘n sin bylas. Almal in die kar kry ‘n beurt om 'n sin by te voeg totdat ‘n

hele storie ontstaan.

MIK EN DRUK:

As jou kinders oud genoeg is, laat hulle toe om beurtelings foto’s te neem met ‘n

digitale kamera of met jou slimfoon. Dit is groot pret om by jou bestemming deur al

die foto’s te gaan en om die wêreld deur die oë van jou kind te sien.

TALENT PARADE:

Laat jou kinders grappies vertel en liedjies sing in die kar. Wees jy die

seremoniemeester en kondig elke kind met entoesiasme aan.

Ten slotte…Onthou, die belangrikste is om die rit as gesin saam te geniet en om

kalm te bly in die voertuig. Haal diep asem en geniet die tydjie saam met jou

liefmense terwyl julle oppad is na jul gunsteling kampplek. Onthou julle is besig om

saam kosbare herrineringe as ‘n gesin te bou.